BUTTERNUT EN FETA GEBAK EN HOENDER BORSIES

BUTTERNUT EN FETA GEBAK EN HOENDER BORSIES
Butternut / pampoen
Feta kaas
250 ml melk
2 eier
Ina Paarman Garlic and Herb spice

Kook butternut half gaar.
Skep in oondbak.
Meng melk en spice saam met die eiers.
Gooi oor die butternut, dit moet die butternut bedek.
Krummel feta kaas oor.
Bak teen 180°C vir 30 min.

HOENDERBORSIES
4 hoender borsies ontbeen
4 snye ham
12 vars basil blare
Feta of Mozerella kaas
Speserye na eie smaak

Sny die borsie en vul met kaas en 3 basil blare elk
Geur die hoender met speserye
Draai toe in die ham en hou in plek met tandestokkie
Bak in die oond teen 180 grade C vir 30 min.
Foto en resep: Elizma Engelbrecht Olivier




MARIETJIE SE KAAS EN PASTA MET MAALVLEIS

MARIETJIE SE KAAS EN PASTA MET MAALVLEIS
Foto en resep:  Marietjie Le Sueur
1 ui, fyn gesny
± 500 g maalvleis
1 pakkie kaassous van jou keuse
½ pakkie pasta (250 g)
2 koppies gerasperde kaas
paar skywe tamaties vir bo-op, opsioneel

Terwyl pasta in water kook, braai jy die uie tot sag.
Voeg maalvleis by uie en braai tot bruin en geur na smaak.
Gooi uie en maalvleismengsel in mengbak.
As pasta gaar is dreineer water en voeg pasta by maalvleismengsel.
Maak kaassous volgens aanwysings aan en roer by maalvleis-pastamengsel.
Voeg ‘n koppie gerasperde kaas by en roer goed deur.
Gooi oor in oondvaste glasbak.
Sit die gesnyde tamatieskywe bo op  en strooi oorblywende kaas oor die tamatie of strooi net die kaas oor sonder die tamatie skywe.
Plaas bak in oond teen 180°C tot kaas lekker gesmelt is.
Kan bedien word met vrugte blatjang.




PIZZA BUN

PIZZA BUN
5 bestanddele pizza bun 🍕
ronde buns 🍞
tamatie en uie smoor 🍅
sampioene (gebraai) 🍄
ham 🐖
kaas 🧀

Sny die bokant van die bun af en druk die binnekant heeltemaal plat dat dit ‘n holte maak. (Beter as om net die binne kant weg te gooi)
Plaas bietjie tamatie smoor aan die onderkant. Bo-op dit die gebraaide sampioene, en dan die ham wat in klein blokkies gesny is. Top dit met lekker baie kaas en sit die bun se “deksel” terug op. Bak in die oond tot kaas gesmelt is, myne was op laagste hitte vir so 15 min.
Resep en foto: Anushke du Plessis




KOMKOMMER LEKKERTE

KOMKOMMER LEKKERTE
1 komkommer
2 wiele Fetakaas
dill
4 eetlepels Ceasersous
granaatpitte
sout en varsgemaalde swartpeper

Sny komkommer in stukke en skil dun af. Hol binneste uit.
Krummel Fetakaas, voeg gekapte dill by en ‘n bietjie Ceaser sous.
Skep in komkommer en versier met granaatpitte, dill en gemaalde swartpeper. Ongelooflike lekker koel happie op ‘n warm dag.
Resep en foto: Sanet Henning




KRAP KOEKIES

KRAP KOEKIES
5 bestanddele krap koekies
1 Blikkie krap vleis
1 klein ui, fyngekap
1 gaar aartappel, fyn gemaak
1 eier
sout en peper
halwe suurlemoen se sap en die skil gerasper en fyn pietersielie

Meng alles en maak koekies.
Braai in vlak olie tot gaar.
Kry die blikkie krap by die afdeling waar die ander vis is.
Dit het ‘n soeter smaak as vis.
Foto en resep: Martie Fourie Moolman




CABANOSSI SOUS

CABANOSSI SOUS
½ ui, redelik fyn gekap
½ groen soetrissie, redelik fyn gesny
2 cabanossi stokkies, in ringe gesny
1 pakkie 4-kaassous poeier
1 koppie room
2 knoffelhuisies, baie fyn gekap, opsioneel
½ teelepel gedroogde rissie, opsioneel
‘n goeie skeut swartpeper
‘n goeie paar skeute gerookte paprika

Braai die uie tot dit begin verkleur. Voeg die knoffel by en braai vir nog so ‘n minuut.
Sit die soetrissie by en braai vir so 2 minute.
Voeg die cabanossi by en braai vir nog so ‘n minuut of 2 terwyl jy dit aanhoudend roer, maar moenie dat die cabanossi verkleur nie.
Sprinkel die souspoeier oor en roer deur. Gooi die room by en roer deur.
Voeg die swartpeper en paprika by en roer deur. Sodra die mengsel begin borrel skakel jy die stoof af.
Bedien saam met jou gunstelling pasta, gekookte aartappel, rys, pita broodjie of geroosterde bagette.
Nota:
Ek het my amper al dente penne pasta by die warm room ingesit sodat dit verder in die room gaar word en die sous die holtes vul.
As jou sous te dik lyk kan jy dit verdun met ‘n bietjie melk.
Genoeg vir so 2 mense, of 1 stewige porsie.
Foto: Wayne Dugmore




MARSHMALLOW AND PINEAPPLE TART

MARSHMALLOW AND PINEAPPLE TART
1 pkt Tennis Biscuts
1 tin condensmilk
125 ml lemon juice
2 x 150 g mini marshmallows
500 ml fresh cream
1 tin crushed pineapple (Net mass 432 g en Drained mass 281 g)

Beat cream stiff
Beat condensmilk and lemon juice together
Add cream to above, mix through
Add crushed pineapple and marshmellows, mix well
Put Tennis Biscuts in bottom of pie dish and pour filling on top
Sprinkle crushed tennis biscuts on top (optional)
Photo and Recipe: Diane Roode Hancox




STEAK EN AARTAPPEL FOELIE PAKKIE

STEAK EN AARTAPPEL FOELIE PAKKIE
Hierdie bestanddele maak 4 – 5 pakkies
1 goeie dik steak per persoon
3 aartappels per persoon of na smaak
1 pak bacon bits
1 pak gesnyde sampioene
gerasperde kaas
gesmelte botter met speserye in soos fyn knoffel, sout, peper, pietersielie
Stel oond op 220°C
1 lekker groot stuk dik foelie per persoon

Sny aartappel in kwarte en kook tot gaar, nie pap kook nie.
Sny steak in dik stukke of los dit heel.
Braai die bacon bits en sampioene.
Dan…
Maak die foelie oop en in die middel sit jy die steak en langs die steak sit jy die aartappels.
(Jy kan gekapte rou uie ook oorstrooi)
Smelt dan botter, so 1 koppie botter met speserye in soos fyn knoffel, sout, peper, pietersielie.
Verdeel die bottermengsel oor die steak en aartappels in die pakkies.
Maak foelie mooi toe en sit die pakkies langs mekaar in ‘n oondpan, laag in die oond.
Na so 10 – 15 minute maak jy die pakkies net bo oop soos ‘n bakkie.
Gooi die bacon en sampioene en gerasperde kaas oor en druk dit onder die oond se rooster tot kaas die smelt. ( hou oop)
Eet en geniet…
Daar is ‘n lekker sousie in die pakkie….jy kan ‘n broodjie daarin dip en eet.
En dit kan op die kole ook gemaak word.
Resep geplaas deur Elza Charlez
Foto: Elza Charlez




LAMB KIDNEYS WITH MUSHROOMS

LAMB KIDNEYS WITH MUSHROOMS
Lamb kidneys are delicious fried with mushrooms and onions, then served on toast.
2 lamb kidneys, white parts and skin removed
400g mushrooms, sliced
2 large shallots (or 1/2 mild onion) finely chopped
2 tablespoons olive oil
1 teaspoon fresh chopped parsley

Heat 1 tablespoon olive oil in a frying pan over low heat.
Add the kidneys and cook over low heat for 15 minutes, or until cooked through.
In another frying pan, cook the shallots with one tablespoon of olive oil.
Add the mushrooms, simmer 15 minutes, or until alot of the water has evaporated from the mushrooms.
Mix in the kidneys, season as you prefer and garnish with fresh parsley.
Serve with fresh ciabatta as a starter or with toast for breakfast.
Photo and recipe:  Amanda Conradie




MARJ’S PEPPERMINT CRISP TART

MARJ’S PEPPERMINT CRISP TART
1 packet Tennis biscuits
1 packet lemon jelly
1 bottle Orley Whip
1 Tin of Caramel Treat
1 large bar of Peppermint Crisp
Make jelly with 225 ml of boiling water and leave to go cold. (completely cold but not set)

Put Orley whip in food mixer and leave to beat till thick and doubled in quantity.
Add the tin of caramel treat and let it beat until combined.
Add in the cold jelly while still beating.
Crush the peppermint crisp and add half to the mixture, reserving the other half for the topping later.
Place a layer of tennis biscuits in the bottom of your dish, cutting them if needed so the bottom of the dish is covered.
Pour the mix over the biscuits and place in fridge till set.
Before serving sprinkle the rest of the peppermint crisp on top.
Cut into squares and enjoy.
Recipe and photo:  Marj Harper