CLASSIC COQ AU VIN

Another Coq au Vintested
CLASSIC COQ AU VIN
Yield: 4 to 5 portions
Time: +/- 1 hour 30 minutes

Ingredients
• 1 tbsp (15 ml) Olive Oil
• 120 g Pancetta or Bacon (cubed)
• 8-10 pieces Chicken thighs and legs
• 1 large Onion – chopped
• 2 medium Carrots – chopped
• 3 to 4 sticks of Celery – chopped
• 1-2 cloves Garlic (chopped)
• ¼ cup (60 ml) Brandy or Whiskey
• 1/2 bottle (375 ml) Red Wine (your choice)
• 1 ½ cup (375 ml) Chicken Stock
• 8-10 springs Thyme or 1 tsp (5 ml) dried Thyme
• 1 tbsp (15 ml) Butter
• 1½ tbsp (25 ml) Flour- for thickening (could substitute for corn starch for gluten-free version)
• 250 g Mushrooms
• Salt and Pepper to taste
Instructions
1. Preheat oven to 180C.
2. Heat a tablespoon of olive oil in a heavy pot with a oven proof lid (flat cast iron pot it’s perfect for it – No 2 or 3). Fry your bacon cubes for 8-10 minutes until browned and remove them to a plate.
3. Season your chicken pieces with salt and pepper and brown them in the same pot in batches to avoid overcrowding. Remove to the same plate as bacon. You are not cooking your chicken all the way through, just browning on both sides.
4. Slice your onions, celery and carrots in medium sized chunks and add them to the pot with salt and pepper, cook over medium heat for 10 minutes, add the garlic and cook for 1 minute longer stirring the whole time not allowing it to burn. Add your brandy and scrape all the burned bits to incorporate them into your sauce, now add bacon and chicken with all the juices they collected, pour in your wine, chicken stock and thyme sprigs and bring to a boil. Once boiling, cover with a lid and put it in the oven for 40 minutes.
5. When chicken is no longer pink mix melted butter with flour and stir in the sauce. Slice mushrooms thickly and add to the pot, taste and adjust the seasoning if needed. Put back in the oven with the lid off for 10-15 minutes to allow the sauce to thicken.
To serve
Serve with mashed potatoes or chunky pieces of french loaf bread

Klasieke Coq Au Vin
Porsies: 4 tot 5 porsies
Tyd: +/- 1 uur 30 minute

Bestanddele
• 1 eetlp (15 ml) Olyf olie
• 120 g Pancetta of Bacon (in blokkies gesny)
• 8-10 stukkies Hoender (boudjies en dytjies)
• 1 groot ui – grof gekap
• 2 medium Wortels – grof gekap
• 3 tot 4 stokkies Selary – grof gekap
• 1-2 huisies Knoffel – gekap
• ¼ koppie (60 ml) Brandewyn of Whiskey
• 1/2 bottel (375 ml) Rooi Wyn (jou keuse)
• 1 ½ koppie (375 ml) Hoender aftreksel
• 8-10 takkies Tiemie of 1 teelp (5 ml) gedroogde Tiemie
• 1 eetlp (15 ml) Botter
• 1½ eetlp (25 ml) meel – om sous meet te verdik (kan vervang word met mielieblom vir ‘n gluten-vrye weergawe)
• 250 g Sampioene
• Sout en Peper na smaak

So maak mens
1. Voorverhit die oond tot 180C
2. Verhit die eetlp olyf olie in ‘n swaar pot met ‘n oondvaste deksel (platboom gietyster pot no 2 of 3is perfek). Braai jou bacon blokkies tot mooi verbruin (8 – 10 minute), haal uit en plaas op ‘n bord..
3. Springkel jou hoender stukkies met sout en peper en braai tot bruin. Moenie te veel op ‘n slag in die pot sit nie, braai liewer in een of twee sarsies. Sodra mooi bruin, verwyder van die pan en plaas op die bord saam met die bacon blokkies.
4. Kap jou ui, wortels en salary mediun grof en plaas hulle in die pot met sout en peper, braai oor matige hitte vir +/- 10 minute, voeg die knoffel by en braai vir ‘n verdere minuut. Roer aanhoudend en moenie laat brand nie. Voeg nou die brandewyn/whiskey en wyn by. Roer deeglik om die stukkies van die bodem los te maak. Voeg nou die hoender en bacon in met al die sappe wat in die bord versamel het. Voeg ook jou hoender aftreksel en Tiemie by. Bring tot kookpunt, plaas deksel op en plaas in die oond vir 40 minute.
5. Na 40 minute, kyk of die hoender goed gaar is, indien nie, plaas terug in die oond vir ‘n verdure 5 tot 10 minute. Sodra die hoender gaan is, meng die botter en meel tot ‘n deegie form. Roer by die sous in, Sny die sapioene grof of en voeg by, roer deur en plaas terug in die oond, sonder die deksel, en bak vir ‘n verdure 15 minute.
Om te bedien
Bedien met kapok aartappel of grof gebreekte stukke franse brood.

RESEP EN FOTO: Albert Buitenhuis




STRIKDASSIES-BOWTIES

image

STRIKDASSIES-BOWTIES

Strikdassies met romerige sous

Lewer: 2 – 4 porsies
Tyd: + /- 30 minute

Bestandele:

500 g Strikdassies (Farfalle) pasta
1 eetlepel (15 ml) Sout – vir jou pasta water
3 eetlepels (45 ml) olyf olie
1 koppie (250 ml) fyn gesnyde uie
1 koppie (250 ml) gaar ham of hoender (enige oorskiet vleis, ek gebruik graag boerewors ringetjies)
1 koppie (250 ml) gevriesde of vars ertjies
1 koppie (250 ml) vars room
1 suurlemoen se zest (skil) – rasper slegs die buitenste geel lagie van die skil af, nie die wit nie.
2 eetlepels vars gekapte pietersielie
½ teelepel (2.5 ml) vars gemaalde swart peper
Vars gerasperde Parmasan kaas – strooi oor net na opdiening
Opsioneel: Meng 1 opgehoopte teelepel (5 tot 10 ml) mielieblom (Maizina) in ń koppie met 100ml koue water.

So maak mens
Kook van die pasta
Kook jou pasta in ń groot pot in 4 Lt kookende water en die eetlepel sout vir solank as wat dit op die pakkie aanbeveel word. Sodra die pasta “al-dente” is dreineer in ń vergietis, maar behou 2 eetlepels (30 ml) van die water vir jou sous.
Maak van die sous
Terwyl jou pasta kook, verhit die olie in ń pan oor medium hitte en braai die uie tot deursigtig en sag (+/- 5 minute), maar nie bruin nie. Voeg ham (of jou keuse van vleis), ertjies en room by. Bring tot kookpunt, verlaag die temp en prut todat die sous efens vedik, (ook +/- 5 minute), as jy dir dikker verkies, roer die mielieblom en water in en bring weer tot kookpunt en verwyder van die hitte. Roer nou die suurlemoen zest, peper en gekapte pietersielie in.

Samekoms
Indien die sous pan groot genoeg is, gebruik hom, indien nie, gebruik die pot waarin die pasta gekook het.
Roer die pasta en sous bymekaar. Roer nou ook daai 2 eetlepels pasta water hierby in.

Bedien
Skep in ń diep borde en springkel van die kaas en peper bo-oor. Bedien met ń heerlike mengelslaai.

Bowties with creamy sauce.

Yield: 2 to 4 persons
Time: +/- 30 minutes

INGREDIENTS

500 g bowties (farfalle) pasta
1 tabelspoons (15 ml) salt
3 tablespoons (45 ml) olive oil
1 cup (250 ml) thinly sliced onions
1 cup (250 ml) cooked ham, ckicken (any leftover meat, I love using Boerewors rings)
1 cup (250 ml) frozen or fresh peas
1 cup (250 ml) cream
grated lemon zest (from about 1 large lemon, yellow sin only, no white)
2 tablespoons (30 ml) finely chopped parsley
½ teaspoon (2.5 ml) Freshly ground black pepper
Freshly grated Parmesan (for serving)
Optional: Mix 1 heaped teaspoon (5 to 10 ml) corn flour (Maizina) in a cup with about 100 ml of cold water

PREPARATION
Cooking the pasta
Cook pasta in a large pot with 4 Lt of boiling water with the tablespoon of salt added, stirring occasionally, until al dente; drain, reserving 2 Tbsp. pasta cooking liquid.

Making of the sauce
Meanwhile, heat oil in a medium skillet over medium-high. Add onions; cook, stirring occasionally, until tender, about 5 minutes (do not brown). Add ham (or other meat if preferred), peas, and cream. Bring to a simmer and cook, stirring occasionally, until sauce is slightly thickened, about 5 minutes. I you would like it a bit thicker, add the corn flour and water and bring to a boil again. Remove from heat; stir in lemon zest, 2 Tbsp. parsley, and 1/2 tsp. pepper.

Making a meal of it
If your sauce pan is to small, return the pasta to pot. Toss with sauce and reserved pasta cooking liquid; season with pepper. Divide among plates, then top with Parmesan and season with more pepper.

To serve
Serve in a deep dish with a lovely mixed salad on the side.

Geplaas deur Albert Buitenhuis




KOM ONS BAK Ń BOERBROOD

image

KOM ONS BAK Ń BOERBROOD
Daars hy, jou plantjie het ń huppel in sy stap, ń flikker in die oog en is op soek na avontuur.

Nou goed, hier gaan ons en maak seker jy verstaan elke stap/fase, want dit gaan jou eindproduk bepaal. Moet asseblief net nie weghardloop nie, dit is regtig nie moeilik nie. As jy kan brood bak gaan dit help, maar dit is nie ń vereiste nie.
Ek gebruik graag bakkers formules as ek bak, veral brood, want dan pas jy jou resep aan by die hoeveelheid meel wat jy het om te gebruik. Die formule waarmee ek werk kom oorspronklik van ń baie goeie vriend af en ek plaas sy oorspronklike skrywe/instruksies onderaan. Ek moet bieg, ek het amper ń jaar aan en af gesukkel en menige bakstene gebak voor Kobus my gered het. Lees asb sy stukkie, ek is seker julle sal net soveel baat vind daarby as wat ek het.

Basiese suurdeeg boerbrood:
My 178 % formule. (Onder is uitgewerk vir een groot boerbrood van +/- 1.5 kg)
Formule % *Mate Notas
100 % = meel 920 g
55 % = water 510 g
10 % = jou gevoerde plantjie 90 g – sien nota by fase 1
10 % = vet of olie of botter 90 g (ek verkies uitgebraaide varkvet)
1.8 % = suiker 20 g
1.2 % = sout 10 g
*Afgerond na die naaste 5 toe
Nou reg, ń formule werk so. Meel se gewig is 100% (920g), dus is water wat 55 % is, 55 % van die meel se gewig, maw 920 g x 55 % = 510 g. Kom ons kyk na jou plantjie wat 10 % van die meel se gewig moet wees, 920 g x 10 % = 92 g (rond af na 90 g).

Dus al die persentasies is ń persentasie van die meel se gewig.

Fase 1 – Maak die spons
Skakel na die plantjie resep:
https://www.foodloversrecipes.com/2016/03/suurdeeg-plantjie-voor-jy-wegspring-lees-eers/
*Hierdie fase moet jy self beplan. Ek deel graag hoe ek dit doen, maar dit gaan van jouself afhang. Klink erg, maar vir my begin dit 2 dae voor ek bak, onthou net, dit is net 3 klein stappies.
2 dae voor bak – 8 uur die aand. Haal plantjie uit die yskas, voer hom en los hom buite.
1 dag voor bak – 10:00 die oggend. Voer die plantjie, maar moenie halveer nie.
Tussen 18:00 en 20:00 – volg resep vir die spons, ook bekend as die “Poolish”

Spons:
460 g van die meel (50 %)
510 g kamer tempratuur water (al die water)
90 g plantjie

So maak mens:
In ń maat beker, meng die water en jou plantjie saam. Plaas die meel in n groot genoeg mengbak (nie metaal) en roer met ń houtlepel tot goed gekombineer. Bedek met kleef plastiek en los oornag op ń koelerige plek in jou kombuis (+/- 18c). More oggend as jy opstaan behoort hy ryp en reg te wees en dan weet jy ook sommer dat die Kaap weer Hollands is wat jou plantjie aanbetref.. (Sien foto)

Die foto is ń foto wat wys hoe jou spons moet lyk wanneer hy reg is.

Fase 2 – meng en rus die deeg.
In hierdie fase meng jy die res van die meel in die spons in en los dit sodat die vog die meel kan laat uitswel. Bakkers praat van dat die vog die res van die meel moet “hidreer”. Hierdie fase behoort nie meer as 30 min te duur nie.

Fase 3 – meng res van die bestanddele in en knie.
Meng nou die sout en die suiker in die spons in. Hou ook jou vet of ander smeermiddel byderhand, en werk dit in die deeg in soos jy knie. Probeer dit vermy om die olie oor droë meel te giet, dit gaan net sulke oliebolletjies maak wat nie maklik inknie in die deeg nie.
En na die mengery en rus, moet jy knie. Hierdie is die aktiewe deel van die proses. Knie is ook nie om die deeg te ‘boks’ nie. Nee, dis ‘n proses van rek en vou en rol. Aan die begin druk ‘n mens maar die goed saam en trek dit uitmekaar, maar as die deeg eers begin vorm, dan is dit rek en vou en rol om die gluten te ontwikkel sodat jy ‘n gladde deeg uit die proses kry.
Hoe lank knie mens? Totdat die deeg glad is. Tegnies behoort mens aan te hou totdat jy die deeg so kan strek dat jy ‘n boek deur die gerekte deeg kan lees… Dít het ek nog nooit-ooit reggekry nie…

Fase 4 – rus die deeg vir so 30 minute. Dis nodig sodat die deeg kans kry om te “ontspan” (jy’t dit immers nou erg verweer!)

Fase 5 – pan jou brood (as jy broodpanne gebruik)
Smeer vooraf jou broodpan met die nodige smeermiddel of spuitolie. Plaas die deeg binne in en laat rys die deeg op ‘n matige warm plek. Maak voorsiening in die keuse van jou pan dat die deeg ongeveer in grootte gaan verdubbel. (Voor jy begin bak, moet die brood basies die vorm van die eindproduk hê.)

Fase 6 – voorverhit die oond tot 180 grade C.
As jy die brood in die oond sit, gooi ‘n handvol ysblokkies in die oond om stoom te maak in die kritieke eerste kwart van die bakproses vir ‘n lekker bros kors. En bak die brood teen 180g C vir ongeveer een uur.

Resep geplaas: Albert Buitenhuis
Foto:  Bets Lourens


Foto 2: Marné Jacobs – Hier is die begin van my heel eerste suurdeegbrood. My suurdeegplantjie het homself mooi gedra en nou is dit tyd om te bak. Ek volg nog heeltyd die resep soos op die blog.




SUURDEEG PLANTJIE: VOOR JY WEGSPRING, LEES EERS

imagetested
SUURDEEG PLANTJIE: VOOR JY WEGSPRING, LEES EERS
Suurdeeg Plantjie
Of dit nou die borrelende lewende plantjie, krakerige korsie, geurvolle sagte binne brood of die beste roostebrood in die wereld is wat jou trek na suurdeeg brood, maak nie saak nie, begin net vandag, Dit is n kuns wat almal kan bemeester, in jou eie kombuis met jou eie lewende plantjie. Maak jou reg vir komplimente, want as jy eers die kuns bemeester het, gaan jy self nie glo dat jy so ‘n brood kon bak nie.
Bestanddele vir jou plantjie
Vir jou plantjie
• 100ml rog meel of volgraan meel (daar is meer wilde gis in hierdie meel as gewone meel, maar jy kan gewone meel ook gebruik)
• 100ml gebottelde water (al die chemikaliee in die drink water kan die gis en goeie bakteriee in jou plantjie dood maak)
• 4 rosyntjies (tel hulle, want jy moet hulle more uit haal)
• ‘n Houer vir jou nuwe baba (ek hou van ‘n goeie 1Lt Canfruit bottel omrede ek die glas of metal plaatjie van die deksel kan uithaal en ‘n stuk digte lap met die ring/skroef gedeelte van die deksel oor die bottel kan vas skroef – sien foto bo, maar enige glas, porselein of kos graad plastiek sal werk)
Om jou plantjie te voer
Daagliks:
• 100ml koekmeel
• 100ml gebottelde water

Geplaas deur Albert Buitenhuis




SUURDEEG PLANTJIE: DAG 5

imagetested
SUURDEEG PLANTJIE: DAG 5
Day 5: Herhaal dag 3 en 4. Jou plantjie behoort oornag te verdubbel het is volume, derduisende borreltjies te he en ‘n heerlike surerige gis aroma. Indien hy nog nie heeltemal daar is nie, doen ‘n ekstra dag of twee, dieselfde as wat jy elke dag vanaf dag 3 gedoen het. Indien hy op dag 6 lyk soos op die foto onder, volg stappe 1 en 2..

1. Wanner jou plantjie reg is, gee dit een laaste voeding deur +/- die helfde van jou plantjie uit/weg te gooi. Voeg nou by dit wat oor is in jou bottel 100ml meel en 100ml water en roer goed deur, al die meel moet ingemeng wees. Plaas die gewone glas of metaal deksel terug en gaan sit hom in die yskas, sy nuwe tuiste.
2. Van nou af word hy slegs een maal per week gevoer, Kry ‘n rolletjie masker band (maskin tape), skryf die datum van die voiding daarop en plak dit op jou bottel. Sodoende weet jy altyd wanneer laas jy die voiding ding gedoen het.

Resep:  Albert Buitenhuis




SUURDEEG PLANTJIE: DAG 4

image

SUURDEEG PLANTJIE: DAG 4
(Julle gaan dink ek het sommer dag 3 net weer hier gespoeg en plak en julle is dood reg, hierdie is die vervelige tyd, maar nog net ñ dag of twee, dan bak ons)
Day 4:
Teen vandag behoort daar lewe te wees en dis ook die dag dat jy jou plantjie twee keer begin voer. Jy behoort borreltjies te sien, jou plantjie behoort ‘n heerlike vars geur te he en daar behoort ook tekens te wees dat hy begin reis. As jy enige slegte /vrot reuk kry, gooi weg en begin oor, indien nie, volgende stap

Eerste voer: (10:00 tot 11:00) – Gooi +/- die helfde van jou plantjie uit/weg. Voeg nou by dit wat oor is in jou bottel 100ml meel en 100ml water en roer goed deur, al die meel moet ingemeng wees. Plaas lap deksel terug en gaan sit hon weer waar jy hom gister gelos het.
Tweede voer: (So 20:00 of wanneer jy tyd het). Gooi +/- die helfde van jou plantjie uit/weg. Voeg nou by dit wat oor is in jou bottel 100ml meel en 100ml water en roer goed deur, al die meel moet ingemeng wees. Plaas lap deksel terug en gaan sit hon weer waar jy hom gister gelos het.

Resep: Albert Buitenhuis




SUURDEEG PLANTJIE: DAG 3

image

SUURDEEG PLANTJIE: DAG 3
Day 3:
Teen vandag behoort daar lewe te wees en dis ook die dag dat jy jou plantjie twee keer begin voer. Jy behoort borreltjies te sien, jou plantjie behoort ‘n heerlike vars geur te hê en daar behoort ook tekens te wees dat hy begin reis. As jy enige slegte /vrot reuk kry, gooi weg en begin oor, indien nie, volgende stap

Eerste voer: (10:00 tot 11:00)
Gooi +/- die helfde van jou plantjie uit/weg. Voeg nou by dit wat oor is in jou bottel 100ml meel en 100ml water en roer goed deur, al die meel moet ingemeng wees. Plaas lap deksel terug en gaan sit hon weer waar jy hom gister gelos het.

Tweede voer: (So 20:00 of wanneer jy tyd het).
Gooi +/- die helfde van jou plantjie uit/weg. Voeg nou by dit wat oor is in jou bottel,  100ml meel en 100ml water en roer goed deur, al die meel moet ingemeng wees. Plaas lap deksel terug en gaan sit hom weer waar jy hom gister gelos het.




SUURDEEG PLANTJIE: DAG 2

image
SUURDEEG PLANTJIE: DAG 2
(Is daar lewe):
Selfde tyd as Dag 1
Bekyk jou plantjie mooi vir enige borreltjies. Dit mag dalk nog te gou wees, maar in ons warm klimaat, wie weet. As daar ‘n borreltjie of 4 is, geluk, jy is nou die ouer van ‘n suurdeeg plantjie, maar die gevaar is nog nie verby nie. Ruik nou aan jou plantjie, op hierdie stadium mag jy dalk al die vars gis reuk te kry, maar as dit nog nie daar is nie, dis nie ‘n trein smash nie. Wees wel bedag op enige slegte ruik, want dit beteken die slegte bakterie het vinniger as die goeie bakterie gegroei en jy sal ongelukkig moet oor begin.
Eerste Voer: As jy tevrede is en jou plantjie lyk nog goed is dit tyd vir hierdie stap. Gooi +/- die helfde van jou plantjie plus die 4 rosyntjies uit/weg. Voeg nou by dit wat oor is in jou bottel die 100ml meel en 100ml water en roer goed deur, al die meel moet ingemeng wees. Plaas lap deksel terug en gaan sit hon weer waar jy hom gister gelos het.
Die foto is van die internet af, maar hy wys mooi die verskil tussen dag 1 en dag 2.

Geplaas deur Albert Buitenhuis




SUURDEEG PLANTJIE: DAG 1

imagetested
SUURDEEG PLANTJIE: DAG 1

Dag 1 (Die geboorte): So teen 10:00 of 11:00 in die oggend, kombineer jou meel (ek het 50/50 rogmeel en gewone meel gebruik) met jou water. Roer tot die meel en water ‘n gladde pasta vorm. Ek doen hierdie stap sommer in ‘n Pyrex maatbeker omdat dit maklik werk, maar niks verhoed jou om dit direk in jou plantjie se eie bottle/houer te doen nie.

Sien foto

Neem jou plantjie vir ‘n wandeling. Hierdie stap is nie nodig nie, maar jy vergroot jou kanse om wilde gis en die regte bakterie te vang. Stel jouself voor, ‘n dik sjef wat in sy uniform in die Hoofstraat van Christchurch, Nieu-Seeland afstap, ‘n Pyrex bekker met deeg in in die een hand en ‘n vatdoek in die ander en in Afrikaans met die maat beker loop en praat. Jip dit was ek en Krummel wat net daar in die straat naam gekry het. My Krummel is nou al 2 ½ jaar oud, maar daar in bakerye in Europa wat hulle suurdeeg plantjies honderde jare terug kan vat.
Terug in die kombuis, plaas jou plantjie iewers waar dit redelik warm sal bly soos naby die stoof. Los hom nou uit tot more dieselfde tyd.

Geplaas deur Albert Buitenhuis




SUURDEEG BOER BROOD-STAP VIR STAP

imagetested

SUURDEEG BOER BROOD-STAP VIR STAP

Suurdeeg Plantjie

Of dit nou die borrelende lewende plantjie, krakerige korsie, geurvolle sagte binne brood of die beste roostebrood in die wereld is wat jou trek na suurdeeg brood, maak nie saak nie, begin net vandag, Dit is n kuns wat almal kan bemeester, in jou eie kombuis met jou eie lewende plantjie. Maak jou reg vir komplimente, want as jy eers die kuns bemeester het, gaan jy self nie glo dat jy so n brood kon bak nie.
Bestandele vir jou plantjie
Vir jou plantjie
• 100ml rog meel of vol graan meel (daar is meer wilde gis in hierdie meel as gewone meel, maar jy kan gewone meel ook gebruik)
• 100ml gebottelde water (al die chemikaliee in die drink water kan die gis en goeie bakteriee in jou plantjie dood maak)
• 4 rosyntjies (tel hulle, want jy moet hulle more uit haal)
• ‘n Houer vir jou nuwe baba (ek hou van ‘n goeie 1Lt Canfruit bottel omrede ek die glas of metal plaatjie van die deksel kan uithaal en ‘n stuk digte lap met die ring/skroef gedeelte van die deksel oor die bottel kan vas skroef – sien foto bo, maar enige glas, porselein of kos graad plastiek sal werk)
Om jou plantjie te voer
Daagliks:
• 200ml koekmeel
• 100ml gebottelde water
Instruksies
Dag 1 (Die geboorte): So teen 10:00 of 11:00 in die oggend, kombineer jou meel (ek het 50/50 rog en gewone meel gebruik) met jou water. Roer tot die meel en water ‘n gladde pasta vorm. Ek doen hierdie stap sommer in ‘n Pyrex maatbeker omdat dit maklik werk, maar niks verhoed jou om dit direk in jou plantjie se eie bottle/houer te doen nie.

Neem jou plantjie vir ‘n wandeling. Hierdie stap is nie nodig nie, maar jy vergroot jou kanse om wilde gis en die regte bakterie te vang. Stel jouself voor, ‘n dik sjef wat in sy uniform in die Hoofstraat van Christchurch, Nieu-Seeland afstap, ‘n Pyrex bekker met deeg in in die een hand en ‘n vatdoek in die ander en in Afrikaans met die maat beker loop en praat. Jip dit was ek en Krummel wat net daar in die straat naam gekry het. My Krummel is nou al 2 ½ jaar oud, maar daar in bakerye in Europa wat hulle suurdeeg plantjies honderde jare terug kan vat.
Terug in die kombuis, plaas jou plantjie iewers waar dit redelik warm sal bly soos naby die stoof. Los hom nou uit tot more dieselfde tyd.
Dag 2 (Is daar lewe): Selfde tyd as Da 1, bekyk jou plantjie mooi vir enige borreltjies. Dit mag dalk nog te gou wees, maar in ons warm klimaat, wie weet. As daar ‘n borreltjie of 4 is, geluk, jy is nou die ouer van ‘n suurdeeg plantjie, maar die gevaar is nog nie verby nie. Ruik nou aan jou plantjie, op hierdie stadium mag jy dalk al die vars gis reuk te kry, maar as dit nog nie daar is nie, dis nie ‘n trein smash nie. Wees wel bedag op enige slegte ruik, want dit beteken die slegte bakterie het vinniger as die goeie bakterie gegroei en jy sal ongelukkig moet oor begin.
Eerste Voer: As jy tevrede is en jou plantjie lyk nog goed is dit tyd vir hierdie stap. Gooi +/- die helfde van jou plantjie plus die 4 rosyntjies uit/weg. Voeg nou by dit wat oor is in jou bottel die 200ml meel en 100ml water en roer goed deur, al die meel moet ingemeng wees. Plaas lap deksel terug en gaan sit hon weer waar jy hom gister gelos het.
Day 3: Teen vandag behoort daar lewe te wees en dis ook die dag dat jy jou plantjie twee keer begin voer. Jy behoort borreltjies te sien, jou plantjie behoort ‘n heerlike vars geur te he en daar behoort ook tekens te wees dat hy begin reis. As jy enige slegte /vrot reuk kry, gooi weg en begin oor, indien nie, volgende stap

Eerste voer: (10:00 tot 11:00) – Gooi +/- die helfde van jou plantjie uit/weg. Voeg nou by dit wat oor is in jou bottel 200ml meel en 100ml water en roer goed deur, al die meel moet ingemeng wees. Plaas lap deksel terug en gaan sit hon weer waar jy hom gister gelos het.
Tweede voer: (So 20:00 of wanneer jy tyd het). Gooi +/- die helfde van jou plantjie uit/weg. Voeg nou by dit wat oor is in jou bottel 200ml meel en 100ml water en roer goed deur, al die meel moet ingemeng wees. Plaas lap deksel terug en gaan sit hon weer waar jy hom gister gelos het.
Dag 4: Herhaal dag 3
Day 5: Herhaal dag 3 en 4. Jou plantjie behoort oornag te verdubbel het is volume, derduisende borreltjies te he en ‘n heerlike surerige gis aroma. Indien hy nog nie heeltemal daar is nie, doen ‘n ekstra dag of twee, dieselfde as wat jy elke dag vanaf dag 3 gedoen het. Indien hy op dag 6 lyk soos op die foto onder, volg stappe 1 en 2..

1. Wanner jou plantjie reg is, gee dit een laaste voeding deur +/- die helfde van jou plantjie uit/weg te gooi. Voeg nou by dit wat oor is in jou bottel 200ml meel en 100ml water en roer goed deur, al die meel moet ingemeng wees. Plaas die gewone glas of metaal deksel terug en gaan sit hom in die yskas, sy nuwe tuiste.
2. Van nou af word hy slegs een maal per week gevoer, Kry ‘n rolletjie masker band (maskin tape), skryf die datum van die voiding daarop en plak dit op jou bottel. Sodoende weet jy altyd wanneer laas jy die voeding ding gedoen het.

Geplaas deur Albert Buitenhuis