VRUGTEVIERKANTE

VRUGTEVIERKANTE
FOOD LOVERS RECIPES
2 pakke (200 g elk) Tennisbeskuitjies
500 g droëvrugte-koekmengsel (3 koppies)
230 g botter of margarien (1 koppie)
100 g suiker (½ koppie)
100 g gesnyde glanskersies (½ koppie)
2 ekstra groot eiers
15 ml fyn gerasperde suurlemoenskil (1 eetlepel)
30 ml geroosterde klapper (2 eetlepels)

Bedek die boom van ‘n rolkoekpan van ± 22 x 23 cm met van die Tennisbeskuitjies.
Plaas die beskuitjies onderstebo in die rolkoekpan en sny dit kleiner met ‘n riffeltandmes, indien nodig.
Verkrummel die res van die beskuitjies grof en hou eenkant.
Verhit die droëvrugte-mengsel, botter/margarien, suiker en glanskersies oor matige hitte tot kookpunt en roer dit gereeld.
Klits die eiers en roer dit baie vinnig by die kokende vrugtemengsel. (as dit nie baie vinnig gemeng word nie, word die sous van die vrugtemengsel vol klontjies, omdat die eiers gaar word voordat dit ingeroer is)
Roer die mengsel oor lae hitte totdat dit verdik.
Voeg die suurlemoenskil en beskuitjie krummels by en meng goed.
Versprei die vrugtemengsel oor die laag beskuitjies in die pan en druk dit daarop vas.
Strooi die klapper bo-oor.
Verkil die koek tot styf.
Sny dit in vierkante van 4 x 4 cm.
(4 dosyn koekies)




OUMA BROOD / BREAD

OUMA BROOD / BREAD
Spar se Large Ouma Brood
Die resep het ek ‘n tydjie terug op ‘n ander blad gekry.
THE SPONGE:
1 package active dry yeast
3 cups warm water
1 – 2 tablespoons sugar
2 cups flour
In a large mixing bowl, combine the yeast, water and sugar.
Allow these ingredients to rest undisturbed for several minutes, then stir vigorously until the yeast has completely dissolved.
Add the flour, using either a whisk or a mixing spoon to create a smooth, somewhat pasty “sponge.
Cover the mixing bowl with a towel or food wrap and set the bowl in a warm spot to rise.
The sponge will be ready to use when it has (approximately) doubled in size—about 40 minutes, depending on temperature.

THE DOUGH:
2 tablespoons melted butter or any cooking oil
1 egg, lightly beaten
1 – 2 teaspoons kosher salt
3 – 5 cups flour, depending on the dough
After the sponge has doubled in size, remove the towel or food wrap and add the butter or oil, beaten egg and salt individually, stirring well after each addition.
Begin adding the flour, one cup at a time.
When the dough becomes too thick and stiff to stir in any more flour, turn it out onto a floured surface.
Dust the dough with a little more flour and allow it to rest undisturbed for 5-10 minutes. Begin kneading and turning the dough, incorporating more flour as needed to prevent the dough from sticking to your working surface (and your hands).
Bread dough is very forgiving, so just start working with it.
When the surface of the dough becomes smooth and slightly shiny and the entire dough no longer sticks to a dry working surface it’s ready for proofing.
Place the round ball of dough into a large, well-oiled bowl and cover with a towel or food wrap.
Place the bowl in a warm spot.
When the dough has doubled in size (about 40 – 60 minutes), remove the towel or food wrap and lightly punch the dough down.
Reshape it into a ball and replace the dough into the bowl.
Recover the bowl and allow the dough to double in size again.
Remove the dough from the bowl, punch down again and cut into two or three pieces.
Shape the pieces into loaves, place them into oiled bread pans, brush the tops with softened (or melted) butter and allow them to rise in a warm place until about doubled in size.
Preheat the oven to 325°F. (163°C)
Bake for approximately 55 minutes, until the crust is a rich brown color and the bottom of the loaf, when thumped soundly, has a hollow drum-like sound!
Recipe posted by Diane Roode Hancox




RANDKOEK GEMMER- EN SJOKOLADEVULSEL

RANDKOEK GEMMER- EN SJOKOLADEVULSEL
Resepte: Marie Nel
FOOD LOVERS RECIPES
Twee heerlike flan vulsels.

GEMMERVULSEL
1 kopppie water
¾ koppie suiker
stukkie botter
1 gelyke eetlepel vlapoeier
1 teelepel gemmer

Kook die water en suiker saam. Sit ‘n stukkie botter in die water. Laat goed kook.
Meng vla en genoeg water om te meng en voeg by die suiker water.
Wanner gekook het haal van hitte af voeg die gemmer by die mengsel, meng deur laat afkoel.
Skep in die flan en laat afkoel.
Die mengsel moet lekker dik wees soos melktert vulsel.

SJOKOLADEVULSEL
2 oz botter (56 g)
2 eetlepels melk
1 teelepel vanilla geursel
1 eetlepel kakao, opgehoop
4 eetlepels versiersuiker

Smelt die botter in die pot. Haal die pot van die stoof af.
Meng al die bestanddele in die pot buiten die versiersuiker
Roer met ‘n houtlepel tot glad. Plaas terug op stoof en laat dit net opkook.
Voeg die versiersuiker by en meng deeglik. Laat afkoel en skep in flan.




KERRIEMENGSEL VIR KERRIE EN RYS

KERRIE VIR KERRIE EN RYS
My kerkresep vir Kerrie en rys.
1 kg maalvleis
200 g uie (1 koppie)
3 wortels, in blokkies
200 g aartappels, in blokkies (1 koppie)
1½ eetlepel kerriepoeier
2 teelepels borrie
1 eetlepel appelkooskonfyt
2 teelepels sout
2 eetlepels tamatiesous
5 eetlepels worcestersous
3 teelepels asyn
2 eetlepels blatjang
3 teelepels suiker

Braai die uie bietjie, sit die maalvleis by en braai saam, sit die res van die groente en bestanddele by en kook tot sag.
Maak ‘n sousie met Maizena en Bisto, voeg by en kook deur. Jy kan ook 1 klein blikkie ertjies bygooi.
Resep: Hannelie Clasen




SHRIMP LINGUINE

SHRIMP LINGUINE
(a different spin) Het dit gemaak, maar soos dit nou gaan, was dit verorber voor ons foto kon neem, ek weet net dit was heerlik!
1 lb. of cooked large shrimp, thawed and tails removed
2 tablespoons butter
3 cloves of garlic, minced
1 (14.5 oz.) can of diced tomatoes (I bought the tomatoes with basil, garlic & oregano)
pinch of crushed red pepper
salt and pepper
2 teaspoons light brown sugar
1 cup of half and half (plus a splash more) 1/2 cream and 1/2 cup milk
3 tablespoons fresh parsley or 1 t. dried parsley
¼ cup (heaping) of freshly grated Parmesan cheese (plus extra cheese for topping)
8 oz. cooked linguine

Heat the butter in a large skillet over medium heat.
Add garlic and saute for 2 – 3 minutes until fragrant, add minced garlic. (I may have added more than called for).
Next, add the canned tomatoes.
I broke up the tomatoes in a mini food processor before adding them, I’m not a fan of big chunks of tomato. You can omit this step or if you’re not a fan you can keep this step. I thought it looked like a better-finished product also if you’re going on eye appeal.
Add the crushed red pepper, a pinch or two of salt and the brown sugar. Cook for about 5 minutes.
Next, add the half and half and don’t forget that extra splash 🙂 Add the parsley also. Bring to a slow boil and then immediately turn heat down to medium-low. Cook for 5 – 10 minutes, stirring occasionally until mixture reduces by a third.
While this is reducing, cook your linguine according to package directions.
Lastly, add the shrimp, parmesan cheese and a little freshly ground black pepper. Cover and simmer for about 3 minutes until shrimp are heated through and the cheese is melted.
Add the linguine and simmer another 3 – 4 minutes.
Serve immediately and top with some more parmesan cheese and fresh cracked pepper. Enjoy!!
Recipe posted by Alta Gunter Van Dyk




TIENKIE SPONSKOEK


TIENKIE SPONSKOEK
4 eiers, wit en geel geskei
1 koppie suiker
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
1 koppie melk
⅓ koppie olie

Klits die eierwit lekker styf en net voor dit punterig word, gooi die helfte van die suiker by die wit en klits weer goed.
Klits die geel van die eier ook goed en voeg die ander helfte van die suiker hier by en klop tot dit lig in kleur word.
Sif die koekmeel en die sout saam. NIE die bakpoeier nou al nie. Voeg die meelmengsel by die geklitste eiergeel. Roer goed deur en voeg nou die wit van die eier by en meng weer goed.
Kook die melk en die olie in ‘n potjie.
Strooi die bakpoeier oor die meelmengsel en giet die kookmelk/olie by en meng dit goed.
Plaas dit in miniatuur broodpannetjies en bak vir so 20 minute teen 180ºC. Toets met ‘n stokkie vir gaar. Laat dit heeltemal afkoel.
Gebruik of gekookte karamel of lekker botter versiersuiker en ‘n lang nozzle om dit in die middel van die koekie in te spuit, lengte gewys.
NOTA
Die resep kan ook vir ‘n gewone wit koek gebruik word. Dis regtig lekker!!
Resep gepos deur Stien Rust




NEKTARIEN KONFYT


NEKTARIEN KONFYT
Baie beslis kan jy konfyt kook van nektariens.
1 kg nektariens
2 koppies suiker
vanilla geursel
suurlemoensap

Kies vrugte wat nog stewig is, maar nie groen nie. Sny van die pit af en in blokkies, nie nodig om af te skil nie.
Bedek die nektarienblokkies met suiker en plaas vir 3 dae in die yskas. Dit maak die vloeistof wat nodig is vir die konfyt.
Na drie dae, plaas die vrugte in ‘n kastrol, voeg die vanilla en suurlemoensap by. Verhit tot kookpunt. Verlaag dan die hitte en kook vrugte vir om en by twintig minute totdat die vrugte deursigtig en stroop die regte dikte is. Toets op ‘n klein bordjie. Bottel warm in skoon glasflesse.

Resep geplaas deur Ansie Smit




WILDEBEES KASTAIINGS


WILDEBEES KASTAIINGS
Stroop:
375 ml suiker
250 ml water
suurlemoensap na smaak
Kook al die stroopbestanddele saam en plaas eenkant.
Deeg:
500 ml koekmeel
2 hoogvol teelepels bakpoeier
sout
125 g egte botter, uitgebraai vir ghee.
Sif die droë bestanddele saam en vryf 3 teelepels ghee daarin,houresvandiegheeeenkant.
Klits saam:
1 eier
125 ml water
125 ml melk
Voeg die eiermangsel by die meelmengsel.
Knie goed deur, dis ‘n redelike stywe deeg.
Verdeel die deeg in 6 dele.
Rol elke deel baie dun uit, smeer die ghee oor elke uitgerolde deel en strooi Maizena oor.
Stapel opmekaar MAAR MOENIE DIE BOONSTE EEN SMEER OF MAIZENA STROOI.
Rol die deegstapel as een uit, so dun moontlik en rol die op soos ‘n rolkoek en sny in wieletjies.
Druk elke wielietjie deeg plat met ‘n rolstok en bak in warm olie.
Smeer elke gebakte kastaiing goed met stroop.
Resep geplaas deur: Annetjie van Huyssteen




RYS IN DIE OOND


RYS IN DIE OOND
Maak perfek gekookte rys in die oond.
Rys gekook in die oond kook eweredig, sodat jy nie met verbrande rys tot aan die onderkant van jou pot sal eindig nie. U kan bruin rys of wit rys gebruik met hierdie tegniek.
‘n Nederlandse oond is ‘n goeie keuse. Maar jy kan ook ‘n vlak bakkie of pan met ‘n deksel gebruik, solank beide pot en deksel veilig is vir beide stooftop en oond.
As jy nie ‘n pot met ‘n deksel het nie, kan jy ‘n bakkie bedek, dit moet net styf pas en goed werk. Met kookgerei is ‘n deursigtige pot perfek, want jy kan in ‘n oogopslag vertel hoeveel vloeistof in die pot gelaat word. As die deksel stoom verloor of verwyder word, sal dit baie langer neem om dit weer op temperatuur te bring en die rys gekook kry. As jy gelukkig is (dws jy het ‘n goeie oondlig en ‘n skoon oondvenster), kan jy dit nagaan sonder om eers die oonddeur oop te maak.
In die Oond:
Verhit jou oond tot 375°F.
Begin met een koppie ongekookte rys. Dit sal genoeg wees vir vier gereelde porsies rys. Om ‘n dubbele bondel te maak, verdubbel net al die hoeveelhede wat hier gegee word (maar nie die kooktyd nie).
Spoel die rys uit met koue water tot die water helder is. Jy hoef nie die rys absoluut te spoel nie, maar om dit te verwyder, verwyder dit oormaat stysel wat die rys stewig kan laat uitkom. Die flip kant is dat die rys afgespoel word, van die voedingstowwe wat by die wit rys gevoeg word, wegspoel. Die keuse is joune. Let daarop dat jy nie bruin rys moet spoel nie.
Plaas die vloeistof op die stoof.
Vir wit rys, kook 1 2/3 koppies vloeistof.
Vir bruin rys 1¾ koppies.
Voeg ½ eetlepel botter by die vloeistof, asook 1 teelepel Kosher sout.
As dit saam met gewone water gekook word, kan minder sout gebruik word (of glad nie), afhangende van hoe sout julle kos eet.
Sodra die vloeistof kook, voeg rys by, bedek met styfpassende deksel en plaas in die oond. Of as ‘n aparte bakkie gebruik word, kombineer die water en rys in die skottel en bedek dit met ‘n deksel of ‘n stuk foelie en plaas in die oond.
Bak 25 minute vir wit rys, of sowat ‘n uur vir bruin rys. Die rys moet sag wees, maar nie te sag nie, en al die vloeistof moet absorbeer word. As dit nie droog genoeg is nie, kan dit nog 2 tot 4 minute bak.
Wanneer die rys gekook word, fluff dit met ‘n vurk om die stoom uit te laat. Dit is ‘n belangrike stap omdat die opgeboude stoom die rys gaan kook en dit laat oorkook.
Vir ‘n variasie op hierdie tegniek, kyk na die pilaf-metode, wat die ongesuurde rys sauteeer voordat die vloeistof bygevoeg word en dan in die oond geplaas word.
hiloved.com

Linda van Vuuren:
Laat my baie terug dink toe ek nog gewerk het. Het altyd my double diner (braaipan met deksel) vorige aand berei met vleis, aartappels en ander groente. In een hoek van die pan het ek ‘n klein potjie gesit met rys en bietjie water. Potjie toe gemaak met foelie en oornag in oond gesit op low. My kos was dus alles klaar as ek by huis kom. Werk soos ‘n bom.

Sandra Steyn:
Ek sit 1 kg tastic rys in my dik konfyt pot met 2 teelepels sout en 2 liter water. Maak deksel goed toe met foelie en ‘n paar swaar klippe op deksel. Bak stadig op 200°C vir ongeveer 3 tot 4 ure.

Wilma Scott:
Ek maak groot hoeveelheid mieliepap ook in die oond. Dit brand nie en word egalig gaar.

Lientjie de Wit:
Ek sit my rys met gekookte water en sout in ‘n braaibak, of enige pot wat groot genoeg is in my lou oond. Het myne 1 uur die middag ingesit en 6 uur het ek 23 werkers kos gegee. Ek het dit glad nie gekook nie, net kookwater ingegooi en die deksel opgesit.




KAASKOEK MET KARAMEL KONDENSMELK


KAASKOEK MET KARAMEL KONDENSMELK
Kors:
1 ½ pakkies Tennisbeskuitjies, fyn gemaak
125 ml gesmelte botter
Meng die bogenoemde en druk vas in ‘n bak.
Vulsel:
2 houers maaskaas (250g elk)
1 blikkie kondensmelk
60 ml suurlemoensap

Meng die vulselbestanddele saam en skep op die kors.
Bak vir 20 min teen 180°C.
Nadat die kaaskoek heel afgekoel het, smeer die karamel kondensmelk bo-op.
Resep geplaas deur Lize-Mari Rossel