MAAK JOU EIE VERSIERSUIKER


MAAK JOU EIE VERSIERSUIKER
Versiersuiker is ‘n mengsel van verpoeierde suiker en mielieblom.
1 koppie suiker
2 eetlepels Maizena

Plaas in voedselverwerker en meng teen hoë spoed vir ‘n paar sekondes.
Resep geplaas deur Tienie Steyn




MAKE YOUR OWN SANDING SUGAR

MAKE YOUR OWN SANDING SUGAR
sugar – I usually use 1/3 cup
food coloring

Pour your sugar into a plastic bag.
Add in a few drops of food coloring. Remember to start small. Add one or two drops in at a time. You can always add more color but you can not take it out.
From the outside of the bag, mix the sugar and food coloring around until all the sugar is dyed.
Repeat for how ever many colors you need. Store in an airtight container.
Recipe posted by Elize de Kock




PAASBOLLETJIE GLANS


PAASBOLLETJIE GLANS
Ek het so pas ‘n resep gelees waar hulle 100 ml marmelade, 30 ml kookwater en 45 ml whiskey saam kook vir 3 minute en dan deur ‘n sif gooi. Die vloeistof word dan gebruik om die bolletjies te verglans na dit uit die oond kom.
Klink vir my na ‘n baie lekker idee – Petro Borchard




JAVELLE WATER


JAVELLE WATER
(Jik)
1 pond wassoda (450 g)
4 koppies kookwater
½ pond chloor (225 g) (HTH)
8 koppies koue water

Meng die chloor met die koue water en giet die kookwater op die wassoda. Meng dan die twee oplossings saam en roer goed en laat staan totdat daar ‘n afsaksel gevorm het.  Giet die helder vloeistof in ‘n fles af en hou dit in ‘n donker plek. Dit mag dalk later ligroos van kleur raak, maar is dan selfs goed.
Hierdie middel bleik nie alleen linne en katoen wat oud geword het nie, maar verwyder ook vlekke. Laat die vlek in gelyke dele warm water en Javel week.
Foto: Babs van der Westhuizen




TOETS OF KITSGIS NOG VARS GENOEG IS OM TE GEBRUIK


TOETS OF KITSGIS NOG VARS GENOEG IS OM TE GEBRUIK
Is kitsgis wat in yskas gehou is nog steeds aktief? Mamma het vir my houer kitsgis gegee omdat sy nie meer grootmaat bak nie. Ek veronderstel ek kan dit net toets met louwater en suiker?
Plaas ongeveer 50 ml lou water, 2 teelepels kitsgis en 2 teelepels suiker in ‘n beker. Roer, plaas net op die kas en wag, dit begin binne 3 minute reaksie toon (foto 1) en na 10 min was die koppie vol skuim soos op foto 2.
Vraag en foto’s: Elsabie Templeton

Gillian Kruger Vermeulen:
As die houer mooi lugdig toe is, sal dit nog reg wees, maar die beste is seker maar om te toets sodat jou hele baksel nie verlore gaan as die gis nie meer aktief is nie. On-oopgemaakte gis kan ook in die vrieskas gestoor word. Lekker bak!
Petré van Jaarsveld:
Ja jy kan. Ek vries ook die deeg tot latere gebruik.

Hannes Smith:
Ek stoor my kitsgis in die yskas, dit hou lank daarin, maar ek toets dit altyd met ‘n bietjie asyn. Beter nog, meng jou hoeveelheid kitsgis met ‘n ½ koppie louwarm water en laat staan vir 5-10 minute dan sal jy dadelik sien of dit nog aktief is, voeg by die meel, dit rys gewoonlik vinniger, alhoewel ek ‘n voorstander van stadige rys is.




POTJIE KUIER IDEE


POTJIE KUIER IDEE
Gister het ek toe besluit dit is weer tyd om Saterdag potjiekos te maak. Bushbaby – die ¼ nr. (ons het 6 potjies) Dit is bykans by al wat ‘n winkel is. Kyk maar eers rond vir die beste handelsprys. Let op die dekseltjie het ‘n potyster knoppie. My man het hout knoppies gedraai – ek is seker mens kan houtknoppe koop en vassit.
Vuurhoutjies
Groen jel wat mens by kettingwinkels kry
Jou houtbord – 450 x 300 x 50
Leë tamatiepuree blikkie, 115 g

Natuurlik is die gat in die houtbord nie dwarsdeur gemaak nie. Die vloer gedeelte waar die blikkie inpas is ongeveer 5 mm.
Vul die blikkie met die jel tot so 10 mm van bo af.
Natuurlik moet al jou bestanddele vir die potjie vooraf voorberei wees.
Sny die groente lekker kleinerig. Te groot stukke vleis en groente gaan die potjie oorvol maak.
Ek het gevind dat hoe groter die stukke vleis en groente – brand die jel uit voordat alles gaar is. Dan moet jy die potjie baie versigtig afhaal en weer die blikkie effens opvul.
Al jou kruie, speserye, kerrie, souse, groente, olie, bacon, vleise van jou keuse, en moenie die room vergeet nie!! En wat ookal wat jy normaalweg vir ‘n groot potjie sou gebruik het.
Goeie vriende, ‘n wyntjie. GROOT tafel, baie spasie. Baie stoele.
Jou pot rys kan solank gaar kook daar in die kombuis.
Met al die gekuier en skerts maak elkeen sy eie potjie na sy keuse. Voordat jy jou oë uitvee is elkeen se potjie gaar.
Julle sal vind dat so ‘n potjie kos bykans genoeg is vir twee mense.
Skep jou rys op en keer daai lekker kos oor die rys. Siedaar.
As almal weg is kan die gasvrou net die gebrande jel uitkrap.
Behandel jou driepootjie soos jy die groot pot sou skoonmaak.
Ek hoop almal gaan nou ¼ potjies aanskaf.
Resep idee en foto: Hannie Steyn




SULFURING FRUIT FOR DRYING AT HOME


SULFURING FRUIT FOR DRYING AT HOME
Sulfuring has the advantage of producing an excellent quality product. It may be difficult to find sulfur; try pharmacies and stores that sell wine or beer making supplies. Fruit treated with sulfur will maintain color, flavor, vitamins A and C, and sulfuring will discourage insect infestation during drying. The heat during drying and subsequent cooking dissipates the sulfur. As fruit is peeled, cored or pitted, put it in a salt solution (4 Tbsp. of salt to a gallon of water) to prevent discoloration. Remove from the saline solution, and (without rinsing) drain thoroughly, pat with a clean towel to remove surface moisture. The fruit is then ready for the sulfur treatment.

Sulfuring should take place out of doors. Do not inhale the fumes. A sulfur box or compartment is necessary This may be a large cardboard box, provided it is large enough to cover the drying trays and the container for the sulfur. It must be relatively air-tight. A small opening must be provided near the bottom of the compartment for ventilation. Another small opening is necessary near the top of the compartment on the opposite side from the bottom opening. The box or compartment should be tall enough to adequately cover the stacked trays and allow approximately 6 inches above the top tray—allow 1 to 1½ inches on three sides of the stack. It should also be large enough so that the sulfuring dish can be placed below but to the side or front of the stacked trays—not directly below them (to avoid burning or melting the bottom tray). There should be no less than 3 inches of space between the metal can holding the sulfur and the stacks of trays, and between the can and the inside of the carton or covering.

Place fruit on wooden trays having wooden slats or on the trays provided with a dehydrator, with the fruit not more than one layer deep. Sulfur corrodes metal, so it is important that wood or plastic trays be used. Place the fruit with the skin side down to prevent the loss of juices. Blocks of wood or bricks placed on the ground may be used to support the trays. The lowest tray should be about 6 to 8 inches from the ground.
Stack the trays filled with fruit one on top of the other with blocks, wooden spools, bricks, or rocks between each one to allow for circulation between trays. They should be approximately 1½ inches apart. Place the sulfur pan on the ground in front of the trays. This pan should be a clean metal container such as a tin can, shallow, but deep enough to prevent overflow—1 inch higher than the layer of sulfur. A dish made from a double thickness of aluminum foil may be used. The burning time of the sulfur will vary with ventilation, shape of container, weather conditions and other factors. Sulfur that is free from impurities will burn properly. Sublimed flowers of sulfur or U.S.P. grade sulfur meet the standard of purity required. Garden dusting sulfur is not suitable.

Weigh the prepared fruit before placing on trays. Generally, if you are using a cardboard box to cover the trays, you will need 1 to 2 teaspoons per pound of fruit. If you have constructed a more airtight sulfuring box from wood, you need no more than 1 teaspoon of sulfur per pound of fruit.
Place the can of sulfur in front of the trays, on the ground near the lower opening of the box, and light the sulfur. A few drops of lighter fluid will facilitate lighting the sulfur. Sulfur burns best when powder is in a smooth layer not more than one half inch deep. The depth, not the total amount of sulfur, determines the rate of burning.
Cover the stack of trays with the sulfuring box. Seal the bottom of the box by pushing dirt against the bottom edges. Leave the intake and exhaust holes open while the sulfur is still burning. Close the intake and exhaust holes and start counting sulfuring time after two thirds of the sulfur has burned.
NOTE: Sulfur dioxide is created by combustion of the sulfur. The fumes must be given time to reach and penetrate the surfaces of the fruit on the stacked trays. When time is up, lift the box off, tilting it away from you so that fumes don’t come up in your face. Start drying the fruit immediately.
Information posted by Adam Cloete




BALSAMIC VINEGAR PEARLS


BALSAMIC VINEGAR PEARLS
2 cups olive oil
2/3 cup balsamic vinegar
3 grams agar-agar
3 cups water

Pour olive oil into a glass bowl or medium carafe and place into the freezer for 30 minutes or even overnight.
Heat the balsamic vinegar in a saucepan over medium heat and add agar-agar.
Bring to a boil while stirring constantly then immediately remove from heat.
Remove oil from the freezer.
Using a syringe or pipette, draw up the balsamic mixture and begin to slowly drop into the cold olive oil.
Using a spoon, transfer the balsamic pearls to a bowl filled with the water.
Give it a good stir to rinse the pearls of the oil.
Drain, transfer to an container.
Can be stored in fridge for 3-4 days. Good to make a day or two before needed to save time.
Serve over anything as a garnish, eg. as a topping on canapés, fish or on tomatoes, mozzarella and fresh basil.
You can make your own lemon pearls as well (actually any flavoured liquid can be used, like soy sauce, lemon juice, pomegranate juice (for deserts). Just make sure the flavour is strong enough to come through in the pearls.
Recipe and photo: Amanda Conradie




KLASSIFIKASIE EN VERPAKKING VAN EIERS


KLASSIFIKASIE EN VERPAKKING VAN EIERS
Geplaas deur Anna Venter
Na aanleiding van gister se vraag oor die groottes van eiers gee ek graag hierdie deur. Aan my verskaf deur Susan Prinsloo, mede eienaar van Helpmekaar eiers.

Klassifikasie en Verpakking van Eiers

Om verbruikers te beskerm en miskommunikasie te voorkom, moet produsente aan regulasie nommerr 725 wat ingevolge die Wet op Landbouprodukstandaarde, Wet 119 van 1990 geadministreer word, voldoen as hulle eiers wil verkoop.

Korrekte Grootte

Dit beteken: Eiers van verskillende groottes mag nie saam in dieselfde houer verpak word nie. Dit moet ook apart uitgestal word as dit los verkoop word.
Die volgende gewig word gebruik om die grootte van ’n eier aan te dui:
’n Super Jumbo eier moet meer as 72g weeg
’n Jumbo eier moet meer as 66 g
’n Extra Large eier moet meer as 59 g weeg
’n Large eier moet meer as 51 g weeg
’n Medium eier moet meer as 43 g weeg
’n Small eier moet meer as 33 g weeg
Verskillende groottes moet meer as 33 g weeg en moet duidelik as verskillende groottes gemerk word, selfs wanneer hulle apart verkoop word. Dit moet gedoen word om verwarring te vermy.

Graad 1/Graad A:
Die eierwit moet dik wees en die eier moet ’n ronde, goed gesentreerde eiergeel hê. Die lugsel moet klein wees met ’n maksimum diepte van 6 mm en minder as 6 mm in enige rigting beweeg wanneer die eier vertikaal gekantel word.
Die eier moet vry van vleisvlekke wees en die dop moet skoon wees, nie gekraak nie en sterk wees. Die eierwitte moet ’n Huagh waarde van minstens 55 eenhede hê. (Hierdie waarde meet die proteïen gehalte van ’n eier, gebaseer op die fermheid van die eierwit. Vars en hoër kwaliteit eiers het dikker witte as eiers van swakker kwaliteit.)

Graad 2/Graad B:
Die eierwit moet dik wees en die eier moet ’n ronde, goed gesentreerde eiergeel hê. Die lugsel moet klein wees met ’n maksimum diepte van 6mm en minder as 6mm in enige rigting beweeg wanneer die eier vertikaal gekantel word.
Die eier moet vry van vleisvlekke wees en die dop moet skoon wees, nie gekraak nie en sterk wees. Die eierwitte moet ’n Huagh waarde van minstens 55 eenhede hê. (Hierdie waarde meet die proteïen gehalte van ’n eier, gebaseer op die fermheid van die eierwit. Vars en hoër kwaliteit eiers het dikker witte as eiers van swakker kwaliteit.)

Graad 3/Graad C:
Hierdie eiers word nie in winkels verkoop nie. Die eiergeel is plat en soms langwerpig gevorm, terwyl die wit dun en waterig is. Die dop kan miskien gekraak of verkleur wees.

Verpakking en Bemarking
Eierverpakking moet nie enige smaak hê of reuk afgee nie. Dit moet sterk, ongebroke en goed toegemaak wees om die eiers te beskerm tydens normale hantering en vervoer. Dit moet nie oormatige vog tydens afkoeling absorbeer nie en dit moet behoorlik skoongemaak word. Die vorige etikette moet verwyder word indien die houer herwin word.

Geskikte verpakking sluit eenvoudige mandjies vir kortafstandvervoer en eierversameling in, vulbakke en polistireenpakkette. Los eiers, skuur eiers en gepasteuriseerde eiers moet voldoen aan die voorgeskrewe regulasies en as sodanig gemerk word. Die volgende inligting moet op die etiket wees:
Die naam van die produk
Die naam van die maatskappy (handelsnaam)
Besonderhede van die pakker
Die vervaldatum
Die getal eiers
Handel Metrologie
Grootte
Land van Oorsprong




GIDEON SE VYE ROLLE


GIDEON SE VYE ROLLE
My vyerol wat ek eergister gemaak het, het baaaaaaie lekker gekom en smaak prentjie lekker
2 kg geskilde ryp vye met my elektriese meultjie gemaal met ‘n growwe siffie.
1 koppie suiker by die gemaalde vye bygesit en goed gemeng.
Drie groot gladde ongebruikte vloer teels wat omtrent 400 x 400 mm groot is, skoongemaak, met spray en cook gespuit en die vye daarop uitgegiet en mooi gelyk gekrap met ‘n plat metaal breë lem tot omtrent 5 mm dik.
Los dit oornag, eers onder dak gehou en met ‘n net bedek.

Die volgende dag het ek dit uitgesit in volle son en dit was sommer lekker warm hier by ons, 39° C. Ek het dit natuurlik met die net bedek en oornag ook buite gelos.
Het dit toe vanoggend nog ‘n rukkie in die son gelos en toe die rante mooi losgemaak en afgetrek vanaf die teel en opgerol.
Rol dit op met die gladde kant aan die binnekant.
Resep en foto: Gideon Louw