LEKKER VINGERHAPPIES

Vingerhappiestested
LEKKER VINGERHAPPIES

Hanta Henning
Murgpampoentjies
Olyfolie
Suurlemoenpeper

Sny pampoentjies in die helfte. Versprei 1 eetlepel olyfolie eweredig oor n bord en sprinkel bietjie van die suurlemoenpeper oor. Sit die pampoentjies skil kant boontoe op die olie. Drizzle nou nog bietjie olie oor en sprinkel nog peper oor. Sit in mikrogolf vir 2-3 minute tot pampoentjies saggerig maar nog bros is.

Hanta Henning
1 blikkie kekerertjies (chickpeas) gedreineer
Olyfolie
BBQ spice of enige kruie/speserye van jou keuse

Meng die kekeretjies met die speserye of kruie. Sit nou 1 tot 2 eetepels olyfolie by en meng tot die kekerertjies goed met die olie en speserye bedek is. Bak vir 20 tot 30 minute by 180 grade.

Aneen Graupe
Smeer lekker dik laag cream cheese op skyfies ham en draai om gesnyde gherkins. (Bo in foto). Sny dun skywe komkommer en hol n plekkie uit elke stukkie en vul met tuna mayo. Garneer met stukkies tamatie.

Elré van den Heever
250 ml plain jogurt
500 g maalvleis
1 pakkie bruin uiesoppoeier
Meng bymekaar.
Rol klein balletjies.
Bak by 180 ºC in die oond vir 20-30 minute en siedaar.
Cocktail meatballs!! Dis heerlik!

Nella Kootstra
Gesnyde fransebrood
Smeer marmite, Sprinkel gerasperde kaas oor.
Tamatiesous op snytjies, Met gerasperde kaas oor; Plaas in oond tot kaas gesmelt is.

Janieta Nell
Brood met geprosesseerde kaas en dan spek omgedraai en gebak. Sny korsies af en rol die sny brood plat. Sit snytjie kaas op. Rol op en draai stuk repiesspek om. Steek vas met tandestokkie en bak tot spek bros is. Geniet saam met soet rissiesous.

Charmaine McIntyre Olivier
Franse brood gesny
Braai n lekker dik stuk poterhouse steak med to rear.
Braai gesnyde uie met balsamiiese asyn en 1 eetlepel heuning.
Smeer brood met roomkaas, sit steak reppies op en rond af met die uie.

Mariaan Otto
Rol skilferkorsdeeg dun uit. Smeer met mosterd. Sprinkel spek stukkies en kaas oor. Rol op. Sny in wiele en bak in oond by 180ºC tot mooi bruin en gaar.

Melanie Botha
Myne amper soos Mariaan se resep. Vat ook skilferkorsdeeg, smeer met lekker mosterd. Sny streaky bacon in 3. Deel deeg in rye (lengte so breed soos spek) en pak spek op die deeg- daar kan so 3 skukke spek onder mekaar wees. Sny elke blokkie en twist met spek binne in, sprinkel met speserye en bak in oond tot gaar. Lekker twisties wat net so kan eet of saam met ‘n dip

Heila De Bruin
Hi julle neem ‘n rol blaardeeg sny in blokkies. So groot soos jy verkies. Bak in diep olie tot. bruin en uit gepof. Haal uit sit op kombuis papier (die rolle) en sprinkel Maggi fondor op. Eet en geniet.
Biltong broodjies. 2 snye brood. 1 cream cracker smeer botter op brood en creamcracker met n mengsel van frey bentos gemeng met botter. Sit sny brood gesmeerde creamcracker en dan die ander sny. Sny so groot soos creamcracker. En dan in 4 blokkies. Smeer buite om met botter en fray bentos mengsel. En rol in baie fyn biltong. So heerlik kanni ophou eet nie. Hoop julle geniet dit so baie soos ons

Foto: Aneen Graupe

 




BLOOMING ONION – WENK

tested

BLOOMING ONION – WENK

Ons maak dit so af en toe en ek sou persoonlik met ‘n normale ui eers oefen want dit vat baie olie en ons eerstes het GLAD nie soos die fotos gelyk nie.

Die prinsiep is presies dieselfde. Die geheim leê in die sny van die ui – skil die buiteblare af maar moenie af sny nie, gebruik dit as jou ‘handvatsel’ om die ui mee te doop in die meel en dan melk. Die ui moet so na soos ‘n polonieskil tot amper op sy einde gesny word want anders maak dit nie mooi oop nie. Hoop jou eerstes kom sommer amazing uit

Wenk:  Nicolette Fick
Foto:  Benhet Nieuwenhuis




MARIE SE SJOKOLADEKOEK

Sjokoladekoektested
MARIE SE SJOKOLADEKOEK
Sif saam
1½ koppies koekmeel hoogvol
1½ koppie suiker
3 eetlepels kakao
Knippie sout
3 teeleleps bakpoeier
Voeg by:
¾ koppie olie
¾ koppie kookwater
1 teelepel vanilla geursel
4 eiergele

Klits witte styf voeg nou nog 1 teelepel bakpoeier by die eierwitte en vou in mengsel in.
Bak 20 min reen 180ºC.

Resep en Foto: Marie Grobler




SEMIFREDO

Semifredotested

SEMIFREDO
250 ml room
2 eiers
100 g strooisuiker
600 gram vrugtemoes(watse geur jou roomys gaan wees)
5 ml vanilla

Plaas strooisuiker, vanilla en eiers in n metaal bak. Bring water tot kookpunt. Plaas die metaalbak bo op die pot met kokende water. Maak seker die water raak nie aan die bak nie.
Klits die eiermengsel met n elektriese klitser terwyl die stoom die mengsel gaarmaak. Wanneer die mengsel aansienlik dikker is, is dit gereed om af te tel.
Plaas die mengsel eenkant en laat afkoel
Klop die room in ‘n aparte bak tot styf.
Voeg nou jou geurmiddel by die eiermengsel. Ek het 600 g black forest cherry pie filling van bakers bin gebruik.
Vou die room by die eiermengsel in en verplaas na ‘n vrieskas bak.
Vries die Semifredo.
Voila, tuisgemaakte roomys sonder ‘n masjien.
Resep en Foto: Johann Barnard




KOOS SE DEURNAG BEESKERRIE

Beeskerrietested
KOOS SE DEURNAG BEESKERRIE

4 groot uie gesny
3 kg bees stew vleis
6 groot aartappels blokke gesny
Wortels (Miniatuur)
Klaar gekoopte kerrie sous
Braai uie en verwyder van pot
Braai 1 kg beesvleis in ‘n yster pot tot goed bruin en geseel sodat die sappigheid binne bly.
Verwyder die vleis uit die pot. So braai jy al 3 kg tot klaar
Stel die plaat se hitte af. Op my stoof van 6 na 3 of 2 of self 1 aan die begin net om eers hitte in die pot stadig op te bou.
Voeg al die vleis terug in die pot.
Ek pak n laag vleis, gooi sout en peper, pak n lagie van die gebraaide uie en dan weer vleis, sout en peper en uie tot alles in die pot is. Dit versprei maar net die smaak van die uie beter.
Wag tot die plaat die temperatuur bereik waarop jy dit gestel het en plaas die pot met die deksel terug op die plaat.
Laat stoom kook vir 3 ure.
Ek voeg nie water by nie en maak staat op die sap in die vleis maar as jy sien dit is te droog gooi klein bietjie water in om te keer dat die vleis vas brand.
Probeer die eerste uur om nie te roer aan die pot nie daarna kan jy maar begin gereeld deur roer.
My aartappels en wortels kook ek apart tot amper gaar. So drie kwart gaar.
Na 2,5 uur voeg ek my kerrie sous by en laat prit vir nog n half uur.
Stel die hitte van die plaat heeltemal af
Voeg nou die aartappels en wortels by, Roer alles deur en laat staan oornag om te trek
More maak jy jou bykosse en dan laat prit jy net jou beeskerrie weer so vir half uur om mooi warm te wees en deur te kook.

RESEP EN FOTO: Koos van der Merwe




KOOS SE BROOD

Koos se Broodtested
KOOS SE BROOD

1 kg koekmeel
1 teelepel sout
1 teelepel suiker
1 pakkie kits gis (Ons gebruik die groen pakkie)

Vat ‘n beker warm water, nie te warm nie, moet jou hand in dit kan druk sonder om te brand.
Meng al die droë bestanddele saam.
Gooi warm water stadig by terwyl jy met jou een hand dit deur die droë bestanddele inwerk.
Hou aan water byvoeg tot die deeg gemaklik styf is, dit moet amper te nat wees (moet nog aan jou hande kan vassit).
Vat ‘n swart plastiek sak, en sit die bak met die deeg binne die swartsak.
Maak toe met ‘n kombers, sit in die son om vir so 30 min tot dit dubbel die grote gerys het.
Smeer botter aan jou hande, en werk dan die deeg af.
Maak vir jou bolletjies soos in die geval van my Varkie Mini Broodjie so 100 gram en plaas dit in jou klein brood pannetjies.
Of deel die deeg in twee, vir twee goot broodpanne.
Maak weer toe, en laat weer rys, plaas in oond teen 180°C vir ± 45 min.
In die geval van die Varkie moet jy met gevoel werk. Die Varkie Mini Broodjies so 30 minute as die varkie warm is (Pre-Heat) en vol kole oral gepak is.

Foto en resep:  Koos van der Merwe




MAKLIKR AARTAPPELSLAAI

Noedel en aartappelslaaitested

MAKLIKR AARTAPPELSLAAI
10 meduim aartappels
1 1/2 eetlepel droë pietersielie
1 1/2 koppies Nola mayonnaise
Half koppie melk

Skil aartappels en kook dan heel aartappels tot gaar,  voeg sout na smaak in water van aartappels. Kook tot gaar nie pap nie. Plaas gaar aartappels in koel water tot afgekoel . Neem afgekoelde aartappels en sny in blokkies nie te groot nie,  gooi dit in die bak waarin jy slaai gaan maak. Voeg pietersielie by meng melk en mayonnaise  en voeg by.
Sit in yskas vir ‘n paar ure.

WENK: Jy kan altyd n eetlepel wit suiker oor strooi as jy nie van die suur smaak van mayonnaise hou nie. Jy kan ook pietersielie vervang met enige soet rissie. Jy kan altyd ook die wit van ‘n gekookte eier in klein stukkies sny en by voeg.
Bron en Foto: Elmarie Coetzee




EENVOUDIGE KERRIE NOEDELSLAAI

Noedel en aartappelslaaitested

EENVOUDIGE KERRIE NOEDELSLAAI
1 pakkie gekleurde draai noedels
½ groen soetrissie
½ eetlepel kerriepoeier
½ eetlepel borrie
½ koppie asyn
4 eetlepels opgehoopde witsuiker
3 eetlepels blatjang

Kook noedels tot gaar voeg sout by na smaak. Spoel gaar noedels af onder koue water en plaas in slaai bak. Sny ½ groen soetrissie baie fyn en voeg by noedels. Plaas asyn, kerrie, borrie en suiker in kastrol verhit dit tot kookpunt, voeg 3 eetlepels blatjang by. Laat prut – suiker moet heeltemal opgelos wees. Voeg die sous by noedels en meng goed deur. Sit in yskas tot afgekoel.
NB:
Maak seker die kerrie sous is soet-suur. As te soet voeg klein hoeveelhede asyn by tot jy tevrede is. As te suur voeg klein hoeveelhede suiker by tot tevrede
Wenk: As dit oornag is dit baie meer lekkerder!!!

Resep en foto: Elmarie Coetzee




LAMSKERRIE IN DIE YSTER POT

lamskerrietested
LAMSKERRIE IN DIE YSTER POT

Ek het al die vleis eers gebraai in n pot om te seel. Ek wil Net se ek kook net in n ysterpot as ek vleis in n pot gaar maak.

Klink of ek vol nonsens is maar die smaak verskil hemels tussen n yster pot en gewone pot.

Om alles bietjie vinniger te maak het ek die vleis in die druk koker gesit vir 15 minute saam met uie en sout en peper.

Daarna uit gehaal en geproe of dit reg proe.

Terug gesit in die yster pot en In die geval het ek chakalaka by gesit.

Een blikkie Medium and spicy en n tweede blikkie Chakalaka die een met Sweetcorn.

Alles gemeng en sous uit die druk koker bygevoeg so n halwe koppie.

Gelos om te prit vir 3 ure.

Ek kon nog nie eers my pasteie begin nie want as ek sien dan eet ieamnd van die Lam Kerrie maar nou ja dit is wat so lekker is as jy sien iemand geniet dit wat jy gemaak het.

Koos van der Merwe




IDEES VIR LIGTE ETES

FLR BB with Hearttested

IDEES VIR LIGTE ETES
Linda Grobbelaar
Ek het so baie sulke gedagtes. Wens ek kon so iets doen. Ek eksperimenteer gedurig. Iets wat ek nou onlangs probeer het en wat rerig lekker is. Is spinasie stokkies. Dit het net vir my na mors gevoel om dit weg te gooi. Vars jong spinasie. Die wit stingels van die spinasie afgesny en happie grootte gesny. Sit in mikro met biki sout vir ‘n 5min. Maak ‘n slap degie. Dip stukkies daarin en braai in olie. Dit is heerlik!

Leonie Steenekamp
don’t forget lovely quick savoury pancakes. Fillings like spinach and feta, ham, cheese and mushroom are popular

Bennie Venter
Lekker en vinnige tuna gereg wat selfs jonges geniet. Ideaal vir middag ete. Braai uie en gekapte mushrooms met bietjie knoffel en swart peper. Voeg dan so 3 blikkies tuna by asook n hele pak fyngemaakte kaas en uie chips. Meng deeglik en skep in plat glas bak. Rasper kaas oor en bak so plus minus 15 minute tot kaas smelt. Heerlik

Elsabie Templeton
daar moet altyd iets met proteiene wees en onthou die vegetariers! tjalies (wraps) kan dubbel diens doen vir hoender of vleis repies in heuning en mosterd of bloukaas en rooi uie marmelade sousies met slaai in sowel as oondgeroosterde groentes of roerbraai groentes soos eiervrug, baby marrow, wortel, botterskorsie (alles in julliene gesny en gebraai) saam met soet rissie sous. Op die koeler dae is ‘n individuele bakkie met lasagne of ‘n bord spaghetti bolognaisse altyd ‘n wenner. Ek glo in hou die dis eenvoudig (minder bestandele is meer) MAAR dit moet die beste wees wat jy kan maak.