SUENELL SE HOT HOT SAUCE

2015-11-03-suenellsehothotsaucetested
SUENELL SE HOT HOT SAUCE
250 gr Jalapeno’s gewas en stingels verwyder – ek he myne in rooker gesit vir 15min
1 groot ui
2 eetlp gekapte knoffel
2 koppies kookwater
half koppie asyn
1 koppie suiker
1 tlp gemmer
1 tlp allspice
1 tlp sout
1 tlp swart peper
500 ml konfyt – ek het makataan en pynapple gebruik

Plaas Jalapeno’s in pot saam knoffel en uie wat fyn gekap is saam die water en asyn.
Kook vir 20 min of tot peppers en uie sag is.
Voeg res van die bestanddele by.
Kook vir omtrent 40 min sonder deksel op medium hitte.
Roer gereeld.
Maak fyn in voedsel verwerker.
Sit in gesteriliseerde bottles.

WEES GEWARSKU DIS BAIE WARM…..sal volgende keer die Jalepenos se pitte verwyder.
Resep en foto: Suenell Liebenberg




ROOIBOS-GEMMERBIER

rooibos gemmerbier2tested
ROOIBOS-GEMMERBIER

Wat is ’n basaartafel of piekniekmandjie sonder ’n bottel yskoue gemmerbier?
Maak: 7 liter
Bereidingstyd: 25 minute, plus 12-24 uur staantyd
3 liter sterk rooibostee
15 ml (10g of 1 pakkie) kitsgis
800 g (4 x 250 ml) witsuiker
3 liter koue water
30 ml fyn gemmer
250 ml rosyne
5 ml kremetart
1 Meng ’n bietjie rooibostee met die kitsgis en roer totdat dit opgelos het.
Voeg die suiker by die orige rooibostee en roer totdat dit ook opgelos het. Gooi die koue water en gemmer by, asook die rosyne en kremetart. Bedek die mengsel met ’n klam moeseliendoek en laat dit vir 12-24 uur staan of totdat die rosyne bo dryf en die mengsel begin gis.
2 Syg die gemmerbier deur ’n skoon moeseliendoek en bottel dit. Hou die bottels in die yskas.
Foto:  Jacqueline Holker




HOMEMADE SUPER DUPER JUICY BEEF CHEESE BURGER

tested
HOMEMADE SUPER DUPER JUICY BEEF CHEESE BURGER
500 g topside extra lean mince
1 egg
2 slices white bread soaked in 1 cup milk until soft and squeezed out.
¼ finely chopped red onion you can add more I don’t like too much onion
1 teaspoon cumin powder
1 tablespoon Worcestershire sauce
Salt

Mix all ingredients and make patties into a ball don’t flatten about 150 gr a patty and grill for 3 or 4 mins a side.
Add what ever filling of your choice here is salad, cheese, mayonnaise with sweet chilli sauce, Tomato and Bbq sauce on a toasted bun.
Recipe and photo: Sabrina Merli




BOEREWORS EN MAALVLEIS IN COCA COLA GEBRAAI

2015-10-30-boereworsenmaalvleisincocacolagebraaitested
BOEREWORS EN MAALVLEIS IN COCA COLA GEBRAAI

Bak die boerewors in ‘n pan met coca cola in plaas van olie, haal dan die wors uit en braai die maalvleis dan in die sous wat agterbly van die wors,meng als in ‘n kastrol en voeg by een blikkie braai relish,een blikkie gemengde groente en gesnyde aartappels.
Gooi dan coca cola by in plaas van water om dit verder te kook, voeg speserye, sout, peper, ‘n bietjie worcester sous en blatjang by, meng dit deeglik en laat kook tot aartappels lekker sag is.
Resep en foto: Johandré Nortjé




TRIPLE CHOCOLATE CHEESECAKE WITH OREO CRUST

triple chocolate cheesecaketested
TRIPLE CHOCOLATE CHEESECAKE WITH OREO CRUST

Prep time: 30 mins Cook time: 1 hour 10 mins Total time: 1 hour 40 mins
Triple chocolate delight- chocolate cookie crust, chocolate cheesecake filling and chocolate topping garnished with chocolate curls, these cake will swept off their feet even the biggest chocoholic.
For the Crust:
24 Oreo cookies-finely crushed
¼ cup unsalted butter-melted

For Cheesecake Filling:
900 g cream cheese- room temperature
1⅓ cups powdered sugar
3 Tablespoon cocoa powder
4 eggs- room temperature
280 g bittersweet chocolate-chopped

For Chocolate Topping:
¾ cup heavy cream
170 g bittersweet chocolate-finely chopped
1 Tablespoon granulated sugar

To make the crust:
Preheat oven to 350°F (180°C), grease a 9-inch (23 cm) springform pan and set aside.
Finely crush the cookies in a food processor, add melted butter and blend until it’s all moistened.
Press crumb mixture onto the bottom of the prepared pan and bake for 8 minutes. Remove from the oven and set on a wire rack to cool while making the filling.
To make the filling:
Melt 10 ounces (280 g) bittersweet chocolate and set aside to cool.
Mix cream cheese and sugar until smooth, mix in cocoa powder
Add the eggs one at a time, mixing on low speed and do not overbeat it.
Add melted chocolate and mix on low speed to combine.
Pour the filling over the crust and smooth the top.
Bake the cheesecake until the center is set and the top looks dry (about 1 hour to 1 hour 10 minutes).
Cool on a wire rack for 5 minutes, then run a thin knife around the sides of the pan and set the cake in the refrigerator (uncovered), for at least 8 hours, or better overnight.
To make the topping:
In a medium saucepan stir together cream, chocolate and sugar on low heat until the chocolate is completely melted and the mixture is smooth.
Cool and pour over the cheesecake.
When the topping is set and cooled again run a thin knife around the sides and remove the springform pan sides.
This cheesecake can be prepared up to 2-3 days in advance just store covered in the refrigerator.
Garnish with chocolate curls (optional).

PHOTO: Mechthild Paul Basson




BETSIE SE SWEETCORN VETKOEKIES

2015-10-31-betsiesesweetcornvetkoekiestested
BETSIE SE SWEETCORN VETKOEKIES
Resep en foto: Betsie Ferreira
FOOD LOVERS RECIPES
2 geklitste eiers
125 ml melk
60 ml fyngekapte pietersielie
500 ml bruismeel
1 teelepel bakpoeier
sout en peper na smaak
1 blik sweetcorn
1 blik pitmielies
Olie om in te bak

Meng nat bestanddele, voeg dit by droë bestanddele saam met die sweetcorn en pitmielies (water afgegooi)meng goed en whala bak soos vetkoek….glo jy kan dit seker in muffinpan ook bak…lekker eet




PETRE SE KEISERS KOEK

2015-10-31-petresekeiserskoek2015-10-31-petresekeiserskoek2tested
PETRE SE KEISERS KOEK
450 g koekmeel
450 g strooisuiker
450 g botter/margarien
450 g rosyne of 225 g korente (ek het sultanas gebruik)
225 g amandels fyn gekap
112 g siterkonfyt (ek het marmelade gebruik)
8 eiers geskei
60 ml wyn (ek het OBS gebruik …)
1/2 teelepel fyn foelie ( ek het ’n 1/2 teelepel (opgehoop) fyn neut gebruik)
1/2 teelepel koeksoda in 30 ml melk opgelos 

Klop eierwitte styf
Room botter en suiker saam
Voeg geklitse eiergele by en meng goed. Meng konfyt, wyn en koeksoda mengsel by en meng goed
Sif meel en foelie saam . Voeg korente en fyngkapte amandels by – meng goed .
Voeg droe bestanddele by bottermengsel en meng goed deur
Vou styfgeklopte eierwitte in
Skep in 2 x 23 cm koekpanne en bak @ 140°C vir 1 1/2 uur

Oorspronklike resep :-
(Uit:- Di Suid Afrikaanse Kook-, Koek- en Resepte Boek … Eerst Uitgawe 1891 … Mejufvr. E.J. Dijkman)
Neem 1 lb meel, 1 lb fyn witsuiker, 1 lb botter, 1 lb resyntjies di pitte uitgehaald en di resyntjies fyngekap, of ander n 1/2 lb skoon korente, 1/2 lb gestampte amandels, 1/4 lb siterkomfyt, 8 eijers, 2 kelkies wyn, 1/2 lepeltjie fyn foelie. Set di 1/2 teelepeltji soda in 1 kelkie melk, klop di geel van di eijers fyn en die botter tot room, roer deurmakaar met die suiker, sny die komfyt mooi dun, klop die wit van die eijers droog, roer dan algar goed deur met die soda en melk, smeer die vorm en bak langsaam. 1 1/2 uur tot 2 uur.

Eerste laag
Karamelroomkaasversiersel
Tweede laag
Room en halwe groenvye
Koek met styfgeklopte room buite om versier en karamelroomkaasversiersel bo-op gegooi om af te loop

Karamelroomkaasversiersel:-
250 ml room
250 ml roomkaas
1 pakkie Karamel kitspoeding
1 eetlepel suiker
1 teelepel suurlemoensap
1 teelepel karamelgeursel

Klop room, suiker, suurlemoensap, karamelgeursel en pakkie karamel kitspoeding tot styf
Roer roomkaas tot glad en vou roommengsel in roomkaas
Verkoel tot styf en versier koek .

Resep en foto geplaas deur Petré Van Jaarsveld (Lid)




PETRE SE KLAPPER EN RUM POEDING

2015-10-23-petreseklapperenrumpoedingtested

PETRE SE KLAPPER EN RUM POEDING
Het die resep by iemand gekry.Weet nie waarvandaan dit kom nie. Het hier en daar ‘n bietjie aanpassings gedoen.
(Basiese resep vir Bruinpoeding wat ‘n bietjie aangepas is)
1 ½ koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda
knippie sout
½ koppie suiker
1 koppie klapper
1 koppie melk
1 groot eier
1 eetlepel fyn appelkooskonfyt
1 eetlepel asyn
½ teelepel rumgeursel (ek het 1 eetlepel strohrum gebruik)
Sous:
1 koppie suiker
1 ½ koppie melk of ideal melk
125 g botter/margarien
1 teelepel vanieljegeursel
25 ml (1 tot) strohrum, opsioneel

Voorverhit die oond tot 180°C.
Smeer/spuit ‘n oondvaste bak. Los koeksoda in melk op. Hou eenkant.
Klits die eier en suiker saam tot goed gemeng. Voeg die appelkooskonfyt asook die asyn by.
Sif die droe bestanddele saam, en voeg dit beurtelings met die melk en koeksoda mengsel by die eiermengsel.
Voeg die klapper en die rumgeursel by en meng goed.
Bak ongeveer 30 tot 45 minute of tot die toetspen skoon uit kom.
Meng al die bestanddele behalwe die strohrum vir die sous oor lae hitte totdat die botter gesmelt is.
Kook dan 5 minute lank. Gooi rum by en roer goed deur.
Steek poeding vol gaatjies en giet die sous oor die warm poeding.
Resep en foto: Petré van Jaarsveld




VERFRISSENDE OUTYDSE LEMONADE

2015-10-20-vervrissendeoutydselemonadeoutydse lemonadetested

VERFRISSENDE OUTYDSE LEMONADE
Rasper eers die skil af van skoon suurlemoene, hou eenkant om te benut vir ander disse.
Hou ook die pitte om te gebruik in konfyt waar die vrugte nie baie pektien het nie.

Druk die sap uit suurlemoene, filtreer deur sif of kaasdoek om pulp uit te kry (afhangend van hoe ‘skoon’ jy dit soek).
Meet 1- 1.5 kg wit suiker af vir elke liter sap.
Proe of die mengsel vir jou soet/suur genoeg is.
Roer die sap en suiker tot al die suiker opgelos is.
Verhit NET TOT KOOKPUNT en skakel af.
Pasop dit kook baie vinnig oor.
Verpak in gesteriliseerde bottels en geniet dit wanner die kraaie buite gaap.
Dit is geneig om ‘klonterig’ (gloopy) te lyk in die bottel as dit ‘n ruk gestaan het – niks verkeerd nie – solank as jy nie laer as 1:1 suurlemoensap : suiker gaan nie, hou dit vir maande.
500 ml van hierdie konsentraat maak 2 liter Lemonade.

Resep en Foto geplaas deur Petro Borchard (Lid)
2de foto:  Gideon Louw
Foto:  Elna Erasmus‎
Ek het vandag weer Petro Borchard se Verfrissende Outydse lemonade gemaak. Verlede jaar het ek die suurlemoensap eers deur ‘n kaasdoek gegooi. Hierdie jaar het ek dit nie deur ‘n kaasdoek gegooi nie.




GRANADILLA TERT VIR DIABETE

tested

GRANADILLA TERT VIR DIABETE
200 ml kookwater
1 x 80g pakkie jelliepoeier OF 3 x 10 g pakkies suikervrye jelliepoeier
250 ml vetvrye melk
2 ml vanieljegeursel
30 ml suiker (kan vervang word met ‘n suiker plaasvervanger)
30 ml vlapoeier
1 blik ingedampte melk, verkoel oornag in die yskas voor gebruik
200 g (1 pakkie) spysverteringkoekies (bv Bettasnack original)
1 klein blikkie granadillamoes

Los die jelliepoeier op in die kookwater en verkoel in die yskas tot dik maar nie heeltemal gestol nie.
Verhit die meeste van die melk tot kookpunt.
Gebruik die oorblywende melk en meng die vla poeier saam met die vanieljegeursel en suiker tot ‘n gladde pasta.
Gooi bietjie van die warm melk by die pasta, meng en verdik die res van die melk hiermee oor lae hitte.
Roer voortdurend tot dit verdik en plaas dan die vla in die yskas.
Klits die ingedampte melk styf.
Vou die halfgestolde jellie by die ingedampte melk in. Klop tot die volume verdubbel het.
Plaas die koekies in ‘n plastieksak en druk fyn met koekroller.
Sprinkel ‘n dun lagie krummels in ‘n reghoekige of vierkantige tertbak.
Meng die granadillamoes met die vlamengsel. Smeer oor die koekies.
Sprinkel nog ‘n laag koekies oor die vla laag. Giet nou die ingedampte melkmengsel (stadig en versigtig) oor die koekiekrummels.
Versier met oorblywende koekiekrummels en laat stol in yskas tot benodig.
Resep: Fred Zeelie

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.