POPPIE SE MELKTERT

Melktert tested
POPPIE SE MELKTERT
Kors
85 g botter
3 teelepels bakpoeier
1/4 koppie suiker
2 eiers
1/4 koppie melk
2 eetlepels maizena
1 3/4 koppies koekmeel
Klop botter suiker eiers tot room. Sif res van bestanddele saam. Meng met melk tot stywerige deeg. Smeer in oond vaste bak en bak tot gaar. Tennis koekkies kan ook gebruik word.

Vulsel
1 blik kondensmelk. (Of 5 k melk)
6 eeetlepels maizina hoogvol
5 eiers geskei en eierwit styf geklop
6 eetlepels botter
3/4 koppie suiker
Kaneel of fyn koekies om oor te strooi

Gooi kondensmelk in groot kastrol en voeg 4 blikkies water by. Voeg botter en suiker by en bring tot kook punt. Meng maizena met koue water maizena moet nog styf wees. Voeg eiergele by maizena. As melk mengsel kook voeg maizena mengsel by kook tot dik haal van stoof af. Voeg styf geklopte eierwit by en meng goed deur. Gooi in gebakte kors of tennisbeskuitjie kors. Laat afkoel en GENIET.
Resep en Foto: Poppie Naude




VINNIGE OMELET

Vinnige omelettested

VINNIGE OMELET
Klits 2 eiers met 2 eetlepels water, goed met ‘n vurk.
Braai stukkies spek, uie en paar sampioene met sout en peper in ‘n pan en plaas eenkant.
Spuit ‘n pan lekker met kleefwerende kossproei en plaas 1 eetlepel botter by om te verhoed dat die omelet vassit in die pan.
Verhit die pan op medium hitte, nie te warm nie, plaas die eiermengsel in die pan, wag tot die kante begin stol, lig die gestolde eier rondom so effens op dat die sagte eier invloei, wanneer die omelet nog so effens klam is in die middel,  voeg die spekvulsel op die een helfte, vou die ander helfte oor die vulsel en gly die omelet oor in ‘n bord.  Pasop vir brand.
Resep en foto: Marie Rheeder Troskie‎




PICKLED FISH CAKES

viskoekies van piekelvistested

PICKLED FISH CAKES
Serves : 12-15 fish cakes

Ingredients

5 large potatoes, peeled and cubed
500 g pickled fish, drained and flaked
1/2 cup fresh breadcrumbs
1 egg
hadnful fresh parsley, finely chopped
salt and pepper
2 cups fresh breadcrumbs, for the coating
2 l oil, for frying
lime & coriander mayonnaise, for serving
Cooking Instructions

1. Place the potatoes in a large pot filled with water and allow to boil.
2. Cook the potatoes until soft then drain and mash.
3. Mix the mashed potatoes with the pickled fish, breadcrumbs, egg and parsley then season to taste.
4. Heat a large frying pan and add oil.
5. With floured hands, form fish cakes then coat with the breadcrumbs.
6. Fry the fish cakes for 2-3 minutes per side until golden brown and crisp.
7. Drain on kitchen paper and serve with the lime and coriander mayonnaise.
Photo:  Johan Röntgen




BLOUKAAS SOUS

 

blue cheese saucetested

BLOUKAAS SOUS

Gebruike: fillet steak(voeg 20ml port by sous), slaaisous, smeer en dip

200ml Bulgaarse of Griekse yoghurt
250ml Cross en Blackwell mayonnaise
65ml Melk
30g Gorgonzola of Brie
5ml Worcestersous
5ml Droë mosterd, soms sit ek Dijon mosterd heel saadjies in vir tekstuur saam fillet
5ml Knoffel, fyn gedruk
Sout en peper na smaak
Metode:
Meng al die bestanddele saam en hou koud in yskas. Kan tot 2 maande hou in lugdigte houer.

Porsies: 10
Deur: Annelien Pienaar




DEEP FRIED CHICKEN WITH HOT CHIPS AND SWEET CHILLI TENDERS AND GARLIC DIP

Deep fried chicken with hot chips and sweet chilli tenders and garlic dip

DEEP FRIED CHICKEN WITH HOT CHIPS AND SWEET CHILLI TENDERS AND GARLIC DIP
1 kg of mini drumsticks
1/2 kg of flour
1/4 cup of Cajun spice
salt and pepper to taste
1 tbs garlic salt
2 eggs and about 50 mils of milk with salt and pepper
3 cups of corn flakes crushed

Add all the dry ingredients in a large bowl.
Whisk the eggs and milk in another bowl.
And put the crushed cornflakes in another bowl.
Dip ur chicken in the flour then in the eggs then in the cornflakes.
When u have done them all, freeze them for about 20 min then deep fry!!
Recipe placed by Di Bo -Bankstown, Australia




KOOS SE “STICKY, TANGY” HOENDER

sticky hoender 1tested

KOOS SE “STICKY, TANGY” HOENDER

More Almal
Ek wou gisteraand iets maak wat kan kook/bak terwyl ek gou hospitaal toe gaan vir besoektyd.
Ek besluit toe om die Sticky, Tangy, Spicy hoender wat ek laas probeer aan die gang te kry, want dit bak in die toe bak so 1,5 uur in die oond.
Ek het die sous wat moet saam gaan aan gemaak en die Sesame saad ge “prebake”.
Die hoender in die bak gepak met die sous oor en in die oond gesit op 140ºC.
Vir my seun gesê as ek nie betyds terug is nie, moet hy net die oond af sit na 90 minute.
By die huis gekom het ek die hoender in twee bakke verdeel en die een bak Sesame saad oor gesprinkel en die ander net so in die sous gelos.
Daarna het ek dit op 180ºC gebak vir so 20 minute net tot die kleur reg was.
Nou moet ek sê dit was die lekkerste Sticky, Tangy, Spicy chicken wat ek nog ge-eet het en EK KAN NIE ONTHOU hoeveel van wat alles het ek in gesit nie.
Op die foto kan julle die eind produk sien van altwee.
Ek het sommer met gevoel die volgende in die sous gesit en soos ek kon onthou. Julle kan maar speel ek dink solank jy Mayonnaise, Tamatiesous en blatjang in het, kan enige iets saam gaan
Meng die volgende saam:
2 groot slaailepels Mayonnaise
½ bottel gewone grote original perske blatjang
¼ bottle tamatiesous aangevul met Worcester sauce tot die bottel half is en skud dit goed
Die kleur was nie reg nie toe voeg ek omtrent nog 3 eetlepels tamatiessous by.
Ek het sommer soyasous die wat ons gebruik met Chinese braai by gesit, sommer met die oog.
Sweet and Sour Chinese braaisous, nie die dik een nie ook met gevoel by gesit.
Spur Durky sous omtrent 3 eetlepels.
Spur Peri Peri sous ook so 3 eetlepels.
Nadat ek die hoender in die bak gepak het, het ek die sous oor gegiet en “crushed garlic” oor gestrooi.
So is dit toe oond toe.

Resep en fotos: Koos van der Merwe




NIERTJIE EN SKAAPVLEISPASTEI

nier en skaapvleispasteitested

NIERTJIE EN SKAAPVLEISPASTEI

500g skaapvleis in blokkies gesny
8 skaapniertjies skoongemaak ( buisies uitgesny )
1 rooi rissie opgekerf
1brandrissie opgekerf
1 groot ui geskil en opgesny
1/4 t paprika
1e komyn
1t coriander
3e tamatie pata
2e balsamiese asyn
1e bruin suiker
2e crushed garlic
2e chutney
1 eier geklits
2 rolle skilferkors deeg

kook die vleis en uie tot sag met n sousie voeg dan niertjies by asook die rooi soet rissie en brandrissie
voeg sout en peper by na smaak
voeg nou al die ander bestandele by behalwe die eier
kook lekker deur
rol die deeg effens uit en voer n gesmeerde oondbak daarmee uit
plaas die vulsel in diebak en sit dan die ander laag deeg bo op en knyp die rante met n vurk toe
smeer die eier met n kwassie aan die boonste deeglaag en steek twee gaaitjies in die boonste laag
bak in n voorverhitte oond op 200 grade vir +- 50 min

Resep en Foto: Gideon Louw




VERSKEIE BLIKKIES VIS GEREGTE

tested

VERSKEIE BLIKKIES VIS GEREGTE
FOOD LOVERS RECIPES
Hettie Botha se Tuna viskoekies
2 blikkies tuna gedreineer, en gevlok
4 aartappels gekook en fyn gemaak
1 ui, fyn gekap
2 eiers geklits
15 ml pietersielie
15 ml grasuie gekap
10 ml aangemaakte mosterd
sout en peper na smaak
125 ml broodkrummels
olie vir braai

Meng al die bestanddele goed, BEHALWE DIE BROODKRUMMELS!!!
Maak ronde balletjies, druk effens plat.
Rol die balletjies in droë broodkrummels.
Plaas sowat 30 minute, in yskas.
Braai in warm olie tot goudbruin.
Geniet!

Martie Fourie Moolman
Dreineer die vis maar hou die sous. Halveer die vissies, haal die graatjie uit, doop in beslag soortgelyk aan pannekoek en diep braai. Maak die sous van die sous in ‘n blikkie. Sit in ‘n potjie en sit bietjie suurlemoensap, tabasco en bietjie water by en kook so vir ‘n minuut en bedien saam met die vissies!

William Wellington Hopley
My Pilchards resep
Braai uie in pot, voeg 2 blikke Pilchards by roer deur tot warm.
Maak kapokaartappels en plaas Pilchards in oonvaste skottel, bedek met kapokaartappels.  Bak vir n halfuur in oond.




HEERLIKE KERRIEVIS

kerrievistested
HEERLIKE KERRIEVIS

1,5 kg vis klaar gaar (braai mote in olie – gerol in meel en vis speserye na smaak_
Sit in glasbak
3 grootuie – sag gaar gebraai tot deurskynend (nie bruin)

Kook die volgende saam:
1 eetl kerriepoeier
3 ml borrie
12,5 ml gemengde speserye
2 ml fyn naeltjies
5 ml paprika
5 ml fyn gemmer
10 ml sout
5 ml mosterd
1 kop ligte bruinsuiker
1 kop droë wit wyn
2 kop bruin druiwe asyn
12,5 ml blatjang
3 eetl fyn appelkooskonfyt

Vis gaar
Kook saam (mengsel)
Gooi uie by gekookte asyn mengsel
Kook 2 tot 3 minute
Laat die mengsel afkoel
Gooi oor vis
Los een week in yskas (toe in Gladwrap) – draai gereeld
Bottel of eet na ‘n week

Resep en foto: Rachel Celotto




HEERLIKE VISPASTEI MET PILCHARDS

vispasteitested
HEERLIKE VISPASTEI MET PILCHARDS

1 blik pilchards in tamatie sous
1 rol puff pastry
1 ui fyn gekap
1 koppie gaar rys
Sout en pepper

Meng al die bestanddele saam.
Rol die puff pastry uit op die plastiek velletjie waarin dit toe gerol was.
Sprei die mengsel oor die puff pastry uit.
Gebruik die plastiek velletjie as hulpmiddel en rol op soos n rolkoek “Swiss roll”.
Plaas op gesmeerde bakplaat.
Bak teen 180 ºC  tot mooi bruin en gaar.
Sny is skywe.
Bedien met groete of slaai.
Resep: Theresa Peel-Van Loggerenberg
Foto: Dorea Fischer