GEELSTERT KERRIEVIS


GEELSTERT KERRIEVIS
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk
FOOD LOVERS RECIPES
3 tot 4 kg vars geelstert, gefillet
Sprinkel sout en peper na smaak oor vis, sny in kleiner porsies, hou eenkant.
Kerrie sous:
6 medium uie fyn gesny (Het mandeline gebruik)
Braai uie in groot plat swaar boom kastrol (verkieslik stainles steel) nie bruin nie net deurskynend
Voeg volgende by:
2 eetlepel borrie
2 eetlepels medium kerrie
1 koppie appelkoos konfyt
2 teelepels aromat
1 teelepel varsgemaalde swartpeper
4 heel naeltjies
1 teelepel vol van karwy saad, gebreekte koljander
10 lourier blare
1 koppie asyn
1 koppie ligbruin suiker
±1½ koppie water

As uie klaar gebraai is, voeg alles by, net nie die vis nie. Skep nou helfte van uie en sous uit, hou eenkant. Pak vis in enkel laag.
Skep die sous en uie bo-op die vis, en pak ander vis bo-op sous. Ek pak my vis vleiskant onder toe.
As vis begin kook, sit deksel op en kook vir net 20 min. Skep vis in lae met uie en sous in erde-bak, koel af en sit in yskas. Vat so ‘n week om lekker in te trek.




CHILLI MANGO COUSCOUS SALAD


CHILLI MANGO COUSCOUS SALAD
Absolutely one of my favourites. I often enjoy this salad as a refreshing main on its own.
1 cup of mango cubes
½ cup cooked Moroccan couscous
1 large salad onion, finely chopped
½ teaspoon chopped ginger
½ teaspoon dried chilli flakes
1 radish, finely sliced
1 tablespoon lime juice
fresh parsley for garnish

Mix all the ingredients together and allow to infuse for a few minutes. Serve cold.
Recipe and photo: Johann Barnard




VUURHOUTJIE KOEKIES


VUURHOUTJIE KOEKIES
Foto: Kokkedoor Tessie Els Kemp
Resep geplaas deur Kokkedoor Tessie Els Kemp
FOOD LOVERS RECIPES
Die resep lewer ongeveer 100 klein vuurhoutjies of 20 tot 30 gewone grootte koekies
Die koekies is heerlik en lyk ook pragtig.
125 g botter of margarien
62.5 g versiersuiker (¼ koppie)
1 koppie (250 ml) koekmeel
¼ teelepel bakpoeier
½ teelepel vanilla geursel
1 x 150 g blok melksjokolade, gesmelt

Klits die botter of margarien en versiersuiker saam tot lig en romerig. Sif die meel en bakpoeier saam en voeg by die bottermengsel. Roer die vanilla geursel by. Skep die deeg mengsel in ‘n spuitsak met ‘n ster punt. (Die grootte van jou koekie gaan bepaal word deur die grootte van jou sterpunt). Spuit ewegroot stafies entjie uitmekaar op ‘n bakplaat wat met bakpapier gevoer is en bak vir 5 tot 7 minute vir die vuurhoutjies en 15 tot 20 minute vir die normale grootte koekies in ‘n voorverhitte oond van 180°C. Laat die koekies heeltemal afkoel. Doop albei punte in die gesmelte sjokolade en laat set.




GEKRUIEDE LAMSBLAD OP DIE KOLE


GEKRUIEDE LAMSBLAD OP DIE KOLE
Ons gaan vanaand die heel gekruide lamsblad oppie kole gaarmaak.
1 heel lamsblad met skenkel en al, gesmeer met olyfolie
Besprinkel met die volgende speserye na smaak:
rissie vlokkies (Chillie flakes)
gerookte paprika
pietersielie (droë)
swartpeper en sout
Italian kruie
knoffelvlokkies
1 handvol gekapte tiemie en roosmaryn

Draai dit toe in foelie en hou op die kole tot amper gaar en haal dan uit die foelie. Ek het ‘n bietjie Jimmy sous gemeng met fyn appelkoosjam en dit net op die blad gesmeer en gebraai tot ‘n bietjie tot krisp op skerp kole.
N/S  Julle sal my nie glo nie die lamsblad was heeerlik na twee ure in foelie oppie kole en nog 40 min se braai.
Foto en resep: Gideon Louw




TUNA MANDJIES VAN BROOD


TUNA MANDJIES VAN BROOD
Sny die korsies van 6 snye witbrood af.
Rol die brood plat met koekroller en verf al 2 kante met sonneblomolie.
Sny brood in helfte en dan weer in die helfte (om 4 kwarte te hê).
Druk vas in klein kolwyntjie panne. (4 punte in lug)
Bak teen 200°C vir 15 min.

MENG:
1 blikkie tuna in soutwater (water afgegooi)
50 ml mayonnaise
20 ml tamatiesous
Skep teelepels vol in broodmandjies.
Sit halwe baba tamatie met pietersielie blaartjie bo-op.
MAAK: 24 happies.
HEERLIK!!!
Foto en resep: Katie Taljaard-Du Toit




VETKOEK GEBRAAI IN SKAAPVET MET KAIINGS


VETKOEK GEBRAAI IN SKAAPVET MET KAIINGS
Vetkoek:
500 g witbroodmeel
500 g bruinbroodmeel
10 g (1 pakkie) kitsgis
15 ml (1 eetlepel) sout
± 500 ml (2 koppies) water
15 ml (1 eetlepel) skaapvet
uitgebraaide skaapvet om in te bak

Meng al die bestanddele deur die wit- en bruinbroodmeel, die kitsgis, sout, water en die skaapvet goed deur te werk. Knie deeglik, bedek met ‘n deegkombers en laat dit vir 45 – 60 min rys tot dubbel die grootte. Rol die deeg in bolletjies, bedek dit weer met ‘n deegkombers en laat dit vir ongeveer 1 uur verder rys.
Verhit nou die vet en sit die deegbolle een vir een in die warm vet. Bak tot aan albei kante goudbruin.
Skep uit en laat afkoel. (gebruik jou eie vulsel)

Kaiings:
1 kg skaapvet
250 ml (1 kop) melk

Maal die skaapvet grof of sny in klein blokkies. Verhit dit stadig in ‘n swartpot, sodat die vet kan smelt. Skep die kaiings af wat bo dryf. Die oortollige vet kan jy gebruik om op brood te smeer. Gooi die kaiings en melk in kastrol, verhit en kook die melk weg tot die kaiings goudbruin braai, dit moet net nie brand en hard word nie.
Foto en resep: Kokkedoor Tessie Els Kemp




TUISGEMAAKTE BLOUKAAS EN ROOSMARYN ROOMKAAS


TUISGEMAAKTE BLOUKAAS EN ROOSMARYN ROOMKAAS
Kyk mense, hierdie kefir grains is fantasties! Nooit weer koop ek karringmelk, jogurt of roomkaas nie.
2 liter ROU volroom plaasmelk (RAW)
2 koppies kefir jogurt (gewone griekse double cream ook ok)
sout na smaak
½ teelepel droë roosmaryn
1 blokkie bloukaas

Sit jou kefir grains in 1 liter volroom RAW plaasmelk, bedek met lappie en maak met rekkie vas. Laat staan vir 24 uur. Nou het jy karringmelk. Dreineer jou mengsel in plastiek sif en roer met plastiek/hout lepel tot net jou kefir korrels in sif agterbly (wat jy weer moet bedek met vars melk).
Plaas karringmelk terug in glasfles en bedek. Laat staan vir nog 24 uur. Nou het jy jogurt. Dreineer.
Bring jou 2 liter melk tot kookpunt, meng jogurt en sout in, sit plaat af en bedek tot afgekoel. Skep jou kaas met sif uit in ander sif of met kaasdoek en dreineer tot alle vloeistof uit is. Meng tot glad in elektriese menger en voeg jou bloukaas en roosmaryn in. Bêre in geseëlde glashouer in yskas.
My jogurt resep volg binnekort!
Hierdie jogurt, karringmelk en kaas is 100 keer meer gesond as gekoop.

KEFIR:
WHAT IS KEFIR:   Kefir’s tart and refreshing flavor is similar to a drinking-style yogurt, but it contains beneficial yeast as well as friendly ‘probiotic’ bacteria found in yogurt. The naturally occurring bacteria and yeast in kefir combine symbiotically to give superior health benefit
Lelane Van Der Walt:
Die kefir plantjie om jogurt, karringmelk en kaas te maak is soortgelyk aan die gisplantjie soos hul dit noem om suurdeeg te maak. Die kefir een lyk soos blomkool.
Foto en resep: Lelane Van Der Walt




ELSABIE SE ROTIS


ELSABIE SE ROTIS
Foto en resep:  Elsabie Templeton
FOOD LOVERS RECIPES
Dis koel en nat in Gauteng so ons het botterhoender met rotis geëet.

Rotis:
3 koppies koekmeel
2 eetlepels olie
1 teelepel sout
1 ½ koppie kookwater
Opsioneel:
1 groot knoffelhuisie, gerasper
2 teelepels komynsaad
2 teelepels gedroogde koljander blare

Voeg alles bymekaar en meng goed.
Knie tot ‘n lekker stywe deeg. Rol gholfbal grootes uit.
Sprinkel met meel sodat dit makliker uitrol en nie vassit.
Rol tot so 1 – 2 mm dik uit.
Vlakbraai in medium hitte pan aan albei kante.




HEERLIKSTE MALVALEKKER PYNAPPELTERT


HEERLIKSTE MALVALEKKER PYNAPPELTERT
Baie maklik en altyd ‘n treffer.
Heel eerste; vir die van julle wat gedink het dis ‘n taai spul om die malvalekkers te sny, sit ‘n bakkie water langs jou neer, doop ‘n skêr aanmekaar in water voor jy dit sny – geen taaispul nie!!!!
Jy kan ook die klein marshmallows gebruik, dan hoef jy niks te knip nie.
1 glasie (250 ml) vars room
1 blik fyn pynappel (crushed)
1 pak malvalekkers
125 ml suurlemoensap
1 blik kondensmelk
Tennisbeskuitjies

Klits room tot styf. Voeg die kondensmelk, fyn pynappel met stroop en suurlemoensap by die stywe room. Roer tot gemeng. Knip malvalekkers middeldeur of nog kleiner soos verkies en voeg by mengsel. Moenie te veel malvalekkers byvoeg nie, want dan raak dit te droog wanneer styf.
Pak Tennisbeskuitjies in tertbord en skep die vulsel bo-oor. Sny malvalekkers en pak bo-op soos ‘n blom vir versiering.
Hou verkoel in yskas tot gestol en geniet elke krummeltjie hiervan.
Fotos: Kokkedoor Tessie Els Kemp
Elma Tiran-Van Niekerk:
My resep sê sonder die stroop van die pynappel. Ek druk al die sap uit en sit ook die suurlemoensap by die kondensmelk, roer dit deur en laat staan terwyl ek die room styf klop, dan word die kondensmelk ook styf. Skep dan alles by die styfgeklopte room, ek gebruik ‘n 400 g pak lekkers. Ek knip eers my lekkers voor ek met die ander goed begin, maak myne gereeld.




KOKKEDOOR TESSIE SE YSKAS KAASKOEK


KOKKEDOOR TESSIE SE YSKAS KAASKOEK
My GEWILDE yskas kaaskoek met verskillendes kleure “toppings”.
Maak gerus die heerlike kaaskoek, dis hemels lekker.
Maak ‘n kors aan met gesmelte margarien en Tennis koekies. Druk vas in gesmeerde ring pan. Bak vooraf die kors vir 5 minute in oond teen 180ºC.
1 blik kondensmelk
1 houertjie fyn maaskaas (ongegeur)
250 ml vars room
125 ml suurlemoensap
1 pakkie suurlemoen jellie (maak aan met 1 koppie kookwater)

Klits kondensmelk, maaskaas en suurlemoensap saam. Los die jellie op in kookwater en as dit koud is (dit moet nie heeltemal stol nie), voeg by kondensmelk mengsel. Klits room styf en vou styfgeloopte room by mengsel in. Gooi in pan en sit in yskas.

Jellie bo op kaaskoek se metode:
Meng 1 pakkie jellie met 1 koppie warm en 1 koppie koue water. Sit in yskas tot dit net gestol het, gooi dan bo op die kaaskoek en hou verkoel.
Jy kan enigiets anders ook gebruik om bo-op te sit, soos vrugte, ens.
Resep en foto: Kokkedoor Tessie Els Kemp