PYNAPPEL KONDENSMELKTERT


PYNAPPEL KONDENSMELKTERT
Vreeslik lekker en baie eenvoudig!
Kors:
1 pakkie Tennisbeskuitjies
100 g botter (gesmelt)

Maal die koekies fyn.
Meng die botter deeglik in.
Druk mengsel geleidelik plat onder teen die bak en teen die kante op.
Los in yskas vir 10 tot 15 min.

Vulsel:
1 blikkie kondensmelk
300 g room (styf geklits)
1/2 koppie suurlemoensap
400 g stukkies pynappel water afgegooi

Meng die pynappel en kondensmelk saam.
Voeg die suurlemoensap by.
Vou in die room.
Gooi oor die kors.
Strooi stukkies pynappel of Tennisbeskuitjies bo oor die mengsel.
Dit moet ongeveer 3 ure minimum in die yskas stol, of oornag.
Resep geplaas en foto:  Madélynn Janse Van Rensburg




ALL BRAN KARRINGMELKBESKUIT

all bran karringmelkbeskuittested

ALL BRAN KARRINGMELKBESKUIT
6 koppies koekmeel
50 ml bakpoeier
7 ml sout
1½ koppie suiker
3 koppies volgraanvlokkies fyngerol
¼ koppie klapper
¼ koppie gekapte neute
¼ koppie sade soos sonneblom pampoen of sesami sade. Jou keuse ek verkies pampoen sade ek maak pampoensade fyn in versapper!
500 g storkbake
500 ml karringmelk ( ek gebruik volroom maas)
15 ml vanilla geursel

Meng droë bestanddele saam.
Smelt stork oor lae hitte, gooi melk by en vanilla en meng met meel mengsel.
Druk in beskuit pan en druk af met drukker bak op 165 ºC vir 45 minute! Of gebruik jou oondpan x
Resep en foto: Elize Venter

 




NUWE SEEP VAN OORSKIET SEEP

seep
NUWE SEEP VAN OORSKIET SEEP
Rasper 2 kg oorskietseep en plaas in ‘n kasrtrol:
Voeg 2 1/2 koppies warm water by en roer oor matige hitte totdat die seep gesmelt het.
Voeg 390 ml gliserien by en meng goed.
Haal mengsel van die stoof af, voeg 2 1/2 koppies spiritus by en roer tot dit goed gemeng is.
Giet in vorms of koekiepanne wat met yskoue water uitgespoel is.
Laat staan tot dit effens hard is.
Sny in koekies of druk in koekievorms. Laat seep nog staan om kliphard te word.
MOENIE NOG WATER BYGOOI NIE! DIE SEEP SAL DAN TE SAG WEES OM AS KOEKIESEEP TE GEBRUIK!
Jy kan roosblare deurmeng of gebruik net oorskietseep wat besonders is of ‘n spesifieke kleur het soos pienk, pers.

Resep en Foto: Petronella Kleintjie Botha Pieterse




Vyekonfyt

 

vyekonfyttested

1kg vrugte dan 800gram suiker n stuk gemmer en n goeie spuit suurlemoensap en 2kop water dan laat staan ek dit oornag en kook dit dan die volgende oggend vir so plus minus 3ure en bottel in warm bottels seel en laat onderste bo staan tot goed koud

Resep en foto: Lettie Martyniuk




BAKED CHEESECAKE WITH BISCUIT CRUST

baked cheesecaketested

BAKED CHEESECAKE WITH BISCUIT CRUST
150 g/5½oz digestive biscuits
75 g/2½oz butter, plus extra for greasing
900 g/2lb full-fat cream cheese
200 g/7oz caster sugar
200 ml/7fl oz soured cream
3 tbsp plain flour
3 free-range eggs, plus 1 egg yolk, lightly beaten
2 tsp vanilla extract

 

Preheat the oven to 180C/350F/Gas 4. Grease and line the base of a 23cm/9in spring form cake tin.
Place the biscuits in a plastic bag and crush with a rolling pin to fine crumbs.
Melt the butter and add the biscuit crumbs, stir to combine. Place in the base of the cake tin and spread in an even layer, then flatten (use your fingers or a potato masher).
Bake in the oven for 10 minutes until golden. Remove and leave to cool while you prepare the filling.
Reduce the oven to 160C/315F/Gas 2.
In a large bowl, beat together the cream cheese and sugar until smooth then add the sour cream and flour and beat again. Gradually add the eggs and vanilla essence beating well between each addition (beat in rather than whisk as you don’t want to incorporate too much air as this will affect the smooth surface of the cheesecake).
Pour the cream cheese mix on to the biscuit base then bake in the oven for 45 minutes. The cheesecake should be just set with a slight wobble and should still be cream on top with just a slight golden hint around the edges.
Once the cheesecake is cooked, turn off the oven and prop open the door so that it is slightly ajar and leave the cheesecake to cool in the oven – this prevents the top from cracking.
Once the oven is cool you can remove the cheesecake to cool completely before removing from the tin
Recipe and Photo: Zenellé Joubert Coetzee




PORK BELLY – VARKPENS IDEES

pork bellytested

PORK BELLY – VARKPENS IDEES
Joe Jurie Smith:
Hierdie een het ek laas naweek gedoen. Dit was heerlik! Sorg net dat jy die vet met baaaaie sout smeer om lekker crackling te kry. En moet dit glad nie omdraai in die bak tyd nie. Myne was so 2 ure in die oond.

FeF Francois Gericke:
Ek maak ‘n ‘pocket’ in myne en stop dit met gerookte kaaswors. Dan sit ek dit ook in oond soos bg. Baie sout op vel. So 40 min voor gaar gooi ek ‘sweet en sour’ sous in die pan totdat dit so tot halfpad bedek is. Dit maak die onderste vleis heerlik sappig en die boonste deel bly crispy.

Zuri Roos:
Ek het ‘n onfeilbare metode by ‘n Amerikaanse kennis gekry. Maak nie saak hoe groot die varkpens is nie. (Ek “score” myne se boonste vel met ‘n skerp mes). Gooi lekker balsamiese asyn oor, en strooi bruinsuiker liggies oor die vel. Moenie nou sout nie. NOU — die geheim is dit: sit dit in ‘n oondbak waarin dit goed pas. As jou oond korrek is, sit dit op 120°C. Dit kan selfs 110 grade wees. Los daai belly nou doodstil in die oond vir 8 ure – soos gesê, newwermaaind die gewig. 8 ure, okay? Dan is die belly murgsag. Strooi dan growwe seesout vlokkies oor die vel, sit jou oond se rooster aan, and rooster tot die vel sulke “bubbles” maak en met jou begin praat. Hou maar dop: jy wil dit nie verbrand nie. Daar’s nou lieflike sagte belly nou.

Reuben K Coskey:
In die oond 180/200°C. Gooi net sout op die vel kant en sout peper en spices aan vleiskant.

Martie van Zyl:
Ek vryf ook ‘n bietjie poeier mosterd aan die vleiskant.

Lizet Du Rand:
Ons laat lê dit in ‘n mengsel van suurlemoen sap, meat tenderiser en olyf olie. Dan braai ons dit op die vuur, maar staan rib. Sit dit langs di vuur dan drip daai oortollige vet ook bietjie uit. Draai kort kort om. Dis heerlik sag.

Martin van Vuuren:
Gooi ketel water oor vetkant en droog af voor sout opgooi. Help vel crispy maak.

Rhodes Abell:
I wash the meat in boiling water first. All sort of impurities come out. Then dry and rub with a mixture of olive oil, lemon juice, five spice and lots of salt. Cook covered in the Weber, start as hot as possible and leave for not less than 2 hours. Depending on size maybe up to 3.

Amanda Burger:
Geur en smeer met sweet chillisous en onder grill vir 8 minute aan elke kant.

Kiti Citi:
Ek sny my vetkant kepe in, net deur vel nie deur vet nie. Dan gooi ek kookwater oor dat hy “ooptrek”. Maak dan kurk kurk droog met handdoekpapier (belangrik vir goeie crackling). Smeer vetkant met olie sodat sout vasklou, gooi met sout en kruie, en sout goed aan die velkant. Sout trek die vog uit en laat crackling vorm. Sit nou in baie warm oond (200-220°C) vir 15 minute, draai temperatuur af na 180°C vir ‘n uur, dan weer hoog, 220°C vir 15-25 minute of tot jou crackling lekker bros is. Voila… lekker pork belly. Vars tiemie gaan vir my baie goed saam met vark, just fyi.

Mara Majiedt:
Spesery van jou keuse. Bakpoeier op die vel kant, net ‘n bietjie. Dit gee daai ekstra heerlike crackling. Plaas in flavour wave op 180°C met velkant na bo. Draai dit om na 45 min. Bak 15 minute aan vleiskant. Draai weer om vir nog 15 min. Walla – die heerlikste sappige belly pork met fantastiese crackling. Baie belangrik die vel moet gescore wees. Nie diep sny nie tot op die vleis nie. Slegs deur die vel.

 




JELLY MOULDS

jelly mouldstested

JELLY MOULDS
It is so very easy to make…use what ever jelly you like, make it according to the box instructions allow to set…then take a cup of hot water and dissolve 20g gelatin in it (I used the powder type of gelatin not the sheets) add one tin of condensed milk to this mixture. Allow this mixture to cool…I used a small silicon mould (normally used for chocolates) cut the jelly into small pieces place it in the bottom of the mold, fill it up with condensed milk mixture , place in fridge to set and walla…..this is not very sweet at all, it truly is a great little treat…

Recipe and Photo: Myanne Holder




KOOS SE PIZZA IDEES

pizza2tested
KOOS SE PIZZA IDEES
Daar is nie n resep vir die kors nie, dit is klaar so gekoop by ‘n deegwinkel.
Die kors was reeds gesmeer en reg om te gebruik. Ek het die kors ekstra gesmeer met “Spur” se “Sweet Chilli dressing”. Daarna het ek vleis gepak.
gammon, opgesny
lamsvleis, opgesny
russians, opgesny
ham, opgesny
bietjie rooi uie, opgesny
fyn knoffel
gekrummelde Feta kaas
pitlose olywe, gehalveer
Mazirelo kaas
Cheddar kaas
Plaas die vleisse op die sous en gaan met die res van die bestanddele aan in volgorde.
Toe ek begin bak het ek die foto afgelaai en gesien die kaas is te min. Fotos jok nie.
Weer die pizza uitgehaal uit die oond, nog Cheddar oor gestrooi en verder gebak.
Fotos en idees: Koos van der Merwe




RISSIESOUS VIR SEEKOS

rissiesous vir seekostested
RISSIESOUS VIR SEEKOS

Na al die oordaad… hoe lyk dit met eenvoudige, gegeurde pangebraaide calamari en garnale? Hier is my peri-peri dipsous, maar bedien dit in aparte bakkies sodat elke eter apart kan doop – dis sterk, maar lekker. Vreeslik eenvoudig. Dis my namaaksel van die sterk sousie wat Ocean Basket by sy gebraaide seekos bedien.

(Dit maak sowat 120 ml, d.w.s baie min, so verdubbel resep as jy wil)

3 eetlepels fyngekapte rooi en groen cayenne-rissies, pitte uitgeskraap
3 eetlepels maagdelike olyfolie
1 eetlepel vars lemmetjie- of suurlemoensap
1 ½ teelepels suiker
1 eetlepel fyngekapte vars knoffel
5 ml (of meer) seesout

Meng alles goed saam en laat geure deurtrek vir sowat 3 uur voor gebruik.

Resep en Foto: Zuri Roos




CHEDDAR PUFFS

Cheddar puffstested
CHEDDAR PUFFS
Cheddar puffs
Preheat oven to 200 ºC
Sift
250 ml flour
half tsp each salt
mustard powder
cayenne pepper
20 ml baking powder
Mix in
3 tablespoons melted butter
100 g grated cheddar
1 extra large egg
200 ml milk
Three quarter fill greased muffin tin and bake 12-15 min
Photo: Angela Landsberg‎