MARIE SE CREMORA AARTAPPELS

cremora aartappels
MARIE SE CREMORA AARTAPPELS

Cremora aartappels gemaak vanaand.

Aartappels in stoompot gekook nie pap nie soos vir aartappelslaai.
Bak spray en cook gespray aartappels in skywe gesny.
Sout en peper oor gestrooi
Lemon en black peper speserye ook oorgestrooi of speserye van jou keuse met klontjies botter orals in bak gesit.
Strooi cremora oor die aartappels totdat aartappels mooi bedek is met die cremora, strooi gerasperde kaas oor.
Bak in oond 180ºC tot kaas gesmelt is en die cremora ‘n lekker dik sous gevorm het.

Resep en foto: Marie Rheeder Troskie‎




TANNIE POPPIE SE EIERLOSE PANNEKOEK

poppie se eierlose pannekoeketested

TANNIE POPPIE SE EIERLOSE PANNEKOEK
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
15 ml witasyn
15 ml brandewyn
125 ml olie
750 ml water

Sif droë bestanddele. Meng die res. Maak ‘n gaatjie in die meel en voeg bestanddele in die holtes. Klits g0ed. Laat 1 uur staan en bak jou pannekoek. BAIE LEKKER!
Foto: Benhet Nieuwenhuis‎

Elizma Louw Boonzaaier: Asyn vervang die eiers. Brandewyn maak ook dat die pannekoek nie taai word nie.




SLAKKE IN KNOFFEL EN KAASSOUS

Slakke in knoffelkaas-soustested

SLAKKE IN KNOFFEL EN KAASSOUS
Ek gooi water af en braai al die swart water eers af in pan met bietjie botter. Dan maak ek gewone wit sous bietjie loperig met vars fyn knoffel (genoeg)
Gooi alles in platboom swart pot en rasper mozzarella, gouda en feta oor.
Druk pot in oond op 180ºC vir so half uur.. Sit voor saam met rooster brood of vars brodchens.. (Maak dit so, want ons is gewoonlik te veel mense)..Jou slakke is ook baie sag as jy hulle eers potbraai…
Resep en Foto: Malie Louw




SUURLEMOEN KOELDRANK

SUURLEMOEN KOELDRANKtested

SUURLEMOEN KOELDRANK

12-14 suurlemoene
1.5 liter kookwater
15 ml wynsteensuur
2.5 kg witsuiker
15 ml sitroensuur
15 ml Engelse sout

Rasper die skil van die suurlemoen af, nie die wit nie.
Druk die sap van suurlemoene uit.
Voeg alles saam en laat oornag staan.
Gooi deur ‘n sif.
Lewer ongeveer 2.5 liter stroop.
Meng na smaak.
Is baie heerlik.

Resep: Anna-Marie Kotze
Foto:  Jeannette Havenga




GEBAKTE VARSWATER KARP

gebakte varswater karptested

GEBAKTE VARSWATER KARP
Ek gooi Visspeserye oor dan sit ek dit in meel en dan in eier en dan weer in meel. Dan bak ek dit in Pan met warm olie.
Die ander manier is ek sit dit in ‘n oondpan en gooi ook visspeserye oor en dan Olyf olie of Avocado olie. En bak dan op 200 grade C totdat vis gaar is.

Mense moet onthou as jy karp skoongemaak het sit vis in groot skottel en gooi growwe sout bo op sodat dit die moddersmaak kan uittrek. So vir ‘n uur of 2 hang af van groote van vis. Daarna spoel jy vis af.

Resep en Foto: Ronel Muller Thoma Rina




POTATO LEEK AND BROCCOLI SOUP

potato leek souptested
POTATO LEEK AND BROCCOLI SOUP
1 leek chopped
I small head of broccoli
3 potatoes chopped
1 liter water
150 ml of milk
100 g grated cheese
Put the leek, broccoli, and potato with the water in a pot and boil.
Once the potatoes is cooked that means it is all cooked.
Blend and add the milk and cheese and salt and pepper to taste.
Blend again
Serve with toasted bread yum

Recipe and photo: Di Bo




DEEG VIR VIS, SAMPIOENE OF UIE RINGE


DEEG VIR VIS, SAMPIOENE OF UIE RINGE
1 botteltjie bier, sodawater of sprite
¾ koppie bruismeel
¼ koppie suurlemoensap
1 teelepel swart peper
1 teelepel sout
bietjie suurlemoenpeper (opsioneel)
Meng als en doop vis, uie ringe of sampioene daarin.
Bak in vlak olie en draai om totdat beide kante goudbruin is.

Wenke:
Uie ringe:
As jy uie ringe wil maak, skil die uie, sny die uie ringe en gooi in bak met yskaswater en ys. Laat staan vir rukkie voor gebruik. Dit werk ook goed as jy uieringe in plastieksakkie met meel skud voor jy dit in deeg sit.
Vis:
Bak vis in omtrent 1 cm diep olie. Gebruik die helfte bruismeel en die helfte mieliemeel, dan is dit nog lekkerder vir die vis!
Sampioene: Braai jou sampioene en uie bietjie, bietjie op ‘n slag anders sit dit aan mekaar vas.

Resep: Petro Collinet – Dubai, United Arab Emirates
Foto: Ansi Pypers Fourie




KOOS SE GEROOKTE SNOEKSLAAI

gerookte snoekslaaitested

KOOS SE GEROOKTE SNOEKSLAAI
So 2 dae terug was daar n post oor biltong slaai. Ek het jare terug n gerookte snoek slaai ge-eet en gewonder waar ek van die gerookte snoek kan kry. Daardie tyd was die gerookte snoek ready to eat. Bietjie rond gekyk en ek kry toe die gerookte snoek met so twee resepte op maar nie n snoek slaai nie.
Die boks het ook gese jy moet die snoek bietjie braai in botter.
Op die blog is die biltong slaai en ook n gerookte hoender slaai. Ek vat toe idees van altwee en besluit om n Gerookte snoek slaai te maak.
Ek het die snoek n rukkie in botter gebraai saam met uie en repies wortels.
Toe ek dit uit skep om af te koel verander my plan sommer daar.
Daar is darem slaaie ook gemaak elkeen se eie keuse.
Ek het n bak met die heel gebraaide stukke snoek en slaai by gemaak.
Die slaai was maar n eintlik n gewone mengel slaai.
Blaarslaai
Cocktail tamaties
Uie
Komkommer
Feta Kaas
Advokado
Pitlose Olywe
Gerookte snoek in stukkies gebreuk.




PUMPKIN BBQ SAUCE

pumpkin bbq sauce
PUMPKIN BBQ SAUCE
250 ml tomato sauce
1 tin tomato paste
1/3 cup pumpkin pumpkin puree
2 tablespoons apple cider vinegar
1 tablespoon molasses
1 tablespoon maple syrup
1 teaspoon ground mustard
1 teaspoon paprika
½ teaspoon hot sauce (use 1 tsp if you like more of a kick)
1 ½ teaspoon garlic powder
1 teaspoon onion powder
½ teaspoon Himalayan sea salt
½ teaspoon freshly ground pepper
Optional: 1 teaspoon cayenne
Optional: 1 ½ teaspoon pumpkin spice for more of a pumpkin flavor
Place all ingredients into a large pot (it will splatter slightly, so avoid using a small pot), and mix well to combine.
Bring to a boil then reduce heat and let simmer for 10 minutes.
Transfer to blender and blend until smooth.
Taste and adjust spices to your liking (add more sweetness, spiciness as desired).
By Lexi’s Clean Kitchen




VRUGTE-GEGEURDE STOKKIELEKKERS

suigstokkiestested
VRUGTE-GEGEURDE STOKKIELEKKERS
Resep en Foto: Petronella Kleintjie Botha Pieterse‎
FOOD LOVERS RECIPES
Maak:8-10
Verf stokkielekkervorms of 2 bakplate met sonneblomolie
Verhit die volgende saam:
250 ml suiker
85 ml glukose of gouestroop
125 ml water

Roer tot die suiker opgelos het en kook dit dan sonder om te roer vir sowat 20 minute of tot dit 121 ºC – 129 ºC op ‘n suikertermometer is (hardebalstadium).
Voeg 60 ml vrugtesapkonsentraat en ‘n paar druppel koskleursel van jou keuse by en laat prut tot 149 ºC – 154 ºC (hardekraakstadium).
Haal dit van die plaat af en doop die kastrol in ‘n wasbak met koue water om die kookproses stop te sit.
Sprinkel konfetti of silwer balletjies in die vormpies en giet die suikerstroop daarin.
Of skep lepels vol daarvan op die bakplate en sprinkel versiersels oor.
Sit ‘n stokkie in elkeen.
As die stokkielekkers op ‘n bakplaat is, bedek die stokkie met nog ‘n bietjie van die suikerstroop.Laat dit hard word en draai in sellofaanpapier toe.