LEKKER KONDENSMELKTERT

kondensmelkterttested
LEKKER KONDENSMELKTERT
1 blik kondensmelk
3 blikkies water
3 eiers, geskei
4 eetlepels vla
4 eetlepels Maizena

(Jy kan ‘n (kaneel) kors van Tennisbeskuitjies en botter en kaneel maak as jy wil).
Meng 1 blikkie water en eiergele.
Meng vla en Maizena by in ‘n aparte bak.
Gooi kondensmelk en 2 blikkies water in kastrol en verhit effens.
Voeg eiergeel mengsel by en kook tot mengsel dik is.
Haal af van plaat.
Klits eierwitte styf en vou by mengsel in kastrol in.
Skep in tertbak in en gooi pypkaneel oor.
Laat afkoel en geniet.

Bron en Foto: Sonja van der Mescht




MARIETJIE SE GROENTE-PIEKELS

groente piekels martietjie 2tested
MARIETJIE SE GROENTE-PIEKELS
1 kg gherkins
10 baba wortels
8 piekel uitjies
hand vol blomkool
hand vol groenbone
pakkie vars baba mielies
sout
600 ml wit asyn
400 ml water
500 ml suiker
20 ml pickling spice.
Meng al die bestanddele behalwe groente in kastrol.
Roer tot suiker gesmelt is en bring tot kookpunt.
Prut 5 minute lank. Sny groente na keuse en voeg by asyn mengsel.
Kook 5 minute en bottel warm.
Hierdie is vir die “sweet en tangy” piekels. Om suurder te maak, verminder suiker na 360 ml.

Bron en Foto:  Marietjie van der Merwe‎




KAAS EN UIE BROODROLLETJIES

broodrolletjiestested

KAAS EN UIE BROODROLLETJIES
Broodbolletjies vir saam met vanaand se oxtail:
4 koppies koekmeel (helfte het ek vervang met nutty crunch)
½ pakkie kitsgis
10 ml sout
5 ml suiker
water om stewige deeg te vorm.
Ek het 10 ml van Ina Paarman se Garlic en Herb seasoning by mengsel gevoeg.

Meng goed en laat rys op warm plek tot dubbeld die grootte.
Sny blokkies kaas en hou eenkant.
Sny 2 meduim uie grof en braai in olie met so 3 eetlepels bruinsuiker tot lekker taai.
Plaas van die gebraaide uie onder in pan en maak bolletjies met blokkie kaas in elke bolletjie.
Pak in gesmeerde pan en sit res van die uie en kaas tussen die bolletjies.
Laat weer rys vir 20 minute.
Bak teen 180°C vir 30 minute en giet dan ‘n mengsel van 50 ml olyfolie en 50 ml kookwater oor broodjie.
Bak tot gaar.
Resep en foto: Marietjie van der Merwe‎




CHALLAH-JOODSE BROODJIE

Challah Joodse broodjietested

CHALLAH-JOODSE BROODJIE
Hierdie brood is ‘n Joodse brood en is absoluut heerlik en maklik om te maak, nou net klaar gebak en wag dat dit bietjie moet afkoel.
500 g broodmeel (ek gebruik partykeer koekmeel as ek nie broodmeel het nie)
10 ml sout
20 g (2 pakkies) kits gis of vars gis
200 ml louwarm water
30 ml strooisuiker
2 eiers
75 g gesmelte botter

Meng die droë bestanddele. Meng die botter by die water en die eiers, voeg by die meelmengsel en knie baie goed vir nie korter as 10 min nie. Laat rys op warm plek tot dubbel en knie af en laat weer rys tot dubbel.
Verdeel die deeg in 3 ewe groot stukke en rol ‘n lang “slang” van elke stuk, vleg en plaas in broodpan of op ‘n bakplaat. Laat rys tot dubbel en bak 20 min teen 200°C. Smeer dan bietjie botter bo-oor of wat ek hier gedoen het is ewe hoeveelhede suiker en water gekook en dit bo-oor geverf.

Foto: Ilona Turner




Heerlike Rooi Roman

tested
Ek weet nie hoe groot joune is nie, maar vergeet van ‘n “resep”. Hy is op sy lekkerste op een van hierdie maniere: as hy baie groot is, fillet hom netjies, en braai vinnig oor hoë hitte in ‘n dikboompan. (Net so’n paar minute aan elke kant). Gebruik botter wat jy eers so bietjie bruin laat braai, gooi dan olyfolie by. Van die kop maak jy die lekkerste denkbare vis-aftreksel — romankop het iets soos gelatien in, en is vreeslik geurig.

OF as jou vis heel in ‘n pan kan pas, braai die heel vis op dieselfde manier: in botter en olyfolie.
Ek vryf so’n bietjie mieliemeel gemeng met bietjie meelblom oor my vis voor ek dit braai, en geur dit met enige lekker mengsel, soos die een met peppadew in.
Ek sou beslis nie ‘n vars roman bedek met souse en goeters nie. Jy moet hom “underdone” maak, en sit hom dan in ‘n lou oond — glo my, hy bak deur in 10 minute. Die meeste mense maak hul vis te gaar, en sê dan hulle hou nie van vis nie!

— ek wou nog bylas — heerlik met gekookte jong aartappeltjies, ‘n soeterige groente soos ertjies of patats, en ‘n lekker bak groen slaai met goetertjies soos gekapte tamatie, basielkruid, bietjie gekapte ui, ens.
Resep idee: Zuri Roos




ELBA SE BUTTERNUT PIEKELS

Butternut Piekelstested
ELBA SE BUTTERNUT PIEKELS

1 kg butternut in blokkies gesny
2 kop witasyn
1 kop suiker
3 knoffelhuisies opgesny
1 teelp selerysaad
1 teelp komynsaad
1 teelp droe origanum
Paar draaie growwe swart peper

Gooi growwe sout oor butternut laat staan 4 ure. Gooi water af en pak in gesteriliseerde bottels. Ek kry 4 heuningbottel groottes uit.
Kook res saan en gooi in botteltjies. Draai warm toe.
Dis meer n meditereense geur wat deurkom

Resep en foto: Elba Groenewald‎




TEENY BISCUITS

Teeny Teddies Biscuitstested
TEENY BISCUITS
60 g butter, cubed
140 g honey
½ teaspoon vanilla bean paste
170 g plain flour
65 g self raising flour
½ teaspoon bi carb soda

Place butter, honey and vanilla into bowl.
Melt at 100°C, speed 2 for 5 minutes.
Don’t have a Thermo Mixer? Melt in a saucepan over a medium heat on the stove.
Add remaining ingredients.
Mix on speed 3 for 30 seconds.
Don’t have a Thermo Mixer? Take saucepan off the heat. Add remaining ingredients and mix with a wooden spoon until combined.
This will be a sticky, wet dough. It firms upon cooling however.
Remove dough from bowl or saucepan and place onto a silicone mat in a rectangle shape to cool for 30-45 minutes. Be careful as this will be hot. Do not put it in the fridge or leave it too long as it will be harder to work with.
Preheat oven to 180°C. Line two large baking trays with baking paper.
Once dough is slightly cooled and easy to work with, roll out into a thin rectangle about 2mm in thickness. When I roll, I lift and flip it over a few times whilst rolling to ensure its an even roll. Work gently and slowly when lifting and flipping.
If your dough is sticky allow it to cool a little longer. You want a dough that is able to be lifted from the surface it is being rolled on.
Using a small teddy cutter cut shapes from the dough. You may choose to cut and then place the teddy on the tray or you may chose to cut them all at once then peel away from the mat and put on the tray. You can see both options in the blog photo.
These will only need to bake for 5 – 8 minutes or so. Watch them very carefully. You want them golden and a crunch to them. If you do not cook long enough you may have less crunchy teddies on day two and beyond. Do not overcook though. Burnt honey is not tasty. Every oven varies so watch them closely.
Store in a airtight glass jar for up to two weeks.
Notes
For reasons unknown some (minority) Bellini machine users have difficultly with this recipe and the dough is crumbly. If this is the case for you simply add a little water or milk to bring it together. You will only need a tablespoon or so at most.

Photo: Di Bo




KORSLOSE KAAS QUICHE

kaas quiche - adamtested

KORSLOSE KAAS QUICHE
60 ml botter
60 ml koekmeel
150 ml melk
5 groot eiers, liggies geklits
1 x 250 g-bakkie gladde maaskaas
2,5 ml Dijon-mosterd
2,5 ml bakpoeier
100 g gruyère of beleë cheddar, gerasper
5 sprietuie, in fyn ringetjies gesny
30 ml gerasperde parmesaan en roket, om voor te sit

Smelt die botter in ’n kastrol. Voeg die meel by en roer. Haal dit van die plaat af en roer die melk bietjies-bietjies by om ’n baie dik witsous te vorm. Sit terug op die plaat en laat vir vyf minute kook – roer die heeltyd. Haal van die plaat af en roer nog vyf minute tot afgekoel.
Meng die eiers, maaskaas, mosterd en bakpoeier in ’n bak en geur dit na smaak.
Meng die eiermengsel met die witsous en roer die gruyère of cheddar en sprietui by. Skep in ’n gesmeerde oondbak en bak vir 30 minute in die oond, tot goudbruin en gaar in die middel. Sprinkel die parmesaan oor die warm quiche en laat dit vir 10 minute rus.
Sny en sit met roket voor.
Foto:  Adam Cloete




WORSIE-GEREG

Worskostested
WORSIE-GEREG
Ek wil graag ‘n resep met julle deel. Dit is ‘n groot gunsteling in my huis en maak dit nogal gereeld. Ons noem dit sommer “Worsie Gereg”
WORSIE GEREG
500 – 600 g boerewors, in ringetjie gesny
1 groot ui, gekap
1 teelepel knoffel
2 eetlepels medium kerrie poeier
2 eetlepels blatjang
1 eetlepel bruinsuiker
1 blik tamatie en ui mix
115g tamatie pasta
sout en peper na smaak

Tip: Dit is makliker om die wors in ringetjies te sny as dit nog gevries is, anders skeur die velletjie van die wors af en dan kook die wors pap.
Braai wors, ui en knoffel in ‘n kastrol tot mooi bruin en gaar.
Voeg dan die res van al die bestanddele by, roer goed deur en laat prut totdat alles goed deur gekook het en kerrie gaar is.
Bedien gereg op mash.
Baie lekker!

Resep en foto: Natasja Bekker




KLEINMAAT KARRINGMELKBESKUIT

Karringmelkbeskuittested

KLEINMAAT KARRINGMELKBESKUIT
1,5 kg bruismeel
10 ml sout
500 ml suiker
500 g botter of margarien
500 ml karringmelk
3 eiers geklits

Voorverhit oond tot 180 ºC en smeer broodpanne.
Meng droë bestanddele. Smelt botter en voeg karringmelk by. Voeg eiers by en klits goed tot gemeng.
Voeg by meelmengsel en meng deur tot sagte deeg. Maak bolletjies (of verdeel deeg tussen panne vir broodjie) rangskik in panne en bak sowat 1 uur lank tot gaar en lig bruin.
Laat effens in panne afkoel, keer uit en laat verder afkoel.
Breek in bolletjies of sny in skywe en droog tot droog en bros.
Lewer ongeveer 44 stukkies

Resep en foto: Amanda Swanepoel