ANNA’S CHICKEN FILLET STIR FRY

ANNA’S CHICKEN FILLET STIR FRY
250-300 g chicken fillet
Curry spice to taste
1½ tbsp butter
1 tbsp olive oil

Cut chicken fillets into strips.
Put curry, olive oil and butter in pan, heat.
Add chicken strips and fry on low heat until golden brown (±15 min).
Recipe and photo: Anna Mtshweni




KONDENSMELK KOEKIE FUDGE MET SJOKOLADE

KONDENSMELK KOEKIE FUDGE MET SJOKOLADE
250 g margarien
500 g versiersuiker
1 blikkie kondensmelk
2 pakkies Marie beskuitjies (gebreek)
1 blok gesmelte sjokolade
Smelt botter en haal van hitte af

Voeg versiersuiker en kondensmelk by en meng goed.
Voeg die Marie beskuitjies by en meng tot al die koekies bedek is.
Skep in ‘n bak en druk so bietjie plat.
Laat stol tot dit maklik kan sny.
Sny in blokke.
Smelt sjokolade en skep b0- oor.
Laat weer stol en geniet.
Resep en foto: Ryno En Zelda Herridge




MARTIE SE BLITSIGE APPELTERT

MARTIE SE BLITSIGE APPELTERT
1 pakkie tennisbeskuitjies
400 g blik tert appels
1 blik volroom kondensmelk
2 ekstra groot eiers
80 – 100 ml botter
5 ml vanilla essense

Maak kors van Marie of Tennis koekies en botter.
Skei 2 ekstra groot eiers.
Klits eiergele saam.
Meng kondensmelk en meng met tert appels.
Klits eierwit styf en vou in mengsel.
Geur met vanilla.
Skep in kors en bak 40 min by 180°C tot ferm.
Martie Fourie Moolman




NUTELLA-BESSIE HAPPIES

NUTELLA-BESSIE HAPPIES
rol Shortcrust pastry deeg
Nutella
bessies
room
amandels, grof gekap

Rol pastry deeg effens platter en sny sirkels uit.
Bak in oond tot mooi bruin en laat afkoel.
Sit so 2 eetlepel Nutella onderin en pak bessies binne-in.
Klits room styf en sit bo-op en sprinkel gekapte amandels oor.
Resep geplaas deur Frances Smith
Foto: Frances Smith




CHICKEN FILLETS, POTATO AND PATTY PANS BAKED IN A BAG

CHICKEN FILLETS, POTATO AND PATTY PANS BAKED IN A BAG
600 g chicken fillets
250 ml cream
600 g Pattypans
8 small salad potatoes
noodles
spices of choice

Preheat oven to 180˚C.
Cut chicken in cubes or strips.
Cut putty pans in halves and keep potatoes whole.
Place all in cooking bag with cream and spices of choice.
Place in the oven and bake.
Dish up with noodles.
Bake in oven 45 – 60 min.
Resep geplaas deur Frances Smith
Foto: Frances Smith




FRIKKADELLE GEBAK IN OOND

FRIKKADELLE GEBAK IN OOND
1 kg maalvleis
250 ml karringmelk
pakkie bruin uie soppoeier
1 groot aartappel, gerasper
1 ½ k  rou basmatie rys – kook soos op verpakking

Meng al die bestanddele goed saam. Hou van die gaar rys om mee te bedien, sit res in die vleis mengsel.
Rol in balle en sit in oondpan met genoeg water om bodem te bedek.
Bak by 180˚C vir so 40 min of tot gaar.
Indien nodig kan nog bietjie water bygevoeg word wanneer pan droog raak.
Bedien op rys.
Resep geplaas deur Frances Smith
Foto: Frances Smith




KERRIE EN RYS

KERRIE EN RYS
600 g maalvleis
1 ui, opgekap
1 blik gemengde kerriegroente
1 koppie wilde bruin rys, gaar gemaak en gebruik vir opdien
1 piesang
Speserye:
1 teelepel komyn
1 teelepel BBQ spice
sout en peper

Braai uie tot glaserig en voeg maalvleis by.
Braai totdat maalvleis bruin is en voeg dan blik kerriegroente by asook speserye van jou keuse.
Kerf die piesang in skywe en bedien saam met die rys.
Resep geplaas deur Frances Smith
Foto: Frances Smith




WORSVLEIS- EN TAMATIE SOUTTERT

WORSVLEIS- EN TAMATIE SOUTTERT
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete
FOOD LOVERS RECIPES
1 rol pofdeeg
500 g wors van jou keuse
ongeveer 1 koppie gerasperde kaas
3 tamaties
1 groot ui

Sny die ui in ringe en karameliseer dit in ‘n pan met ‘n nie-kleef bodem wat met ‘n nie-kleef sprei gespuit is, tot goudbruin oor lae hitte. Verwyder van die pan en hou eenkant. Haal die vleis uit die wors uit en braai dit in dieselfde pan tot gaar. Indien die pan te droog raak kan klein bietjie water op ‘n slag bygevoeg word. Kap twee van die tamaties op in klein stukkies en meng dit deur die gaar worsvleis. Haal van die hitte af. Proe aan die gaar wors en indien nodig, voeg sout en speserye van jou keuse by
Bedek die bodem en kante van ‘n oondbak wat met nie-kleef sprei behandel is en strooi die kaas oor die deeg in die bodem. Bedek met die vleis en tamatie mengsel en plaas die uie bo-op die vleis. Sny die oorblywende tamatie in ringe en rangskik dit bo-op die uie. Bak by 180ºC vir 20 tot 30 minute tot die kors goudbruin is.
Nota: Die deeg kan ook plat op ‘n bakplaat geplaas word met die vulsel bo-op, en soos ‘n pizza gebak word.




DUBBELE-AARTAPPEL-HOENDERKOEKIES

DUBBELE-AARTAPPEL-HOENDERKOEKIES
3 gekookte hoenderborsies, fyn opgesny
4 fyngemaakte saggekookte aartappels
125 g fyngemaakte Kaas en Uie Aartappelskyfies (of geur van jou keuse)
1 klein fyngekapte ui
3 eiers
sout en peper na smaak

Meng die hoender, aartappels, ui, helfte van die fyn aartappelskyfies en 1 eier, geur na smaak met sout en peper en maak plat ronde koekies. Onthou dat die aartappelskyfies reeds sout is. Doop in die oorblywende geklitste eiers en dan in die oorblywende fyn aartappelskyfies. Plaas die koekies vir ten minste 30 minute in die yskas. Braai in vlak olie oor medium hitte tot goud bruin.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete




GEBAKTE PAMPOEN- EN PATATKOEKIES

GEBAKTE PAMPOEN- EN PATATKOEKIES
3 koppies gaar gemengde pampoen en patats
250 ml pitlose ingelegde kersies, gehalveer
250 ml room
125 ml bruismeel
1 eier

Pampoen en patats mengsel kan volgens eie keuse gaar gemaak word.
Meng pampoenmengsel, kersies, room, bruismeel en eier saam.
Skep van die mengsel in kolwyntjie panne.
Strooi kaneelsuiker oor.
Bak by 180°C vir 25 min.
Resep geplaas deur Elna Erasmus
Foto: Elna Erasmus