HEUNING EN NEUT VERRASSING

Honey and Nut Twisttested
HEUNING EN NEUT VERRASSING
Rol rou puff pastry uit en sny in langwerpige blokke (handgrootte) – ek het sommer deeg gebruik wat oorgebly het
Sit fyngekapte neute met bietjie heuning in die middel langs en vou toe.
Bak in voorverhiite oond teen 200ºC vir so 15 min.
Haal uit en smeer weer met heuning bo-oor en sprinkel fyn neute bo-oor.
Die heuning trek in die deeg in soos jy dit bak en wanneer jy dit bo-oor smeer.
Dit is baie lekker en die mense is mal daaroor!
Resep en Foto: Jenny Sandra Schneigansz




GEMMERKOEKIES SONDER WATER OF MELK

Gemmerkoekiestested

GEMMERKOEKIES SONDER WATER OF MELK
Resep geplaas en foto: Annelise Engelbrecht
FOOD LOVERS RECIPES
500 ml botter
12 koppies koekmeel
25 g koeksoda
25 g kremetart
45 ml gemmer
2½ ml sout
4 koppies suiker
250 ml stroop
6 eiers geklits
Vryf botter in meel in, voeg koeksoda, kremetart, gemmer en sout by en meng deur.
Voeg suiker en stroop by meng deeglik. Maak die deeg aan met die geklitste eiers.
Knie goed tot ‘n lekker deeg gevorm het.
Daar word nie water of melk bygevoeg nie.
Rol in balletjies en plaas op gesmeerde bakplaat. Bak by 200ºC vir 10 min.

 




MARIE SE AARTAPPEL-EN-SPINASIEGEBAK

Aartappel en spinasiegebaktested
MARIE SE AARTAPPEL-EN-SPINASIEGEBAK
1 rol skilferkorsdeeg
4 aartappels gekook, geskil en in skywe gesny
2 preie in skywe gesny
2t knoffel
Knippie swartpeper
500g spinasie (ontvries)
2k cheddar kaas gerasper
4 eiers
125ml room
125ml melk
Sampioene gekerf
Ontpitte olywe – opsioneel
Rol deeg uit en voer ‘n gesmeerde bak uit
Braai preie en knoffel tot lig bruin en pak saam met gerasperde kaas, gesnyde aartappels en spinasie in lae op deeg
Klits eiers, room en melk goed saam en gooi bo-oor
Sprinkel met kaas en pak olywe en sampioene bo-op
Bak by 180 C vir 1 uur en 45 min
Die bak is Argilla se Large Oval Roaster so ook die resep en het in Huisgenoot 28 Sept 2006 verskyn
Resep en Foto geplaas deur: Marie Dumas Jennings




JOEY SE HOENDERPASTEI

Joey se Hoenderpasteitested

JOEY SE HOENDERPASTEI
Kook hoender sag, ontbeen en sny in kleiner stukkies, braai uie, bacon peppers ( enige kleur) mushrooms saam tot sag en glansig
Meng pakkie Mushroom sop Poeier met 1 Koppie van die water waarin hoender gekook is
Voeg 1 Koppie gerasperde Cheddar Kaas daarby en meng me hoender vleis, skep in oond bak, smeer deeg (gevriesde deeg of Fillo velle kan gebruik word) met geklitste eier geel
Bak in oond 160 grade tot mooi bruin en crispy, met gevriesde deeg, laat+- 30 MIN in vrieskas staan voor dit gebak word.

Ek het hier Phyllo velle gebruik, bedien met Griekse Slaai of enige ander groen slaai.

Hierdie Pastei IS n treffer hoor, julle sal sien, daar kom GEEN Sout by nie, die bacon en Soppoeier maak dit Sout genoeg, Peper kan na smaak by gevoeg word

Resep en Foto: Joey Esterhuizen




STEAK IN KRUMMELS

Steakrepies in Krummelstested
STEAK IN KRUMMELS
Ek het gister met’ n paar stukkies taai steak gesit! Dit toe maar gekap en in repies gesny en net toe ek my broodkrummels in versapper wil maak, kalf die versapper.
Toe gryp ek ‘n paar droë karringmelk beskuite en kap dit fyn, gooi “flippen lekker spice” by.
Rol strips in koemeel gegeur met speserye, doop in geklitste eier en rol in krummels.
Diep braai in olie.
Bedien koud of warm met sweet chillie sous.
My mense was mal daaroor.

Resep en Foto: Marietjie van der Merwe




Hoender en bacon stirfry

Hoender en Bacon Stirfrytested

Stirfry met n twist.

Braai uie in olyfolie, gooi bacon en hoender by.

Spice volgens smaak. Ek het net n knypie Himalayan Pink Salt bygevoeg.

Mrs Balls Original chutney en sweet chili sous bygegooi en laat prit.

Voeg groente by en kook tot gaar.

Vars tamatie in blokkies gesny en rys bygekook.

Devine!

Resep en Foto: Stephanie Kohrs‎




INDIVIDUELE MALVAPOEDINGS

Oondpan Malvapoedingtested

INDIVIDUELE MALVAPOEDINGS
Resep en foto: Wilna Dorfling
FOOD LOVERS RECIPES
Poeding:
250 ml suiker
50 ml margarien
4 eiers
60 ml appelkooskonfyt
2 ml sout
250 ml melk
750 ml (3 koppies) bruismeel
10 ml koeksoda

Klits botter en suiker tot goed gemeng en voeg die eiers en appelkooskonfyt by, klits tot gemeng.
Voeg die meel en sout by en roer tot gemeng.
Los die koeksoda op in die melk en voeg dit by die meelmengsel en roer tot gemeng.
Giet die beslag in ‘n oondpan en bak in ‘n voor verhitte oond teen 180°C vir 30-40 min.
Sous:
500 ml water
500 ml melk
460 ml margarien
500 ml suiker
10 ml vanilla geursel

Plaas die bestanddele vir die sous in ‘n kastrol op die stoofplaat en verhit to suiker opgelos en die sous begin borrel.
Giet  die warm sous oor die warm poeding wanneer dit uit die oond gehaal word. Plaas die poedings ‘n paar minute terug in die oond totdat die sous goed ingetrek het.
Nota:
Vir individuele poedings, giet die vulsel in muffinpannetjies of kolwyntjiehouers, bak vir ongeveer 25 min, verwyder vinnig uit die oond wanneer gaar en giet die sous oor die poeding.
Vir ‘n alternatief plaas die individuele poedings in ‘n groot bakpan en giet die sous oor, maar werk vinnig, want die poedings moet warm wees wanneer die sous oorgegiet word.
Nota:
Bruismeel vervanging:
3 koppies koekmeel
4 ½ teelepel bakpoeier




TUNA SALAD WITH BURGUL SOAKED IN LEMON AND LIME JUICE AND CHILLI

Tuna salad with burgul soaked in lemon and lime juice and chillitested

TUNA SALAD WITH BURGUL SOAKED IN LEMON AND LIME JUICE AND CHILLI

(Burgul is cracked wheat)
Soak burgel in water and lime and lemon and some chilli paste or fresh chilli, salt and pepper for 30 min

Make a tuna salad. Add whatever ingredients u like. Then add it the burgel

Salad Idea and Photo: Di Bo




YSKASTERT

HELMIEN SE YSKASTERTtested
YSKASTERT
Resep: Helmien En Kobus Kotze
FOOD LOVERS RECIPES
1 houertjie room, styf geklits
2 koppies Bulgaarse jogurt
1 blikkie kondensmelk
1 pakkie vanilla kitspoeding

Meng die 3 bestanddele en vou in by styf geklitste room.
Pak laag beskuitjies, dan die helfte van die mengsel oor beskuitjies.
Dan weer laag beskuitjies en laaste van die mengsel.
Krummel 2 flakes bo-oor en sit in yskas.
Baie baie lekker!




Gordon Ramsay’s Lasagne

lasagne 1tested

Gordon Ramsay’s Lasagne
Ingredients
2 tbsp olive oil
1/2 large onion, peeled
1 large carrot, peeled
2 cloves garlic, peeled
2 pinches dried oregano
300g minced beef
1 tbsp tomato purée
1 tbsp Worcestershire sauce
1 bay leaf
30ml (2 tbsp) red wine
1 x 400g tin chopped tomatoes
50ml milk
Salt and freshly ground black pepper
For the sauce
25g butter
25g flour
300ml milk
Pinch of ground nutmeg
60g Cheddar cheese, grated
30g Parmesan cheese, grated
6 sheets of ’non-cook’ lasagne sheets
Save a shopping List
Directions

1
Method: How to make Gordon’s classic lasagne al forno

Pre-heat the oven to 225°C.

Heat the olive oil in a hot pan. Grate the onion and carrot and crush the garlic before frying together. Season with the bay leaf, a pinch of oregano, Worcestershire sauce and a little salt and pepper. Allow the onion to soften before making a well in the centre of the pan. Place the mince in the middle of the pan and stir to break it up. Add the tomato puree and allow to cook out for 30 seconds. Continue until all the meat has browned nicely. Add the wine and cook off the alcohol before adding the tomatoes. Leave to simmer for a further 2-3 minutes. Finally add the milk, turn off the heat and set aside.

To make the cheese sauce, first melt the butter in a saucepan. Add the flour and using a wooden spoon, stir to form a paste. Over a gentle heat add a third of the milk, whisking to prevent any lumps forming. Add the rest of the milk a third at a time, whisking as you go. Season with salt and pepper and a pinch of ground nutmeg. Allow the sauce to cook out for another minute before adding the Cheddar cheese. Stir and remove from the heat.

Spoon half of the meat sauce into the bottom of the baking dish and place pasta sheets on top (break the sheets if necessary to avoid any overlapping). Next, pour in just under half of the cheese sauce, and spread evenly using a spatula before spooning the remaining meat on top. Add the final layer of pasta and use the spatula to pour over the remaining cheese sauce.

Finish with the grated Parmesan and sprinkle with another pinch of oregano. Add a light seasoning of salt and pepper before cleaning the edges of the dish and placing in the oven to bake for 20-25 minutes, or until golden brown.

In the bottom of your salad bowl use a fork to whisk together the mustard, vinegar and olive oil. Season with salt and pepper. Carefully open the head of lettuce, season inside with salt and pepper. Upend the lettuce headfirst into the salad bowl. Holding the root, wipe the leaves around the bowl to coat in the vinaigrette. Twist the root and pull it out. Turn the dressed head of lettuce onto a large plate and gently open out.

Portion out the lasagne and serve alongside the salad.

Recipe adapted by: Sa-eeda Daniels
Photo: Sa-eeda Daniels