

HOE OM PATAT TE VRIES
Yvonne K. Erasmus
Ek skil, sny en vries hulle. As jy hulle dan kook gooi net n klein bietjie water in kastrol.
Jeanette Martins
Kook die patats vinnig, trek die skil af, laat heeltemal koud word, sny in skywe en sit in sakkies.
Sue De Kock
Ja ek doen skil dit laat staan in sout water. Kan dit dadelik vries of so 3 min kook en dan vries. Ek verkies die kook en dan vries proses.
Marie Nelson Malan
Ek skil my patat en lê dit vir n pasr minute in CHIP WHITE. Dan droog ek dit effens en bêre in sakkies in die vrieskas. Die chip white voorkom dat dit verkleur. Wanneer ek dit kook spoel ek dit net vooraf met gewone kraanwater en kook dan in water, botter en suiker.
Wynie Wynand Myburgh
wat my pa doen. sny blokkie en sit in pot met bietjie water en sonder sout en as die water op kook dan sit hy af en los die pot op warm plaat en laat afkoel en dan sit hy in sakkie en vries dit.
Hy sit ook die water wat in pot gekook in die sakkie. hy gooi nie water weg nie.
Elzette Olivier Jacobs
jare gelede het ‘n tannie my geleer om die volgende te doen en dit werk vandag nog die heel beste. Ek skil my patats maak my porsies op so vir 4 tot 5 mense en dan elke porsie kry ‘n halwe uitgedrukte lemoen sommer so met die hand uit gedruk. Skud maar die sakkie dat al die patats van die sitrus opkry. (jy kan dit met boerpampoen ook doen) Vries en wanneer ek dit kook kom net ‘n klein bietjie water bygegooi tot dit afgekook is en die patats gaar is voordat ek al die lekkerte van bruinsuiker, gemmer en botter byvoeg om lekkerrrrr soet patats te maak. Probeer dit gerus.
Daleen Stephens
Skil, sny skywe en laat lê in sterk soutwater. Kook water met suurlemoenskywe (ongeveer 1 suurlemoen per 2 liter water) in ‘n groot kastrol. Dreineer soutwater van patatskywe. Gooi in kokende suurlemoenwater – al die patats moet bedek wees met water. Sodra dit goed kook, neem tyd en kook vir 5 minute. Skep patats met gaatjieslepel uit kookwater en dompel dadelik in yskoue water. Dreineer, droog af en verpak. Kook die volgende klomp patats in dieselfde suurlemoenwater.