PREMIX FRUIT CAKE

fruit caketested
PREMIX FRUIT CAKE
Premix Christmas Fruit Cake

1 premix fruit mix I bought from Cab Foods.
Just added
250 g butter,
6 jumbo eggs, the mixture comes with sugar mix, flour mix and fruit mix.
Mix altogether and bake in slow oven on 150 C for 1 1/2 to 2 hours or until skewer comes out clean.
Once cake has cooled down in your baking tin pour over the following sauce:
350 ml sugar,
250 ml water and
25 g butter or margarine.
On low heat dissolve these ingredients in a saucepan.

Simmer for 5 mins and add 80 ml Brandy ( optional ) pour over your cooled cake, only remove cake from tin when all the sauce has been adsorbed.
I then wrap the cake in tin foil and then cover in cling wrap and store in an air tight container.
In the last 3 weeks leading to Christmas, I pour 1 tbsp Brandy over the cake every week to keep the cake moistened. You can substitute the Brandy with a fruit juice.

Icing:
1 punnet marzipan,
1 punnet plastic white icing ( fondant )
3 tbsp melted apricot jam.
Glaze your cake with jam first then roll out your marzipan to drape the cake, not too thick, it will adhere to the jam. Roll out your white fondant and drape over the marzipan layer.
Decorate top of cake with fondant cutouts

RECIPE AND PHOTO: Gail Haselsteiner




SCRUMPTIOUS MOIST CHOCOLATE CAKE

DELICIOUS MOIST CHOCOLATE CAKE
SCRUMPTIOUS MOIST CHOCOLATE CAKE
INGREDIENTS:
3X eggs
175g(220ml) sugar
60ml oil
60ml cocoa, dissolved in 125ml hot water, allow to cool.
130g(250ml) flour
10ml baking powder
2ml salt
5ml vanilla
METHOD:
1. Beat eggs and sugar together until light and fluffy
2. Add oil and mix well
3. Fold in flour, baking powder and salt, alternatively with the cocoa mixture, into the egg mixture
4. Add the vanilla essence and mix well
5. Pour into 2 greased cake tons(200mm) and bake at 180’C for 25min until done.
Ice and enjoy! xx
Photo: Louise Nortje Blignault




BILTONGTERTJIES

Biltongtertjietested
BILTONGTERTJIES
Ek het klein tertjies gemaak.
Blaardeeg uitgerol en sirkels met glas gedruk.
In van daardie heel klein muffin panne gesit.
Bietjie biltong op dan bietjie kaas.
Bo-op geklitste eier en room mengsel.
Ek het twee rolle puff pastry s’n gemaak.
Het blok kaas gebruik.
Eier mengsel was twee houers room en ses eiers.
Bak teen 180°C totdat gaar en deeg bietjie kleur gekry het.
Heerlik!

RESEP EN FOTO: Ronel Grobbelaar‎




LORRAINE SE LEKKER FRIKKADELLE

2015-10-07-jakessefrikkadelleoordiekoletested
LORRAINE SE LEKKER FRIKKADELLE
1 kg maalvleis
½ blokkie Oxo opgelos in bietjie water
1 eier
1 ui gerasper
1 tamatie gerasper
1 pakkie simba chips – klein pakkie druk dit baie fyn
Geen sout nie die chips is klaar sout
Meng alles goed maak bolletjie. Giet in die bodem van die pan min water, hy moet eintlik stoom,  pak die bolletjies in die waterlagie. Bak in die oond tot net gaar, dit bak lekker bruin. Die bolletjies is nog net so sappig as dit koud is dan weet jy dit is reg.
Resep en foto: Lorraine van der Westhuizen




VYE VOORGEREG

Vye voorgereg
VYE VOORGEREG

My Vy!!! Hier’s ‘n vinnige voorgereg happie bord veral vir kersfees of sommer voor ‘n braai!

Lekker ryp vye in kruise gesny
Gerookte salmon
Pistachios opgekap
Bloukaas (optioneel) [kan met brie kaas of Camembert vervang word]
Heuning ook optioneel [net ‘n ligte drissel]

Vreeslike lekker combo! Ons mans pop sommer dit so heel inni mond…

Gaan natuurlik baie lekker saam ‘n Pinotage of ‘n sagte Shiraz

Enjoy!!!

BRON EN FOTO: Morne Chef Mo‎ en Ansie Coetzee




MAKLIKE HOENDERSLAAI

Maklike Hoenderslaaitested
MAKLIKE HOENDERSLAAI
Ligte aandete na ‘n warm dag. Maklike Hoenderslaai:-
2 hoenderborsie (ontvel en ontbeen) in repe gesny
½ ui gekap
4 groterige sampioene, gekap
grofgemaalde swartpeper
Sout
1/3 koppie Jimmy’s bastingsous
1 koppie mayonnaisse
½ eetlepel suiker
Maak ‘n Griekse slaai per persoon
Kan ook mango stukke tussenin sit  (Ek het tuis ingelegde kappertjiesaad bygesit)
Braai uie swartpeper en sampioene in ‘n bietjie olie
Voeg hoenderrepe by en braai goed deur
Voeg Jimmy’s bastingsous by en roer goed
Voeg mayonnaise by, kook tot sous verdik
Voeg sout na smaak by asook ½ eetlepel suiker
Skep hoender oor slaai  Skep dan die sous oor die hoender.
Dit is die slaaisous … Geniet …

Resep en foto: Petré Van Jaarsveld




MAGDA SE FRIKKADELLE

Magda se frikkadelletested
MAGDA SE FRIKKADELLE
1 kg maalvleis…..
1 pakkie bruin uiesoppoeier,
1 aartappel rou en 1 ui gerasper .
Week 2 snye bruin brood in n Halwe koppie melk ,
1 tl bakpoeier ,
1 tl aromat en 2 eiers …..
Meng goed en rol in balletjies
Voorverhit oond tot 180 grade C
Gooi klein bietjie water in pan net om nat te maak en te sorg dat frikkadelle nie vassit nie
Bak +15 minute draai om vir 5 minute

Resep en Foto: Magde Van der Kolff




APPELS-IN-VLA-PASTEITJIES

APPELS-IN-VLA-PASTEITJIEStested

APPELS-IN-VLA-PASTEITJIES

1 Roll Puff Pastry
6 Groen Appels geskil en ontkern
Margarien
Donker bruin suiker
Kaneel
All Spice
Sous/vla
1 Blik Kondensmelk
2 Kop Kook Water
100grm Margarien
60ml Vla poeier
Voorverhit oond 200’C
Roll deeg bietjie dunner uit.
Sny in 6 ewe groot blokke
Plaas ‘n appel op elke blok.
Druk margarine in appel holte (nie meer as helfte vol nie)
Druk nou suiker bo op die botter.
Strooi met lekker baie kaneel en ‘n bietjie van die all spice.
Vou die appels toe in die deeg, en plaas in gesmeerde bak.
Bak vir 20min.
Meng intussen die kondensmelk en kookwater en ook die margerien saam tot botter gesmelt is.
Gooi by apples en bak verdere 10min.
Gooi bietjie meer as die helfte van die sous af in ‘n beker.
Klits vlapoeier by die afgegooide sous tot glad.
Gooi als terug by die apples.
Bak laaste 20min tot goudbruin en die vla effens geset is.
Bedien saam room of roomys op…..

BRON EN FOTO: Suenell Liebenberg




JAN SE GEMMERKOEKIES

jan se gemmerkoekiestested
JAN SE GEMMERKOEKIES
Resep geplaas en foto: Jan Bezuidenhout
FOOD LOVERS RECIPES
6 koppies koekmeel
3 koppies suiker
2 eetlepels gemmer
250 ml stoop
1 teelepel sout
2 eetlepels koeksoda
500 g margarien
1 koppie melk

Kook stroop en melk saam en laat afkoel.
Vryf botter in die droë bestanddele in.
Voeg melkmengsel by en maak aan tot n’ stywe deeg.
Rol in balletjies in sit in koekpan. (moenie platdruk nie)
Bak ongeveer 10 tot 12 minute teen 180°C tot goudbruin.




WILLEM SE SLOW COOKER KERRIEHOENDER

Willem se Kerriehoendertested
WILLEM SE SLOW COOKER KERRIEHOENDER
BRON EN FOTO: Willem Meyer
FOOD LOVERS RECIPES
My kerrie hoender wat ek laas Maandag al wou maak…vandag eers gestalte gekry.
Plaas die hoenderstukke in die prutpot. Indien verkies kan dit eers bietjie gebraai word, maar nie nodig nie.
Braai 2 groot uie in botter bruin
Voeg 3 koppies water  en die volgende bestanddele by die uie en kook vinnig deur.
1 eetlepel koekmeel
2 eetlepels appelkoos konfyt
1 eetlepel kerriepoeier
2 eetlepels asyn
Bietjie blatjang
Bietjie tabasco sous
Sout en peper na smaak
Giet die uiemengsel oor die hoender in die prutpot, stel op Auto en laat rustig kook tot alles gaar en die sous lekker dik is.