ALTA SE GROENVYE KONFYT


ALTA SE GROENVYE KONFYT
Ek kook my vye 3 kg op ‘n slag.
Was vye goed af.
Sny kruis in onderkant van vy, nie te diep nie, vy moet mooi uitgeswel wees.
Laat oornag in kalk water lê.
Vye moet toe wees onder water.
Ons gooi kalk in emmer (om en by ‘n 10 liter emmer met 1 boksie kalk – ongeveer 3 eetlepels), roer goed, laat kalk afsak en gooi net die skoon water oor vye, maak weer vol water en laat kalk afsak en gooi weer skoon water oor tot al die vye goed toe is onder die water. Laat staan oornag.
Volgende dag, was die vye goed af onder lopende water voor dit in water gekook word.
Kook genoeg water in kastrol om die vye te bedek, voeg vye by terwyl water kook, as vye begin kook – net 15 min en skep uit.
Terwyl die vye kook, kook die volgende stroop:
1 kg vrugte
5 koppies suiker
7 ½ koppies water
stuk gekneuste gemmer
1 suurlemoen se sap
Vermeerder suiker en water soos jy vrugte vermeerder.
M.a.w. as jy 3 kilogram vrugte vat dan gebruik jy:
15 koppies suiker
22 ½ koppies water
sap van 2 suurlemoene
Sodra die stroop se suiker alles opgelos het en die stroop lekker kook, pak die vye in die stroop.
Kook vir ± 2 tot 3 ure tot stroop dik is en vye blink is en vol stroop.
Bottel die warm vye in voorbereide bottels, pak die bottels vol vye en gooi die bottel verder vol stroop, seël dadelik.
Resep geplaas deur Alta Gunter Van Dyk
Foto: Alta Gunter Van Dyk







