PERI-PERI PASTASLAAI

peri peri pastaslaaitested
PERI-PERI PASTASLAAI
500 g pasta [Gnocchi]
1 koppie tamatiesous
1 koppie suiker
1 koppie olie
1 koppie druiwe asyn
2 van 375 ml bottels Wellington Peri-peri Sous – brand glad nie Ek het vandag SPUR SN GEBRUIK NIE DIE HOT EEN NIE !!
4 groot uie [fyn gekap]
6 groen/rooi rissies[gekap] (peppers nie chillies nie hoor)
Kook pasta vinnig in diep water met sout en 1 eetlepel olie, dreineer en spoel af
Smelt bestandele saam oor medium hitte
Roer uie en rissies saam en roer goed deur
Voeg pasta by en roer liggies deur
Laat staan oornag
Bedien warm of koud
[Hou lank in die yskas* Wilna Dorfling*
Guest House resep – Heather Strumpher




LEKKER KLEIN FRIKKADELLE

frikkadelletested
LEKKER KLEIN FRIKKADELLE
FOOD LOVERS RECIPES
500 g laevet maalvleis
1 pakkie bruin uiesoppoeier
2 eetlepels mayonnaise

Meng goed en rol balletjies.
Mikrogolf 5 tot 7 minute. Amper soos daardie vinnigste frikadelle ooit.
Ek het bietjie tiemie, wocestersous, sout, komyn en baie Pietersielie bygesit omdat ek wild gebruik het.. Lekker en vinnig!

 




WARM AARTAPPEL- EN BOTTERSKORSIESLAAI

FLR BB with Heart

WARM AARTAPPEL- EN BOTTERSKORSIESLAAI
Resep geplaas deur: Ronel Muller Thoma
FOOD LOVERS RECIPES
6 aartappels geskil en in blokkies gesny
½ botterskorsie (350 g) geskil en in blokkies gesny
15 ml olyfolie
1 groot ui in ringe gesny
125 g sampioene
sout en peper
500 ml witsous
100 g bokmelk of fetakaas
250 ml gerasperde cheddarkaas.

Voorverhit oond tot 180 ºC.  Kook aartappels en botterskorsie tot sag.
Dreineer en skep in ‘n oondvaste bak. Soteer intussen ui en sampioene in olie, geur met sout en peper en skep bo op groente.
Roer bokmelk/feta by witsous in en giet bo oor groente en strooi cheddar bo oor. Bak tot goudbruin.

 

 




MALVALEKKERSKUIM

malvalekkers
MALVALEKKERSKUIM
1 x 150 g Malvalekkers,
1 x 200 g Sjokolade,
1 blik ingedampte melk (oornag verkoel).
Smelt malvalekkers en sjokolade saam.
Klits ingedamptemelk styf en klits sjokolademengsel by.
Laat staan minstens 2 ure in Yskas.
Sit net so voor of saam met vanilla roomys en gekapte kruisement as garnering.

Resep geplaas deur: Ronel Muller Thoma




CURRIED PRAWNS

curried prawnstested

CURRIED PRAWNS
Supper is served!
Prawn curry – very simply made,
– heated oil with mustard seeds and a few bay leaves.
– added garlic.
– then the prawns with a tablespoon of curry powder and a tablespoon seafood masalla, salt to taste, added a little water and there it is..

Then for those who are allergic to seafood, chicken schnitzel, mushrooms and corn.

Recipe and Photo: Sa-eeda Daniels




“ROMANY CREAM” ROOMYS NAGEREG

romany creamstested
“ROMANY CREAM” ROOMYS NAGEREG
Ek maak die volgende roomys paar dae voor kersdag.
2 liter vanilla roomys
1 blik karamelkondensmelk
1 pak “Romany cream” koekies
kersies en neute
Laat die roomys sag word, maar nie gesmelt nie. Maak koekies fyn.
Pak lae in ‘n groot bak met roomys, koekies, hompe karamel, kersies en neute. Herhaal die lae tot al die bestanddele gebruik is. Plas die bak in die vries en laat dit weer vries en gereed is vir kersdag.
Resep: Marina Fouche




TOFFIES

melktoffietested
TOFFIE
Resep: Debbie Willemse
FOOD LOVERS RECIPES
Hier is ‘n resepie wat ek bietjie verander het toe myne geflop het haha,uit ‘n kondensmelk resep, maar vir een of ander rede het myne geflop, toe wou ek nou nie die bestanddele mors nie, toe maak ek toffies.
1 koppie Cremora
⅓ koppie water
⅔ koppie suiker
3 eetlepels botter
1 teelepel vanilla

Sit alles in ‘n voedselverwerker behalwe die vanila, tot dit lekker saam gemeng is.
Gooi dan in ‘n pot en laat dit kook.
As dit soos fudge begin borrel, gooi dan die teelepel vanila in.
Gooi in n gesmeerde bak en sit in yskas tot afgekoel het en sny in blokkies.




SKELVISSOUTTERT

1620643_10152556285916149_3076579545142381597_ntested

SKELVISSOUTTERT
Kors:
1 koppie koekmeel
1 eetlepel strooisuiker
½ koppie margarien
sout
Vryf smeer in droë bestandele. Vorm tot sagte deeg.
Druk vas in vuurvaste tertbord.

Vulsel:
Kook saam:
2 koppies melk
1 eetlepel botter
Klits saam:
2 eiergele (hou witte eenkant)
2 eetlepels hoogvol koekmeel
2 eetlepels hoogvol maizena
½ koppie melk
Roer warm melk versigtig by. Giet terug in kastrol en kook tot verdik en gaar.

Voeg by:
½ koppie sag gebraaide, gekapte ui
2 koppies gaar gevlokte skelvis (haddock)
1 ½ koppie gerasperde kaas
1 eetlepel vars gekapte pietersielie
knippie rooipeper
swart peper
sout en aromat na smaak

Vou styfgeklopte eierwit by.
Skep in rou tertkors en bak teen 180° C vir ongeveer ‘n halfuur of tot gestol.
Baie lekker as ligte ete met ‘n slaai.

Resep en foto ingestuur deur Elza Kemp‎




SPAANSE KOEJAWEL POEDING

tested
SPAANSE KOEJAWEL POEDING
Neem 1 groot blik koejawels, dreineer die  stroop af en maak koejawels fyn.
1 koppie melk vir dun vla gemaak met 20 ml vla poeier, 20 ml suiker, kook saam tot gaar, roer 1 teelepel vanilla in.  Indien te dun, kan jy so 10 ml maizena aanmaak met bietjie koue melk en by inmeng en net weer goed deur kook.
1 pakkie rasberry jellie met 1 koppie kookwater aangemaak
1 blikkie kondensmelk ingemeng by koejawels
Meng jellie en vla
Meng alles bymekaar.

Laaste 2 styfgeklopte eier wit, in gemeng by die res, meng goed en sit in yskas tot stol

Resep: Johan Van Niekerk
Foto:  Danielle van Wyk – ek het my rou koejawels net bietjie gaar gestoom 🙂 so dis nie so soet soos die geblikte koejawels nie en dit wat ek al geproe het, is HEERLIK! 🙂




SA EEDA’S FLAPJACKS

 

sa-eeda-flapjacks-2sa-eeda-flapjackstested

SA EEDA’S FLAPJACKS
Aaaaaand spoiling my minions is on top of the list for the holidays…. and they love Flapjacks
My recipe (don’t know where it comes from, but my mother has been making these since I was a youngen)

¼ cup sugar
1 egg
1 teaspoon vanilla essence
1 cup cake flour
1 teaspoon baking powder
½ cup milk
1 tablespoon melted butter

Whisk together sugar and egg with vanilla essence, add dry ingredients with milk and melted butter.
I fry without oil, about tablespoon full. Flip when bubbles appear.
We enjoy with syrup (golden, caramel and maple) or our freshly made homemade strawberry jam

Recipe and photo: Sa-eeda Daniels