MAKLIK EN LEKKERSTE GEMMERKOEKIES


MAKLIK EN LEKKERSTE GEMMERKOEKIES
Resep geplaas deur Mariette Heydenrych-Kotze
Foto: Mariette Heydenrych-Kotze
FOOD LOVERS RECIPES
6 koppies koekmeel
2 teelepels koeksoda
4 teelepels gemmer
2 eiers
2 koppies suiker (ek het 3 koppies bruinsuiker gebruik)
250 g botter (margarien)
1 koppie gouestroop
knippie sout

Room botter en suiker.
Klits eiers 1 vir 1 by.
Voeg stroop by en meng goed. (indien nodig kan nog bietjie stroop bygesit word tot die deeg bind)
Voeg droë bestanddele by en meng goed.
Skep teelepels vol op bakplaat. (nie nodig vir uitrol of plat druk nie)
Bak vir ± 15 min by 160°C met waaier-oond of 180°C gewone oond.
Lekker bros koekies! 😜
Ek en my kleindogter het gebak, hierdie is regtig lekker koekies.




BLUE CHEESE, BACON AND AVOCADO BURGER


BLUE CHEESE, BACON AND AVOCADO BURGER
300 g pork mince
500 g chuck meat minced for patty
100 g of President blue cheese

Combine the two, add only salt and pepper, mix blue cheese into the patty mix. Form patties and let sit in fridge for an hour.
I make a sauce for the burger that contains creamy sweet mayonnaise, Dijon mustard and a few drops of saracha sauce for some heat.
Toppings I use entails, butter lettuce, Italian tomatoes sliced thinly, sweet and sour pickles, red onion and with the avocado I make a guacamole. The bacon I just fry nice and crispy.
Fry the patties in just a little olive oil and butter mix and don’t turn to much. I only turn it once, once the meat sauce leak out on the top of the patty, it gives it a nice char to the meat, once turned I add 30 day old mature cheddar and place lid on pan to melt cheese.
Buns I also char in the pan to give the burger a crispy taste.
Recipe posted by Werner Pretorius
Photo: Werner Pretorius




GRANADILLA YSLOLLIES


GRANADILLA YSLOLLIES
60 ml (4 eetlepels) water
60 ml (4 eetlepels) suiker
250 ml (1 koppie) granadillapulp
125 ml (½ koppie) granadilla-vrugtesap

Verhit water en suiker saam in kastrol oor matige hitte. Roer tot suiker oplos.
Verhoog hitte en kook nog vier minute tot effens taai.
Verwyder kastrol van stoofplaat en roer granadillapulp by. Roer tot goed gemeng.
Roer vrugtesap by en meng goed.
Giet mengsel in yslollievorms en los vir drie uur in vrieskas.
Druk stokkies in en laat oornag vries.
Resep en foto: Melissa Ann Vermeulen




SPANISH PORK CASSEROLE


SPANISH PORK CASSEROLE
‘n Heerlike eenskottel gereg gemaak!
2 tablespoons vegetable oil
750 g pork neck, trimmed and cut into 3–4 cm (1¼–1½ inch) chunks
1 large red onion, cut into 2 cm (¾ inch) wedges
1 mild chorizo sausage (150 g) cut into 1 cm (½ inch) slices
2 garlic cloves, crushed
5 thyme sprigs, plus extra, to garnish
1 tablespoon smoked paprika
125 ml (½ cup) dry sherry
1 red bell pepper in slices
400 g tin chopped tomatoes (you can use fresh)
500 ml (2 cups) chicken stock
85 g (½ cup) pitted green olives
400 g tin black beans, rinsed and drained
115 g (½ cup) medium-grain brown rice
150 g green beans, trimmed and sliced into thirds
1 green Chilli (optional)

Heat the oil in a large casserole dish over medium–high heat.
Season the pork with sea salt and freshly ground black pepper, then add to the casserole dish in batches and fry for 2–3 minutes on each side, or until golden brown.
Remove to a plate and set aside.
Reduce the heat to medium.
Add the onion, chilli and chorizo to the casserole dish and sauté for 4–5 minutes, or until golden.
Add the garlic, thyme and paprika and sauté for a further minute.
Pour in the sherry, bring to the boil and cook until the liquid has reduced by half.
Add the pork (and any juices) to the casserole with the red pepper, tomatoes, stock, olives, and rice.
Bring the mixture to a simmer, then reduce the heat to very low.
Cover and simmer for 1 hour.
Add the green beans and stir gently to combine. Cover and simmer for another 25 minutes, or until the pork is tender and the beans are cooked through.
Add the black beans, stir gently through.
Garnish with thyme sprigs and serve.
Recipe and photo: Elize de Kock




PORK BELLY KEBABS


PORK BELLY KEBABS
Lyk my dit is regtig my week vir vark vleis… hierdie was heerlik!!
En ja, vanaand eet ons weer vark.
Marinade:
2 tablespoons of wholegrain mustard
2 tablespoons of honey
1 tablespoon cider vinegar
1 teaspoon brown sugar
1 tablespoon soy sauce
1 tablespoon of vegetable oil
500 g pork belly, cubed and thread onto skewers

Preheat the oven to 180°C/gas mark 4.
Season meat with freshly ground salt and pepper.
Whisk together the ingredients for the marinade and spoon over the kebabs.
Cover ovenproof dish with tin foil, add kebabs and seal with foil.
Bake in the oven for 1 hour, basting after 30 minutes.
Open foil after 1 hour, and bake uncovered for another 30 minutes.
Keep basting and turning kebabs until browned on all sides.
Recipe and photo: Elize de Kock




DADEL PUREE


DADEL PUREE
Ek het dadel puree gemaak wat ons saam volstruis geëet het. Was dit nou lekker en dit werk. Die puree is onder die vleis, so foto wys nie eintlik nie. Maar dis die idee wat tel 😀
1 pakkie ontpitte dadels
2 koppies rooiwyn
knippie sout
1 eetlepel suiker
¼ teelepel gemengde kruie

Kook tot pap en onthou dis nie ‘n sous nie, maar ‘n puree, so dit sal nie loperig wees nie.
Bedien saam volstruis fillet (medium to rare)
Foto en resep: Marian van Deventer




GEMARINEERDE GROENTE KEBABS


GEMARINEERDE GROENTE KEBABS
Groente kebabs gemarineer en op die kole gebraai ipv slaaie, vark tjoppies en kaaswors vir ons Sondag middagete.
Gebruik stewige groentes wat nie uitmekaar sal val wanneer dit gaar word. Ek het gebruik:
mielies
baba aartappeltjies
uie
rooi en geel soet pepers
murgpampoentjies
wit sampioene
eiervrug
Die aartappeltjies en gesnyde mielies het ek saam vir 7 min in mikrogolf gekook voor die tyd.
Sny die ander groente in blokke en hou eenkant terwyl jy die marinade aanmaak.

Marinade:
50 ml olyfolie
100 ml saad olie
50 ml suurlemoensap
2 knoffel huisies
½ teelepel gedroogde roosmaryn
vars gemaalde swart peper
groot knippie gerookte rissie vlokkies
½ teelepel gerookte paprika

In my vysel het ek die knoffel, roosmaryn, peper, rissie vlokkies en gerookte paprika fyn gestamp en bietjie olie bygesit om al die fyn kruie/speserye geure bymekaar te kry en by die olie en suurlemoensap gegooi.
Sit al die gesnyde groente (behalwe die aartappels en mielies) in plastieksak wat groot genoeg is vir al die groente.
Gooi die marineer sous oor en knoop die sak goed toe.
Masseer die sak groente totdat al die groentes nat is.
Sit netso in die sak in die yskas vir 3 ure.
Sit die bamboes/hout stokkies in water vir ten minste 15 min. Dit sal verhoed dat die stokkies brand op die vuur.
Ryg die groentes op die stokkies en braai oor die kole vir paar minute.
Bedien saam met braaivleis.
Foto en resep: Elsabie Templeton




HOENDERVLERKIES OP ‘N STOKKIE EN MANGO SLAAI


HOENDERVLERKIES OP ‘N STOKKIE
Ek het gister die hoendervlerkies op ‘n stokkie gesteek en ‘n sous gemaak wat bestaan het uit
3 eetlepels mayonnaise
3 eetlepel romerige bloukaas slaaisous
1 teelepel aromat
1 teelepel knoffelflokkies
1 teelepel italian herbs
1 teelepel droë pietersielie

Meng alles saam en smeer die vlerkies daarmee en laat staan vir vier ure.
Braai dit op stadige kole tot gaar, sodat die sous nie brand nie.
Dit is baaaie lekker!

SLAAI:
Die slaai het vroulief gemaak met gekerfde rooi ui en stukkies spanspek en stukkies mango en stukkies avokadepeer.
Dan is n bietjie sweetchillie sous bygevoeg saam met ‘n paar roketblare.
Hmmmm daar was ook ‘n stukkie gegeurde gekoopte brood wat oppie kole warm gemaak is en ‘n stukkie gebraaide wors.
Foto en resep: Gideon Louw




GIDEON SE REUSE SAMPIOENE


GIDEON SE REUSE SAMPIOENE
Ek’t vanaand die oudurfie vir ons oppie kole gemaak van die reuse sampiejoene.
Ek het ‘n bietjie knoffel en botter gesmelt en binne in die sampiejoen geskink en bietjie Mosserella kaas op elkeen gestrooi en ook ‘n bietjie chillieflakes gevolg met ‘n bietjie gerasperde biltong.
Dit was baaaaie lekker!
Moenie sout bysit nie want die biltong en kaas en knoffelbotter is alreeds bietjie sout.
Braai dit dan op stadige kole vr 15 tot 20 min tot gaar.
Ek het ‘n kassarol se deksel bo-oor die sampiejoene geplaas sodat dit ‘n bietjie hitte van bo af ook kan kry.
Maar lekker was dit beslis!
Resep en foto: Gideon Louw




ANNA-MARIE SE KOLWYNTJIES


ANNA-MARIE SE KOLWYNTJIES
Hi. Ek het die volgende resep, nog in ‘n ou rooi rose se kinderpartytjie bylae gekry. Dit gee 12 cupcakes wat mooi uitrys.
125 g sagte botter
170 g strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
2 groot eiers
280 g bruismeel
200 ml melk

Klop botter en strooisuiker saam tot lig. Voeg vanieljegeursel en een eier by. Klop goed, en klits dan ander eier daarby. Vou bruismeel en melk daarby in. Skep lepelsvol in ‘n kolwyntjiepan wat met kolwyntjiepapiertjies uitgevoer is. Bak by 200°C vir 12-15 minute tot goudbruin en gaar. Haal uit die pan en laat op ‘n draadrak afkoel. Met my kombinasie-oond kom ek agter die tyd moet aangepas word, is nog besig om dit uit te toets.
Foto en resep: Anna-marie Bradshaw