SAMPIOEN BANGLES VOORGEREG


SAMPIOEN BANGLES VOORGEREG
Ek het vanaand vir ‘n oudurfie die sampiejoen bangles gemaak in my rooi pannetjie oppie kole en sjoe dit was djeeeerlik.
1 pakkie knoppie sampioene
olie om in te bak
sout, peper en speserye van jou keuse
½ kopppie meel
1 geklitste eier
broodkrummels
tou

Meng ‘n bietjie sout, peper en chillie flakes of enige speserye van jou smaak met ‘n halwe koppie meel.
Doop dan een vir een ‘n pakkie knoppie sampioene eers in die meel dan in ‘n geklitste eier en dan in fyn broodkrummels.
Ryg so 9 of 10 op ‘n toutjie met ‘n seilnaald en knoop die toutjie se punte aan mekaar, die voordeel van die toutjie is jy draai 10 op ‘n slag om in die olie as jy dit bak.
Bak dan omtrent vir tien min in warm olie tot mooi goudbruin.
Gee dan vir elke gas ‘n stringetjie en hy breek dit af en dip.
Ons het dit geniet saam met sweet chillie sous.
Dit was sommer ghoof!
Foto en resep: Gideon Louw




KERRIE HOENDER MET PASTA


KERRIE HOENDER MET PASTA
5 groot hoender borste, gesny in klein stukkies
sout en peper
2 – 4 groot eetlepels olyf olie
2 groot eetlepels kerrie poeier
2 groot eetlepels tamatie paste
2 groot eetlepels bruin suiker
2 – 3 koppies water
2 groot eetlepels pietersiele
1 groot uie

Braai hoender stukkies bruin met sout en peper in bietjie olie.
Voeg bietjie water by en laat hoender heeltemal gaar word – sit deksel op pan.
In ander pan begin met die ander bestanddele.
Bruin uie in olie, voeg kerriepoeier by en roer vir 1 min.
Voeg tamatiepaste, bruinsuiker, sout en peper na smaak en pietersielie by en roer bietjie.
Voeg sous en gaar hoender alles bymekaar.
Kook op lae hitte vir 5 – 10 minute en reg om te bedien met pasta.
Resep geplaas deur Benita Rodrigues
Foto: Benita Rodrigues




VERKOUE, HOES EN GRIEP RATE


VERKOUE, HOES EN GRIEP RATE
Silvia Knight:
Vir diegene wat soos ek, verkoue kry wanneer die somer begin. My ouma se hoes stroop, DIT WERK!!!
Tuisgemaakte Hoes Medisyne:
1 bottel heuning
1 botteltjie turlington
1 botteltjie bors druppels
1 bottel pepperment druppels
1 bottel Jamaika gemmer

Meng alles baie goed saam. Drink 1 Eetlepel soos benodig.
(Laasgenoemde maak die slym los sodat dit kan uitkom).
Dit hou vir maande in die yskas, sit sommer in ‘n Mrs Balls chutney bottel.
Ek is nie seker of babas dit kan drink nie, maar dit werk tot vir ‘n sinus drup. Dit is al wat ek gebruik.
Baie mense gooi roulynolie ook by om die keel te smeer.

Petro Van Dyk-Saayman Kretzen:
Lennon se hoesstroop is ook baie goed!! Vrek sleg, maar werk soos ‘n bom.

Lorinda Cloete:
Maak net seker dis regte heuning en nie die fake suiker stroop wat as heuning verkoop word.

Dewald Muller:
Ek het al so baie variasies gehoor en gesien. Maar ek dink met die jare sit mense hul eie bestanddele by. Nou ander dag een gelees met ‘n handvol knoffel huisies in.

Silvia Knight:
Daar is n ander stroop ook. 2 koppies suiker en 1 koppie asyn. Kook tot dik en gooi dit oor rou skywe uie en laat deurtrek. Maar soos jy sê elke ou het sy eie weergawe.

Sarie Mey:
2 botteltjies turlington
2 botteltjies bors druppels
1 bottel pepperment druppels
500 g heuning
500 ml gemmer brandewyn
2 eetlepels kaneel
Meng alles goed saam en eet ‘n eetlepel vol 4 keer per dag.

Dewald Muller:
Sarie Mey ek stem saam met jou resep, net die pepermint druppels is baie sterk en oorweldigend veral vir kinders. Ons het altyd net ‘n Eetlepel bygesit.

Hannie Steyn
Ek sal die een wat ek gebruik ook opsit.
Hoesgoed wat werk vir groot en klein.
Gebruik net hout of plastiek as jy dit meng en sluk.
Metaal is nie goed vir heuning nie.
500 g heuning,
1 botteltjie wit dulsies
Kwart botteltjie peppermintdruppels
1 botteltjie borsdruppels
1 botteltjie paragoriese elikser, (net by apteke agter die counter)
Ek het sommer so 2 spuite suurlemoensap by gegooi.
Meng die “bestanddele” saam en drink ‘n eetlepel 3 x per dag (volwassenes) en kids onder 12  – 1 teelepel 3 x p.d.




BANOFFEE ROOMYS


BANOFFEE ROOMYS
500 ml room
1 blik kondensmelk
1 blik karamel
5 ml vanilla guersel
4 tot 5 amper oor ryp piesangs gesny
½ koppie gekapte karamel sjokolade/ enige vorm

Klits room tot sagte punt staduim.
Voeg piesang by en meng liggies.
Meng karamel en kondensmelk.
Vou karamel mengsel in room mengsel maar hou bietjie oor.
Voeg jou vanilla essence in.
Gooi die mengsel in leë roomys bak.
Laastens jou bietjie karamel mengsel en gekapte karamel, gebruik vurk en roer liggies bo deur.
Vries vir ten minste 6 ure.
Oorspronklike resep geplaas deur Ronel Hunter
http://www.foodloversrecipes.com/2017/11/kortpad-tuisgemaakte-roomys/
Aangepaste resep: Lelane Van Der Walt
Foto: Lelane Van Der Walt




SANELLS’S FUDGE


SANELLS’S FUDGE
My 1ste suksesvolle fudge!
4 cups white sugar
1 cup water
250 g margarine
1 tin condensed milk

Melt margarine, sugar and water over low heat.
Once margarine has melted let boil for 6 minutes, Do Not Stir.
Once boiled, add in the condensed milk and stir over low heat till it gets a caramel colour.
Pour into a butterd baking sheet.
Once set and still warm cut into blocks.
It will boil for about 15 to 20 minutes or drop a small amount into cold water to see if it sets.
NOTES:
FUDGE TIPS
Toffee fudge: place back in the pot with ½ cup of water and when it boils, boil then for about 20 minutes stirring all the time.
Crummy or over boiled fudge: place back in pot with 1 cup water when once melted and starts to boil, boil for about 20 minutes while stirring all the time.
5 ml vanilla essence can be added in just before you pour it into your pan.
Recipe posted by Lelane Van Der Walt
Photo: Lelane Van Der Walt




EASY BUTTER CHICKEN


EASY BUTTER CHICKEN
Het vanaand butter chicken gemaak om die koue bietjie weg te dryf.
Servings 4
2 tablespoon oil
1 medium onion, diced
1 teaspoon fresh ginger, finely minced or grated (or use paste)
2-3 cloves garlic, finely minced or crushed
1 ½ pounds about 2-3 boneless, skinless chicken breasts, cut into ¾-inch chunks
1 can 6 oz. tomato paste (or 8-10 oz can of tomato sauce)
1 tablespoon garam masala
1 teaspoon chili powder or paprika, adjust to taste
1 teaspoon Fenugreek (I use powder, but seeds or mustard seeds can be used too, optional)
1 teaspoon cumin
1 tsp salt
¼ tsp black pepper
1 cup heavy cream sub for half and half or yogurt for low fat
hot cooked rice and naan for serving

Heat a large skillet or medium saucepan over medium-high heat. Add the oil and onions and cook onions down until lightly golden, about 3-4 minutes. Add ginger and garlic and let cook for 30 seconds, stirring so it doesn’t burn.
Add the chicken, tomato paste, and spices. Cook for 5-6 minutes or until everything is cooked through.
Add the heavy cream and simmer for 8-10 minutes stirring occasionally. Serve over Basmati rice or with naan.
Ek het mushrooms ook bygesit.
Recipe posted by Nicolette Papas
Photo: Nicolette Papas




GESTOPTE UIEBALLE


GESTOPTE UIEBALLE
Ek moet darem iets met julle die naweek deel.
Ek en Liezl het die gestopte uieballe ontwerp en dit was djeeeerlik.
klein uitjies
salm roomkaas
respies spek
tandestokkies

Ons het die klein uitjies uitgehol en gestop met die salm roomkaas en toegedraai met die repiesek en met tandestokkies vasgesteek.
Braai op stadige kole en smeer met ‘n bietjie Jimmys sous.
Dit was frieken lekker vir ‘n oudurfie.
Foto en resep: Gideon Louw




DEON SE ONTBEENDE SPRINGBOKBOUD


DEON SE ONTBEENDE SPRINGBOKBOUD
Ek het ‘n springbokboudjie gebak waaroor die gaste gaande was.
1 springbokboud
karringmelk
vars roosmaryn
vars koljander
vars “chives”
slaphakskeentjies (Klein ingelegte uitjies)
sout en swartpeper
groot velle varkspek
8 naeltjies
1 pakkie bruin uie sop
fyn ingelegde knoffel
1 koppie rooiwyn
tou vir vasbind

Ontbeen die boud en sny in die lengte oop. Laat lê in karringmelk vir 2 dae in die yskas.
Verwyder die karringmelk en “stop” met die roosmaryn, koljander, “chives” en slaphakskeentjies, sommer mildelik, moenie skaam wees nie, veral nie met die slaphakskeentjies nie.
Sprinkel met sout en swartpeper.
Vou toe en draai groot velle varkspek om, bind vas met toutjies. Sit so 8 naeltjies tussen die vleis en die varkspek ingedruk.
Smeer dan die buitekant met die pakkie bruin uie sop en fyn ingelegde knoffel. Plaas nog vars kruie buite op net vir die lekker en die mooi.
Bak ‘n paar ure in ‘n toe vleisbak in die oond by 180 ºC.
Sodra dit gaar toets, gooi die sous af dat dit koud word en die vet bo-op stol.
Haal die koue vet op die sous af en gooi 1 koppie rooiwyn by en meng met die sous.  Kook sous lekker deur en gooi oor die boudjie. Sit terug in die oond vir ‘n rukkie dat die sous goed warm word, skep uit in opdien skottel en gooi sous oor die boudjie.  Bedien.
Resep en foto: Deon Huysamen




BANANA BREAD WITH BUTTERMILK


BANANA BREAD WITH BUTTERMILK
3 large bananas or 4 small ones, cut up
125 g butter
1 ½ cups sugar
2 eggs
½ cup of buttermilk
2 cups of flour
¼ teaspoon baking powder
¾ teaspoon bicarbonate of soda
1 teaspoon salt

Cream butter and sugar until light and fluffy.
Add eggs and beat some more.
Add cut up bananas and buttermilk and blend till smooth.
Lastly add sifted dry ingredients.
Bake at 180 °C for 45 minutes.
N.B. I baked 2 loaves, so I doubled the recipe.
Photo: Yasmeen Ibrahim
Recipe posted by Yasmeen Ibrahim




SCONES WITH SOUR MILK


SCONES WITH SOUR MILK
100 g of butter
2 cups of cake flour
1 tablespoon of baking powder
¼ teaspoon of salt
¾ cup of milk/ sour milk
1 egg
1 tablespoon of milk for brushing

Sift dry ingredients into a large dish.
Rub in butter till mixture resembles breadcrumbs 
Make a soft dough using milk/ sour milk.
Roll out and cut with a cutter.
Brush with an egg beaten with 1 tablespoon of milk
Bake at 180°C for 15 minutes.
Variation: To turn your scones into cheese scones, add 1 cup of grated cheese to the dough. Otherwise enjoyed plain with fresh cream and jam.
Photo: Yasmeen Ibrahim
Recipe posted by Yasmeen Ibrahim