VERMEERDER JOU SKOTTELGOEDSEEP

FLR BB with Heart

VERMEERDER JOU SKOTTELGOEDSEEP
400 g waspoeier
500 ml kookwater
750 ml vloeibare skottelgoedseep
250 ml brandspiritus
250 ml suurlemoensap
5 liter koue water

Voeg die waspoeier by kookwater en roer dit tot ‘n pasta. Laat afkoel. Los die skottelgoedseep, brandspiritus en suurlemoensap in die koue water op. Voeg die waspoeierpasta by en roer tot dit goed gemeng is. Bottel die opwasmiddel en verseĆ«l dit.




WASMENGSEL VIR KOMBERSE

FLR BB Anything goes
WASMENGSEL VIR KOMBERSE

Vermeng
675g waspoeier
250 ml brandspiritus
20 ml bloekomolie
Bewaar dit in ‘n digte houer. Los ‘n koppievol van die seepmengsel in ‘n bad water op en week vuil komberse ‘n rukkie daarin.
Druk-druk die komberse dat dit goed deurweek kan word. Spoel komberse in skoon water uit en hang dit op om droog te word.
Nota: Die bloekomolie in die mengsel laat nie net die komberse skoon en vars ruik nie, maar verdryf ook silwermotte.

Kosmater

 




VIR VERKOUE EN GRIEP

colds and flu

VIR VERKOUE EN GRIEP
Brongitis!!
Trek 4 skyfies vars gemmerwortel saam met 4 skyfies knoffel vir 40 min op die stoof. Drink die aftreksel 3 x per dag. Dit is ‘n natuurlike anti-inflammatoriese asook ‘n natuurlike anti-biotiese drankie. Voeg ‘n bietjie heuning en suurlemoen by. Dit is glad nie sleg nie. Smeer jou bors met gemmerolie. Drink 6 tablette vitamine C, 3 x per dag. Neem ook baie vitamine B en A in asook sink wat uitstekend is om jou weerstandsvlakke te verhoog.

Vermy alle suiker en gaskoeldranke. Suiker breek kalsium af, wat lewensbelangrik is vir jou immuniteitsvlakke. Gaskoeldranke bevat soda wat gemaak word van koolsuurgas, wat ‘n afvalproduk is van suurstof. Dit verdryf suurstof in jou liggaam en gee sodavergiftiging wat direk aanleiding gee tot blaas, urien, prostaat en nierpypontsteking. My ma het altyd ‘vicks’ op ‘n groot stuk watte gesmeer, op ons bors gesit en ons bed toe gejaag. Die anderdag more was jy baie beter!