SPAGHETTI MARINARA AL CARTOCCIO

2015-07-06-spaghettimarinaraalcartocciotested

SPAGHETTI MARINARA AL CARTOCCIO
500 g Mixed Seafood Frozen (The Real one uses all the seafood shell fish fresh)
3 cloves garlic
8 – 10 tablespoons olive oil
½ glass dry white wine
1 tin chopped tomatoes
If needed a little water maybe ½ cup
3 tablespoons chopped parsley
Spaghetti 80 – 100 g per person

Place oil in pan when heated add garlic chopped let it brown very little then add your seafood let that cook a little until the water of seafood has absorbed but not completely then add you wine and let it evaporate. Add you tin of tomatoes with a little water and let it cook for about 30 minutes until slightly sauce a little thickened the add your parsley (keep some aside to add when serving).
Boil your spaghetti Al Dente (not over cooked must be chewy) drain and add your seafood sauce mix. Keep some of your seafood sauce aside to add on top of spaghetti . Take a piece of foil add your spaghetti mixed with the sauce and add on top your extra sauce. Fold the foil over your pasta and cook in oven 180 for 10 minutes. Sprinkle parsley on top and serve in foil.
Put each portion for every person in foil and serve it.
Recipe and photo: Sabrina Merli




MELKTERTKAASKOEK

tested

MELKTERTKAASKOEK
Melktert is lekker. Kaaskoek net so lekker. Kombineer die twee lekkertes en jy kry die allerlekkerste lekkerte.

KORS
125g botter by kamertemperatuur
50g (60ml) witsuiker
1 eier
175g (300ml) koekmeelblom
2ml bakpoeier
knypie sout

VULSEL
1 houer (250g) roomkaas (ek het 300g Philidelphia gebruik)
120g (150ml) witsuiker
25 ml koekmeelblom
4 eiers
500ml melk
sap van ½ suurlemoen (ek het 50 ml suurlemoen konsentraat gebruik)
5ml vanielje geursel
bietjie kaneel

KORS METODE
Veroom die botter en suiker. Voeg die eier by en klop goed. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en klop bietjiesgewys by die eiermengsel. Smeer die beslag op die boom en teen die wand van ‘n 23cm in deursnee en 7.5cm diep veerpan- (Springform) Verkoel die kors ‘n uur in die koelkas.

VULSEL METODE
Voorverhit die oond tot 180°C. Klits die roomkaas tot lig. Klits die suiker bietjiesgewys by en dan die meel. Klits die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Klits die melk geleidelik by en dan die sap en geursel.
Giet die vulsel in die rou kors, strooi kaneel oor en bak dit 55 – 60minute. Toets of dit gaar is deur ‘n mes in die middel in te steek. As die mes skoon uitkom, kan die kaaskoek uit die oond gehaal word. (Myne moes ek 70 min bak voor die mes skoon uitgekom het.)
Laat die kaaskoek in die pan afkoel. Plaas dit – steeds in die pan – in die koelkas en verkoel dit oornag.
Verwyder die wand en die boom van die pan versigtig en plaas die koek op ‘n opdienbord.
Lewer 1 middelslagkoek.

Fotos: Charmaine Timmerman




LEKKERSTE AVO SLAAI ALA ANNALET

tested

LEKKERSTE AVO SLAAI ALA ANNALET
Avo slaai wat ek ken en dit is vrek lekker:
1 ui
2 – 3 of 4 avokados
5 gekookte eiers
200 ml mayonnaise
± 50 ml melk
1 – 2 eetlepel kondensmelk
sout en peper, na smaak
Kap die uie fyn, sny die avokados en eiers in blokkies en plaas  alles in ‘n bak.
Meng die mayonnaise, melk, kondensmelk en sout en peper goed saam en gooi oor avos mengsel, meng alles goed en tarrada.
Resep: Annalet Liebenberg
Foto: Annetjie Smit




LAMB SHANKS ALA EDDIE

 

2015-07-06-lambshanksalaeddietested

LAMB SHANKS ALA EDDIE
2 Medium Lamb shanks
Fresh Herbs
Coriander Leaves
Parsley
Basil leaves
Thyme
Vegetables
Mushrooms
Patty Pans
Baby Corn
Med Onion
3-4 cloves Fresh Garlic
Celery
Chives ,Spring Onions or Leeks.
1 medium Carrot
Ingredients
4 tbs Flour
2cups good red wine (Siraz,Marlot
(1 glass good red wine to drink while you wait )
1 Tin Cut Tomatoes
1 pct Tomatoe paste
1sache Knorr Beef or Lamb hotpot
Salt (to taste)
Ground Black Pepper (to taste)
2 cups Water.
Olive oil
Method
Put your oven on 180 degrees C
Dust shanks with flour
Brown Shanks in olive oil till brown.
Remove shanks from dish
Cut Onion in coarse pieces and sauté with garlic till soft, add rest of the vegetables and finely cut herbs.
Add tin tomatoe with sauce and add tomatoe paste.
Add red wine ,hotpot and water
Simmer till vegetable are soft.
(While waiting for veggies to cook soft drink the red wine in the glass)
Pour everything into an oven dish and add the lamb shanks.
Cover with tin foil or lid and place in oven at 180 for 1 to ½ hours or till meat is tender.
Sauce should be thicker now.
Pour Vegetables and sauce out.
Put the shanks under the grill for 10 to 15 min just to brown.
Serve with Samp, Rice or Mash Potatoes,
Resep en foto: Eddie Rocher




BOTTERSKORSIE SOP

 

2015-07-03-botterskorsiesoptested

BOTTERSKORSIE SOP
4 x botterskorsies gesny in blokkies
2 x medium grootte uie gesny
2 x teelepels knoffel
1 1/2 teelepels fyn chillies
Olyf olie
1 liter hoender aftreksel
1 x blikkie klapper melk
1. Sit jou botterskorsie, uie, knoffel en chillies in n oondpan en maak nat met olyf olie. Bak vir 30-45 min
2. Waneer botterskorsie gaar is sit in voedsel verwerker of gebruik hand masher. En mash.
3. Gooi in n pot op lae hitte op die stoof, voeg hoender aftreksel en klapper melk by. Laat prut vir ten minste 15-20 min.
4. Bedien met croutons of lekker vars gebakte brood.
Resep en foto: Lizellé Coetzee




LEKKERSTE PAMPOEN KOEKIES MET KARAMELSOUS

2015-07-02-lekkerstepampoenkoekiesmetkaramelsoustested

LEKKERSTE PAMPOEN KOEKIES MET KARAMELSOUS
500 ml gaar pampoen
50 ml gesmelte margarien
50 ml bruinsuiker
5 ml vanielje geursel
2 eiers liggies geklits
125 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
bietjie fyn kaneel en ekstra bruinsuiker vir bo-oor sprinkel.

Verhit die oond tot 190°C en smeer muffin pannetjies.
Meng al die bestanddele saam.
Nota:  Indien die pampoen baie waterig is, sit bietjie ekstra meel by jou beslag, of dreineer die pampoen in ‘n sif voor jy dit gebruik.
Skep mengsel in pannetjies en sprinkel bietjie fyn kaneel en bruin suiker oor.
Bak vir 30 minute of tot gaar.

Karamelsous:
250 ml melk of room
125 ml suiker
50 g botter
5 ml karamel of vanielje geursel

Los op en kook vir 5 minute.
Verdik met bietjie Maizina (in klein bietjie water opgelos)
Kook tot verlangde dikte.
Skep lepels vol van die warm sous oor die pampoen koekies sodra dit uit die oond kom.
Laat staan sodat sous in die pampoen koekies kan intrek.
Afhangende van die muffin pannetjies se grootte kry ek so +_ 12 tot 21 koekies.
Dis heerlik smaak soos pudding

Nota: Ek weet regtig nie of dit gevries kan word nie. Ek gooi die warm sous oor die warm pampoen koekies terwyl dit nog in die muffin pannetjies is. Onthou net as julle die beslag in die muffin pannetjies skep om dit net driekwart vol te maak, anders rys dit bo-oor, daar moet nog plek wees as jy die sous bo-op gooi. Hoop dit help.

Nota Paula Vuyk:
Ek het vandag weer die gebakte pampoenkoekies op die blog gemaak. Dit bly altyd n groot treffer in ons huis. Ek gebruik butternut en kook dit saam met ‘n kaneelstokkie. Heerlik!

Resep: Anet Grove
Foto’s:  Pieter van Niekerk, Danielle Voges en Paula Vuyk




GEDEHIDREERDE GROENTE

 

2015-07-02-gedehydreerdegroente2015-07-02-gedehydreerdegroente2tested

GEDEHIDREERDE GROENTE
Dis nou ‘n poging om goed te preserveer ipv om op Eskom se krag te hoop om vrieskaste aan die gang te hou.
Ek was by die vars produkte mark aan gewees Dinsdag en het toe onder andere 2 kg klaar gesnyde vars boontjies en 2 kg mushrooms gekoop. Die mushrooms het ek ‘n gedeelte van reeds in disse gebruik, van dit gedroog en die heel kleintjies gaan ek die naweek piekel.
Ek het die boontjies semi-gaar gestoom, vinnig afgekoel en in die dehydrator gesit. Ek het nie veel hoop vir dit gehad toe dit soos naeltjies lyk toe dit droog is nie, maar het toe ‘n bietjie in water gelos vir toets. 100% uitgekom.
Ek het ook laas naweek omtrent 5 kg aartappels amper gaar gekook in die skil, laat afkoel en toe grof gerasper na ek dit afgeskil het. Dis ook nou gedroog en in bottels. Dit re-hidreer heel goed.
Ek het ‘n Excalibur Food Dehydrator, so ek kan baie op ‘n slag droog, maar ek neem aan ‘n biltong maker mag ook die job doen. Ek weet net nie watter hitte stelling die biltong makers op loop nie, dit mag dalk te hoog wees.
Ek het ook al baie ander goed gedroog in die verlede – gaar bacon is vrek lekker as dit gedroog is – ek verkies dit bo biltong. Uie, garlic, tamaties – alles uit my tuin het ek in my voorraad stoor. Baby marrow en ander groentes wat opgekap of gerasper is droog ek ook om later in sop en bredies te gebruik.
Ek is maar nog in die uittoets stadium, maar dit maak net sin om dit te doen. Ons gaan nie vir ewig op 2 of 3 vrieskaste kan staatmaak nie.
Resep en fotos: Petro Borchard




BRAAI TAMATIES VIR OOR BRAAIPAP

 

2015-07-02-braaitamatiesviroorbraaipaptested

BRAAI TAMATIES VIR OOR BRAAIPAP
Hier is hoe ek my special tamaties braai: sny jou tamaties in dikkerige skywe, ek sny so 3 skywe uit n middelmatige tamatie. Smelt ongeveer 4 e botter of goeie margarien. As als gesmelt en borrel, pak jou tamatieskywe in n enkellaag in die pan.

Op die hoeveelheid tamaties wat ek gebruik het, het ek ongeveer 2 suikerlepels vol suiker en 1/2t sout aan die een kant gestrooi, toe omgedraai en dieselfde met die anderkant gedoen. Braai tot sous taai word. Skep op braaipap en gooi soet bottersous oor!
Resep en foto: Jacques Marianne Van Niekerk




ROZ BELKHALTA-TRADITIONAL LIBYAN DISH

2015-07-02-rozbelkhalta-traditionallibyandishtestedroz belkhalta rose

ROZ BELKHALTA-TRADITIONAL LIBYAN DISH

1.Prepare a broth for cooking the rice . Use the following ingredients for preparing the broth:
1 onion, 
1 tomato , 
salt, 
black pepper , 
lamb , 
cinnamon, 
clove, 
ginger, 
basil, 
2 big spoon oil. 
One cup of rice needs two cups of broth then you can add more broth to the rice during cooking
2. Cover your sauce pan or casserole dish with a clean cloth
3. Chop a sheep liver and boil it. Add a salt and black pepper then sauté it
4. Boil almonds then peel it. Sauté the almonds then cashew.
5. add a blossom water and cinnamon to the nuts.
6.After cooking the rice , add butter slices then mix it with the rice
7.Finally, add the liver and the nuts to the rice.
Give it a try. It is delicious traditional dish.

Recipe and Photo:Rose Kirwad




VRUGTIGE HOENDER EN AVOKADOSLAAI

2015-07-01-vrugtigehoenderenavokadoslaai

VRUGTIGE HOENDER EN AVOKADOSLAAI
Vleis:
4 rou hoenderborsies, ontvel, ontbeen en in repies gesny
½ koppie avokado olie
sout en grofgemaalde swartpeper na smaak
4 eetlepels heuning
Slaai:
Slaaiblare, gemengde pak slaai kan ook gebruik word
2 avokado’s, in skyfies gesny
1 pakkie aarbeie (250g), ontstingel en gehalveer
1 mango in skyfies gesny of 1 blik mangoskyfies gedreineer
Slaaisous:
½ koppie avokado olie
3 eetlepels witasyn
2 teelepels witsuiker
½ teelepel mosterdpoeier
2 eetlepels heuning

Vleis:
Meng die bestanddele vir die marinade (avokado olie,sout en peper en heuning.)
Plaas die hoenderrepies daarin en laat dit vir 2 ure marineer.
Verhit ‘n bietjie ekstra avokado olie en soteer die hoenderrepies tot gaar.
Slaai:
Pak die slaaibestanddele op ‘n mooi opdienslaaibord……….(avokadostukkies, aarbeie gehalveer en die mangoskyfies)
Skep die gaar hoenderstukkies eweredig bo-op.
Slaaisous:
Meng die bestanddele van die slaaisous en giet dit oor net voor opdiening oor die slaai.
** Die marinade kan ook gebruik word om heel ontbeende hoender te marineer en dan as heel stukke te braai om voor te sit saam met ander bygeregte.

Resep geplaas deur Charmaine Timmerman