TOEKIE SE PIZZA


TOEKIE  SE PIZZA
Deeg
2 koppies meel
knippie sout
1 eetleppel olie
1 koppie warm water
10 g kitsgis

Gooi meel in bak saam met sout, olie en gis. Gooi nou bietjies warm water in. Kry jou man om jou te help en meng tot die koppie water alles in is. Gooi bietjies meel oor jou hande as dit vas klou. Begin knie en los op ‘n warm plek tot dit bietjie opswel, druk nou plat in ‘n groot pan.
♡ Ek het opgesit ♡
Soutvleis wat oorgebly het
Smeer tamatiesous gemeng met sweet chilly sous en tiemie. Dan die vleis, pynappel en kaas. Bak tot lekker krakerig by 180 ºC vir ongeveer 35 min. Hou maar dop dat dit lekker krakerig en gesmelt is.
Foto en resep: Toekie Bosch




LEKKERSTE MALVAPOEDING


LEKKERSTE MALVAPOEDING
Foto: Kokkedoor Tessie Els Kemp
Resep geplaas deur Kokkedoor Tessie Els Kemp
FOOD LOVERS RECIPES
Die lekkerste Malvapoeding!!
2 eiers
2 koppies suiker
2 koppies koekmeel
2 eetlepels fyn appelkooskonfyt
2 teelepels bakpoeier
2 teelepels koeksoda
2 koppies melk
3 eetlepels bruin asyn
sout

Klits eiers en suiker goed saam. Voeg alles by eier- en suikermengsel en klits tot net gemeng.
Bak teen 180 °C vir ongeveer 30 minute tot gaar.
Wanneer poeding uit oond kom gooi dadelik warm sous oor.

Sous:
2 koppies suiker
2 teelepels vanilla geursel
1 koppie water
1 blik Ideal melk
250 g margarien
Kook alles saam.

Lollie Blossom:
Hierdie is die resep wat ek ook gebruik, maar 4 koppies suiker is te veel. Ek verminder die sous se suiker na een koppie toe. Die poeding self se koppies suiker maak ek ook nie heeltemal vol nie. Dit bly ‘n bobaas poeding.
Lea Drieselmann:
Ek maak die presiese een, maar verminder die suiker in die stroop sodat dit nie so soet is nie.




HEERLIKE PAPTERT


HEERLIKE PAPTERT
Dit is ‘n heerlike gereg saam met braaivleis!!!
700 g mieliemeel
sout
1 pak spek, opgesny
3 blikke “sweetcorn”
2 tamaties, ontvel
1 pak sampioene
2 groterige uie
400 g Cheddar kaas
250 ml room, opsioneel

Maak mieliemeel aan met water en roer dan in die kookwater. Voeg sout by. Verlaag die hitte en roer af en toe. Pap moet effens styf wees. Haal af van stoof. Roer die 3 blikke sweetcorn daarby in. Braai al die ander bestanddele tot sag.
Verhit oond tot 180°C. Spuit of smeer ‘n bak.
Gooi helfte van die pap in bak, dan die gebraaide vulsel gevolg deur kaas. Gooi dan die ander pap bo-op. Strooi res van die kaas bo-oor. Gooi die glasie room bo-oor. Druk met vurk gaatjies sodat die room intrek. Bak vir 15 minute.
Jy kan gerus nog iets byvoeg waarvan jy hou.
Foto en resep: Kokkedoor Tessie Els Kemp




LEKKERSTE KLAM WORTELKOEK


LEKKERSTE KLAM WORTELKOEK
Voorverhit oond tot 180°C.
375 ml suiker
250 ml kookolie
3 groot eiers
5 ml vanieljegeursel
375 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
13 ml kaneel
1 ml neutmuskaat
5 ml sout
500 ml grof gerasperde geelwortels
1 groen appel, grofgerasper of ‘n fyngedrukte piesang
125 ml gekapte neute van jou keuse

Klits die suiker, olie, eiers en vanieljegeursel saam. Sit die droë bestanddele saam en vou by die eiermengsel in. Voeg die geelwortels, appel en neute by en meng goed. Skep in gesmeerde 23 cm ringkoekpan of 2 ronde koekpanne. Bak ongeveer 45 minute lank. Laat 15 minute staan en keer dan op ‘n draadrak uit.

VERSIERSEL
50 g sagte margarien
5 ml vanieljegeursel
500 ml versiersuiker
15 ml gerasperde lemoenskil
50 ml gladde maaskaas (as jy nie van maaskaas hou nie kan jy net bietjie suurlemoensap byklits tot na smaak)

Meng die sagte margarien, vanieljegeursel en versiersuiker. Voeg die skil en maaskaas by en meng liggies tot glad. Versier koek.
Foto: Kokkedoor Tessie Els Kemp
Resep geplaas deur Kokkedoor Tessie Els Kemp




POTBROOD IN PLASTIEKSAK


POTBROOD IN PLASTIEKSAK
Bederf jou mense met hierdie heerlike POTBROOD.
Die brood word in ‘n plastieksak in ‘n swart pot gemaak wat half vol water is.
Almal soek altyd die resep en is baie verbaas oor die manier hoe dit gaargemaak word.
HEERLIK!!!!
720 g (6 x 250 ml) koekmeel
7 ml sout
1 pakkie (10 g) kitsgis
30 ml suiker
louwarm water

Sif die koekmeel, sout en kitsgis saam in ‘n groot mengbak.
Voeg die suiker by en meng.
Voeg sowat 500-625 ml louwarm water by om ‘n slapperige deeg te vorm.
Knie totdat die deeg nog net effens aan jou hande vassit.
Skep die deeg in ‘n skoon winkel plastieksak en knoop die handvatsels lossies toe en plaas laastens in ‘n groot swart pot.
Maak die pot halfvol met louwarm water.
Bedek. Indien oorkook, sit deksel skeef op pot.
Verhit die water tot kookpunt en stel die plaat dan op sy laagste.
Prut vir sowat 2 uur lank oor stadige hitte.
Vul die water in die pot aan tot halfvol indien nodig.
Toets of die brood gaar is deur ‘n toetspen in die middel van die brood in te steek.
Dit sal skoon uitkom as die brood gaar is.
Dien op saam met botter, kaas en konfyt.
Lewer 1 groot brood.
Foto: Kokkedoor Tessie Els Kemp
Resep: Kokkedoor Tessie Els Kemp




RENEE SE PIESANGSLAAI EN MARSHMALLOWSLAAI


RENEE SE PIESANGSLAAI EN MARSHMALLOWSLAAI
PIESANGSLAAI
Skyfies piesang roer deur suurlemoensap
Meng kondensmelk en suurlemoensap deur, voeg piesangs met suurlemoensap by, roer net deur laat rukkie staan Die kondensmelk sal lekker verdik van die suur.
Dis nie ‘n slaai wat jy vorige aand kan maak nie.

MARSHMALLOWSLAAI
Marshallows in kleiner stukkies gesny (om tyd te spaar neem sommer die mini mallows, ek kon nie kry nie!)
Jogurt  – die vla en vrugtekelkie vir vandag gebruik, het nie ekstra vrugte ingegooi nie, maar jy kan. Jy kan ook enige geur jogurt gebruik.
Hoeveelhede hang van jouself af.
As jy nie jogurt eet nie probeer ultramelvla dis ook heerlik.
Resepte en foto: Renee Haasbroek




SJOKOLADE MOUSSE MET NUTELLA


SJOKOLADE MOUSSE MET NUTELLA
Kersdag nagereg!
300 g donker sjokolade (ek het 150 g sjokolade en 150 nutella gebruik)
30 g botter
6 eetlepels strooisuiker
2 eiers (liggies geklits)
4 eierwitte
500 ml room

Smelt sjokolade oor ‘n pot met water. Voeg die botter by en meng goed. Laat effens afkoel. Klits die 2 eiers liggies. Voeg by sjokolade mengsel. Klits die eierwitte tot sagte punt en voeg suiker bietjies bietjies by.
Voeg ‘n 1/3 van die eierwitte by die sjokolademengsel om dit los te maak en vou dan die res van die eierwitte in. Klits die room styf en vou dit by.
Skep in individuele bakkies of in ‘n bak. Dit maak ontrent 10 porsies.
Bedien met klein skuimpies (ANDRIE SE SKUIMPIES) en aarbeie.
http://www.foodloversrecipes.com/2018/05/andrie-se-skuimpies/
Resep en foto: Andrie Grimsell




SJOKOLADE SWISSKOEK


SJOKOLADE SWISSKOEK
1 ½ koppie koekmeel
1 ½ koppie strooisuiker
3 eetlepels kakao
Sif bogenoemde 3 x saam.
Skei 6 eiers – voeg die eiergele by die meelmengsel.
Klits die 6 eierwitte saam ‘n ¼ teelepel kremetart styf – hou dit eenkant.
Sit 2 teelepels bakpoeier by die meel en eiers en meng.
Meng ‘n ¼ koppie olie en driekwart koppie kokende water en meng dit by die meelmengsel
Vou die styfgeklopte eierwitte by die meelmengsel in.
Deel op in twee panne en bak vir 25 min tot gaar by 180 ºC
Laat goed afkoel.
Sny in eweredige dun skywe vir 4 lae

Klop genoeg Sjokolade Bakelsroom styf saam met bietjie versiersuiker om die room soet te maak.
Maak enige neute van jou keuse fyn en vou dit in by die room mengsel.
Smeer tussen elke koeklaag met die roommengsel en stapel tot koek klaar is.
Versier met wit sjokolade.
Geniet!
Foto: Esme Scheepers Van Wyk
Resep geplaas deur Esme Scheepers Van Wyk




LIEZL SE KRISMIS WAATLEMOEN SLAAI


LIEZL SE KRISMIS WAATLEMOEN SLAAI
(hoeveelhede volgens smaak)
‘n klompie swart olywe
waatlemoen stukke, in groterige blokke gesny
‘n bietjie mikro kruie
‘n klompie basil blare
‘n paar stukke Fetakaas
gekerfde rooi uie

Pak die waatlemoen stukke in ‘n bak en stooi die gebreekte stukkies kaas daaroor.
Strooi die rooi uie oor, asook die grofgekerfde basilblare en die olywe gevolg deur die mikro kruie.
Foto: Gideon Louw
Resep geplaas deur Gideon Louw




TROPIESE TRIFLE / KOEKSTRUIF


TROPIESE TRIFLE / KOEKSTRUIF
4 ryp vars veselperskes (mango’s)
4 ryp kiwis
1 swiss roll
500 ml melk
60 ml vlapoeier
40 ml suiker
250 ml lemoen en mangosap
500 ml room
1 blikkie granadilla pulp

Meng vlapoeier met 50 ml melk, kook orige melk in mikrogolf, voeg vlamengsel by melk en kook vir 5 min in mikrogolf, roer elke minuut. Hou eenkant om af te koel.
Sny die swiss roll in ringe en pak die helfte daarvan in een laag, gooi helfte van die sap oor.
Gooi die helfte van die vla oor.
Sny die mango in skywe en pak 2 mango’s se skywe oor die vla.
Sny 2 kiwis en pak n enkellaag teen die bak.
Herhaal presies dieselfde vir ‘n 2de laag, verkoel en versier met styfgeklopte room en granadilla pulp.
Vanjaar is die 2de jaar wat ons ander as tradisionele trifles probeer maak, die tradisie sal voortbou!
Geseënde Kersfees
Foto en resep: Leandri Potgieter