3 BESTANDDELE SPONSKOEK-VARIASIE

2014-06-08-3bestandeelsponskoektested

3 BESTANDDELE SPONSKOEK-VARIASIE

6 eiers, geskei
1 koppie strooisuiker, wat ek vervang het met Natvia
1 koppie bruismeel

Klits die helfte van die suiker by die eierwit tot dit stywe punte vorm maar nie droog is nie.
Die ander helfte van die suiker by die eiergele tot dit lig is.
Vou die geel deur die wit en meng liggies.
Sif die bruismeel bo-oor en vou deur.
Gooi in twee losboom koek panne en bak vir 30 minute by 180°C.
Laat afkoel en versier met aarbei konfyt (wat ek self gekook het met Natvia) en styfgeklitste room.
Vars aarbeie vir bo oor.
Hettie Bezuidenhout

VARIASIE
Maak dit ‘n 4 bestanddeel koek wat ook lekker is en vervang die bruismeel met 1 ½ koppie Maizena en 1 teelepel bakpoeier. Veerlig lekker.
BRON: Hettie Bezuidenhout




WENNER KNOFFELHOENDER MET KAAS EN BACON

2014-06-08-4bestanddeelknoffelhoendermetkaasenbacontested
WENNER KNOFFELHOENDER MET KAAS EN BACON

Ontbeen die hoenderborsies, geur met sout en peper en panbraai dit saam met ‘n fyngemaakte knoffelhuisie in warm botter tot goudbruin aan alle kante.
Plaas oor in ‘n oondbak en bedek die bokante met repe bacon en strooi kaas bo-oor.
Hier is Cheddarkaas gebruik, maar Mozzarellakaas behoort eintlik nog beter te werk.
Bak in die oond 180 grade tot die hoender gaar is.

BRON: Adrian Olivier
FOTO: Adam Cloete




4 BESTANDELE SAMPIOENSOP

 

2014-06-08-4bestandelesampioensoptested

4 BESTANDELE SAMPIOENSOP

1 pakkie knopie sampioene
1 E botter
1 L melk
1 pakkie sampioen sop poeier

Sny sampioene in skyfies, braai in botter. Meng sampioen sop poeier met melk. Voeg by en kook tot dik. Jy kan nou bietjie Engelse mosterd en raspertjie nuet byvoeg. Jy kan die selfde met blikkie roomsop mielies doen meng dan net met wit uie sop. Dieselfde met blikkie boontjies en tamatie sous, meng dan net met tamatie sop poeier. Oorskiet groente, meng met groente sop poeier. Wizz dit dan net, jy kan ook ‘n blokkie stock met bietjie water meng en byvoeg.
BRON-Martie Fourie Moolman
Martie Fourie Moolman
Ons hou van ‘n soppie in die winter, hierdie is sommer ‘n crook sop, gaan so gou en jy kan maar jou verbeelding gebruik enig iets in ‘n blik, gevries of oorskiet. Gebruik soms blikkies seekos mossels of tuna of oesters. Ek is ook nie ‘n voorstaander vir sop poeiers nie maar hierdie is blitsig. Wat ook lekker is as jy ‘n klompie vars kruie, gekapte knoffel, fyn gemmer onder die bakkie sit voor jy die warm sop in skep is die geure en aroma daarvan wonderlik! Bedien met korserige brood en almal se oe en aa!




4 INGREDIENT PASTA DISH

2014-06-08-4ingredientpastatested
4 INGREDIENT PASTA DISH

4 ingredient pasta, chicken en mushroom linguini met tamato & basil sauce.
Braai hoender strippies gooi 2 blikkies italian tamatie en basil by kook deur en skep op linguine, manne se is baaaie lekker. My eerste probeer.
BRON- Adriana Wait Louw‎




EISBEIN EN GROENBOONTJIES

2014-06-08-eisbeinenboereboontjiestested
EISBEIN EN GROENBOONTJIES

4 Bestanddele/ een maaltyd:

1 Gerookte Eisbein per persoon
vryf net liggies met vars gekapte knoffel en swart peper
Bak teen 190°C vir so 30 tot 40min of tot velletjie kraak as jy op hom kap. Smeer met heuning net voor jy opdien.

Boere Boontjies:
2 koppies gekapte groen bone
2 Middelslag aartappels (in blokkies)
1 Middelslag Ui (gekap)
Sout en peper na smaak
Kook totdat boontjies en aartappels sag is
Voeg by 100ml melk/room, 1 eetlepel botter/margarien, 5ml Bakpoeier, 3ml Kaas Aromat. Maak fyn en laat nog so 5min prut op laagste hitte.

BRON- Elizabeth Margaret Hendrikz‎




MARTIE SE VIER BESTANDDELE PIESANG BROOD

2014-06-08-vierbestandelepiesangbroodtested
MARTIE SE VIER BESTANDDELE PIESANG BROOD

2 groot ryp piesangs, fyn gemaak
½ koppie strooisuiker
1 koppie mayonnaise
2 koppies bruismeel
knippie sout

Meng piesang en suiker en roer goed. Voeg mayonnaise by. Sif meel en knippie sout en meng met piesangmengsel. Bak in oond 180°C vir  50 – 60 min.
BRON- Martie Fourie Moolman




VINNIGE SPAGHETTI BOLOGNAISE

2014-06-08-vinnigespaghettibolognaisetested
VINNIGE SPAGHETTI BOLOGNAISE

(met 4 bestanddele)

500g maalvleis
1 pakkie Minestrone with Herbs (Royco)
1 klein blikkie tamato paste
half pak spaghetti.

Braai maalvleis tot lekker los. Meng Minestrone met 500ml water en voeg tamato paste by. Meng alles by maalvleis; bring tot kookpunt terwyl heel tyd geroer word. Verlaag hitte en laat prut terwyl spaghetti gaar gemaak word. Skep maalvleis oor spaghetti en sprinkle bietjie gerasperde kaas oor (opsioneel).

Foto en resep geplaas deur Lynette Jacobs Wasserman‎




VIER BESTANDDELE VARK TJOPPIES

2014-06-08-vierbestandelevarkchoppiestested

VIER BESTANDDELE VARK TJOPPIES
Drie vark choppies ontbeen en koevertjie gemaak
3 skywe brie kaas
4 eetlepels knoffelbotter
1 koppie broodkrummels
Vul vark koevertjie met kaas. Strooi bietjie sout en peper oor. Rol in broodkrummels. Sit klontjies botter bo-oor en pak op bakplaat. Bak vir so 20-30 min afhangende van dikte van choppie.
BRON- Martie Fourie Moolman




GRANADILLA SNEEUPOEDING

 

2014-06-08-grenadellasneeupoedingtested

GRANADILLA SNEEUPOEDING
My 4 bestanddele resep.
1 glasie vars room
1 pakkie suurlemoenjellie
300 ml kookwater
pulp van 3 granadillas of een blikkie granadillamoes
175 ml (een houer) Griekse jogurt
Los jellie op in die kookwater, laat dit buite die yskas afkoel. Dit moenie stol nie, maar moet heeltemal afgekoel wees.
Klits die room styf, voeg die jellie, granadilla (hou ‘n klein bietjie moes eenkant vir versiering) en jogurt by die room en roer goed deur.
Giet die mengsel in individuele glasies of in een groot tertbak en giet die granadilla moes oor die tert en verkoel in die yskas.
Nota-Soms plaas ek Tennis beskuitjies onder in die tertbak en giet die mengsel daaroor. Die resep is genoeg vir 6 mense. Tyd in die yskas is ongeveer 4 ure.
Resep en foto: At Horn‎




WARM CHILLIE PILCHARDS PIZZA

2014-06-08-hotchilliepilchardspizzatested
WARM CHILLIE PILCHARDS PIZZA

Sien ek het verkeerd gespel op die fodie *bloos*!

1 blikkie Hot Chillie Pilchards, ontgraat en fyn gedruk
tamatie skywe
blaardeeg
gerasperde kaas

Meng sout, peper en so bietjie sojasous in die Pilchards.
Smeer dan op dun uitgerolde blaardeeg.
Pak tamatieskyfies bo-op en strooi kaas oor.
Bak op 180°C vir so 15 minute!

BRON- Gigi Robinson‎