SPINASIE EN FETAKAAS GEREG

SPINASIE EN FETAKAAS GEREG
400 g spinasie
250 g sampioene, gesny in skyfies
1 groot ui, gekerf
5 ml knoffel
3 wieltjies fetakaas met songedroogte tamaties en basil, in blokkies gesny
peper na smaak

Braai ui tot sag, voeg sampioene by en braai tot amper gaar.
Voeg spinasie by en braai tot gaar, spinasie moet nog ferm wees.
Gooi peper na smaak by.
Meng fetakaas blokkies by en bedien.
Ek gooi nie sout by nie omdat fetakaas reeds souterig is.
Resep geplaas deur: Ansune Erasmus
Foto: Ansune Erasmus




PILCHARD PIE

PILCHARD PIE
1 x tin pilchards in tomato sauce
cheese (as desired)
1 x small chopped onion
2 eggs
1/2 cup milk
salt and pepper to taste
Mash pilchards (after removing bones etc).
Add:
chopped onion
cheese

Place in tart dish.
Beat 2 eggs with 1/2 cup milk – pour over pilchards.
Sprinkle extra cheese over top.
Bake at 180ºC until egg mixture is set.
You can also make the following tart crust if you would prefer a crust: (Not part of the 5 ingredient recipe challenge)
1 cup self raising flour
1/3 cup oil – made up to half a cup with milk
Mix above together and press out into tart dish.
Place pilchard mixture into crust and bake.
Recipe posted by Zelda Ellis
Photo: Zelda Ellis




MAER MAAK AARBEI KAASKOEK

MAER MAAK AARBEI KAASKOEK
2 koppies Bulgaarse yogurt
2 koppies vet vrye maaskaas
8 skeppe F1 Herbalife shake
sap van 1 suurlemoen en skil gerasper
Aarbeie, gesny om bo op te sit

Klits bogenoemde saam en giet in bak en versier met aarbeie.
Resep geplaas deur Suzan De Bruyne
Foto: Suzan De Bruyne




KOOL- FRIKKADEL-ROLLETJIES MET KAAS

KOOL- FRIKKADEL-ROLLETJIES MET KAAS
Hoeveelhede volgens die hoeveelheid porsies wat jy wil maak
koolblare
maalvleis
ui (in frikkadel)
tamatie
Mozzarella-kaas

Ek voel dit was nodig om kool-frikkadel so bietjie meer opwindend te maak. Ek het fyn neut, gerookte Paprika en Mozzarella kaas bo-oor gesprinkel en dit so 5 minute onder die grill gesit na alles gaar was.
Maak heel koolblare (die buitenste groenes) bietjie gaar in die mikrogolfoond sodat dit makliker kan vou. Laat afkoel.
Maak jou gunsteling frikkadel resep. Vorm frikkadelle en maak dit effens langer in ‘n wors vorm.
Gooi klein bietjie olie in ‘n oondpan/bak. Rol frikkadel worse elk in ‘n koolblaar toe en plaas langs mekaar met oop kant onder in bak, styf langs mekaar. Ek het so twee tuin tamatietjies gekap en bo-oor gesprinkel. Bedek met tin foelie en bak vir 30 minute toe op 180°C.
Maak pan oop en bak nog 30 min oop. Strooi fyn neut, gerookte Paprika en Mozzarella-kaas bo-oor en plaas vir 5 minute onder die grill tot mooi bruin. Bedien met fyn aartappels.
Resep geplaas deur: Louise Groenewald
Foto: Louise Groenewald




GEVULDE HOENDERBORSIE MET BLOUKAAS

GEVULDE HOENDERBORSIE MET BLOUKAAS
1 hoenderborsie, ontvel en ontbeen
fyngekapte uie, gebraai
1 opgehoopte eetlepel romerige bloukaas
1/2 spinasieblaar fyngekap
gerookte spek (bacon)
sout/aromat en peper na smaak

Sny hoenderborsie sodat ‘n sakkie vorm. Geur met sout en peper. Vul met bloukaas, gebraaide uie en spinasie, draai toe in gerookte spek (bacon). Bak @ 180°C vir 30 minute, verhoog hitte en bak dan tot bacon lekker crispy is. Ek het soetrissie sous vir die laaste paar minute oorgesmeer. Het dit saam met roosterbrood met olyftapenade, groenvye en room bloukaas, asook ‘n slaaitjie bedien.
Resep geplaas deur Petré Van Jaarsveld
Foto: Petré Van Jaarsveld




CAPPUCCINO EN PIESANG VERRASSING

CAPPUCCINO EN PIESANG VERRASSING
7 – 8 piesangs, fyn gemaak (klein)
1 pakkie Crème Cappuccino
1 pakkie tennisbeskuitjies, fyn gemaak
230 g roomkaas
250 ml melk
Optioneel: sjokolade om bo-op te rasper
30 ml gelatine
40 ml warm water

Neem die een sakkie in die pakkie wat die sous is en meng dit met die water. Meng die sous met die koekiekrummels. Druk vas in ‘n losboompan as kors. Sit in die yskas tot jy die kors nodig het.
Meng die melk en die ander sakkie, voeg die gelatine by. Plaas in die mikrogolf, roer elke 1 min, NET TOT DIT BEGIN KOOK, moenie regtig laat kook nie. Meng die roomkaas en piesang en meng by die melkmengsel in. Gooi in die koekiekors. Sit in die yskas om te stol.
Haal uit die losboompan wanneer gestol en rasper ‘n sjokolade bo-oor, versier met neute en kersies.
Nota: Jy kan dit net in ‘n tertbak ook maak, en net so bedien.
Die kombinasie van die piesang, neute en sjokolade is heerlik, met die effense koffie ondertoon.
Resep en foto: Rina Kleinhans




HEERLIKE PYNAPPELHOENDER

HEERLIKE PYNAPPELHOENDER
5 bestanddele gereg
1 kg hoenderstukke
1 blik (440 g) fyngemaakte pynappel
125 ml blatjang (½ koppie)
60 ml mayonnaise (¼ koppie)
30 ml aangemaakte mosterd (2 eetlepels)
5 ml sout

Verhit oond tot 180°C.
Plaas hoenderstukke in ‘n vlak, oondvaste bak met volume van 2 Liter (8 koppies).
Strooi sout oor.
Meng pynappel, blatjang, mayonnaise en mosterd en skep oor vleis.
Bak die gereg ongeveer 1½ uur lank onbedek tot gaar en bruin.
Lewer 6 porsies
Foto: Marie Dumas Jennings
Resep geplaas deur Marie Dumas Jennings

Geluk met 5 jaar op fb blad doen so voort en mag ons nog lank die die klitsers laat meng, potte laat prut, oonde laat bak en sommer lekker klets!
Al die Admins met Rina Kleinhans aan die stuur, julle is TOPS




SANDRA SE 5 BESTANDDELE MUFFINS

SANDRA SE 5 BESTANDDELE MUFFINS
Die wat my ken, weet ons is nou baie besig met Valentine produksie. Maar toe die 5 bestanddele uitdaging bekend gemaak is, het ek dadelik my kits produkte nader getrek en ge-oefen. So vandag plaas ek ‘n tjoef tjaf resep (met respek aan al die kranige baksters in die groep) … maar dit is 5 bestanddele so dit tel 😂😂

1 pakkie Bran Muffin Mix
Voeg by:
1 eier
1½ koppie melk
½ koppie olie
Maak 4 piesang fyn en meng met beslag.

Skep in gesmeerde muffin pan en bak vir 20 min by 180°C.
Beslag maak 18 gewone groote muffins of 40 mini muffins.
Foto en resep: Sandra O’Connell




KERRIEKRAP

KERRIEKRAP
Mosambiekse seekrap word lewendig by visstalletjies in Maputo en elders verkoop. Sommiges is baie groot, die twee gevaarlike knypers met seegras vasgebind.
5 krappe, ongeveer 150 mm in deursnee
3 groot uie, in skywe gesny
60 ml olyfolie
2 blikkies klapperroom, 400 ml elk
3 Lang Franse knoffel brode in foelie of 2 groot Ciabata brode

Gebruik ‘n vleishamertjie om die rugdoppe van die krappe te kraak, om die borsstuk met knypers en pote af te breek van die agterstewe en binnegoed wat weggegooi word.
Breek die pote en knypers af van die borsstuk wat baie vleis bevat.
Kraak die pote, knypers en borsstuk met die hamertjie om die sousie te laat indring, dit vergemaklik ook die eet daarvan later aan tafel. Sit die stukke in ‘n emmer water vir ‘n uur of twee om ontslae te raak van stukkies van die dop en sand.
Gebruik ‘n borseltjie om die stukke verder goed skoon te kry, hou eenkant.

In ‘n botteltjie meng;
2-3 eetlepels matige kerriepoeier
1 eetlepel fyn koljander
2 teelepels fyn komyn
1 eetlepel borrie
2 teelepels sout
2 teelepels peper
In ‘n vysel stamp en kraak:
stuk pypkaneel
4 kruienaeltjies
4 steranys sade
6 kardomom peule
30 mm gemmerwortel
4 knoffelhuisies

Braai die uie skywe in die olyfolie tot mooi deurskynend, gebruik ‘n kastrol groot genoeg om al die bestanddele te kan vat.
Voeg by die uie, 3 eetlepels appelkooskonfyt en ‘n kwart koppie druiweasyn, prut ‘n rukkie.
Gooi nou die kerriemengsel by en laat goed deurkook.
Voeg die 2 blikkies klapperroom by en prut tot alles gemeng en ‘n laaang dikkerige sous gevorm is.
Gooi die skoongemaakte krapstukke in die pot en kook vir 20 minute.
Proe aan die sous en geur indien nodig, gooi ook water by as die sous min lyk.
Die tafel vir ‘n kerriekrap ete word bietjie anders gedek as normaalweg.
2 groot opdienskottels vir die krap aan weerskante van die tafel.
2 groot bakke vir die leë doppe.
2 bakke met warm suurlemoenwater om die hande te spoel.
2 neutkrakers, ‘n paar vurke en baie papier servette, borslappe word sterk aanbeveel.
Geen ander eetgerei is eintlik nodig nie net gewillige hande, alles binne maklike bereik van al die eters, aangesien daar gewoonlik nie tyd is vir aangee nie.
Die warm gemaakte Franse brode kan gesny word in lang skuins snye van so 30-40 mm wyd.
Ciabata is lekker, sommer in hompe gebreek.
‘n Uitnodiging vir die gaste om te kom eet is gewoonlik onnodig, want teen die tyd wat ek uit die kombuis uit skree, “Okei die kos is reg, gaan was julle hanne en sit in julle tanne” dan is dit al klaar gedoen en almal staan om die tafel en hande vashou.
Die algemene stemming by ‘n Kerriekrap ete is ook anders as by ‘n gewone ete.
Min word gepraat, baie uitroepe en ander waarderende geluide van pure genot.
En later skaterlagte as opgekyk word van die borde en tafelgenote se kerriebekke gesien word.
Foto’s: Hannes Smith
Resep geplaas deur Hannes Smith




BEST MICROWAVE FUDGE

BEST MICROWAVE FUDGE
Baie Baie Geluk met 5 jaar. Baie resepte is van die blad gekry. Dankie daarvoor!
My 5 bestanddele fudge.
1 tin condensmilk
2 cups castor sugar
1 teaspoon vanilla
125 g butter/margarine
1 teaspoon vinegar

Put all ingredients into a deep dish, except vinegar.
Microwave on High for 2 mins.
Stir well.
Put back on High for 10 mins stirring every 2 mins.
When finished, add vineger and stir well.
Pour into greased dish, cool and cut.
Photo: Diane Roode Hancox
Recipe posted by Diane Roode Hancox