CHOCOLATE BROWNIE TERT

2015-10-18-chocolatebrownieterttested
CHOCOLATE BROWNIE TERT
175 g Margarien/botter
375 ml Suiker
3 Eiers
2 t Vanilla
200 ml Koekmeel (3/4 Koppie)
125 ml Kakaopoeier
5 ml Bakpoeier
Knippie Sout

METODE: Smelt die margarien, klits eiers en suiker saam.
Voeg vanilla, meel, bakpoeier, kakao, sout en gesmelte margarine by.
Skep in gesmeerde pan en maak gelyk, bak by 180°C tot toetspennetjie skoon uitkom (Dit bak nie lank nie)
Dan smelt ek sommer ‘n blikkie karamel en gooi bo oor as dit uit die oond kom.
Resep is van my suster af!

Resep en foto: Erika van der Westhuizen (Lid)




KONDENSMELK KOOLSLAAI

2015-10-15-kondensmelkkoolslaaitested
KONDENSMELK KOOLSLAAI

1 kwart van ‘n groot koolkop.
2 groot wortels
2 koppies mayonaise
1 koppie kondensmelk
1 Eetl Appelasyn

Rasper kool en wortels fyn in voedselverwerker
Gooi in n opdien bak
In ‘n aparte bak meng mayonaise, kondensmelk en appelasyn en meng goed.
Meng die sous met die gerasperde kool en wortel en voeg meer mayo/kondensmelk by soos verlange tekstuur en smaak.

Dit is my eie resep so ek het maar aangepas soos ek gaan met die tekstuur ens. Hoe langer hy staan hoe lekkerder raak hy!

Resep en foto: Leandri Potgieter




KLAPPERMELK TERTHAPPIES

2015-10-15-klappermelkterthappiestested

KLAPPERMELK TERTHAPPIES
Lewer 20 tot 24 happies.
MELKPAP:
150 ml koekmeel
50 ml mielieblom
50 ml vlapoeier
200 ml suiker
1 liter volroommelk
2 stukke pypkaneel
2 ekstra groot eiergele
5 ml vanielje-of amandelgeursel
geroosterde klapper
appelliefies en bloubessies, vir voorsit

Smeer of spuit ‘n oondbak goed.
MELKPAP.
(Meng die meel, mielieblom, vlapoeier en die helfte van die suiker.
Roer 125 ml melk by.
Verhit die res van die melk saam met die pypkaneel tot net onder kookpunt, voeg sowat 125 ml van die kookmelk by die meelpasta en meng goed en roer die gladde pasta stadig by die kookmelk mengsel. Klits dat geen klonte vorm nie. Verhit tot mengsel kook en verdik.
Roer gedurig.
Verwyder die kaneel stokkie.

Klits die eiergele en die res van die suiker goed saam, voeg ‘n bietjie van die warm pap by die eiergele en meng.
Voeg eiermengsel by die res van die melkpap in die kastrol en meng goed.
Verhit oor lae hitte en laat kook; roer gedurig.
Roer die geursel by.
Giet in die oondbak en laat afkoel tot yskoud.
Keer op ‘n plank en sny in blokkies.
Rol die blokkies in die klapper.
Sit voor saam met appelliefies en bloubessies.
HEERLIK VERBY
Foto en resep geplaas deur: Ronel Muller Thoma




VINNIGE DELUXE SOUTTERT

 

2015-10-14-vinnigedeluxesoutterttested

VINNIGE DELUXE SOUTTERT
500 ml basiese witsous
1 koppie gerasperde kaas
1 koppie danish feta
Parmesan
Pietersielie
1 koppie opgesnyde frankfurters
1 koppie gesnipperde gaar bacon
1 blikkie bully beef
1 blik gedreineerde aspersies
1 koppie gemengde rooi, geel & groen peppers
4 geklitste eiers
Meng als behalwe pietersielie & parmesan
Gooi in bak en strooi parmesan & pietersielie bo oor. Bak in 180°C oond vir 40 min.
Bedien saam slaai.
Bron & foto: Lelane Van Der Walt




MASHED POTATO WITH BROCCOLI

 

AMASH&BROCCOLItested
MASHED POTATO WITH BROCCOLI
Dice potato into 2cm chunks. Boil.
Dice florets of broccoli. That goes in last.
Dice 2cm cubes of broccoli stalk. boil.
Drain, let drip dry (apparently important step)
Season with salt, pepper, knob butter, olive oil, mint sauce
Mash, but don’t over mash.
Recipe placed by Adam Cloete
Photo: Adam Cloete




GEURIGE LEWER EN PAP

2015-10-12-geurigelewerenpap

GEURIGE LEWER EN PAP

1 kg lewer, in blokkies gesny
3 eetlepels appelkoosjam
2 uie
2 tamaties
1 pakkie tamatiepasta
15 ml soyasous
10 ml braai speserye
10 ml Robertson Country knoffel en kruie
10 ml gekneusde knoffel
± 350 ml water
sout na smaak

Braai die knoffel, uie en tamaties.
Gooi knoffel by en braai.
Gooi dan al die res van die bestanddele by en roer deur.
Giet water oor tot dit redelik souserig is. So om en by 350 ml.
Gooi sout na smaak en sit op lae hitte en kook omtrent halfuur of tot baie van die sous afgekook het.
Solank daar nog sous vir die pap is.




PETRE SE SOUS VIR SNOEK

 

tested

PETRE SE SOUS VIR SNOEK
botter
appelkooskonfyt
Marmite
grofgemaalde swartpeper
bietjie knoffel

Smelt alles saam en smeer oor snoek en maak snoek gaar soos verkies.

Resep: Petré Van Jaarsveld




TABLESPOON CONVERSIONS

2015-10-07-tablespoonconversions
TABLESPOON CONVERSIONS

16 tablespoons = 1 cup
12 tablespoons = 3/4 cup
10 tablespoons + 2 teaspoons = 2/3 cup
8 tablespoons = 1/2 cup
6 tablespoons = 3/8 cup
5 tablespoons + 1 teaspoon = 1/3 cup
4 tablespoons = 1/4 cup
2 tablespoons = 1/8 cup
2 tablespoons + 2 teaspoons = 1/6 cup
1 tablespoon = 1/16 cup
2 cups = 1 pint
2 pints = 1 quart
3 teaspoons = 1 tablespoon
48 teaspoons = 1 cup

SOURCE: Tablespoon dot com




PETRE SE PEPPERSTEAK PIES

2015-10-07-petresepeppersteakpiestested
PETRE SE PEPPERSTEAK PIES
Maak 24 pies.
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
3 kg Goulash, in kleiner blokkies gesny
1 eetlepel grof gemaalde swartpeper
¼ koppie Worcestersous (Lazenby)
¾ koppie water (Moet asb nie meer vloeistof byvoeg as wat die resep sê nie, anders gaan jy met ‘n bruin stoof en kombuis sit)

Stoom vir 20 minute in stoompot.
Meng 1 pakkie bruin uie soppoeier,
1 pakkie oxtail soppoeier (ek gebruik net Royco),
5 opgehoopte eetlepels koekmeel en
½ teelepel peri-peri met water tot ‘n stywe pasta.
Roer by vleismengsel in en kook vir 5 minute saam.
Kan nog water byvoeg vir ‘n slapper vulsel.
Bak teen 180°C tot goudbruin.
1 rolletjie puffpastry maak 6 pasteitjies.




JAKES SE FRIKKADELLE OOR DIE KOLE

2015-10-07-jakessefrikkadelleoordiekoletested

JAKES SE FRIKKADELLE OOR DIE KOLE
2-3 kg maalvleis hang af vir hoeveel  mense jy maak
4 teelepels sout
2 teelepels swartpepper
2 teelepel koljander (coriander)
2 teelepel pietersielie (parsley)
3 teelepels crushed garlic
2 snye witbrood fyngedruk met vurk in klein bietjie melk nie te veel melk net dat brood als klam is
3 eetlepel worcester sous
1 pakkie cream of tomato soppoeier
7 eetlepels chutney
3 eiers geklits
3 eetlepels oats
1 groot ui gerasper
3 eetlepels bruinsuiker
2 eetlepel worcestersauce sprinkle spice
3 eetlepels appelkooskonfyt

Gooi maalvleis in mengbak en werk lekker deur met groot vurk, gooi dan al die bestanddele by die maalvleis in mengbak bymekaar en meng goed deur met vurk en houtlepel gebruik even jou hande om als saam en goed te meng,
As dit goed gemeng is werk vurk weer deur mengsel, sit mengsel in yskas en laat staan vir halfuur, haal mengsel uit en begin in balletjies rol,  hang af van grootte wat jy soek.
Sit op braai en smeer elke 1 met gesmelte botter en olyfolie gemeng!
Braai tot bruin aan albei kante. Eet en geniet ek kan waarborg dis hemels!!
Resep en foto: Johan Delport