WHOLEMEAL PASTA WITH CHANTERELLES AND COURGETTE


WHOLEMEAL PASTA WITH CHANTERELLES AND COURGETTE
Ingredients:
200g of granary pasta
150g of chanterelles (see note below)
half a courgette
2 cloves of garlic
3 tablespoons of butter
150ml cream
salt and pepper
2 tablespoons of minced chives
Boil the pasta so it is al dente. Slice the garlic and cut the courgette.
Wash the mushrooms, and cut the bigger ones in half.
Fry a bit of the garlic in butter, add the chanterelles and fry for 5 minutes.
Add the courgette and fry until is a bit soft.
Pour in the cream, spice it up with salt and pepper.
Boil until the sauce thickens.
Mix the pasta with the sauce.
Decorate with the minced chives.

NOTE:
Chanterelles, known also in Poland as “kurka żółta”, pieprzyk jadalny, lisica, kurek and pieprznik pospolity, are one of the most popular mushrooms at the beginning of the summer. They are found all over the world (except Antarctica) and, interestingly, picking them doesn’t have any effect on their population size. Chanterelles grow in broadleaf and coniferous forests, often in sandy and acidic soil. You can find them under spruces among the moss, but these mushrooms appreciate freedom. So far, attempts to cultivate chanterelles have resulted in failure.
Travellers around Poland meet mushroom pickers by the wayside, who sell chanterelles directly after picking them in the forest. I don’t buy mushrooms in such places, but when I find them in markets, I am often tempted.

RECIPE AND PHOTO: Katarzyna Posłuszny
https://www.home-madepatchwork.com/




MONIQUE SE LEKKER PEANUT BUTTER FUDGE


MONIQUE SE LEKKER PEANUT BUTTER FUDGE
So het n ruk terug n heel eenvoudige resep gekry by n vriendin en dit is n groot treffer:
100 ml peanut butter (grondboontjiebotter)
100 ml klapper olie
50 ml heuning
5 ml Vanillageursel

Plaas die peanut butter, klapperolie en heuning in ‘n pot. Verhit die bestanddele net totdat als lekker gesmelt is, voeg die vanilla by en meng. Voer ‘n bakkie uit met was papier. Gooi die mengsel daarin en plaas in vrieskas tot dit geset is en sny in blokkies. Hou in yskas tot net voordat jy dit opdien. Dit smelt Maklik.
In die foto hieronder het Ek drie variasies gemaak gisteraand.
1. Is n plein peanut butter een
2. Is ook ‘n klein peanut butter ene maar het rice krispies bygemeng en laat stol en toe albany sjokolade gesmelt en dit bo oor gesmeer en dit verder laat set.
3. Hier het ek ipv peanut butter, nutella gebruik en nie die heuning bygevoeg nie.

FOTO: Pier-Brita Rudman




SUURLEMOEN KONDENSMELK VLA TERT


SUURLEMOEN KONDENSMELK VLA TERT
HOEVEELHEID: 8 – 10 mense
½ koppie vlapoeier
100 ml suiker
4 koppies melk
2 blikkies kondensmelk
200 ml suurlemoensap
1½ pakkie Tennisbeskuitjies, fyn gedruk
½ koppie room
100 g strooisuiker
1 teelepel vanielje geursel

Maak ‘n gladde pasta aan met 1 koppie melk en die vla poeier.
Kook die melk en voeg die gladde pasta mengsel by die kokende melk en 100 g suiker.
Hou aan roer met draad klitser om klonte te voorkom totdat dit verdik het en jy geen melerigheid proe.
Mikrogolf oond kan ook ingespan word, maar roer gereeld elke minuut tot verdik.
Terwyl die vla afkoel meng die kondensmelk met die suurlemoensap en roer goed deur om dik te word.
Plaas ‘n laag krummels in die tertbak en skep ‘n laag vla oor en smeer gelyk.
Plaas in vrieskas sodat ‘n velletjie vorm, doen dit tussen elke laag.
As die vla te warm is, gaan die kondensmelk mengsel smelt op die warm vla en dan gaan die lagies in een smelt.
Smeer weer ‘n laag kondensmelk.
Jy kan besluit of jy dit in baie lagies wil maak waar die koekies die lae definieer of jy kan net een tert met 2 lae maak.
So ‘n lagie koekies, vla en kondensmelk mengsel is die volgorde van werk, lekker speel!
Klits die room met die strooisuiker tot styf en geur met vanielje geursel.
Smeer bo op die tert en sprinkel neute, krummels of net wat jy lus het voor oor.

FOTO: Lelane vd Walt




BLASIES


BLASIES

Blasies gemaak, vir my bietjie droog, sal dalk beter wees met blaardeeg, of met n sweet en sour sauce.

1 koppie meel
Groot eetlepel melk
1 eier
Sout en peper

Metode

Meng deeg aan en skep lepels vol in warm olie, ek het deeg plat gedruk en in repies, blokkies gesny,
Gooi aromat bo oor.
BRON: onbekend
FOTO:  Marie Rheeder Troskie




BRATWüRST (BRAAIWORS)


BRATWüRST (BRAAIWORS)
Resep en foto: Hendrik Markgraaff
FOOD LOVERS RECIPES
3 kg varkboud gemaal
2 kg beesvleis gemaal
1 eetlepel gemaalde swart peper
3 eetlepels sout
2 teelepels paprika
2 teelepels rooipeper
3 teelepels mosterdpoeier
2 teelepels fyn salie
2 eetlepel fyn koljander
1 teelepel fyn neutmuskaat
1 groot ui gemaal
3 eiers
500 ml bier
Meng al die bestanddele goed saam en stop in derm.

 




CHOCOLATE POUND CAKE


CHOCOLATE POUND CAKE
¾ cup butter, softened
1½ cups caster sugar
3 teaspoons vanilla essence
3 eggs, lightly beaten
1 ½ cups self raising flour
½ cup cake flour
3 tablespoons cocoa powder
1 ¼ cups milk

Preheat oven 190°C.
Place butter, sugar and vanilla in a bowl and beat until light and fluffy. Gradually beat in the eggs.
Sift together the flours and cocoa powder. Fold the flour mixture and milk, alternatively, into the butter mixture.
Pour the mixture into a greased and lined square cake tin and bake for 55 minutes or until the cake is cooked when tested with a skewer. Stand the cake in the tin for 10 minutes before turning onto a wire rack to cool.

Het koek na gebak, in blokke gesny en versier… het in drie gesny en tussen lae caramel en strawberry jam gesmeer en bo-op met vars room en ‘n cherry met gerasperde chocolate versier… dit is maar wat ek gedoen het.
PHOTO: Petro van Genderen




BREADMAKER VETKOEK


BREADMAKER VETKOEK
1 ½ cups water
5 tablespoons sunflower oil
1 egg, beaten
3 cups all purpose flour ( white bread flour)
1 cup whole wheat flour
1 ½ tablespoon sugar
2 teaspoons salt
2 teaspoons dry yeast
Mixed in my Russell Hobbs Breadmaker.
Form the vetkoek and let it stand to rise, bake in hot oil.

PHOTO: Anne Jackson Majoor




SHELEEN SE CHOC CHIP KOEKIES


SHELEEN SE CHOC CHIP KOEKIES
Resep en foto: Sheleen Byrne Vorster
FOOD LOVERS RECIPES
7 koppies koekmeel
2½ koppies suiker
1½ teelepel gelyk kremetart
1½ teelepel gelyk koeksoda
4 eiers
500 g margarine (wooden spoon, geel pakkie werk lekker)
Voor verhit oond op 180ºC.
Klits alles behalwe meel goed saam.
Meng meel deur met botter mengsel.
Jy kan die deeg net so maak, of choc chips byvoeg, of selfs balletjies in klapper rol en dan plat druk in jou oond pan.
Ek het my oondpan met gewone botter gesmeer en net bietjie meel oor gestrooi.
Die bak hang af van hoe warm jou oond is. Draai na 5 min die pannetjie totdat jy hom heeltemaal in die rondte gedraai het. As die koekies mooi bruin word en die degie net net sag is, kan jy hulle uithaal en laat afkoel.

 




JAPANESE KAASKOEK


JAPANESE KAASKOEK
7 eetlepels botter
100 g roomkaas
½ k melk
8 eiers, geskei
60 g gesifte meel
60 g gesifte corn starch
130 g suiker
bietjie versiersuiker, om oor te sprinkel

Kook die botter, roomkaas en melk saam.
Roer tot gesmelt en glad. Haal van hitte af.
Klits die 8 eiergele goed en voeg die melk-kaas mengsel stadig by terwyl heeltyd geklits word op stadige spoed.
Roer daarin die gesifte meel en corn starch totdat daar geen klonte is nie.
Klits die 8 eierwitte halfpad styf en voeg die suiker by. Klits nou totdat stywe punte vorm.
Vou die eierwitte in by die melk mengsel.
Gooi uit in ‘n bakpan en sit daardie pan binne-in ‘n ander een met kookwater.
Bak by 140°C vir so 1 uur tot gaar.
Wanneer afgekoel, sprinkel versiersuiker oor.

Resep geplaas deur Frances Smith
Foto: Frances Smith




MADELEIN SE GROOT ROOI FLUWEELKOEK


MADELEIN SE GROOT ROOI FLUWEELKOEK
2 koppies meel
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda
Halwe teelepel sout
2 eetlepel kakao poeier
1 en ‘n half koppies suiker
3/4 koppie olie
2 eiers
1 koppie karringmelk
2 teelepels vanilla geursel
Rooi voedsel kleursel (so rooi soos jy dit soek)
En dan die geheime bestandeel – 1/2 koppie aangemaakte warm koffie.

Preheat die oond op 180 ºC
Spuit pan en sit een kant
Meng al die droë bestanddele saam
Meng dan in ‘n ander bak die suiker en olie saam
Meng dan die eiers, karringmelk, vanilla en rooi kleursel ook saam die suiker mengsel
Meng die koffie daar by in en voeg dan die droë bestanddele mengsel bietjie vir bietjie in.
(dis ‘n dun deeg moet nie nog meel by voeg nie) gooi dan in die pan en bak dan vir 30 to 40 min. Tot toetspen skoon uit kom.

Vir versiersel het ek gewone botter versiersel aangemaak omtrent so 80 g-100 g botter geroom met versiersuiker en dan voeg ek ongeveer ‘n halwe blokkie roomkaas by,  kan ook mascapone kaas gebruik werk baie lekker. Verskoon maar spelling hoop julle sal dit geniet
RESEP EN FOTO: Madelein Jacobs