BROSBROOD KOEKIES MET MARASCHINO KERSIES

BROSBROOD KOEKIES MET MARASCHINO KERSIES
1 koppie botter (ongesout), teen kamer temperatuur
½ koppie versiersuiker
½ eetlepel vanilla
2 koppies koekmeel
½ teelepel sout
⅔ koppie choc-chips
¾ koppie maraschino kersies, opgekap

Sit die kersies vooraf op ‘n handdoekrol om die vloeistof te verwyder. (ek het sommer die potjie omgekeer in ‘n klein siffie oor ‘n koppie, sodat die sous kan uitloop)
Meng meel en sout en hou eenkant.
Verroom die sagte botter met die versiersuiker en voeg vanilla by.
Gooi die meelmengsel by en meng.
Voeg choc-chips en kersies by en meng goed deur.
Vorm deeg in ‘n langerige wurm en so omtrent 5 cm dik. Druk deeg goed bymekaar, anders krummel die beslag wanneer jy die rol sny. Rol toe in plastiek en sit in yskas vir 1 – 2 uur.
Voorverhit oond 160°C en voer koekiepan uit met bakpapier.
Sny rol in 0.5-1 cm dik koekies. (hang af hoe dik jy jou koekies wil hê) As dit krummel, vorm weer met die hand.
Pak in die pan met so 2 cm spasies tussenin. Bak vir 10 – 15 minute tot dit liggies verbruin aan die bokant.
Laat minute afkoel in die pan en pak dan op rakkie om heeltemal af te koel.
Foto: Stien Rust
Resep geplaas deur Stien Rust

Tweede foto en nota deur Adele Berndt
I used glace cherries and replaced the icing sugar with castor sugar.




BABYMARROW PASTA

BABYMARROW PASTA
Babymarrow, gesny soos pasta.
Ui en ham fyn gesny.
Olyfolie in pan gegooi.
Alles saam gebraai tot sag, maar nie pap.
Sout en peper na smaak
Dien op met gerasperde kaas op.
My 5 bestanddele resep.
Resep en foto: Maritha Blaauw




JOHANNA SE BACON EN MACARONI

JOHANNA SE BACON EN MACARONI
1 ui, fyn gesny
1 pak macaroni
kaas
250 gr bacon
4 eiers

Kook macaroni tot gaar.
Braai uie tot amper gaar.
Snipper bacon en voeg by uie.
Sny tamatie fyn en sit ook by uie en bacon mengsel.
Gooi die warm bacon en uie mengsel oor die macaroni en meng.
Gooi alles in ‘n groot oondvaste bak en meng die eiers saam met dit deur.
Rasper kaas, meng bietjie saam met die mengsel.
Strooi kaas bo-oor en bak in vooraf verhitte oond.
Bak in 180°C vir so halfuur of tot eiers heeltemal gaar is.
Haal uit en bedien warm.
Foto en Resep: Johanna Zwiegelaar




BEET EN BOKMELKKAAS TERRIEN

BEET EN BOKMELKKAAS TERRIEN
2 KLEIN PORSIES
1 groot Beet gekook in bietjie sout water tot net sag en heeltemal afgekoel

100 g Plain Bokmelkkaas – sagte soort
2-3 repe gerookte spek (bacon) opgesny
2 teelepel gerasperde ui
1 hoogvol teelepel gelatine opgelos in 30 ml koue water
2 teelepel fyn gekapte garlic chives
1 teelepel fyn gekapte vars pietersielie
knypie rooipeper
Vars gemaalde swart peper na smaak

Sit die opgesnyde spek in ‘n pan en braai tot net gaar.
Sit die spek, garlic chives, ui en pietersielie in ‘n voedselverwerker en maak dit baie lekker fyn.
Sit die kaas in ‘n meng bak en druk lekker fyn met ‘n vurk, meng tot glad
Sit die gelatine 8 sekondes in die mikrogolf, roer goed en meng by die kaas in.
Wanneer goed gemeng gooi die spek mengsel by, meng deur, voeg die rooi- en swart peper by.

Neem ‘n klein glas bakkie of twee ramekin bakkies. Voer uit met kleefplastiek. Sny die beet baie dun in heel skywe, plaas die een skyf beet onder in die bakkie bo-op die kleefplastiek. Sit van die beet reg in die rondte teen die kant van die bakkie. Skep die bokmelkaas vulsel binne in die beet bakkie. Sny nog ‘n lekker dun skyf en plaas dit soos ‘n deksel op die vulsel. Vou die kleefplastiek toe en plaas in die yskas.
Los vir tenmiste 12 ure. Lig die vorm uit die bakkie met die kleefplastiek, of keer uit op die bord waarin jy dit gaan bedien. Versier met roket en heel groenvy gevul met room, drup bietjie van die vye stroop oor en bedien met beskuitjies van jou keuse.
Resep en foto: Rina Kleinhans




SOUTTERT MET BILTONG EN CHEDDARKAAS

SOUTTERT MET BILTONG EN CHEDDARKAAS
1 vel (400 g) gekoopte broskorsdeeg
250 g cheddarkaas, gerasper
150 g gesnyde biltong
4 eiers
375 ml room
Verhit oond tot 180°C.

Voer ‘n gesmeerde tertbak van sowat 32 cm uit met deeg.
Sprinkel cheddarkaas in die bak en strooi biltong oor.
Klits eiers en room saam en giet oor vulsel.
Plaas in warm oond en bak vir sowat 1 uur tot vulsel gestol het. Laat staan vir sowat 10 minute voor jy die tert voorsit
Foto: Benhet Nieuwenhuis
2de foto:  Jolanda Jaars – (Ek het wel net die biltong met spek vervang asook die room met melk.)

 

 




PIESANG – HEUNING EN APPEL SMOOTHIE


PIESANG – HEUNING EN APPEL SMOOTHIE
Maak: 1.2 liter
2 ryp piesangs – gehalveer
300 ml jogurt
30 ml heuning
2 appels – geskil en grofgerasper
30 ml grondboontjiebotter
400 ml laevetmelk

Plaas al die bestanddele in ‘n voedselverwerker en verwerk dit vir sowat 1 minuut. Skink dit in glase en sit dadelik voor.