ROOSMARYN EN DRUIWE BROOD

roosmaryn en druiwe broodtestedRoosmaryn & Druiwe Brood
ROOSMARYN EN DRUIWE BROOD
Die kombinasie van druiwe en roosmaryn klink ietwat ongewoon in ‘n brood maar na die eerste hap sal hierdie kombinasie vir jou meer sin maak.
Lewer 1 brood
2 teelepels kitsgis
180 ml water
1 teelepel strooisuiker
120 ml olyfolie
2 eetlepels vars roosmaryn, gekap
500 g swart druiwe, pitloos
400 g witbroodmeel
sout

In ‘n klein bakkie, meng die water, strooisuiker en kitsgis saam en laat staan vir ‘n paar minute tot dit begin skuim.-Verhit die olyfolie, voeg die gekapte roosmaryn by die warm olie. Sit die hitte af en laat die olie afkoel.
Was die druiwe baie goed in skoon water en verwyder enige stingels.
Plaas op ‘n kombuislappie tot benodig.
Plaas nou die broodmeel en sout in ‘n groot mengbak, voeg die olyfolie en watermengsel by tesame met meeste van die druiwe. Hou ‘n paar korrels oor vir later.
Roer die mengsel tot all die meel geabsorbeer is.
Gebruik nou jou hande en meng die deeg goed, probber om al die druiwekorrels te bars. Dit sal veroorsaak dat jou deeg nat en taai word.
Knie die deeg totdat dit glad word en minder taai is. Bedek nou die bak met ‘n nat lappie sodat dit vir 2 ure kan rys of totdat dit verdubbel het in volume.
Sprinkel meel oor jou werksoppervlak en gooi die deeg uit op die werksoppervlak.
Knie die deeg liggies vir ‘n paar keer en begin dan om die deeg in ‘n bal te vorm.
Druk nou die ekstra druiwekorrels in die brood in, verf met ‘n bietjie van die olie en besprinkel met van die strooisuiker.
Plaas die deeg op ‘n bakplaat met bakpapier, bedek en laat die brood rys vir sowat 40 minute.
Verhit die oond tot 240°C. Sodra die brood uitgerys het, sny die brood twee keer bo-oor met ‘n skerp mes en plaas in die oond.
Bak vir 10 minute, verlaag die temperatuur tot 180°C en bak vir ‘n verdere 50 minute.
Verwyder uit die oond en laat afkoel.
Foto: Stephanie Kirchner en Annetjie van Huysteen




KERSIE TAMATIEKONFYT

 

Kersie tamatiekonfyttested

KERSIE TAMATIEKONFYT

Plaas die tamaties in bak en giet dan kookwater oor. Laat rukkie staan en trek skille af. Druk tamaties een vir een met jou hand stukkend sodat pitte uitpars.
Plaas tamatievleis in aparte bak. Giet die uitgedrukte pitte en sap deur ń sif. Spoel die tamatievleis in die sap af om nog pitte te verwyder. Haal vleis uit sap en weeg dit.
Vir 1 kg tamatievleis gebruik jy 1 kg witsuiker.
Plaas tamatievleis en suiker in kastrol sit op lae hitte op stoof sodat suiker kan smelt roer kort kort. As suiker gesmelt is sit stoof hoër en kook. Voeg 2 eetlepels suurlemoen sap by en kook tot konfyt reg is. Roer kort kort, toets stroop in piering om te sien wanneer konfyt reg is. Bottel warm.
Hoe minder pitte hoe mooier die konfyt

Resep en Foto: Johan Coetzee




KALAHARI BROOD

kalahari broodjietestedkalahari broodjies

KALAHARI BROOD
4 koppies koekmeel
30 ml melkpoeier
½ pakkie kitsgis (die pers een)
10 ml sout
20 ml geelsuiker
30 ml botter
2 koppies water

Meng droë bestanddele en botter goed saam, voeg water by en knie goed saam. Laat rys tot dubbeld die grootte. Knie af en maak broodjie op en laat weer rys tot verlangde grootte. Bak teen 180°C tot brood goudbruin is.

Johan Coetzee: En so moet ‘n halogeen oondjie se brood lyk, drie keer die deeg se grootte ek het die brood ook in die oond laat rys teen lae temperatuur en toe gebak op175°C vir 35 minute. Kalahari brood resep gebruik net ‘n halwe pakkie kitsgis, mens moet bespaar ook.
Resep en foto: Johan Coetzee
2de Foto deur Barend Herbst  gebak in klein pannetjies

Ek het net 3 koppies bruinbroodmeel en 1 koppie koekmeel gebruik. Ek knie hom in my broodmasjien, maar bak hom in ‘n broodpan in die oond
Foto: Ben Herbst
Foto met saadjies en kaas bo-oor




TAMATIEBLATJANG MET RISSIES

rissiesoustested

TAMATIEBLATJANG MET RISSIES
Resep en foto: Marietjie Nel
FOOD LOVERS RECIPES
1.2 kg tamaties
3 rooi uie
3 brandrissies
600 g geel suiker (gebruik die treacle sugar met syrup)
380 ml rooiwyn asyn
½ koppie Mrs Balls chutney
1 koppie tamatiesous
Worcestersous
Maizena

Sny ‘n kruis net in die vel van die tamatie aan die onderkant en laat lê tamaties en kookwater vir ‘n rukkie. Trek velle van tamaties af.
Kerf alles fyn – tamaties en uie en brandrissie.
Voeg asyn en suiker by.
Kook alles in ‘n groot pot.
Wanneer kookpunt bereik word, draai hitte af en laat prut tot alles lekker fyn en gaar is.
Die tamaties is geneig om water te trek so ek het dit dik gemaak met maizena gemeng met worcestersous.
Prut stadig verder tot dikker.
Bottel in gesteriliseerde bottels en proppe.

 




CECIL SE NACHOS

2015-07-16-nachostested

CECIL SE NACHOS

Nachos:
1 pak doritos skyfies
1 pak tamatie pasta sous
1 bakkie cottage cheese
Gerasperde cheddar kaas.
nachos 1 nachos 2 nachos 3 nachos 4

Plaas al die bestandele in n oondbak, en bak vir 25 min teen 180 grade.
Bedien met guacamole.

Cecil Dunhin:
Het weer nachos gemaak, met maalvleis in die keer. Mince saam met gekapte uie en knoffel en pastasous in pan gebraai, pak in lae en bak soos oorspronklike resep.

Resepte en foto’s:  Cecil Dunhin




CANNELLONI FILLED WITH RICOTTA CHEESE AND SPINACH

cannelloni sabrinatested
CANNELLONI FILLED WITH RICOTTA CHEESE AND SPINACH

For Filling you need:
300 gr very very fresh Ricotta cheese
40 gr good quality grated Parmesan cheese
1 whole egg
a large packet of fresh English spinach (Swiss chard is bitter)
1/4 tsp ground nutmeg
salt and pepper

Mash your Ricotta with a fork and add all other ingredients, put aside.

Make your bechemel sauce with ½ liter of whole fresh milk 50 gr butter 50 gr flour again a little nutmeg and salt. Boil, must not be too stiff or thick, almost same consistency as custard.
2 tins whole peeled tomatoes
1 medium onion, chopped
1 carrot
1 stalk celery, chopped
salt pepper
add a little water to sauce and let it cook slowly for about 1 hour til thicken.

Cannelloni casings:
Fill them with ricotta mixture, butter your ovenproof dish and lay cannelloni, then your tomato sauce, then bechemel sauce, add Mozzarella cheese and a good sprinkling of Parmesan, place in oven 200°C for 30/40 mins.

Recipe and Photo: Sabrina Merli




MIKROGOLF WITSOUS

tested
MIKROGOLF WITSOUS
Probeer die witsous en jy sal dit altyd weer maak
250 ml melk
30 ml koekmeel
25 ml margarien of botter
1 ml sout en ‘n knypie peper
Gooi al die bestanddele in ‘n mikrogolf bak (750 ml bak) moenie roer nie.
Roer goed eers na eerste minuut en daarna goed elke minuut (4 minute in totaal) sonder deksel by 100 persent krag.

Resep: Ina Stumke




EIERLOSE KLUITJIES (DUMPLINGS)

dumplingstested

EIERLOSE KLUITJIES (DUMPLINGS)
1 ½ koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
4 eetlepels botter of margarien
1 koppie melk

Meng die droë bestanddele saam, voeg die botter of margarien by en vryf dit by die droë bestanddele in. Voeg die melk by en meng tot ‘n sagte deeg. Skep lepelsvol van die deeg op die vleis, plaas die deksel op en kook vir 20 min op ‘n lae hitte.
Foto en resep: Hannelie Bezuidenhout




Pasta Pie

pasta pie
Recipe from: Martha Stewart | Serves: 8
Ingredients
500g Rigatoni
2 Tablespoons Olive oil, divided
1 pound Ground beef
2 Garlic gloves, crushed
1/4 teaspoon Freshly ground pepper
1 can good quality crushed tomatoes
Butter, for pan
Salt
1 cup Parmesan cheese, finely grated
200g Coarsely grated mozzarella cheese
Directions
In a large pot of salted boiling water, cook pasta until slightly underdone (I cooked mine for 12 minutes when the box indicated 14 minutes). One pound of pasta should be cooked in 6 quarts of water, make sure you are using a big enough pot so the pasta doesn’t stick together. When done, rinse in cold water and drain again. Toss pasta with 1 Tablespoon olive oil to coat. Set aside.
Heat remaining 1 Tablespoon olive oil in a large skillet over medium-high heat. Add ground beef. Cook, stirring occasionally until browned. Add garlic, 1 teaspoon salt and pepper. Cook 2 minutes more.
Add crushed tomatoes; simmer until thickened, about 20 minutes.
Toss pasta with Parmesan cheese. Butter a 9-inch springform pan. Tightly pack pasta into pan, standing each piece on end. Spread meat sauce on top of pasta.
Push the meat sauce into the pasta holes filling each one up. Stuffing the meat into the holes is a weirdly satisfying task. Enough said.
Place in a 200 degree oven for 15 minutes. Sprinkle mozzarella cheese on top and bake another 10-15 minutes until cheese is golden. Remove from oven and let stand for 15 minutes. Run a knife around the edge to loosen and then unmold.
Cut into wedges and serve with any remaining meat sauce you might have.
Source: NoblePig




VERSKIL TUSSEN MARSALA, ATJAR EN ROOIPEPER

masala

VERSKIL TUSSEN MARSALA, ATJAR EN ROOIPEPER

1. Masala is n mengsel van speserye wat geur gaan gee aan bredies en disse = waar breyani masala fyn of grof geskik is vir breyani
2. Atjar masala is n diep rooi masala. Dit het n baie sterkte ruik maar ook soet as ek so mag se. Jy kan dit in Kerrie ook gebruik gee so n lekker anderse smaak
3. Rooipeper is nie altyd so sterk nie en verkleur sommer net – dis waar peri peri sterkter is en die brand faktore in het.

Geplaas deur Washielah Adams