LEA SE OLIE SJOKOLADEKOEK

LEA SE OLIE SJOKOLADEKOEK
Bestanddele
375 ml suiker
4 jumbo eiers geskei
125 ml sonneblom olie
190 ml kookwater
375 ml koekmeel
125 ml kakao
15 ml bakpoeier
10 ml vlapoeier
Knippie sout
10 ml vanilla essense
Metode
Room suiker en eiergele tot lig en romerig. Voeg olie by en meng goed. Voeg kookwater stadig by tot goed gemeng. Voeg droë bestanddele gesif by. Klits eierwitte styf en vou in met vanilla essens. Bak in oond 180 grade C vir 25 minute of tot gaar. Onthou om die pan toe te draai met nat lap.
http://www.foodloversrecipes.com/2014/05/wenk-om-te-verseker-die-koek-bak-gelyk-bo-op/
Ek verdubbel die hoeveelheid vir groter koeke
Resep en foto: Lea Drieselmann




GRANOLA MET ‘N TWIS

GRANOLA MET ‘N TWIS
My tuisgemaakte Granola met ‘n twist. Dit is Siba Mtongana se resep met ‘n twist. Wil dit graag deel omdat dit altyd ‘n wenner is vir ontbyt, “snack” en as ‘n geskenk in ‘n glas bottel.
1 kop rolled oats
50 ml sonneblom saad
70 ml brazil neute
70 ml amandels
70 ml pekaneute
100 ml pampoen sade
20 gr wheatgerm (koringkiem by gesondheidswinkels en Dischem)
60 gr klapper
Kaneel
Ek sny die groot neute kleiner. Meng alles saam in oondpan en gooi bietjie kaneel en fyn gemmer oor na smaak. Bak in oond teen 180°C (vooraf verwarm) vir 10 min.
Intussen kook 50 gr donker suiker, 180 ml heuning, 90 gr botter en 1/2 t vanilla tot suiker opgelos is.
Gooi die warm stroop oor die mengsel in die pan en roer goed. Bak weer vir 10 min maar roer af en toe.
Laat afkoel maar roer gedurig sodat dit nie stol en vassit.
As dit goed afgekoel het voeg die volgende by.
1 k gedroogde piesang in stukke gebreek
1 k gedroogde cranberries
1/2 k gedroogde gemmer on stukkies gesny
Geniet
Resep en foto: Yolanda Kilian‎




RICE KRISPIES TERTKORS

RICE KRISPIES TERTKORS
Ek weet nie of dit al met iemand gebeur het nie, maar ek was lus om iets lekkers te maak en ek was halfpad toe kom ek agter ek het niks om die kors van die tert te maak. Ek het rice krispies, klapper en bietjie versiersuiker fyn gemaak. (Jammer geen hoeveelhede) eetlepel botter in gemeng en soos ‘n tertkors gebruik. Verbasend lekker uitgekom.
Resep: Ellouise Grundling




MARINA SE EIER EN SPEK MUFFINS


MARINA SE EIER EN SPEK MUFFINS
Geen “Carbs” eier en spek muffins. Lekker gesond vir die kinders se kosblik ook! Ek bak hierdie weekliks vir ons, my man vat van dit werk toe vir ‘n 10 uur snack of ligte middagete saam met ‘n lekker groen slaai. Jy kan enige iets bysit soos jou smaakorgane en voorkeure jou voorskryf… die basis is 6 eiers en 1-2 koppies kaas.
Resep maak 12 muffins

6 eiers, geklits in ‘n bak soos vir roereiers, met room of melk (ek gebruik free range)
Voeg die volgende by:
½ pakkie gekapte spek, vir variasie sit ek soms tuna in
1 grof gekapte ui / sprietui
1 – 2 koppies sterk cheddar kaas, gerasper
sout en peper na smaak
klein bietjie chilli flakes, opsioneel
klein stukkies brokkoli, opsioneel

Skep in muffin pannetjie (12 klein of 6 groot pan)
Bak 180°C vir 30 min of tot lekker bruin bo-op.
Bêre dit in ‘n lugdigte houer – dit hou 5 dae in die yskas.

Resep en foto: Marina Hiscock




CHICKEN AND HAM CHOWDER WITH CRISPY POTATO SKINS


CHICKEN AND HAM CHOWDER WITH CRISPY POTATO SKINS
4 medium sized carrots (cut in small blocks)
3 big potatoes (cut in small blocks)
1 med sized onion diced.
4 slices of ham, sliced in strips
3 pieces of chicken breast without bone also cut into blocks
1 tin mushrooms
1 cup cake flour
2 chicken cubes
water
1 sprig of rosemary cut finely
salt and pepper to taste
Put a bit of cooking oil in bottom of pot and let it heat. Now put in your carrots and rosemary in pot and fry for 3 min. Then add your onions and mushrooms and fry until onions is transparent. Add your chicken blocks and ham and fry for another 3 min.
Now add your potatoes and mix well. Spice with some salt and pepper – not much. Add your cup of cake flour and mix well.
Take the chicken cubes and disolve in 2L hot water and put it in pot and stir well. Add more water until veggies is covered. Cook on low heat until all the veggies is soft. Taste to see if you need some more salt and add again.
Take some potato skins and fry them until golden brown. (like making chips)
I add some lemon and rosemary salt on them and cut into small pieces. Now add them also and stir in with the chowder. Enjoy.

Source: Ronel Muller Thoma




KOOS SE BAK RIB


KOOS SE BAK RIB
Ek het nou al gehoor van
Braai Rib
Staan Rib
Die is nou Bak Rib
Karoo Lam rib in ‘n bak, sout, braai speserye en gedroogte uie vlokkies oor.
Nou maak ek dit toe in die bak en sit langs die vuur wat brand vir kole om wors ens te braai. Ek gaan so bietjie kole onder die bak in krap.
Na so 2 ure haal ek uit as al die ander vleis gebraai is en braai crispy op die kole.

Resep en Fotos: Koos van der Merwe




MEALIE MEAL WAFFLES

MEALIE MEAL WAFFLES
1 ½ cups corn meal
3 cups milk
2 tablespoons butter
1 cup sharp cheddar cheese or corn kernels
¼ teaspoon salt
⅛ teaspoon pepper
pinch cayenne pepper
2 eggs
¼ cup cornstarch
½ tablespoon baking powder

On stove over medium heat melt butter in milk.
Add corn meal and stir till thick.
Remove from heat and add rest of ingredients.
Add to heated waffle pan and bake.
Serve with cheese or egg on top.
Source and Photo: Henriette Rossouw




SEMEL-KARRINGMELK BESKUIT

SEMEL-KARRINGMELK BESKUIT
Die resep is een van die gewildste in die land.
1,5 kg (3×500 g bruismeel) bruismeel.
10 ml bakpoeier
5 ml sout
450 g suiker
1 pak (300 g) All bran vlokkies, rol fyn
375 g (400 ml Botter/margarine kamertemperatuur
2 eiers
500 ml Karingmelk
300 ml olie
Voeg by na smaak.
2 koppies klapper
2 koppies muesli KAN 1-3 BYVOEG NA SMAAK
2 koppies bran 
2 koppies sonneblom saad
2 koppies pampoen pitte
2 koppies rosyne/ Bloubessies
METODE.
Verhit oond 180°C (350°F)
Smeer of spuit brood panne. Sif meel, bakpoeier en sout saam in groot skottel. Voeg suiker all bran en enige van bogenoemdes by bv klapper ens. Hang af van smaak. Sny margarine/ botter in stukkies by, voeg by meel mengsel. Vryf met vinger toppe in, kan met hande meng. Klits eiers en karringmelk saam, voeg kookolie by. Deeg is effens styf, dit moet hanteerbaar wees. Meng goed plaas dan in broodpannetjies. Of panne wat met ‘n snyer gesny word. Spuit snyer ook. Bak 30 min, hou dop en toets met toets pen. Gooi panne uit, laat afkoel in panne. Sny dan met elektriese mes soos brood snye. En weer in die lengte, droog uit met oop oond deur vir die vog om uit te kom, droog vinniger uit. Kan oond deur later toe maak op lae hitte. Panne met snyer is klaar gesny. OMDAT EK DIT BAIE BAK,  GOOI EK AL MY BESTANDDELE IN SKOTTEL EN MENG DIT.
GENIET EN BAK LEKKER.
Bron: Sarie Labuschagne




THAI BOTTERSKORSIE EN PATATSOP

THAI BOTTERSKORSIE EN PATATSOP
15 ml olie
2 knoffelhuisies, fyngedruk
15 ml vars gerasperde gemmerwortel
1 stingel sitroengras, harde skil verwyder en fyngekap (opsioneel)
15 ml goeie rooi Thai kerrie pasta (Jy kan meer of minder gebruik, volgens smaak)
1 ui, gekap
2 medium patats, geskil en in blokkies gekap
1 botterskorsie (ongeveer 300 g) geskil en in blokkies gekap
375 ml groente- of hoenderaftreksel
½ blikkie klappermelk
vars gemaalde swartpeper
60 ml vars koljanderblare, gekap
Verhit die olie in ’n groot pot en braai die knoffel, gemmerwortel en sitroengras vir ’n minuut. Voeg die kerrie pasta by en braai vir nog ’n minuut. Voeg die ui by en braai tot sag en geurig. Voeg die patat en botterskorsie by en roer sodat alles goed bedek is met die speserye. Gooi die aftreksel oor, plaas ’n deksel op en kook vir 30 minute tot die groente sag is. Maak die groente fyn met ’n handmenger of in ’n voedselverwerker. Voeg die klappermelk by en geur met swartpeper. Voeg die koljanderblare by net voor opdiening. Maak 1 liter sop.
Foto; Lelane Van Der Walt




KOOS SE GROENTE MET WITSOUS

KOOS SE GROENTE MET WITSOUS
Vandag was ek weer lus vir Groente met wit sous.
Sommer so uit die kop gemaak.
Twee Koppies koue melk.
Voeg by 1 pakkie Creamy Mushroom sop poeier.
Doen dit terwyl die melk koud is .Ek vind jy kry nie sommer klonte in jou sous as die melk koud is terwyl jy die sop poeier in meng.
Gooi een eetlepel gedroogte uie vlokkies by.
Verhit op stoof plaat maar roer die heel tyd dat die sous nie aanbrand nie.
Rasper so 200 gram wit cheddar en voeg by die sous terwyl jy dit roer tot alles mooi gesmelt het.
As dit te veel stol gooi bietjie melk by. As dit te min stol kan jy bietjie koekmeel meng met koue water en byvoeg.
Sodra die tekstuur nou volgens smaak is, haal af van die stoof en laat staan vir so 5 minute om te trek.
In ‘n ander pot het ek sommer gemengde groente: mielies, ertjies en wortels gaar gekook.
Gooi al die water af van die groente en gooi dan in ‘n oondbak.
Gooi nou daai wit sous by die groente in die bak en meng goed deur.
Rasper kaas bo-oor en bak in die oond tot die kaas mooi gesmelt is en begin bruin bak.
Vandag geniet saam met Gebakte Hoender, gebakte aartappels en wit rys.
Resep en foto: Koos van der Merwe