PETRE SE SPEK KAAS EN UIE PIES
PETRE SE SPEK KAAS EN UIE PIES
Gebruik gekoopte puff pastry – 1 rol maak 6 pasteitjies
2 groot uie gekap
Voeg 1 pakkie gekapte bacon by uie en braai tot gaar.
Mikrogolf Witsous:-
Maak 1 liter melk sterk warm en haal uit.
Smelt 125 g margarien.
Voeg 8 opgehoopte desertlepels meel by.
Meng en klits by melk in.
Sit terug in mikrogolfoond ek kook op hoog vir 2 1/2 minute.
Haal uit en roer goed en kook weer op hoog vir 3 minute.
As nog nie styf genoeg is nie, kook vir nog 2-3 minute. ( Moet n stywe witsous wees).
Voeg nou die gesmoorde uie met bacon,
1 1/2 teelepels sout,
1 teelepel droe pietersielie en
1/2 teelepel peri-peri,
asook n groot hand vol cheddar kaas by.
Roer goed … Laat n bietjie afkoel en voeg dan 3 geklitste eiers by.
Meng goed … Hoender kan ook bygevoeg word vir Bacon en Hoender pies.
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld
Ek gebruik die foelie bakkies vir pasteitjies wat jy by n verpakkings instansie te koop kry … Gewoonlik maak ek my eie puffpastry, maar het deesdae ook maar lui geraak … ek koop die rolletjies … rol oop en deel die deeg in 12 ewe groot blokke. 1 rolletjie deeg maak 6 pasteitjies … druk of rol 6 van die blokkies uit om in die bakkie en tot oor die rand te pas … skep die vulsel so om en by 3/4 in, smeer eier op die rand … druk of rol van die ander vierkante uit tot net die grote van die bakkie … neem dan die agterkant van n mes en krap die rand gelyk met die bakkie … ek het dan n wieletjie met n riffel rand wat ek dan in die ronte oor stoot … smeer eier bo-oor en bak ..














