POTSTICKERS

POTSTICKERS
2 koppies koekmeel
½ koppies kookwater
Meng meel met water. Knie ‘n minuut of twee tot die deeg bymekaar kom. Glad wrap en laat rus vir ‘n uur.
Vulsel:
gerookte kaaswors
½ ui
1 teelepel fyn knoffel
sout en peper (enige ander spesery wat verkies word)
4 eetlepel Soyasous

Sny wors fyn, kerf ui ook fyn.
Meng res van die vulsel by die wors en ui.
Sny die deeg in 8 dele, rol elke deel dun uit en gebruik koekie drukker om sirkels uit te sny. (ek het 9 sirkels uitgekry uit 3 agstes, die res het ek geseël en gevries vir later)
Skep vulsel in deeg sirkels en seël met bietjie water op die rante.
Verhit bietjie olie in ‘n pan (moet ‘n deksel hê) tot ‘n medium hitte.
Sit Potstickers in en laat verbruin vir ‘n minuut of 5 (pasop vir brand)
Dan baie versigtig met die deksel wat keer, gooi vinnig en versigtig halwe koppie water in pan en plaas deksel op.
Laat stoom vir nog omtrent 5 min op ‘n medium hitte.
Bedien met pickled gemmer of sweet soya sous.
Let asb dat die mengsel dalk nie genoeg sal wees vir AL die deeg nie, behoort so 15-18 potstickers te vul, pas asb vulsel aan soos benodig.
Foto’s en resep: Suenell Liebenberg




YVETTE SE SOMER SLAAI

YVETTE SE SOMER SLAAI
5 bestanddele somer slaai-
waatlemoen, in blokke gesny
piesangs, opgesny
pynappel, opgesny
marshmallows, opgesny in kwarte
vars room

Meng marshmallows en room en gooi oor bak vrugte.
Laat staan so halfuur en bedien.
Hoeveelheid vrugte en roommengsel word bepaal vir hoeveel mense jy dit maak.
Vir versiering is vars mintblare heerlik.
Foto en resep: Yvette Cilliers




CHAKALAKA MUFFINS

CHAKALAKA MUFFINS
3 koppies meel
2 teelepels bakpoeier
5 ml knoffel en kruie mengsel van die Tannie (Paarman)
1 ekstra groot eier
100 ml sonneblom olie
200 ml water
1 blik Chakalaka
1 koppie gerasperde kaas – jou keuse ‘mild of sterk’

Oond 180°C.
Smeer muffin panne.
Meng die bestanddele behalwe kaas en chakalaka.
Skep 1 eetlepel van mengsel in elke holte van die gesmeerde muffin panne.
Skep dan 1 eetlepel vol chakalaka.
Kaas bo-oor, bak tot kaas gesmelt is.
Foto en resep: Martie Fourie Moolman




DIEPGEBRAAIDE HOENDERLEWERTJIES IN MOROKAANSE KRUMMELKORS MET LEMOEN DOOPSOUS

DIEPGEBRAAIDE HOENDERLEWERTJIES IN MOROKAANSE KRUMMELKORS MET LEMOEN DOOPSOUS
250 g houertjie hoenderlewertjies in happie groot stukkies gesny en goed geprik met skerp dun tand vurk (dit verhoed dat die lewertjies bars wanneer hulle in die olie braai)
250 ml Griekse dubbelroom jogurt
500 ml graanvlokkies, fyngemaak
250 ml vars lemoensap
15 ml mielieblom
Speserye:
15-20 ml Morokaanse speserye (WW Morocan Spice, a warm blend of cumin, coriander, harissa and rose petals)
2-5 ml gedroogde rissie vlokkies (na gelang van hoe warm jy dit wil hê)
1 ml hoender speserye

Marineer die stukkies hoenderlewer in jogurt in yskas vir ‘n uur (dit maak dit supersag).
Meng die fyn graanvlokkies met die Morokaanse speserye en gedroogde rissie vlokkies en gooi in plat houer.
Nadat die hoenderlewertjies in die jogurt gemarineer het, bedek elke stukkie goed in die krummel mengsel en sit in ‘n bord. Sit terug in yskas vir ‘n halfuur voordat hulle gebraai word, sodat die krummels nie afval nie.
Maak sonneblom olie warm in kastrol of gebruik diep braaier. Ek gebruik my kleefvrye wok op my vinnigste warmste gasplaat.
Braai die lewertjies in medium hitte olie sodat die krummels nie brand nie maar net die paar minute. Die lewertjies moet nog effens pienk wees binne.
Dreineer op bruin papier en bedien met die lemoen doopsous.

Lemoen doopsous:
Meng die mielieblom en hoender speserye met die lemoensap en kook in mikrogolf tot verdik en half deurskynend. Doen dit in kort sarsies van 10 sekondes op 100% krag op ‘n keer en roer en herhaal tot gaar en die tekstuur dikkerig en glad.
Hierdie is ideaal as ‘n versnappering saam met drankies of voorgereg. Ek het myne vanaand saam met fluffy sexy mash as aandete geëet.
Foto en resep: Elsabie Templeton




R SE HOENDERLEWERTJIES

R SE HOENDERLEWERTJIES
Ek het ‘n vriendin wat die lekkerste hoenderlewertjies maak. Sy het al soveel keer vir my probeer verduidelik hoe om dit te maak, maar ek kry dit maar net nie reg soos sy dit maak nie.
Hier is my 5-bestanddele weergawe van haar hoenderlewertjies.
Daar is nie regtig waar hoeveelhede vir hierdie resep nie want alles is maar soos jy daarvan hou, maar ek gaan probeer.

250 g hoenderlewertjies, gewas; galblase verwyder; in stukkies gesny so groot soos wat jy wil
‘n Gegeurde meeltjie van jou keuse om lewer te bedek (ek het sommer ‘n houer coating van die winkel rak af gevat)
1 medium ui, in stukkies gesny
± 1 koppie old brown sherrie
± 1 koppie room
knoffel na smaak
swart peper na smaak
rissie na smaak
gerookte paprika (optioneel)
gemengde kruie (optioneel)

Braai die uie tot dit begin verkleur. Sit die knoffel by en laat dit nog ‘n minuut braai. Skep die uie en knoffel uit in ‘n bakkie en hou vir later.
Plaas nog ‘n bietjie olie in die pan en laat dit warm word.
Bedek die lewer stukkies met die coating en braai dit in die warm olie tot mooi bruin en dit begin bros word. Voeg die reeds gebraaide uie en knoffel by. Voeg die sjerrie by en roer al die vasgebraaide lekkerte van die bodem af los. Sit die room, swart peper, rissie vlokkies, paprika en kruie by. Roer deur.
Proe maar of nog sout nodig is – moet nie die coating wat jy gebruik onderskat nie.
Sodra die sous begin verdik is jou hoenderlewerties reg.
Bedien saam met ‘n stysel van jou keuse.
Foto: Wayne Dugmore




TAMATIE MET HAM EN KAAS VOORGEREG

TAMATIE MET HAM EN KAAS VOORGEREG
Nou so besef ek vanmiddag ek is weer agter. Hierdie is ‘n ou gunsteling. My eie resep vir ‘n vinnige voorgereggie. Ek maak gewoonlik die regte witsous, maar moes die pakkie gebruik om by die 5 bestanddele te bly.
1 tamatie
2 snytjies koue vleis, in klein stukkies gesny
1 pakkie witsous met net 125 ml kook water aangemaak
100 ml gerasperde cheddar kaas
60 ml fetakaas, gekrummel
swart peper en pietersielie vir kruie

Hol tamatie uit en sny so paar stukkies soos in wiggies uit bo. Maak witsous en koue vleis mengsel, en skep in tamatie. Rasper kaas bo-oor en krummel feta oor. Druk in oond of mikrogolf net sodat tamatie warm is en kaas gesmelt het.
Foto en resep: Magde Van der Kolff




VARS PYNAPPEL POEDING

VARS PYNAPPEL POEDING
pynappel, deur gesny en uitgehol
druiwe
appel
klein stukkies van die pynappel
piesang
Bliss jogurt gebruik

Alles klein opgesny, met jogurt gemeng en in pynappel geskep en so bedien.
Resep en foto: Marie Rheeder Troskie




5 INGREDIENT CHICKEN PERI PERI LIVERS

5 INGREDIENT CHICKEN PERI PERI LIVERS
1 medium onion
250 g tub chicken livers
1 tablespoon crushed garlic
Peri-peri sauce
salt and pepper

Dice 1 medium onion per 250 g tub of peri-peri chicken livers.
Fry onion in a little oil until translucent.
Add a generous teaspoon of crushed garlic.
Livers and peri-peri sauce, season with salt and pepper, simmer until done.
Serve with bread of your choice.
Photo and Recipe: Lesdee Gloak Bam




SPINASIE EN TUNA BROODJIE

SPINASIE EN TUNA BROODJIE
275 ml gekapte gaar spinasie
1 ui, fyngekap
2 x 200 g blikke tuna in olie
4 snye wit brood
2 eiers
100 ml water
sap en skil van 1 suurlemoen
sout en peper

Braai ui in die mossel olie.
Krummel brood, meng met res van bestanddele.
Skep in mikrogolf brood pannetjie. Bedek met waspapier en bak in mikrogolf 11-13 min.
Bedien saam met ‘n lekker slaai.
Resep en foto: Martie Fourie Moolman




GROENTE SLAAI

GROENTE SLAAI
1 komkommer
2 kersie tamaties
mielies
½ avokado
uie
suurlemoensap, sout en pepper na smaak, opsioneel

Sny komkommer in repe in lengte met ‘n skiller.
Vorm dan ‘n sirkel met dit om ‘n bak te maak vir die slaai.
Hou dit in plek met tandestokkies.
Meng die res van die bestanddele ligtelik en skep dit in die komkommer bak.
Ek’t net genoeg vir een porsie gemaak.
Foto van resep: Jolanda Jaars