VYE ASYN

vye asyntested
VYE ASYN
Vye asyn – Fritz Uys..
Vye asyn is baie raar en in sy kinderskoene van ontwikkeling.
Vye wat vandag geoes word moet nie vermeng word met die vorige of die volgende dag se vye nie en moet in groeppe geklasifiseer word nl: 1.Oorryp 2. Ryp en 3. Minder ryp
Al die dele word gebruik vir die asyn ( tot dusver blyk die boonste gedeelte die beste te wees vir asyn)
1 laag van die middelste stuk vye in ‘n plastiekbak, boonste en onderste gedeeltes so 15mm dik gepak. Dit moet gehou word in ‘n koel donker plek totdat die vye so 50% kamoeflering lyk (groen/bruin). Bedek die vye met ‘n melkdoek.
MOENIE die vye in die middle deur sny soos op die foto nie, dit is net n Ilustrasie. Slegs die “kop” en die “Stert” word afgesny..
Proe daagliks met vinger. Sodra aanvaarbaar is wod dit in melkdoeksak opgehang. Drup deur en vang die asyn op.
Dit blyk te wees dat vye in ‘n droe jaar makliker ‘n goeie asyn maak as in ‘n hoe reenval jaar. Hou elke dag se asyn (vye) in apparte bottle en moenie meng met vorige of volgende dag se asyn nie.
Sit die datums en inligting oor oor die reen seisoen op die bottle.
NB: moenie natgemaakte vye gebruik nie. Toets – vye wat in die somer geoes word – vries en maak asyn in die winter.
Gebruike van vyeasyn:
1. Op slaai na smaak
2. Helfte van die asyn in ‘n asynpoeding, asook ‘n toets om die volledige hoeveelheid asyn te vervang.
3. Kan ook dit wt oorbly in die melkdoek – duik dit/ proe dit – as dit die bekende vye reuk en smaak gee vervang helfde of volle asyn met die moes in die poeding.
Uyse van Omitara, Namibia – enige bevindinge kan aan ons gestuur word per e-pos.

Geplaas deur: Stefaans Blaauw




GEEL PERSKE OF APPELKOOS BLATJANG-CHUTNEY

peach chutneytested

GEEL PERSKE OF APPELKOOS BLATJANG-CHUTNEY
5 kg geel perskes of appelkose
8 groot uie
8 groot droë rooi rissies, na smaak
2 liter bruin asyn
2 kg bruin suiker
1 eetlepel sout
2 eetlepels koljander, gemaal

Verwyder pitte (hoef nie te skil nie)
Rasper perskes met “food processor”.
Rasper uie
Meng alles in groot kastrol.
Kook vir 1 uur op matige hitte.
Haal van hitte af as kleur ligte bruin is of na smaak.
Bottel terwyl warm.
Laat staan tot koud.
Die langer dit staan die lekkerde word dit
Ek stoor van my blatjang oor twee jaar.

* Ek gebruik Trickle bruin suike. Maak dit mooi bruin kleur.
*Om dit lekker warm te maak sit ek so 3 eetlepels Chilly Powder by.

Resep verskaf deur: Eddie Rocher




VLEISLAND SE LEKKERSTE BOEREWORS EN DROËWORS RESEP

Suidwes Droëworstestedboerewors stefaans

VLEISLAND SE LEKKERSTE BOEREWORS EN DROËWORS RESEP
En net omdat die winter nou so naby is, plaas ek die WENNER resep ook maar.
Vleisland se LEKKERSTE Boerewors resep
(of SUIDWES Droëwors):
32 kg vleis
8 kg vet
650 g sout
60 g swart peper
50 g fyn naeltjies
50 g fyn neutmuskaat
300 g koljander (gerooster)
750 ml Worcestersous

Boerewors: Meng 1 liter yswater vir elke 10 kg by die gemaalde vleis in. Dan stop dit makliker, en die wors is sappig.
Droëwors: LOS DIE WATER UIT

Sny die vleis en vet in blokkies, meng die speserys deur saam met die Worcestersous. Maal dan alles saam, en meng dan die koue water lekker deur voor jy begin stop.
Stop in 22/24 skaapderms en hang in goed geventileerde vertrek, om droog te word.

Vleisland’s Namibian Champion Boerewors
(or South West Droëwors)
32 kg venison (meat or 40 kg fat beef meat)
8 kg fat (with fat beef meat NO FAT)
650 g salt
50 g fine cloves
50 g fine nutmeg
300 g fine coriander (roasted)
750 ml Worchestersauce

Boerewors: Cut the meat and fat in cubes, mix with all the spices and and Worchester sauce. Mince everything together and thoroughly mix the 1 litre cold water through before you start filling.
Droëwors – LEAVE THE WATER OUT

Fill the meat in 22/24 sheep longs, and hang in a well ventilated room to dry.

Chutney Boerewors: LEAVE OUT the Worchestersauce, and add 500 ml of chutney for every 10 kg of meat.

Resep: Stefaans Blaauw




BILTONG-REPIES (STRIPS)

tested

BILTONG-REPIES (STRIPS)
Ek maak dit al baie jare suksesvol.

Sny die Silverside mooi skoon van alle senings.
Sny dit op in repies, na eie smaak, met ‘n baie skerp mes (Skoon snitte).
Strooi ‘n enkel lagie growwe sout op die bodem van ‘n skoon plastiek bak wat ‘n deksel het om dit te seel.
Strooi, ‘n lagie gemaalde, geskroeide koljander (nie poeier), ‘n lagie Crown National Biltong spices “original” en sprinkel bruin asyn en Worchester sous oor om dit klam te maak. (Ek strooi ook ‘n bietjie swart peper, maar almal hou nie daarvan nie) Pak ‘n enkel laag vleis repies op die mengsel, baie dig teen mekaar, maar dit moet nie oorvleuel nie. Herhaal alles in die eerste laag todat al die vleis “ingele” is.
Laat staan oornag met deksel op in ‘n koel plek. Meng deur die volgende oggend.
Le dit uit op plastiek “mesh”droograk en skakel ‘n waaier aan om dit te droog.
Die eerste “sticks” sal so binne ‘n dag of minder reg wees, afhangende van die dikte wat dit gekerf is.
Volg dieselfde resep vir Chilli bites, strooi net Chilli Bite spices van crown National ook oor.

Source: Marieta Ueckermann Voges




OLIEKOEK

vanilla koektested
OLIEKOEK
2 koppies koekmeel
2 koppies suiker
1 koppie melk
1 teelepel bakpoeier
4 eiers
10 eetlepels olie
1 teelepel sout
1 teelepel vanilla

Klits eiers en suiker tot room
Verhit olie en melk
Voeg al die bestanddele saam
Bak op 180 grade C vir ongeveer 45 min
Ek het die een verdubbel dan bak jy dit net langer
Ek sit nie versiersel op nie, die koek is al reeds soet

Resep en Foto: Melissa Cornelia Du Toit – Is my oorlede ma se resep




ERTJIESOP MET EISBEIN

tested

ERTJIESOP MET EISBEIN
1 gerookte eisbein
1 pakkie gedroogde ertjies
2 medium wortels
1 groot ui
2 medium aartappels, in klein blokkies opgesny
2 vleisblokkies
1 groot knippie gedroogde rissie vlokkies, opsioneel
suurroom en warm ciabatta, vir opdiening

Kook die eisbein in die stoompot vir so 30-45 min (moet net toe wees onder kookwater, geen sout). Haal die eisbein uit, dik vel sal sommer maklik afval en haal been uit.  Sny vleis in klein stukkies en gooi terug in die pot met dieselfde water waarin dit gekook is.
Spoel die ertjies goed af en gooi by die water saam met die wortels, ui en aartappelblokkies.
Prut totdat die ertjies fyn is en gooi dan eers die vleisblokkies met water opgelos by.
Ek gooi altyd ‘n lekker groot knippie gedroogde rissie vlokkies by vir so bietjie zing.
Bedien die sop met suurroom en warm ciabatta skywe.
2 DE FOTO:  Vanaand was dit ‘n vinnige ertjiesop met gerookte kaaswors en creme fraiche. Resep is basies dieselfde afgesien van die eisbein. Snytjies gerookte kaaswors word heel laaste by sop gevoeg en dan word dit vir 15 min geprut.
Resep en foto: Elsabie Templeton




RIA SE ANYS BESKUIT

anys beskuit Riatested
RIA SE ANYS BESKUIT

12 koppies koekmeel
desert lepel sout
2 pers pakkies anchor yeast
pakkie anys saad
2 kp suiker
4 eiers geklits in half koppie olyf olie.
1 liter lou warm water

Roer olyf olie mengsel in sterk lou water in.  Sit Alle droë bestandele in knie skottel meng deurmekaa,  voeg vloeistof mengsel by en meng met mes tot redelik ingesny. Knie deur,  gebruik olyf olie op hande om te knie. Voeg meel of olyf olie by tot deeg elasties is. Verdeel deeg in 3 en plaas elke deel in plastiek sakkie. Druk wind uit en knoop toe. Laat staan op kas en laat rys tot dubbel grootte. Knie terug…Rol in balle pak in panne en bak op 180 grade C vir 30 tot 35 minute.  Sny en droog uit indien verkies.

Resep en foto: Ria Magdalena Susanna




STEPHNIE SE SJOKOLADEKOEK

Sjokoladekoektested
STEPHNIE SE SJOKOLADE KOEK
2½ koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier as jy gewone koekmeel gebruik. of (bruis meel )
4 eiers
5 ml sout
½ koppies suiker
½ koppie kookolie
½ koppie kookwater
4 groot lepels kakaoMeng alles saam en meng goed.
Skep in ‘n mikrogolf bestande bak of pan OF gewone koekpan wat voorberei is.
Bak in mikrogolfoond vir agt min op hoog.
of
Bak in oond vir 35 min.
Toets of gaar met mes of toetspen – as mes skoon uit kom is hy gaar
Versiersel:
2 koppies versiersuiker
3 eetlepels botter (margarien)
4 groot lepels kakoa
6 groot lepel gerasperde kook-sjokolade
1 groot lepel water
Meng bogenoemde goed.
Kan ook van die gerasperde sjokolade oor die versierde koek strooi, of enige versiersel van jou keuse
Resep en foto: Stephnie Du Plooy




MAROELAKONFYT

Maroelakonfyttested
MAROELAKONFYT
Ek is verras. Proe baie na aan appelmoes, effe surigheid.
Nadat ek die maroelas uitgekook het vir jellie, het ek pitte uitgehaal.
Die res gepulp en een koppie suiker op 2 koppies pulp gekook.
Hou aan roer, pasop vir brand onder. Seker so ‘n halfuur se kook.

Resep en Foto: Elba Groenewald




KNOFLOOKCRISPIES

Knoflookcrispiestested

KNOFLOOKCRISPIES
Bak in een grote laag pindaolie, arachide-olie, de in reepjes gesneden knoflook, tot het bruin wordt. Zet het vuur uit en schep de knoflook eruit en laat afkoelen. Dan wordt het krokant. Doe de afgekoelde knoflook in een gesteriliseerde pot (een schone pot 2 minuten in de magnetron op 800 Watt, of giet kokend water in de pot, leg de deksel er op en laat 3 minuten staan) vul af met de olie, waarin u de knoflook gebakken hebt. In de koelkast, blijft het maandenlang goed. De olie gebruik ik om vlees mee in de kwasten of brood, wat ik ga te roosteren of paprika’s. De knoflook is lekker op salades, over groentes, in soep, die al in borden zit, als topping over vlees, enz.

Resep en Foto: Jaco van Baalen