NUTELLA 3 INGREDIENT COOKIES

nutella koekie

NUTELLA 3 INGREDIENT COOKIES

1 Cup Nutella
10 tbsp flour
2 eggs

Whisk eggs, add Nutella and then flour
Mix well and bake for approx 15-20 min at 180 degrees C

Source: Unknown




ROOMYS VAN 2 BESTANDELE

 

2 best roomys 2tested

ROOMYS VAN 2 BESTANDELE

geen suiwel

Soms kruis n gereg jou pad wat jou wereld verander. Die piesangroomys is een van die lekkerste nageregte wat ek in my lewe geeet het. Dis ongelooflik! Dis sag en romerig!

BENODIG:

6 piesangs
125 ml grondboontjiebotter
NOU:

Sny die piesangs in dun ringetjies. piesangroomys
Plaas dit op n bakplaat en bedek met kleefplastiek.
Vries dit.
Sit dit in jou voedselverwerker en kap fyn.
Meng die grondboontjiebotter by.
Dis die lekkerste lekker in LekkerLand!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Bron: Marinda Kook

Foto: Leonard Eric Abdol




3 BESTANDDELE ROOMYS

3 BESTANDDELE ROOMYS
1 blik ideal melk
1 blik kondens melk
1 styf geklopte eierwit

Klits verkoelde ideal melk styf.
Roer kondensmelk by.
Vou eierwit in en sit dadelik in vrieskas.

Bron:  Sienie Strydom




VINNIGE AARBEITERTJIES


VINNIGE AARBEITERTJIES

Voer ‘n tertbord uit met tennisbeskuitjies of ‘n krummelkors
Meng die volgende bestandele goed en versprei oor die kors.
500ml Ultra Mel room
2 Pakkies Vanilla kitspoeding
300ml melk

Metode:
Dreineer ‘n blik aarbeie. Hou die stroop eenkant.
Voeg 75ml suiker en
50ml mielieblom by die stroop en verdik in die mikrogolfoond.
Pak die aarbeie op die vulsel in die kors en gooi die stroop bo-oor.
Laat baie goed afkoel voordat bedien word

Resep geplaas – Rina Kleinhans




THE EASIEST HOMEMADE PIZZA BASE

pizza base 2 ingredients 2tested

THE EASIEST HOMEMADE PIZZA BASE
Only 2 ingredients
1 cup of greek yogurt
1 cup of self rising flour

Mix and roll out… put topping on and bake for more or less 30 min by 180 ºC until done

That’s it!!!!

FOTO- Verushka Swart

Madeleine Walters Bester Dit werk met vieannas toegerol op die kante

Tertia Jardine-Simons Tried it this afternoon, the dough was really soft and I kneaded it for quite some time. Added another cup of flour and it was perfect for a pizza base.

Elrika Lesch Dit sal verseker werk, hanteer liggies, dieselfde beginsel as Karringmelk en SR Meel broodjie … hy rys mos ook

Franco Dippenaar jy kan die karringmelk of yoghurt veruil vir amasi ook.

Martie Fourie Moolman, dit werk rerig, het die resep lankal op Pinterist gekry, jou yogurt moet iets soos Bulgaarse of Griekse dubbeldik yogurt wees.

Ronel Snyman Heerlik het dit gemaak met yoghurt.

Liezel Van der Merwe Tannie Maria het dit venaand gemaak. 2/3 pakkie bruismeel op 500g yogurt uitgerol gaaitjies gedruk tydjie in die oond uitgehaal topping op gesit terug in die oond en pappa vrek daor en hy is nie ‘n pizza man nie.

Maria Liebenberg 500g bruismeel pakkie?

Liezel Van der Merwe Ja tannie Maria die 500g

Lorett Brittnell Dis ‘n uitstekende degie. As die degie te klewerig is as jy dit deurknie voeg net noge bietjie bruismeel by tot die degie mooi bymekaarkom as jy dit deurknie. Ek laat dit so 15min “rus” voor ek dit uitrol. Heerlik

Bak vir ongeveer 20-30 min teen 180grade C. of tot gaar

 




DRIE BESTANDELE PIESANGBROOD

3 best piesangbroodtested

DRIE BESTANDELE PIESANGBROOD
500 ml bruismeel
1 blikkie kondensmelk
6 groot piesangs, fyngedruk

Meng al die bestanddele deeglik.
Skep in jou broodpan/panne.
Laat rys vir 20 minute, moenie hierdie deel uitlaat nie.
Bak dan in voorverhitte oond van 180°C vir 25-30 minute. (tot toetspen skoon uit kom)

WENK:
Ek het so handvol gekapte neute ook bygesit, jy kan selfs die gekapte grondboontjies byvoeg.

Geniet!

Resep: Sharon Pretorius
Foto:  Trudie Steenberg Cornelius en Bianca Bachfischer




SJOKOLADE SPONSKOEK

 

3 bestandele koek florainetested

Sjokolade sponskoek (variasie op 3 bestanddele koek)

7 eiers geskei
1 kop self raising meel
1 kop suiker ( ek het castor sugar gebruik)
4 e milo opgelos in 100ml kookwater
3 e kakao
metode:
skei eiers, gooi 1/2 kop suiker by wit en 1/2 kop suiker by geel
klits wit van eiers baie goed, (amper tot styf) en klits dan geel baie goed
gooi bymekaar en voeg res van bestandele  bietjies gewys by
bak in oond by 180 grade C vir 30 min
Floraine Wasserman Venter

 




PEANUTBUTTER KOEKIES-3 BESTANDDELE

peanutbutter cookiestested

PEANUTBUTTER KOEKIES-3 BESTANDDELE
1 kp peanutbutter
1 kp suiker
1 eier geklits!

Klits eier en suiker goed saam tot romerig, voeg peanutbutter by en meng.
Rol in balletjie druk bietjie plat en bak in oond vir 8-10 min by 180grade C
Klink sommer lekker ne!
Jy kan rosyne bysit of smeer met nutella of appelkoos jam eers nadat dit afgekoel het!
Jy kan ook choc chip insit… geniet dit
Foto: Shaun Matthee




3 BESTANDELE BROWNIES MET NUTELLA

3 bestandele brownies 2tested

3 BESTANDELE BROWNIES MET NUTELLA

600 g sjokoladesmeer bv nutella
4 eiers
120 g koekmeel

Verhit oond op 180ºC. Meng die sjokoladesmeer, eiers en koekmeel tot gladde beslag.
Voer ‘n losboompan van 30cm met bakpapier uit en spuit dit met kleefwerende kossproei. Gooi die beslag in die pan en skep bessies of sjokolade oor of neute en bak vir 20-30 minute tot gestol. Laat heeltemal afkoel voor jy dit uit die pan haal en sny in blokkies om voor te sit.

Foto: Heloise De Beer 




DRIE BESTANDDELE KOLWYNTJIES

3 bestandele cupcakestested

DRIE BESTANDDELE KOLWYNTJIES
6 eiers, geskei
1 koppie bruismeel
1 koppie suiker (ek het strooisuiker gebruik)

Skei eiers, gooi ½ koppie suiker by wit en ½ koppie suiker by geel.
Klits wit van eiers baie goed, (amper tot styf) en klits dan geel baie goed.
Gooi bymekaar en voeg meel bietjies gewys by, terwyl jy klits.
Sit in cupcake of kolwyntjie panne en bak in oond by 180º C vir 12 min.

Die geheim van hierdie beslag is dat dit baie baie goed geklits moet word, klits die eierwitte baie goed styf.

Foto: Floraine Wasserman Venter