HEERLIKE ICING

 

2015-04-22-ea1g12_royal-icing_s4x3tested

Hierdie is ‘n heerlike icing, nie te soet nie, en sag:

250ml melk,

50ml Maizena opgelos in bietjie melk,

knippie sout.

Kook melk en gooi maizena by, kook tot dik en gaar, en koel af tot YSkoud. Klits nou 125g botter en 125ml strooisuiker goed tot suiker opgelos is (paar minute). Klits lepelsvol van die koue pap by. Geur met vanilla of geursel van jou keuse.

BRON: Dorie Els




GOUE MIELIEBROOD

2015-04-22-gouemieliebroodtested

GOUE MIELIEBROOD
Resep: Golden Cornbread (Art of Cooking – Carolie de Koster)
Foto’s en notas: Elsabie Templeton
FOOD LOVERS RECIPES
250 ml mieliemeel (ek verkies polenta omdat dit ‘n dieper goue kleur gee)
375 ml koekmeel
375 ml gaar mieliepitte van die stronk afgesny, geblikte of gevriesde mieliepitte (ek het *geroomde mielies gebruik en 1 gaar mielie van die stronk afgesny.
20 ml bakpoeier
15 ml suiker
5 ml sout
350 ml melk
50 ml sonneblom olie
2 eiers

Meng die droë bestandele en mielie pitte in ‘n mengbak. (*As jy die geroomde mielies gebruik meng dit eerder saam met die melk & eiers.)
Klits die eiers, melk olie saam en voeg by die droee bestanDdele en meng goed.
Skep in goed gesmeerde broodpan (omtrent 280 x 110 x 65 mm of 225 x 125 x 80 mm). Ek skud altyd my panne uit met meel om te verhoed dat enigiets vassit.
Bak teen 180°C vir 50-60 minute of totdat goud bruin en deurgebak. Toets met metaal pen om seker te maak dis ferm en geen klammigheid in die middel nie. Met die geroomde mielies gaan dit effens klammer wees as wanneer jy net mieliepitte gebruik.
Laat vir paar minute afkoel in die pan, maak seker die broodjie se kante is los van die pan en keer uit op ‘n afkoel rakkie.
Bedien warm of afgekoel en selfs geroosterde snytjies. Dis ‘n baie bros broodjie so dit sny makliker as dit afgekoel het. Jy kan gerasperde kaas, gekapte spriet uitjies, gebraaide spek stukkies bysit vir ekstra geur. Ek het gedroogde chillie vlokkies bygesit vir bietjie zing!!!

1 Broodjie gee 16-20 snytjies

Ek het die resep verdubbel en twee brode gebak. Dit vries perfek. Nadat dit ontdooi is kan dit in die oond by 160°C weer warm gemaak word vir 8-10 minute.

Nota:
Die hoeveelheid beslag pas perfek in hierdie 3 pannetjies met 6 individuele broodjies elk. Ek bak dit weer vandag as Klein broodjies vir ‘n braai met gesnipperde sprietuitjies en gesprinkel met gerookte paprika en kaas voor dit in die oond gaan. Dit bak Dan ongeveer 25-30 minute in my gasoond.

 




KOOK EN GENIET SE TAMATIEBLATJANG

2015-04-20-tamatiebladjangtested
KOOK EN GENIET SE TAMATIEBLATJANG
Resep geplaas deur Lina Victor
Foto: Johan Coetzee
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg tamaties
250 g bruinsuiker
1 koppie asyn
250 g sultanas
1 eetlepel mosterd
1 eetlepel fyn gemmer
1 eetlepel sout
2 uie, in dun skyfies gesny
½ teelepel rooipeper

Skil tamaties en sny fyn. Meng al die bestanddele en kook in ‘n emalje kastrol stadig tot regte dikte. Roer af en toe om te voorkom dat dit aanbrand.
Bottel warm en verseël dit sodat geen metaal met blatjang in aanraking kom maw moenie bottels tot heel bo volmaak nie.

 




CHARMAINE SE KORSLOSE TUNATERT

2015-04-20-korslosetunaterttested
CHARMAINE SE KORSLOSE TUNATERT
50 g (60 ml) botter
100 ml koekmeel
5 ml sout
Knoffel sout
Dille
600 ml melk
2 blikke tuna, gedreineer en gevlok
1 uie gerasper
2 eetlepels kruie Roomkaas
100 g (250 ml) gerasperde Cheddarkaas
2 eiers geklits
Rooipeper

Maak witsous van die botter, meel, sout, knoffelsout, Dille en melk. (Ek maak dit sommer in Mikrogolf deur alles in Mikrogolf bak te plaas en op hoog te mikrogolf vir ongeveel 8 minute maar ek roer dit elke 2 min en hou dop dat dit nie oor kook nie.)
Voeg die res van die bestanddele behalwe die rooipeper  by en meng.
Skep in ’n gesmeerde oondbak met ’n volume van 2 liter.
Bak 20-30 min op 180°C
Sit bietjie rooipeper oor. (Opsioneel)

Resep en foto:  Charmaine Timmerman




ROMERIGE DRUIWESLAAI

tested
ROMERIGE DRUIWESLAAI

Meng  300 gram elk rooi en groen druiwe, so 3 seldery stingels op gesny (fyn) so bossie stingel uie (in ringe)

Slaai sous:
125 gr room kaas
125 ml griekse jogurt
5 ml heuning
5 ml suurlemoen sap
2 ml (of meer) gerasperde suurlemoen skil.

Meng die druiwe, seldery en uie en bere in yskas tot koud. Net voor opdiening meng jy die aangemaakte slaaisous deur en gooi bietjie fyngekapte peanut brittle oor.
Genoeg vir 4 mense.

Geplaas deur: Heleen Easton Fick
Foto deur Gideon Louw

 




KLAPPERKOEKIES

2015-03-31-coconutkoekiestested
KLAPPERKOEKIES
FOTO: Elize Venter
FOOD LOVERS RECIPES
5 koppies koekmeel
250 g margerien of botter
1 teelepel kremertart, gelyk
1 teelepel koeksoda, aangemaak met ‘n halwe kop melk
1 ½ koppies suiker
2 eiers
½ teelepel sout
1 koppie klapper

Klits suiker, eiers en melk met koeksoda baie goed saam – moet baie fluffy wees!
Voeg ander droë bestanddele saam  en vryf botter fyn in.
Gooi nou die koppie klapper by.
Meng goed en laat staan so ½ uur.
Rol balletjies en druk plat met vurk. Dit is ‘n sagte deeg. (Ek rol dit uit.)
Bak op 165ºC vir 10 tot 15 minute.

Vulsel:
2 koppies versiersuiker
2 eetlepels appelkooskonfyt
2 eetlepels margerine of botter
½ teelepel vanilla

Meng dit alles saam tot gladde versiersel om tussen koekies te sit.
Vir bo-op meng versiersuiker met louwater en los dit wit of kleur dit en versier soos jy wil!




GEBAKTE VLATERT

2015-03-31-gebaktevlapoedingtested
GEBAKTE VLATERT
4 eiers, geskei
1 eetlepel water
½ koppie suiker
125 g botter, gesmelt
180 ml koekmeel
2 koppies melk, lou

Klits eiergele met suiker tot lekker romerig.
Voeg gesmelte botter en water by en klits goed.
Voeg meel by en meng goed deur.
Voeg melk by en meng.
Klits eierwitte tot styf en vou in die mengsel.
Strooi suiker of kaneelsuiker oor en bak vir 1uur by 180°C.
Let wel dat dit ‘n BAIE waterige mengsel is, maar hy stol in die bak proses.
Heerlik warm of koud met room.

RESEP EN FOTO: Juanita Pretorius




LEMOEN SOENTJIES

2015-03-30-lemoensoentjies
LEMOEN SOENTJIES
Koekiemengsel:
250 g margarien
2 eetlepels lemoensap
2 x 200 g Marie beskuitjies
1 koppie suiker
skil van 1 lemoen
2 koppies klapper
1 blik kondensmelk
knippie sout

Bolaag:
2 koppies versiersuiker
2 eetlepels lemoensap

Verhit margarien, suiker, kondensmelk, lemoensap en lemoenskil en sout in groot kastrol, oor lae hitte totdat margarien gesmelt is en suiker opgelos is.
Breek beskuitjies fyn en voeg saam met klapper by kondensmelk mengsel en meng goed.
Skep mengsel in liggies gesmeerde bakplaat van 35 cm x 25 cm en maak gelyk, laat afkoel.
Sif versiersuiker en voeg lemoensap by en meng goed.
Smeer oor koekiemengsel, laat goed hard word, sny in blokke.
Resep geplaas deur: Johanna Viljoen Zwiegelaar
Foto: Monica van der Berg




BANANA LOAF – BANANA MUFFINS

2015-03-26-piesangmuffinstested
BANANA LOAF – BANANA  MUFFINS
Resep is ‘n  bietje aangepas: piesangs fyngemaak in voedsel verwerker, 3/4 koppie suiker ipv vol koppie, volkoring meel, en geen neute.

500 ml flour
10 ml baking powder
1 ml bicarbonate of soda
2 ml salt
5 ml ground cinnamon
125g butter
250 ml sugar
2 eggs
4 large, ripe bananas, mashed
125-250ml chopped nuts (optional)
2 ml vanilla

Sift flour with baking powder, bicarbonate of soda, salt and cinnamon.
Cream butter and sugar until light.
Add eggs, one at a time, beating well between additions and adding 5 ml of the flour mixture with each egg.
Add flour mixture to creamed mixture alternately with bananas, beating well until smooth. Stir in nuts and vanilla.
Pour into a lined and lightly oiled 26x9x7 cm loaf tin.
Smooth top and bake at 180°C in center of oven for 50 minutes or 1 hour.
Turn out, remove paper and cool. Serve sliced and buttered.
Or
Alternatively use muffin pan and bake for 20 minutes at 180°C.

Photo and recipe adapted by Idalette Pretorius




MAYS BACON AND EGG PIE

 

2015-03-25-baconandeggpietested

MAYS BACON AND EGG PIE
250g chopped bacon,
6/8 eggs depending on the size dish you use,
1/2 green pepper chopped,
1/2 onion chopped and
1 tomato chopped,
mushroom to your liking,
about 1.5 cups grated cheese.
I just used bought puff pastry.
I spray my dish with spray and cook, then line it with the pastry, don’t roll out too thin, then I take the chopped bacon and make a cross on the pastry with it, so that there are four pockets for the whole eggs to go into. Over that I sprinkle the rest of the ingredients. Before the final layer of cheese goes on make sure u salt and pepper it lightly and use any other spice to your liking. Then put the grated cheese over all the ingredients cover with pastry, baste with egg wash and bake at 220deg C till brown. Serve hot or cold with a salad.
As it was too hot to eat tonight I just did some spare rib and baked beans with it. Hope you will enjoy my pie!

RECIPE AND PHOTO: May van der Merwe