2 BESTANDDEEL KOEKIES OF KLAPPERYS

2 bestandele koekies
2 BESTANDDEEL KOEKIES OF KLAPPERYS

1 blikkie kondensmelk en klapper gemeng, soveel dat dit ‘n stywe mengsel maak.
Jy kan kersies opsit of 100’s en 1000’s of niks.
Bak in 180ºC tot ligbruin.
OF
1 blikkie kondensmelk en genoeg klapper gemeng om stywerige mengsel te vorm, rol balletjies en sit in yskas, die lekkerste en maklikste klapperys.
Jy kan die helfte van die mengsel kleur ook.

Resep en foto:  Petra Pretorius




DRIE BESTANDDELE BROOD

3 bestandele broodtested

DRIE BESTANDDELE BROOD
500 g bruismeel
500 ml karringmelk of amasi
sout na smaak

Meng alles goed saam en bak in oond by 180 ºC vir 1 uur, hou maar dop en toets vir gaarheid

VARIASIE
Kan gerasperde kaas insit indien verkies – Heidi Rowe
Resep: Riana du Plessis
Foto: Heidi Rowe

 




3 BESTANDDELE SPONSKOEK IN DIE MIKROGOLF

3 best koek mikrogolftested

3 BESTANDDELE SPONSKOEK IN DIE MIKROGOLF

6 eiers geskei
1 kop self raising meel
1 kop suiker ( ek het castor sugar gebruik)

Skei eiers, gooi 1/2 kop suiker by wit en 1/2 kop suiker by geel.
Klits wit van eiers baie goed, (amper tot styf) en klits dan geel baie goed.
Gooi bymekaar en voeg meel bietjies gewys by.
Gewone mikrogolf oond gebak, 6 min op med high en 2 min op high.

Foto: Alida Nortje




4 BESTANDDELE KOEK MET BUTTERSCOTCH

tested

4 BESTANDELE KOEK MET BUTTERSCOTCH
Alweer terug by ons veelbesproke koek….
Maak gate met ‘n appel “corer”, kits “butterscotch” pudding gemaak met helfte van die vloeistof en vul die gate daarmee. Bo-op het ek tiramiso gesmeer, en kakao oorgesif, en afgerond met sjokolate “chips” Ons gaste het hierdie nagereg baie geniet !
Maklik, lekker, vinnig!

4 Bestanddele sponskoek:
6 eiers geskei
1 koppie bruismeel
1 koppie suiker ( ek het strooisuiker gebruik)
60 ml kakao

Skei die eiers, voeg ½ kop suiker by die witte en ½ koppie suiker by gele.
Sif die meel en kakao saam.
Klits die witte baie goed, (amper tot styf) en klits dan gele baie goed.
Meng die twee mengsels bymekaar en voeg die meelmengsel bietjies gewys by, tot goed gemeng.
Bak in voorverhitte oond by 180º C vir 30 min.
Resep aanpassing en foto:  Retha-Jane Duvenhage Buys

 




3 BESTANDDELE MUFFINS

3 BESTANDELE MUFFINStested

3 BESTANDDELE MUFFINS
2 koppies self raising meel
1 koppie melk
4 eetlepels mayonaise

Meng alles saam en bak by 200 grade C vir 20 min
Ek het 6 groot muffins uit die beslag gekry!
Smaak nogal lekker ook
Nota: mens kan ook in die plek van die melk, yogurt gebruik vir ‘n lekker geur
Resep:Riana Du Plessis




3 BESTANDDELE SPONSKOEK

3 bestandele koektested

3 BESTANDDELE SPONSKOEK

6 eiers geskei
1 koppie self raising meel
1 koppie suiker (ek het strooisuiker gebruik)

Skei eiers, gooi ½ kop suiker by wit en ½ kop suiker by geel.
Klits wit van eiers baie goed, (amper tot styf) en klits dan geel baie goed.
Gooi bymekaar en voeg meel bietjies gewys by.
Bak in oond by 180°C vir 30 min.

Die geheim van hierdie koek is dat dit baie baie goed geklits moet word, klits die eierwitte baie goed styf.

Resep geplaas deur Riana Du Plessis




3 BESTANDELE BROWNIES MET SJOKOLADE

3 BESTANDELE BROWNIEStested

3 BESTANDELE BROWNIES MET SJOKOLADE
Baie baie lekker en vinnig
2 koppies degstive koekies gebreek
1 koppie donker chochips
1 blikkie kondensmelk

Meng alles, sit in oondvaste bak en bak 25 min by 180ºC
Resep en foto: Benhet Nieuwenhuis