ROSEMARIE SE YSKAS KAASKOEK


ROSEMARIE SE YSKAS KAASKOEK
My yskas kaaskoek maak ek met
1 pakkie suurlemoen jelly wat ek aanmaak met 3/4 koppie suurlemoensap.
Meng die jellie effens afgekoel met ‘n blik kondensmelk en roer dan 2 x 250ml gladde maas of roomkaas by.
Klits 2 x 250ml room styf en roer alles lekker bymekaar.
Gooi uit oor fyn Marie beskuitjie en botter kors en verkoel in yskas.
Ek hou van ‘n granadilla topping… Ek verhit een bakkie/blikkie granadilla moes met een een bakkie/blikkie water en 2 teelepels suiker en maak dit dik met bietjie vlapoeier. Smeer warm oor die verkoelde tert.

Resep ingestuur deur: Rosemarie Maytham

 




KITI SE KORSLOSE MELKTERT

korslose melktert kititested
KITI SE KORSLOSE MELKTERT
4 koppies melk (1 liter )
5 ml bakpoeier
50 ml botter
3 eiers
1 koppie koekmeel
1 koppie suiker
Knippie sout
5 ml vanilla

Skei eiers en klits eierwitte styf met bietjie van die suiker en vanilla
Klits eiergele, botter en res van suiker tot skuim.
Meng droee bestanddele en vou in eiergele in, dan melk en sout.
Vou eierwit in by die eiergeel mengsel.
Gooi in pan of twee kleiner panne en bak vir 30 minute teen 180ºC.
Indien verkies kan jy gesmelte botter oor die klaargebakte tert smeer met ‘n kwassie, kaneelsuiker oorstrooi en dan onder ‘n grill sit tot gesmelt.
Hou dop want dit brand maklik.
Foto en resep:  Kiti de Jager




LEKKER RIBS

varkribstested

LEKKER RIBS

Lekker ribs!!!
1 kg ribs (ek vark gevat, maar enige soort werk)
½ koppie tamatiesous
½ koppie blatjang
1 pakkie bruin uie soppoeier
300 ml coke

Meng alles, giet oor ribs wat jy bietjie sout oor gestrooi het.
Bak by 170°C in agrilla bak vir 2 ure.
Super lekker!
Ek het die resep net in die helfte gedeel vir ons!
Resep en foto: Benhet Nieuwenhuis‎




Wildsvleispastei

wildspasteitested

Hier die resep wat julle so graag soek

2kg wildsvleis
1 kg skaap of bees met vet aan

Speserye
Knypie pimeto
Halwe telepel engelse poeier mosterd
30g enige braaispeserye
Halwe telepel fyn koljander
2 blokkies knor hoenderaftreksel
1 ui (opsioneel)
–
1. Sny al die vleis in blokkies,meng al die speserye en kook tot sag

2. As als fyn gekook is, haal bene uit gooi 1 half koppie gemengde groente by, as daar te veel water is, gooi van dit af, vleis moet net net souserig wees.

3. 1 telepel bisto gemeng met ‘n kwart koppie koue water, gooi by die gereg en meng, prut stadig vir 15 min tot 20min. Kyk dat dit nie aanbrand nie. Sous moet nie dukkerig kook. Laat afkoel, skep oor in foelie en vries as jy wil

Geniet

Resep en foto: Coleen Schoeman




MA MIEMIE SE MELKTERT

melktertetested
MA MIEMIE SE MELKTERT
Melktertvulsel (1 tert)
2 eetlepels koekmeel – opgehoop
1 eetlepel Maizena – opgehoop
3 eiers – geskei
1/2 koppie suiker
3/4 liter melk
1 teelepel vanilla
Knippie sout

Melktertvulsel (2 terte)
5 eetlepels koekmeel – opgehoop
2 eetlepels maizena – opgehoop
6 eiers – geskei
1 1/4 koppie suiker
1 1/2 liter melk
2 teelepels vanilla
Knippie Sout

Meng (klits) suiker en eiergele baie goed. Gooi klein bietjie melk/water by
Sif meel, maizena en sout by eerste mengsel. Roer goed sodat geen klonte vorm nie
Klits eierwitte styf
Gooi gekookte melk oor droë bestandele en meng tot glad
Laat mengsel kom tot by kookpunt en laat efens prut op warm plaat
Voeg styfgeklopte eierwitte by en vou in
Gooi uit in tertborde (gelykvol) wat reeds met deeg uitgevoer is
Bak + 15 – 20 minute by 200 º C, laag in die oond.
Resep: Carina Oosthuizen (Ma Miemie se resep)




BOELIEBIEFROL

Bully beef roll 1tested

BOELIEBIEFROL
1 skilferkorsdeeg, uitgerol
1 blikkie boeliebief, effe fyn gedruk met ‘n vurk
1 uie, gekap
1 groen soetrissie, gekap of kwart van elk – groen, rooi en geel soetrissie
1 koppie Chedder kaas
Braai boeliebief, uie en soetrissie saam. Haal van stoof af en meng kaas by.
Smeer oor uitgerolde skilferkorsdeeg en rol op.
Vou kante mooi toe en na onder.
Sit in bakplaat.
Verf eier of melk of mayonnaise bo-oor en maak 3 vertikale kepe in rol.
Bak by 180°C vir so 45 min tot gaar en bruin en bros.
Bedien saam broodrolletjies en mengelslaai of kapokaartappels.

Wenk:
Ek braai nie eers my goed nie – ek meng die gekapte uie, soetrissies, die kaas en boeliebief(alles net so rou) – smeer dit oor die skilferkors, rol op en bak (Rens)

Vervang die boeliebief met Tuna, gevlokte hoender, maalvleis of spek.

Resep en Foto: Wilna Dorfling
2de Foto: Adam Cloete – gemaak deur Adrian Olivier
Foto: Willy Henckert




PIESANGKOEK MET RUMSTROOP

piesangkoek met rumstroop lid fototested

PIESANGKOEK MET RUMSTROOP
Genoeg vir: 8
250 g botter
250 g bruinsuiker
3 groot eiers
3 ryp piesangs, geskil en fyngedruk
5 ml vanieljegeursel
250 g bruismeel
klapperskaafsels, vir versiering
geklitste room of vanieljeroomys, om voor te sit

Stroop
30 ml botter
100 ml bruinsuiker
100 ml ligte rum

Klits die botter en suiker saam tot dit lig en donsig is. Voeg die eiers by en klits dit weer goed. Voeg die piesang, vanieljegeursel en ’n knypie sout by. Klits dit vir ’n paar sekondes tot dit ingemeng is.
Vou die bruismeel daarby in en skep die beslag in ’n gesmeerde ringkoekpan. Bak dit vir omtrent 35 minute in die verhitte oond. Jy sal dalk die koek met ’n stuk foelie moet bedek indien dit te vinnig bruin word. Die koek is gaar as ’n toetspen skoon uitkom.
Haal die koek uit die oond en sit dit eenkant om heeltemal af te koel voordat jy dit uitkeer op ’n opdienbord.

Stroop
Verhit die botter, suiker en rum in ’n kastrol. Roer dit tot die suiker opgelos het en laat dit dan vir vyf minute prut. Haal die kastrol van die plaat af en skep die stroop oor die koek. Sprinkel klapperskaafsels bo-oor en sit die koek warm of teen kamertemperatuur voor met ’n skep geklitste room of vanieljeroomys.

2de Foto en resep geplaas deur Alberta van Wyk
Foto:  Amanda Conradie:
Was lus vir ietsie soet vanmiddag. Kan dié koek defnitief aanbeveel! Veerlig en heerlik!
Het individuele porsies gemaak, maar sal volgende keer die heel koek bak.
Ek sal ook ekstra sous aanmaak en apart saam met die koek bedien.

 




LEKKER PIZZA MET DUN KORS

lekker pizzatested
LEKKER PIZZA MET DUN KORS
Het gisteraand weer ‘n bose pizzas gebou.
Die deeg gemaak van 1 k bruismeel, 1 k bulgaarse dubbel gewone yogurt met bietjie sout, as dit te sag is voeg nog bietjie meel by en meng tot rolbare deeg.

Deel in twee en rol dun uit in min of meer in sirkels.
Bak so agt min in oond by 180 ºC.

Sit jou vulses op en bak tot die kaas lekker gesmelt het.

Die vulsel gisteraand was tamatiepasta,uie marmelade,geroosterde pepers, olywe,spek, salami,roomkaas,moserella, cheddar, artischokke, basil blare, olyfolie, knoffel s en p.

Die deeg is lekker dun en krispie!
Resep en Foto: Martie Fourie Moolman




HOENDER, SAMPIOEN EN SPINASIE QUICHE

chicken mushroom and spinach quichetested

HOENDER, SAMPIOEN EN SPINASIE QUICHE
Kors
250 ml nutty wheat high bran flour,
250 ml meel
1 koppie gerasperde kaas
1/4 koppie botter (kan meer byvoeg totdat dit deeg vorm inneem)
Rol uit.

Vulsel
4 hoenderfillette , in stukkies gesny
1 groen peper (green pepper)
1 groot ui
1 pakkie sampioene
halwe bossie spinasie

Braai die uie, groen rissie, en sampioene tot goudbruin, sit spinasie by en laat bietjie deurkook, skep een kant uit in ‘n bakkie
Braai gesnyde hoender stadig in dieselfde pan tot gaar, gooi uiemengsels by, laat bietjie deur kook

Voeg nou
250ml Room gemeng met
1/2 pakkie creamy mushrooms sauce en
1/2 pakkie chicken a la king
Laat deur kook.
Gooi vulsel in tertkors, gooi 2 eiers wat met koppie melk geklits is, oor en bak vir 45 min teen 180°C

Resep en Foto: Nicolene Botha




Kersietamatie-konfyt

 

cherry tamatiekonfyttested

Bestandele:
1kg Cherry Tamaties
600g Xylitol
1 eetlepel suurlemoensap
4 naeltjies

Metode:
Weeg die tamaties en spoel goed af.
Halveer elke tamatietjie en plaas in ‘n swaarboom kastrol.
Voeg by die Xylitol, suurlemoensap en naeltjies.
Roer deur en kook vir so 1 1/2 uur op lae/medium hitte.
Bottel warm.

Bron en foto: Annique Paarl