HOENDER, BRIE, BOSBESSIE EN PIENK PEPERKORREL PITHIVIER

HOENDER, BRIE, BOSBESSIE EN PIENK PEPERKORREL PITHIVIER

“Ek is lief vir eksperimenteer, maar versamel soms hope resepte voor ek hulle probeer. Onlangs ‘n mama naweek saam met ‘n vriendin, en haar 40ste verjaarsdag van  vroeër die jaar, ook gevier en ek weet sy hou van brie ens… toevallig gekyk na ‘n kosreeks op televisie en gesien hoe Nadiya hierdie maak. As ek haar nie dit sien maak het nie, sou die instruksies my afgeskrik het. Maar dis so eenvoudig en uniek. Kon nie pink peperkorrels kry nie maar google sê die groenes is goeie plaasvervanger. In kort, dis amazing. Dit was te vinnig op om foto te geneem het, maar my vriendin het so na oorspronklike resep se foto gekyk en gesê: well done, joune het sowaar NET SO gelyk!”

2 x 500 g rolle skilferkorsdeeg
3 eetlepels olyfolie
4 knoffelhuisies, gekap
1 ui, fyn gekap
1 teelepel sout
4 eetlepels pienk peperkorrels, fyngedruk
300 g hoenderdye, in blokkies gesny
100 g gedroogde bosbessies
2 eiergele, liggies geklits
200 g briekaas

Voer twee bakplate met bakpapier uit.
Rol die twee rolle deeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlak.
Rol dit tot ‘n vyf mm dikte en sny een met ‘n 25 cm, en die ander een met ‘n 30 cm diameter sirkel.
Laat albei op ‘n skinkbord afkoel terwyl jy die vulsel maak.

Plaas die olie in ‘n besmeerde groot pan.
Klop die knoffel en die ui totdat dit ‘n gladde pasta vorm.
Voeg die pasta by die warm olie en kook dit tot die mengsel dik en bruin is – dit behoort sowat 10 minute oor medium hitte te neem.
Voeg die sout en peperkorrels by en meng.
Voeg die hoender en bosbessies by die mengsel.
Roer en kook die mengsel tot jy ‘n vloeistofvrye hoendermengsel is en die hoender gaar is. Dit neem ongeveer sewe minute.

Verwyder die pan van die hitte af en laat die mengsel heeltemal afkoel.
Neem die kleiner deegsirkel en smeer die rand liggies met eiergeel.
Sny die bokant en onderkant van die brie versigtig af, net om dit korter te maak. Druk dit effe plat.
Plaas die brie in die middel van die kleiner deegsirkel en voeg dan die hoendermengsel rondom die rand en bo-oor die brie by.
Versprei dit versigtig oor die deegsirkel, maar vermy die gesmeerde eierrand.
Neem die tweede, groter deegsirkel en druk dit plat bo-oor die mengsel.
Maak seker dat daar geen lugborrels is nie en verseël dit met die onderste deegsirkel.
Smeer die bokant met eiergeel en plaas die tert in die yskas vir 30 minute.

Voorverhit die oond tot 200 °C/waaier 180 °C/gas 6 en plaas ‘n bakplaat in die oond om warm te word.
Buig die tertrand van die buitekant van die gereg reg rondom met ‘n slaplemmes sodat dit soos die geskulpte buitekant van ‘n melktert lyk. Maak seker die twee deegsirkels is nog verseël aan mekaar.
Sny groot kepe in die bokant van die tert en borsel die bokant weer met eiergeel.

Bak vir 25 – 30 minute.
Indien die deeg na 20 minute baie donker lyk, bedek losweg met foelie en verlaag die oondtemperatuur tot 180 °C/waaier 16 0°C/gas 4.
Bedien direk vanuit uit die oond.
Die tert kan tot een dag vooruit gemaak word en dan gebak word voor opdiening.

Plasing deur: Carmari Fourie Strobos




SUURLEMOENLEKKERS


SUURLEMOENLEKKERS
“Ek het hierdie lekkers gemaak. So lekker ek’t amper klaar alles opgeëet.”
1 koppie vars suurlemoensap
1 koppie suiker
½ koppie mielieblom (maizena/ stysel)
½ koppie water
1 eetlepel botter
1 eetlepel suurlemoenskil, fyn gerasper
½ teelepel sout
Plaas die sap, suiker, stysel en water in ‘n medium grootte kastrol en meng koud sodat daar geen klonte is nie. Verhit die mengsel op lae hitte tot dit dik is. Roer aanhoudend en voeg die botter, sout en skil by. Bly roer vir nog 15 tot 20 minute tot die mengsel elasties is. Verwyder van die hitte en skep uit op ‘n ge-oliede stuk plastiek of pan. Verseker dat dit min of meer oral ewe dik is en laat afkoel vir ‘n paar ure of oornag. Sny dit met ‘n ge-oliede mes in kleinerige happie-groottes en rol dit in suiker.
Resep en foto: Gideon Louw




BEESHART RESEPTE


BEESHART RESEPTE
Gestopte beeshart:
1 beeshart
warm water
gemaalde vleis, na smaak
sout en peper na smaak
fyn naaltjies na smaak
1 ui, gekap en bruin gebraai
botter of vet
Plaas die hart vir drie ure in warm water. Sny die hart aan eenkant oop en skep of sny die binneste vleis van die hart uit.
Meng gemaalde vleis, ui en speserye saam.
Stop die hart met die vleismengsel en werk die hart toe met gare of tou.
Smeer die hart met botter of vet, vou die hart toe in bakpapier wat met tou vasgebind is, en bak die hart vir 2 ure in ‘n matige oond.
Resep geplaas: Jan Van Niekerk

Stowe beeshart:
1 beeshart
2 repe swoerdlose ontbytspek
1 klein ui
5 ml gekapte pietersielie
190 ml droë broodkrummels
2 ½ ml gemengde kruie
1 eier, geklits
3 ml sout
3 ml varsgemaalde swartpeper
koekmeel om hart te bestrooi
30 ml botter
Voorverhit die oond tot 180°C. Sny ‘n opening in die hart en was dit behoorlik uit met louwater. Sny die binnespiere uit en spoel weer goed uit onder lopende water. Sny die spek fyn en meng met ui, pietersielie, eier, kruie en broodkrummels. Stop die hart met die spekmengsel en werk dit goed toe met gare. Geur die hart rondom met sout en peper en bedek met meel. Smelt botter in ‘n kastrol en braai die hart tot bruin in die botter. Voeg net genoeg warm water by om die hart te bedek, plaas deksel op en stowe vir twee ure. Sit voor met kweperjellie.
Resep geplaas: Jan Van Niekerk.

Hart- en niertjieontbyt:
1 ui, fyngekap
1 eetlepel botter
1 beeshart, skoongemaak en opgekap
4 niertjies, skoongemaak en opgekap
3 teelepels vars gekapte tiemie
2 koppies vleisaftreksel
4 eetlepels koekmeel
sout en peper na smaak
Braai die ui in die botter en voeg die hart- en niertjiestukkies en tiemie by.
Smoor vir ‘n halfuur teen lae temperatuur sodat dit water trek.
Meng die vleisaftreksel en meel en voeg dit by die hart en niertjies in die kastrol.
Geur met sout en peper en roer gedurig terwyl dit kook om te verdik.
Bedien op roosterbrood.
Resep geplaas: Tiana Botes.




CREAM OF CELERY SOUP


CREAM OF CELERY SOUP
Recipe:  Annelie Imbrailo
Photo:  Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
“Ek het ongelukkig nie ‘n foto geneem nie, maar hierdie sop het ek oor en oor gebruik in die jare toe ons spyseniering gedoen het. Dit was altyd ‘n groot gunsteling.”
1 bunch of celery, washed and chopped
2 medium potatoes, diced
2 medium to large carrots, diced
2 cloves of garlic, crushed
butter, for frying
1 packet thick vegetable soup powder
900 ml water
250 ml fresh cream
Sauté the vegetables for about 5 – 7 minutes in butter (it adds to the flavour).
Mix vegetable soup powder with the water and add to vegetables.
Cook whilst stirring until vegetables are soft.
Add 250 ml of fresh cream and slowly simmer until flavours have blended.
Try and make it a few hours before serving as the flavours get a chance to develop.
Keep it chunky.




ONGEBAKTE KAASKOEK


ONGEBAKTE KAASKOEK
Resep: Helene Burger
FOOD LOVERS RECIPES
1 pakkie tennisbeskuitjies
60 ml botter of kunsbotter, gesmelt
250 g volvet marscaponi kaas
1 teelepel vanilla geursel
300 ml dubbelroom
200 g witsjokolade, gesmelt
framboos (rasberry) coulis (sous)
Maak kors van tennisbeskuitjies met botter. Druk vas op bodem en kante van ‘n losboompan.
Plaas in yskas.
Klits maaskaas, vanilla geursel en room saam tot glad.
Voeg gesmelte witsjokolade by – moenie in klits nie, maar meng in met ‘n spatel (dit kan skif van te veel klits).
Skep in pan en verkoel oornag.
Maak versigtig los en glip af op koekstaander.
Maak lekker framboossous, gooi deur sif en skep bo-oor en laat dit afloop oor die kante. Lekker en mooi!!!!




KERSIE-BESKUIT


KERSIE-BESKUIT
Resep geplaas deur: Karin Blignaut
FOOD LOVERS RECIPES
1½ kg bruismeel
15 ml bakpoeier
5 ml sout
500 g botter
500 ml karringmelk
3 eiers
375 ml suiker
375 ml kersies, kleiner gesny
Meng suiker, karringmelk en eiers en klits goed.Smelt botter.
Meng nou al die bestanddele saam en knie deeg goed.
Sit in beskuitpan en bak by 180 °C vir so 45 minute of tot gaar.
Haal uit oond en sny in stukke, plaas op rakke in oond en droog beskuit uit by 100 °C vir ongeveer drie ure. Laat beskuit in oond afkoel sodra dit droog is.
Pak in lugdigte houers.




SPRINGBOKRADIO SE KERSIE-KARRINGMELKBESKUIT


SPRINGBOKRADIO SE KERSIE-KARRINGMELKBESKUIT
Resep geplaas deur Karin Blignaut.
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg bruismeel (of 1 kg koekmeel en 30 ml bakpoeier)
10 ml (2 teelepels) bakpoeier
10 ml (2 teelepels) sout
500 g kunsbotter
1 blik (385 g) kondensmelk
125 ml (½ koppie) bruinsuiker
500 ml (2 koppies) karringmelk/amasi
100 g rooikersies, gekap (ek het helfte groen-, helfte rooikersies ingegooi)
100 g pekanneute, gekap

Verhit oond tot 190 °C.
Smeer ‘n groot vierkantige oondpan met kunsbotter of bespuit met kossproei.
Sif meel, bakpoeier en sout in ‘n groot bak en vryf kunsbotter in.
Meng kondensmelk, bruinsuiker en karringmelk.
Meng droë en nat bestanddele met ‘n houtlepel.
Voeg kersies en neute by en druk mengsel in voorbereide pan.
Bak vir 50 minute of tot goudbruin en ‘n toetspen in die middel skoon uitkom.
Keer uit op ‘n draadrak, laat afkoel en sny in bekuit stukkies.
Droog beskuit stukkies oornag in die oond by 100 °C met deur effe oop.




PERI-PERI CHICKEN LIVERS WITH GARLIC


PERI-PERI CHICKEN LIVERS WITH GARLIC
2 tablespoons butter
500 g chicken livers
3 garlic cloves, crushed
3 – 4 tablespoons peri-peri sauce
juice of 1 lemon
½ cup cream
salt and pepper, to taste
In a very hot frying pan, melt butter and fry chicken livers until golden brown on both sides.
Add garlic and peri-peri sauce and allow to fry for another minute until fragrant; then add the lemon juice and cream.
Season with salt and pepper and allow to simmer for 5 – 7 minutes.
Serve with bread.
Recipe: Renú Ferreira.




WENNER HOENDERLEWERS


WENNER HOENDERLEWERS
Resep geplaas deur Hennie Roos.
FOOD LOVERS RECIPES
“Die resep maak redelik baie. Dit wat gebêre word, is môre/oormôre nog lekkerder.”
250 – 500 g hoenderlewers
1 ui
2 knoffelhuisies of 1 teelepel gekneusde stukkies knoffel of 1 teelepel braaispeserye
1 teelepel vars gesnipperde gemmer of ½ teelepel gemmerpoeier
1 – 2 teelepels kerriepoeier
1 teelepel borrie
1 teelepel koljander
1 teelepel komynsade
1 klein pakkie tamatiepasta
1 blik boeresmoor of gewone tamatie-uiesmoor
Opsioneël ekstra:
1 blik sousboontjies
125 – 200 ml vars room
Braai uie en lewers saam.
Wanneer lewer en uie amper gaar is, voeg al die speserye by en braai so 3 – 5 minute.
Voeg tamatiepasta en blik boeresmoor/tamatie-uiesmoor by.
Voeg sousboontjies by (nie nodig, maar is lekker).
Kook alles stadig vir 15 – 20 minute.
Voeg room by (nie nodig indien jy nie het nie).
Geniet dit saam rys, pap of op brood.




TUNA FISH CAKES


TUNA FISH CAKES
2 tins tuna
3 potatoes, cooked and mashed
1 onion
the yellow of 2 eggs, keep the white aside
2 tablespoons cornflower
salt and pepper
bread crumbs, for covering cakes
Mix everything, except egg whites and bread crumbs, well. Make cakes, roll in egg whites and then in bread crumbs.
Fry in hot oil.
Recipe: Marianne Louw
Photo:  Nicolette Papas