

MA RINA SE HEERLIKE LASAGNE
BRON EN FOTO: Elna Erasmus
FOOD LOVERS RECIPES
Ek het gisteraand weer my Skoonma se heerlike lasagne vir ons gemaak. Hierdie is voorwaar ‘n treffer.
1 groot ui
1 knoffelhuisie
1 gekapte groen soetrissie
3 eetlepels kookolie
2 repe gekapte ontbytspek
1 kg maalvleis
sout, peper en ‘n knippie oreganum
1 eetlepel tamatie pasta
2 tamaties, vel verwyder en fyn gekap
1 koppie rooiwyn
250 g lasagne velle
Braai die ui, groen soetrissie en knoffelhuisie in die kookolie tot deurskynend.
Voeg die ontbytspek en maalvleis by en braai tot bruin en krummelrig.
Voeg, sout, peper, knippie oreganum, tamatie pasta en tamaties by.
Laat stadig prut tot die mengsel dik is, voeg die rooiwyn by, kook stadig vir 10 minunte.
Kaassous
2 eetlepels botter/margerien
2 eetlepels meelblom
2 koppies melk
1 teelepel mosterd
sout en peper
1 koppie cheddarkaas
Maak ‘n witsous met die botter/margerien, meelblom, melk, mosterd, sout en peper. Haal van die stoof af en voeg die cheddarkaas by.
Pak soos volg in ‘n pasteibak.
Meng ‘n bietjie kaassous en maalvleismengsel saam en smeer onder in die bak.
Begin met eerste laag lasagne velle.
Gooi ‘n laag kaassous oor die lasagne velle.
Dan ‘n laag maalvleis, pak weer ‘n laag lasagne velle.
Gooi weer ‘n laag kaassous gevolg deur die maalvleis.
Pak weer ‘n laag lasagne velle bo-op en gooi weer kaassous oor. Bedek met tinfoelie.
Bak vir 20 – 30 minute by 180°C.
Ek bak myne gewoonlike by ‘n lae temperatuur van 120°C baie stadig vir ongeveer ‘n uur dan is die lasagne velle lekker sag.
Strooi ekstra gerasperde kaas bo-oor en laat dit smelt.
Bedien met ‘n knoffelbrood en slaai.
NOTA: Ronell Muller Boshoff
As jy jou lasagne n half uur laat staan sonder kaas terwyl oond warm word bak jy dit net 40 min met kaas bo oor tot lekker bruin. 180* Terwyl lasagne staan word velle sag.