“KANNIE-OPHOU-ETIE-BROODJIE” (wenner)

10 - Kannie ophou etie broodjietested
“KANNIE-OPHOU-ETIE-BROODJIE” (wenner)
My 1ste broodjie inskrywing – gevulde pizzabroodjie
Deeg
4 koppie  bruismeel
¾ eetlepels kitsgis
2 eetlepels kookolie
1 teelepel sout
1 ½ koppie warm water
2 eetlepels suiker
Meng alles saam maar gebruik slegs 2 koppies meel. Soos jy dit saammeng, voeg res van die meel by.
Knie vir 8-10min.
Bedek en laat rys vir ‘n uur.
Rol dan uit tot so 5 mm dik.
Smeer deeg met chutney. Sny ham en salami in blokkies. Pak salami/ham laag en bedek met mozarella.
Rol toe en smeer met eier en sprinkel met crushed garlic en sesame saad. Oond toe vir 25min op 190°C op gespuite bakplaat.
Bedien met gepiekelde chilli indien verkies.
Voilá!!!!!
Resep en foto:  LIEZL LOUW




TUNA OONDBROODJIES a la Madri

 

25 - TUNA OONDBROODJIEStested

TUNA OONDBROODJIES a la Madri

Volgraan-/Rogbrood/Low GI Seedloaf
2 Blikkies Tuna (in water) gedreineer
1 Gekapte ui
*Dill/gherkins in blokkies OF gerasperde komkommer
2 Wiele Feta kaas in blokkies
*Cocktail tamaties in helftes
5 Eetlepels ongegeurde jogurt/griekse jogurt
Tomato Paste
Sout en gemaalde swartpeper
10ml country garlic & herb (Robertson) of mixed herbs
Gerasperde kaas
Paprika
*OPSIONEEL

Pak broodjies op ‘n oondplaat en smeer tomato paste oor elkeen. Meng tuna, uie, *gherkins/dill/komkommer, speserye en ongegeurde/griekse jogurt. Skep op elke broodjie en smeer egalig oor broodjies. Sit *cocktail tamaties en feta kaas bo-op elke broodjie. Gooi gerasperde kaas bo-oor en paprika vir kleur. Grill in oond tot kaas goudbruin is. Bedien saam met aartappelwiggies in die oond.
BRON- Madri Henn




MAY’S SCONES

37 - Skonstested
MAY’S SCONES
Recipe and photo: May van der Merwe
FOOD LOVERS RECIPES
Ok here is my recipe:
2 cups flour
4 teaspoons baking powder
2 teaspoons sugar
125 g stork bake or butter
1 egg
⅔ cup milk

Sift dry ingredients, chop cold stork/butter into dry ingredients. I use a fork to make bread crumbs of the mix. Once that is done, beat your egg and mix with milk, using a round bladed knife. Mix to a soft dough, place on a lightly floured board and cut with a cutter. Place on a sprayed tray and bake at 240°C for 15 min.




LORRAINE SE MELKKOS

melkkostested
LORRAINE SE MELKKOS
Resep is al 30+ jaar in ons familiegebruik.
Kook 1 liter melk tot kookpunt. Voeg 1 teelepel vanilla geursel by.
1 koppie koekmeel (ek gebruik sommer selfraising flour)
1 teelepel mazeina
4 eetlepels margarien
1 teelepel sout

Meng meel, margarien  en sout tot krummels.
Voeg by kookmelk en roer tot dit verdik.
Kook oor stadige hitte vir so 5 minute.
Roer gereeld.
Bedien met suiker en kaneel.

Resep en foto: Lorraine Weitz Brand




ONTBYT WAFEL MET BACON, EIER EN AVO

Ontbyt wafeltested

ONTBYT WAFEL MET BACON, EIER EN AVO
VIR 2 PERSONE

1 eier
½ koppie karringmelk
½ koppie koekmeel
½ teelepel origanum
knippie sout
½ koppie klein gesnyde spek
½ koppie gerasperde kaas

Klits eier en karringmelk.
Voeg meel, kruie en sout by en meng by eiermengsel.
Voeg spek en kaas by.
Gooi helfte van mengsel in wafelpan en maak gaar tot brosbruin.
Sit enigiets van jou keuse bo-op. Ek het avo en ‘n eier gedoen.
Voila -alles in 1 ontbyt.

Resep en foto:  Bernadene Daniell Prinsloo




Vegetable Dish

VEGGIE DISH

Make vegetables interesting and fun as you aspire to eat healthy. This is a really simple recipe ! This looks so delicious.
Ingredients:
2 tbsp olive oil (divided)
1 large sweet yellow onion cut in half and sliced
2 cloves of garlic, minced
1-2 russet potatoes, unpeeled
1 zucchini
1 yellow squash
3 large Roma tomatoes
Sea salt, freshly cracked black pepper, to taste
Dried thyme, to taste
1/2 cup of grated Parmesan cheese
Process:
Heat 1 tbsp of olive oil in a large skillet over medium heat. Once hot, add the onions and saute until translucent, about 8 minutes. Add the garlic and cook for another 60 seconds.
Spread the onion mixture on the bottom of the greased baking dish.
Slice the potatoes, zucchini, squash and tomatoes in 1/4 inch thick slices. Layer them alternately in the dish on top of the onions, fitting them tightly into a spiral, making only one layer.
Season with sea salt, black pepper and dried thyme, to taste. Drizzle the last tablespoon of olive oil over the top.
Preheat the oven to 375 degrees. Cover the dish with tin foil and bake for 35 minutes, or until the potatoes are tender. Uncover and sprinkle the Parmesan cheese on top and bake for another 25-30 minutes or until browned.




FUDGEPATTIES – KONDENMELKBALLETJIES

balletjies
FUDGEPATTIES – KONDENMELKBALLETJIES
‘n Derde blik kondensmelk
1 pakkie marie koekies
Breek marie koekies fyn.
Meng stadig die kondensmelk in.
Meng goed.
Maak balletjies met jou hande.
Laat in die yskas staan vir ‘n ½ uur.
Ek het sommer die oorskiet kondensmelk oorgegooi om nog soeter te maak.
Let wel dis baie soet maar beslis ‘n wenner !!!
Resep deur Kevin Naude




NIKS FANCY-HOENDERPASTEI

NIKS FANCY-HOENDERPASTEI
Oondtemperatuur: 180 ˚C
1 groot hoender
1 ui, geskil en in wiggies gesny
4-6 knoffelhuisies
1 hoenderaftreksel-blokkie
Deeg
4 koppies (545 g) koekmeel
500 g bevrore botter
3 groot eiergele, liggies geklits
250 ml yskoue water
15 ml witwynasyn

Sit die hoender in ’n groot kastrol. Voeg die uiewiggies, knoffelhuisies en aftrekselblokkie by en bedek met water. Verhit tot kookpunt, sit die deksel op en verlaag die hitte sodat dit prut. Laat prut vir 40 minute of tot die hoender sag is.
Haal die hoender uit die kastrol en hou van die aftreksel eenkant. Trek die hoender se vleis af en sny dit in klein stukkies. Gooi die vel en bene weg. Meng ’n bietjie van die aftreksel wat jy uitgehou het met die hoender sodat dit ’n ferm, maar klam mengsel is. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper.
Deeg
Meng die meel en 5 ml sout saam. Rasper die botter by die meel in en vryf dit dan liggies met jou vingerpunte in. Meng tweederdes van die eiergeelmengsel met die yswater en asyn. Roer dit by die meel om ’n deeg te vorm. Bedek met kleefplastiek en sit in die yskas tot ferm.
Werk op ’n oppervlak waaroor jy liggies meel gestrooi het en rol die deeg in ’n reghoek uit. Vou die een kort sy van die deeg in en vou dan die ander daaroor. Rol die deeg weer uit. Verdeel dit in die helfte. Verseël die een helfte in ’n plastieksak en vries dit vir ’n volgende keer. Hou die ander helfte van die deeg in die yskas tot jy die pastei gaan bak.
Rol die deeg uit en sny dit middeldeur. Gebruik die een helfte om ’n gesmeerde pasteibak te voer. Skep die vulsel op die deeg. Bedek met die ander stuk deeg. Druk die kante vas.
Verf die res van die eiergeel booor die deeg. Bak in die verhitte oond vir 30 minute of tot die deeg bros en goudbruin is. Sit warm voor met slaai.

Resep: Ria Cronje




MARIAN SE SKAAP EN BOONTJIESOP

 

soptested

MARIAN SE SKAAP EN BOONTJIESOP

Ok wag laat ek dink oor die resep

Skaap skenkels en lieslap
Spikkel boontjies
2Leek
Bossie Turnips
1 Uie
5 Wortels

Pakkie tamatiepaste
Pakkie mushroomsop
Sout
Peper
Steak en tjops speserye
Aromat
Chutney
Worcestershire sous
Sweet chillie sous
Knoffel

Jy kan boontjies laat le soos ou manier of jy sit in stoompot.
Halwe pakkie boontjies met half vol water in stoompot vir uur gekook.
Voeg vleis by kook nog n 40min
Gooi speserye en sout en knoffel by na smaak
Gooi halwe koppie chutney en so paar skutte Worcestershire sous en halwe koppie sweet chillie sous by.
Sny groente op en was dit en gooi bo oor. Kook weer vir so 40min
Maak sop en tamatiepaste aan met so koppie water en gooi by. Sit op simmer en kook sop deur.
Dan sit ek hom op keep warm en laat hom so staan. Hoe langer hoe beter.

Dan moet julle maar die sop proe en besluit of julle nog sout wil bygooi

Resep & Foto: Marian van Deventer




MELKTERT ROLKOEK

melktertrolkoektested
MELKTERT ROLKOEK
4 eiers geskei
175 ml strooisuiker
2 eetlepels warm water
1 koppie koekmeel
Klits die eierwitte medium styf.
Klop eiergeel en strooisuiker met 2 eetlepels water tot liggeel. Sif meel bo-oor en vou saggies met ‘n metaallepel in eiermengsel. Vou medium geklitste eierwitte in en sprei in ‘n rolkoek pan wat met bakpapier uitgevoer is – nie ‘n koekie pan nie. Daar’s ‘n verskil in grootte en rolkoerk sal dun en papperig wees as jy nie so pan gebruik nie.
Bak vir 12-15 min in 200 ºC.
Voel aan rolkoek voordat jy uithaal. Moet sponsagtig terugspring.
Rol op in vadoek wat met strooisuiker gestrooi is op en laat ‘n rukkie rus.
Melktert vulsel:
750 ml melk
2 eiers
30 ml maizena
20 ml vlapoeier
20 ml koekmeel
Warm melk op tot net onder kookpunt. Meng die res van die bestanddele tot glad met bietjie meel en klits ‘n klein bietjie melk in om pasta te vorm. Verhit alles tot kookpunt en maak gaar tot dik. Laat afkoel (koud), rol die rolkoek af  en sprei op rolkoek. Sprinkel bietjie kaneel oor en rol op.

Bo-laag
Klop room tot styf met bietjie suiker en spuit oor rol. (Kan nie onthou waar ek die resep gekry het nie)

Resep en foto: Amanda Conradie‎