OU BALLIE KERRIESLAAI


OU BALLIE KERRIESLAAI
1 blik (820g) perskes in perskesap
1 blik (840g) pynappel stukkies
1 fles (390g) wit suur uitjies
37,5 kerriepoeier
37,5 wit suiker
100ml fyn appelkooskonfyt
Knippie sout
5 druppels tabasco sous
2 blikkies (420g) boontjies in tamatiesous
25ml mielieblom

Dreineer en snipper die perskes maar hou die sap. Dreineer die pynappelstukke maar hou die sap. Dreineer die asyn van die suur uitjies, voeg die perske- en pynappelsap, asook die kerriepoeier, suiker, konfyt, sout en tabasco sous by. Kook vir 10 minute.
Voeg perske snippers, pynappel stukke, heel uitjies en boontjies in tamatiesous by. Maak die mielieblom met bietjie water aan en voeg by. Kook vir 5 minute tot sous verdik. Laat afkoel.

FOTO: Hettie Swanepoel

2de foto:  Taryn Rossouw
Baie dankie almal! Ek het een groot blik perske skywe, een blik pynappel stukkies, en een fles tuisgemaakte chilli sous gemeng. Ek het die perske en pynappel stroop dik gekook met ‘n pakkie soet suur sous en maizena. Almal het baie lekker geëet, selfs die kinders. Dankie vir al die raad!




ELZETNA SE AMARENO CHERRY KOEK


ELZETNA SE AMARENO CHERRY KOEK

2 kop bruismeel
2 eiers
1 teelepel koeksoda ( bicarb)
1 kop suiker
1 bottel 420g mareno kersies H ek het kersies in kwarte gesny)
Indien jy vind dat die mengsel te stof is kan jy aanleng met melk, ik het omtrent 125ml extra gebruik.

* meng alles saam
* bak vir +-30 min tot gaar op 180 grade voorverhit oond

Maak sous:
3 eetlepels botter
1/2 kop idealmelk
1 teelepel vanilla
1 kop suiker

* kook alles saam en gooi oor warm koek
** prik gaatjies in koek voor jy sous oorgooi

Laat afkoel. Meng 250g mascarpone met koppie versiersuiker. Roer met lepel moenie klits nie.( mengsel is nie styf nie maar ook nie loperig soos water nie) Kleur met rooi voedselkleursel. Gooi oor koek, dat dit egaal oorloop. Versier met kersies.

RESEP EN FOTO: Elzetna De Bruin




SUURLEMOEN EN LILLI PILLY KOELDRANK


SUURLEMOEN EN LILLI PILLY KOELDRANK

Lilli Pilly konsentraat :
Pluk eugenia-bessies, verwyder takkies en was baie goed skoon. Bedek net-net met water, kook tot die bessies hulle kleur verloor. Laat afkoel in kastrol. Gooi deur sif, behou net die vloeistof. Gooi deur kaasdoek om mooi skoon vloeistof te behou. Voeg 400 g suiker by elke 500 ml vloeistof, roer tot suiker opgelos is. Bring tot kookpunt.


Hierdie konsentraat kan as koeldrank konsentraat gebottel word of verder in Lilli Pilli Jellie gekook word.

Ek het die konsentraat met outydse limonade basis in koeldrank verwerk word (http://www.foodloversrecipes.com/…/verfrissende-outydse-le…/)  

RESEP EN FOTO: Petro Borchard




ELSABIE SE GEROOSTERDE HOENDER IN GASOOND


ELSABIE SE GEROOSTERDE HOENDER IN GASOOND
Sit hoenders in vlekvrye staal bak, druk halwe suurlemoen in elke hoender, smeer met olie en strooi tannie Ina Paarman se Garlic & Herb speserye oor albei kante.
Gooi 3/4 koppie hoender ekstrak en 3/4 koppie witwyn in die oondbak.
Sit hoenders vir eerste 30 min op 175ºC op hulle rug.
Draai dan om vir volgende 30 min.
Draai terug op rug vir 15 min en bak tot die velletjie krakerig is.
Laat staan vir so 10 min voordat jy die hoender sny.
Ek bak dit oop, sit op geen stadium foelie of die bak se deksel op nie.
Moet erken die gasoond het baie te doen met die feit dat die vleis sappig is. Sodra gas verbrand gee dit vog af en dit is die rede hoekom vleis meer sappig is as wanneer in ‘n elektriese oond gerooster word.
Hierdie is my bak met vloeistof in gedurende die proses. Hou die vloeistof om ‘n lekker sous mee te maak indien jy rys saam met dit bedien. Of hou dit om later te gebruik vir ‘n basis vir sous.
RESEP EN FOTO: Elsabie Templeton




VINNIGE MIKROGOLF PIZZA


VINNIGE MIKROGOLF PIZZA
Cecil Dunhin
3 mins
Speedy mikrogolf mini pizzas 🍕🍕🍕
Per pizza:
4 eetlepels meel
Knippie sout
Knippie bakpoeier
Knippie koeksoda
3 eetlepels melk
1 eetlepel olie
Tamatie pasta sous
Gerasperde kaas van keuse
Toppings van keuse
Speserye van keuse
In n bakkie meng die meel meel, sout, bakpoeier, en koeksoda.
Meng melk en olie in.
Gooi lagie pasta sous oor.
Voeg kaas en toppings oor.
Bak vir 2min in die mikrogolfoond op hoë hitte.
Idee op net gekry, aangepas

RESEP: Monique Dunhin
FOTOS: Cecil Dunhin




GIDEON SE SWART MOSSELS IN KAASSOUS


GIDEON SE SWART MOSSELS IN KAASSOUS
Ek het vir ‘n voorgereg mossels in my slakkebakke gemaak en is heeeerlik!
12 uitgedopte swartmossels
1 eetlepel fyngekapte knoffel
1 teelepel aromat
3 eetlepels room
4 eetlepels witwyn
1 koppie gerasperde Mozzarella kaas

Verhit alles in ‘n pan tot kookpunt, behalwe die mossels en kaas.
Voeg dan die mossels by en kook vir 7 min.
Haal dan mossels uit en plaas in die slakkebak se holtes gooi die sous wat in die pan is oor die mossels en vul sodoende die holtes.
Strooi gerasperde Mozzerella kaas bo-oor en verhit onder grill vir 5 tot 7 min.
Geniet die sous wat oorbly met ‘n strukkie brood.
Hmmmmmmm djeerlik!

RESEP EN FOTO: Gideon Louw




LELANE SE SPINASIE EN FETA SKONS


LELANE SE SPINASIE EN FETA SKONS
Resep en foto: Lelane Van Der Walt
FOOD LOVERS RECIPES
Slap-Degie:
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
Kruie van jou keuse
125 ml melk
125 ml kookolie
1 eier
Vulsel: – gaar spinasie en feta gemeng

Meng alles goed saam tot ‘n slap degie.
Skep lepelvol in ‘n kolwyntjiepan, dan vulsel  ( gaar spinasie en feta) en weer degie.
Bak in oond 180 ºC tot goudbruin en gaar.

 




ALL BRAN SONNEBLOMSAAD BESKUIT


ALL BRAN SONNEBLOMSAAD BESKUIT

500g botter, gesmelt
500ml karringmelk
15ml vanielje
6 koppies bruismeel
5ml sout
3 koppies All Bran Flakes
1 koppie Sonneblomsaad
1 1/2 koppie suiker
1/2 koppie rosyne

Meng gesmelte botter, karringmelk en vanielje
Sif meel en sout
Voeg res van droë bestandele by en meng
Voeg botter mengsel by en meng tot n stywe deeg
Maak bolletjies en plaas in gesmeerde broodpanne (ek gebruik my beskuitpan)
Bak 40min teen 180 grade tot gaar
Breek oop en koel af en droog

FOTO: Adri Redlinghys
RESEP: Inpakkos van Deona Tait




SPINASIE MET GEPOSJEERDE EIER EN SPEKVLEIS


SPINASIE MET GEPOSJEERDE EIER EN SPEKVLEIS
Spanasie met posjeerde eier en bacon.
1 bossie spinasie skoon gemaak, gekook in sout water. Druk water goed uit en fyn opgesny.
7 med grote aartappels geskil, gekook in sout water tot lekker sag. Water af en fyngemaak met botter en bietjie melk en gegeur met wit peper en nutmeg.
Eiers geposjeer en water wat kook met ‘n bietjie wit asyn, sodra water kook breek eier in ‘n bakkie en sit versigtig in kokende water. Skep uit met ‘n lepel.
Paar repe spekvleis gebraai.

BRON:
Petro van Genderen




AMANDELTEELTJIES


AMANDELTEELTJIES
2 eierwitte
125 ml strooisuiker
100 g botter, gesmelt en afgekoel
120 ml koekmeel
2 ml vanillageursel
100 g amandelvlokkies
versiersuiker in siffie vir opdiening

Klop eierwitte en strooisuiker vir sowat 2 minute met vurk of houtlepel.
Roer die botter geleidelik by. Sif die meel oor die mengsel en meng tot glad.
Vou die geursel en amandelvlokkies by die mengsel in. Bedek en laat vir paar ‘n minute staan.
Gebruik ‘n groot bakplaat sonder randte – of gebruik die agter kant van ‘n gewone bakplaat – smeer die plaat baie goed met gesmelte botter. Skep teelepelsvol van die beslag sowat 75 mm uitmekaar op die pakplaat.
Sprei die deeg met ‘n nat vurk uit tot dun teeltjies van sowat 40 mm.
Bak die deeg ongeveer 6 minute in ‘n voorverhitte oond by 190ºC.
Hou dit goed dop – bak totdat die randte ligbruin verkleur.
Laat die koekies vir 2 sekondes op die bakplaat afkoel.
Maak dit onmiddelik met ‘n metaal spatel los van die bakplaat en fatsoneer die koekie oor ‘n tolstok om ‘n teeltjie te vorm.
Plaas dit op ‘n afkoelrak sodra dit hanteerbaar is en bietjie afgekoel het.
Sif versiersuiker oor die teeltjies voor opdiening.
Resep en foto: Petro van Genderen