AMARULA FRIDGE TART

amarulatested

AMARULA FRIDGE TART
2 packets Tennis Biscuits
1 tin caramel condensed milk
300 ml Amarula
3 cups milk
2 heaped tablespoons corn flour
1 heaped tablespoon flour
4 eggs
¾ cup sugar
METHOD:
Place a layer of biscuits in container, using ¾ of the packet.
Sprinkle 100 ml Amarula over the biscuits.
Open the condensed milk and put large blobs on each biscuit and then flatten with a table spoon.
Put another layer of biscuits on top and sprinkle with 100 ml Amarula.
Heat the milk in a saucepan, take ½ a cup of the milk and mix the sugar, corn flour and flour to a paste.
Bring milk to boil, slowly add the mixture to the milk and take care not to get lumps.
Slowly bring back to boil, lower the heat and let simmer for 5 minutes, make sure it does not burn.
Separate the eggs.
Beat the egg yolks very well, add some of the warm mixture to this as to warm it slightly, then add it slowly to the warm mixture, mix well and set aside.
Beat the egg whites until stiff and fluffy, add 100 ml Amarula and fold into the warm mixture.
Spread this on top of the biscuits.
Crumble the biscuits that are left over and sprinkle on top.
Refrigerate when cool.
Photo:  Lizele Eleanor Markgraaff




MAKLIKE CINNABONS

cinnabonstested
MAKLIKE CINNABONS
My ma se resep
1 sakkie aktiewe droë gis
1 koppie warm volroom melk
2 eiers by kamertemperatuur
¾ koppie witsuiker
4 koppies bruismeel
1 teelepel sout
1/3 koppie botter, ligtelik gesmelt
Vulsel  (***sien nota onder)
1 koppie donker bruinsuiker
3 eetlepels kaneel
1/3 koppie botter, gesmelt om op die deeg te smeer
Versiersel:
1 houer roomkaas
4 eetlepels gesmelte botter
1 teelepel vanilla geursel
1/8 teelepel sout
1 ½ koppies versiersuiker
Sit jou oond op so 60ºC, vir die rys van die deeg.
Plaas die warm melk en gis in ‘n mengbak en laat vir so 5 minute rus.
Voeg die witsuiker, botter, sout, eiers, meel en meng tot dit goed gemeng is en ‘n bal vorm.
Sit nou die deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak knie vir omtrent 15 minute. Moet nie oorknie nie. Smeer nou ‘n glasbak met botter liggies, en plaas die deeg daarin en maak toe met plastiek. Sit in die 60 ºC oond, en laat rys vir omtrent ‘n uur.
Terwyl die deeg rys, maak die vulsel.
Meng die botter en smelt die bruinsuiker daarin en voeg dan die kaneel by.
Maak ook nou die versiersel en sit eenkant. Die versiersel word al die bestandele gemeng met ‘n elektriese klitser tot alles ingemeng en glad is. Sit eenkant.
Na die deeg gerys het, haal uit oond maar los die oond op 60 ºC vir ‘n tweede rys.
Druk die deeg effeks plat, maar moet nie afknie nie. Rol nou die deeg uit tot dit so ongeveer ‘n halwe sentimeter tot ‘n sentimeter. Smeer met die gesmelte botter, en smeer met die suiker/kaneel stroop mengsel.
Rol dit nou op laat dit lang “worse” vorm, omtrent so dik soos vrou se pols, of bietjie dikker. Sny nou wieletjies van omtrent ‘n sentimeter tot 1/5 sentimeter dik. Pak die wiele in ‘n gesmeerde oondbak, maar dit moet net net raak aanmekaar. Maak weer toe met plastiek en sit terug in die oond vir nog ‘n uur om weer te rys.
Na die uur sal die cinnabons weer bietjie gerys het, en behoort nou aanmekaar te raak. Haal dit uit die oond en verhit die oond na 180ºC. As die temperatuur reg is, haal die plastiek af, en bak vir ongeveer 15 – 18 minute. Die cinnabons sal effens bruin wees bo op. Moet nie te lank bak nie, anders raak hulle droog.
Versier die cinnabons onmiddelik na hulle uit die oond uit is met die roomkaas versiersel.

Resep en Foto:  Dewet En Tania Botha 

*** Ek het gevind later om die vulsel mengsel in ‘n stroop te maak, eerder as korrelrigheid van die bruinsuiker. Hierdie spesifieke foto was nou my eerste, maar ek het gevoel dis asof die bruinsuiker nie lekker opgelos het en stroop gemaak het nie. So later het ek die bruinkuier, botter en kaneel eerder in ‘n stroop gemaak en oorgesmeer, dan is die korrelrigheid minder.




PYNAPPEL KOEK

pynappelkoek
PYNAPPEL KOEK
2 eiers
200 g (250 ml) strooisuiker
300 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
knypie sout
100 ml lemoensap
50 ml kookolie
Bolaag:
1 blik pynappelstukke, gedreineer
50 g botter
100 ml strooisuiker
1 eier
200 ml klapper
10 ml vanilla essens

Stel oond op 200°C. Smeer ‘n 20 cm springform koek pan en voer met bakpapier uit.
Klits die eiers, suiker lemoensap en kookolie saam.
Sif die droë bestanddele en klop in. Skep in koekpan en bak vir 25 minute
Sny die pynappelstukke kleiner en skep oor koek wanneer uit die oond kom.
Meng die botter, suiker, eier, klapper en geursel in ‘n kastrolletjie.
Roer aanhoudend en verhit stadig. Laat mengsel prut maar nie kook nie.
Smeer oor pynappel en bak verder tot begin verkleur. Laat afkoel en sit op ‘n opdienbord.

Foto:  Hettie Bezuidenhout




BAR ONE TRIFLE


BAR ONE TRIFLE
GENOEG VIR 6-8 MENSE
Verkoeltyd: oornag

1 pakkie (90 g) sjokoladekitspoeding
400 ml melk
125 g roomkaas
250 ml (1 k) room, styf geklits
1 pakkie (200 g) Romany Creams, grof gebreek
sjerrie vir oorsprinkel
2 groot (100 g elk) Bar-Onestafies, in blokkies gesny

Klits die kitspoeding en melk saam tot dit net begin verdik.
Roer die roomkaas by die room in.
Sprinkel die helfte van die gebreekte koekies in ’n glasbak en besprinkel met die sjerrie. Skep ’n laag sjokoladepoeding oor.
Skep ’n laag room oor en sprinkel van die sjokolade oor.
Herhaal die lae en rond af met stukkies Bar-One. Plaas in die yskas tot stewig.

WENK
Verlaag die kilojoule-inhoud van die nagereg deur laevetmelk, -roomkaas en -room te gebruik.
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Photo: Nikki H. Warwick en Lucinda Booyse




BAKED CHICKEN WITH TOMATO AND ONION SMOOR

BAKED CHICKEN WITH TOMATO AND ONION SMOORtested
BAKED CHICKEN WITH TOMATO AND ONION SMOOR
Serves 4
One-dish meals are always a great choice for an evening meal. They’re quick to prepare and there’s hardly any washing up needed afterwards.
6 chicken portions
Salt and freshly ground black pepper
60g butter
30ml olive oil
1 tin (410g) Rhodes Tomato and Onion

Mix
Pinch of sugar
4 baby marrows, grated
3 carrots, grated
Handful fresh herbs (parsley, thyme and oreganum), coarsely chopped
Extra butter Mozzarella cheese, grated Preheat the oven to 180°C and grease a medium-sized oven dish with oil. Season the chicken with salt and pepper.
Heat the butter and oil and fry the chicken until golden brown.
Place in the prepared oven dish. Mix the tomato and onion mix with the sugar and pour over the chicken.
Mix the baby marrows, carrots and herbs and sprinkle over the tomato mix.
Dot with extra butter and bake for 30 minutes or until done.
Sprinkle the cheese over and bake for several minutes.

TIPS * Replace the Rhodes Tomato and Onion Mix with any Rhodes chopped tomatoes, especially those containing other flavours. *
If you’re running out of time, replace the chicken portions with filleted chicken pieces cut in slices, which will save on cooking time.
PHOTO: Alisane Petinger‎




“SPOORWEG” KOEKSISTERS

koeksisterstested
“SPOORWEG” KOEKSISTERS
Bron en Foto:  Bernadene Daniell Prinsloo‎
FOOD LOVERS RECIPES
Deeg:
5 koppies koekmeel
5 teelepels bakpoeier
2 eetlepels mielieblom (maizena)
½ teelepel  sout
2 eiers
2 eetlepels botter
1 koppie melk of karringmelk
1 koppie water

Sif droë bestanddele saam.
Vryf botter in.
Klits eiers, melk en water goed tot lig.
Voeg by droe bestanddele en meng goed deur
Laat rus vir minstens een uur.

STROOP
8 koppies suiker
4 koppies water
½ teelepel sout
2 eetlepels stroop
1 teelepel fyn gemmer of suurlemoensap
1 teelepel kremetart

Meng al die bestanddele en roer tot die suiker opgelos het.
Kook vir 15 minute.
Koel stroop af, deel in 2 porsies en plaas in yskas, verkieslik oornag.
Vir die resep gebruik ek sowat 750 ml (1 bottel) canola olie in ‘n diep pan. Maak die olie matig warm (ek hou my plaat op so tussen 4 en 5. Die koeksister moet so binne 4 sekondes boontoe dryf dan is die hitte reg. Draai om as dit begin bruin raak aan die onderkant.
Baie belangrik: Hou jou yskoue stroop baie naby jou pan. Haal die koeksisters uit en doop dadelik in die stroop – jy gaan waarskynlik hulp nodig hê – jou man of ‘n kind. Jy sal hoor dit slurp sommer die stroop so op.
Haal dan uit die stroop en laat dit eers om ‘n rakkie le sodat die ergste stroop kan afloop. Hoop dit help.

Sny jou koeksister soos volg
sny van koeksisters




SPINASIE PASTAGEREG

tested
SPINASIE PASTAGEREG
1 pak penne pasta
1 pak rugspek, opgesny
500 g spinasie, opgekerf
2 groot uie, opgekerf
1 houer sampioene, in skywe gesny
1 liter griekse jogurt
500 ml gerasperde Cheddarkaas
Sout en Peper na smaak
Maak so:
Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie.
Braai die spek tot gaar, skep uit en hou eenkant. Braai die uie en sampioene in die spek vette en hou eenkant.
Blanseer die spinasie in die panvette en hou eenkant.
Meng nou die gekookte gaar pasta, uie, spinasie, sampioene en spek, en 1 koppie kaas alles saam.
Voeg die griekse jogurt by en geur na smaak met sout en peper.
Skep in ‘n groot oondvaste bak, strooi res van kaas oor en bak vir 1 uur by 180ºC.
Bedien soos verkies.
Foto: Wilma Josey Venter




INA PAARMAN SE SJOKOLADE MALVAPOEDING

Ina Paarman se MalvaPoedingtested

INA PAARMAN SE SJOKOLADE MALVAPOEDING

Resep geplaas deur Sophia Bester Agenbag
Foto: Wilma Josey Venter
FOOD LOVERS RECIPES
125 ml volroom melk
7 ml goeie koffiepoeier (Nescafe is reg)
2 ekstra groot eiers
60 g botter
1 x 520 g Ina Paarman se sjokolade mocha muffin mengsel
250 ml vars room
15-30 ml koffie likeur (Opsioneel)
Voorverhit oond op 180º C. Smeer en bespuit ‘n ronde koekpan/tertbak van 26cm.
Verhit melk in die mikrogolf en roer koffiepoeier by.
Klits eiers. Voeg olie en besmelte botter stadig by en klits vir 1 minuut.
Klits melkkoffie mengsel hierby.
Haal die vloeistof uit die Muffin mengsel en hou eenkant vir latere gebruik.
Voeg die muffin meel mengsel and sjokolade stukkies by die eiermengsel. Vou met ‘n spatula in tot net gemeng.
Skep in die voorbereide pan en maak gelyk.
Bak vir 25-30min.

Stroop:
Terwyl die poeding bak, verhit die room, vloeistof van die Muffinmengsel. Voeg die koffie likeur by indien verkies.
Haal die poeding uit die oond, druk gaatjies met ‘n vurk in en skink die warm sjokoladesous mengsel oor….
Bedien warm of teen kamertemperatuur met room, roomys of vla…

 




Hoender- en Noedelgereg

Hoender en Noedelgeregtested

Hoender- en Noedelgereg
2 uie
1/2 green pepper
5 groot sampioene
1/2 gaar hoener
2 groot koppies rou noedels
bietjie rissie vlokkies
sout en swart gemaalde peper na smaak
1/2 sakkie vegie bake
1 1/2 koppie gerasperde kaas
2 geklitste eiers
1/2 koppie melk
14 koppie balsamiese asyn
1/4 koppie pietersielie
1 desertlepel suiker

snipper uie, green peppers en mushrooms en braai tot sag voeg gekerfde hoener daarby voeg al die geurmiddels hierby kook die noedels in soutwater en dreineer en voeg twee mengsels bymekaar en roer die kaas hierin , gooi die eier en melk mengsel bo oor en roer in bak in n voorverhitte oond vir twintig minute op 180 grade as dit uit gehaal word strooi nog bietjie kaas oor en geniet !

Bron & Foto: Gideon Louw




VYE EN DADELPOEDING MET GESOUTE KARAMELSOUS

Vye en dadelpoedingtested

VYE EN DADELPOEDING MET GESOUTE KARAMELSOUS
¾ koppie gedroogde vye gekap
¾ koppie Dadels gekap
1 teelepel koeksoda
125 g botter by kamertemperatuur
¾ koppie donker bruinsuiker
3 eiers
1 ½ koppie bruismeel
1 teelepel fyn kaneel
1 teelepel fyn gemmer
Voorverhit die oond tot 180ºC. Smeer ‘n 20 cm ronde koekpan.
Plaas vye en dadels in ‘n bak en bedek met 1 ¼ koppie kookwater.
Voeg die koeksoda by en meng. Laat afkoel.
Klop die botter en suiker tot romerig.
Klop die eiers een vir een by die bottermengsel.
Sif die bruismeel en speserye bo oor en meng.
Voeg die vrugtemengsel by en meng goed.
Skep in voorbereide bak en bak vir 40 minute.
Maak intussen die karamel sous:
Plaas in ‘n kastrol op die stoof:
300 ml dik room
½ teelepel vanilla ekstrakt
60 g botter
1 eetlepel goue stroop
1 teelepel growwe seesout
Kook oor hoê hitte vir 1 minuut en dan oor medium hitte vir 4-5 minute tot effens dik.
Keer die poeding uit op ‘n bord met ‘n randjie, skep van die sous oor.
Bedien op met roomys, vla of styfgeklopte room saam met die res van die salted karamel sous.

Foto en resep geplaas deur Hettie Bezuidenhout