EASY OATMEAL RUSKS

rusks

EASY OATMEAL RUSKS
6 cups of flour
1 ½ cups of sugar
3 eggs
1 cup of melted margarine
1 tteaspoon salt
2 cups of milk
2 cups of oats

Mix dry ingredients.
Mix wet ingredients.
Mix all together.
Put in a prepared pan.
Bake +-1 hour at 180ºC
Cut and dry out.
Recipe and photo: Kimberly Kimi Ross




NACHOS MET MAALVLEIS

Nachos
NACHOS MET MAALVLEIS

Onder het ek doritos chips gesit.

Ek het maalvleis met uie en knoffel gebraai en ‘n pakkie tamatie pasta en ‘n blikkie tamatie ingesit met peri peri spice en chillit flakes en sout en pepper, alles vir ‘n rukkie saamgebraai en van die chillie mince oor die doritos gesit.

Dan gerasperde kaas oorgesit en onder die grill gesit vir die kaas om te smelt.

As dit uit die oond uitkom sit ek blokkies tamatie, avo en rooi uie oor en suurroom bo op.

foto en resep:  Leanne Thurston Coetzer




“SMELT-IN-DIE-MOND” STEAK

smelt in die mond steak

“SMELT-IN-DIE-MOND” STEAK

Mens kan enige steak gebruik of selfs blokkies vleis (Goulash).

Rol die vleisstukke in meel en braai in ‘n bietjie olie in ‘n warm pan tot bruin.
Plaas die gebraaide vleis in ‘n oondbak, geur soos verkies en plaas eenkant.
Braai soveel uie soos verkies in dieselfde pan met bietjie olie tot bruin.
Skep die gebraaide uie bo-op die vleis.
Maak ‘n sous aan van bietjie olie, bisto, tamatiesous, Worcestersous, blatjang, bietjie rooiwyn en water.
Voeg by soos verkies na smaak met variasies van eie keuse.
Giet die sous oor die vleis en uie en plaas die bak in ‘n oond van 150ºC en bak vir 2 tot 3 ure.
Strooi kaas oor die vleis wanneer dit uit die oond kom en geniet!!!

Resep en foto: Santie Hain 




NAUDéA SE WILDSPASTEI

wildsvleispastie
NAUDéA SE WILDSPASTEI
Ek braai so bietjie uie en dan voeg  ek die wildsvleis BY en dan varkvet wat ek in blokkies sny.
Dan voeg mens fyn naeltjies, balsamiese asyn en water by en laat dit kook tot heeltemal sag.
Vul net heeltyd die water aan.

Wanneer die vleis sag is en uitmekaar begin val sit ek Ina Paarman Meatspice en Rock Salt in na smaak en nog so bietjie asyn en naeltjies en dan bietjie tuisgemaakte perskeblatjang.

By die tyd is meeste vloeistof heeltemal weggekook, maar ek maak 1 teelepel maizena aan met klein bietjie water en voeg by en dan kook ek dit tot die sous lekker dik is.

Skep in ‘n oondbak en sit skilferkorsdeeg oor.
Bak teen 180 º C tot die deeg gaar is.

Resep en foto: Naudéa Visser




TJOPKASSEROL MET MACARONI

tjopkasseroltested
TJOPKASSEROL MET MACARONI
Foto’s:  Gideon Louw en Benhet Nieuwenhuis
FOOD LOVERS RECIPES
6 skaapboudtjops
sout en peper na smaak
bietjie koekmeel
250 ml water
75 ml tamatiesous
25 ml Worcestersous
25 ml asyn
5 ml suiker
150 g (250 ml) gesnyde macaroni
1 ui, gemaal
bietjie gerasperde Cheddar-kaas

Voorverhit oond tot 180°C.
Smeer ‘n groot oondkasserol met deksel.
Geur tjops met sout en peper en rol hulle in koekmeel tot heeltemal bedek. Plaas langs mekaar in kasserol.
Meng water, tamatiesous, Worcestersous en asyn saam.
Giet die mengsel oor die tjops en strooi suiker bo-oor.
Sit die deksel op en bak die tjops 60 tot 90 minute.
Kook die macaroni en ui saam in soutwater totdat die macaroni sag is. Dreineer en hou warm.
Skep macaroni op die gaar tjops en strooi kaas oor. Plaas kasserol terug in die oond en bak dit sonder die deksel totdat die macaroni begin verbruin.


In plaas van tjops het ons ‘n jong bokribbetjie in langbeentjies gesny. Ons het ook ipv macaroni spaghetti gebruik en dit bo op ‘n bed van smash bedien en dit was djeerlik.
Foto: Gideon Louw




STRAWBERRY FROZEN YOGURT

frozen yogurt
STRAWBERRY FROZEN YOGURT
1 cup of strawberry puree
1 can of sweetened condensed milk
juice of 2 lemons
2 cups plain yogurt.

In a food processor puree the strawberries. Once you have about 1 cup of puree add the can of sweetened condensed milk and mix on high for 30 seconds.
Add the lemon juice and mix until it is incorporated into the mixture.
Add the yogurt and again mix for 30 seconds.
Put the mixture in your ice cream maker and follow the directions of the manufacturer.




30 DAY MUFFINS

 

30 dae

30 DAY MUFFINS
Makes about 24 muffins

Ingredients:
2 Eggs
125 ml ( ½ cup) Oil
185 ml ( ¾ cup) Huletts SunSweet Brown Sugar
500 ml (2 cups) Milk
250 ml (1 cup) Wholewheat Flour
375 ml (1 ½ cups) Cake Flour
500 ml Digestive Bran OR an extra 250 ml Wholewheat Flour
5 ml (1 tsp) Vanilla Essence
1 ml Salt
10 ml (2 tsp) Bicarbonate of Soda
250 ml (1 cup) Dried Fruit Cake Mix
250 ml (1 cup) Chopped Dates

Method:
Whisk eggs, oil and sugar together.
Add the remaining ingredients and mix well.
The mixture should be allowed to stand overnight in an airtight container.
Half fill greased muffin tin pans with the mixture.
Bake at 180° C for 10–15 minutes.
Note: This mixture can be kept in the refrigerator for up to 30 days before baking.
Photo: Lyn Stephenson




LEKKER PEPPERMINT CRISP TERT

pepermint crisp terttested
LEKKER PEPPERMINT CRISP TERT
Resep en foto: Erika Beer Loedolff
FOOD LOVERS RECIPES
Tennisbeskuitjies
2 pakkies Orley whip
23 groot malvalekkers
1 koppie melk
150 g peperment sjokolade plus ekstra

Pak ‘n laag Tennisbeskuitjies onder in ‘n tertbak.
Klits die Orley Whip styf.
Smelt die malvalekkers en melk saam op lae hitte.
Rasper die peperment sjokolade in die mengsel in en vou die styf geklitste Orley Whip ook in.
Skep in bak bo-op tennisbeskuitjielaag.
Rasper nog bietjie sjokolade bo-oor en plaas in yskas.
Baie lekker!

Jesicha Carlson‎
Kan dit ook in glase voorsit
pepperment crisp in glase




SOET BROODJIE

soetbroodjie

SOET BROODJIE
½ brood deeg gebruik
¾ koppie suiker
1 houertjie room

Deeg in bolletjies gemaak.
Room en suiker gemeng en bo-oor deeg gegooi.
Gebak op 180°C tot gaar.
Resep en foto: Marie Rheeder Troskie
Rina Kleinhans: Ek gooi bruinsuiker onder in die bak en dan weer bo-oor ook saam met die room en dit is net eenvoudig heerlik.




GEVULDE PIZZA BROODJIES

Gevulde pizza broodjiestested

GEVULDE PIZZA BROODJIES

Ek het dit gemaak, het pizza deeg gebruik. Rol die deeg uit dat dit nie te dik is nie.
Druk sirkels uit vir onder,  sit op jou bakplaat, en sit dan jou vulsel bo-op soos verkies – enige iets … ons het gebruik:  Mozzarella, tamatie, pepperoni, en bacon klein gesny. Alles moet reeds gaar wees wat jy as vulsel gebruik.
Druk groter sirkels uit en sit bo-oor die vulsel, druk mooi vas rond om.  Smeer bietjie melk bo-oor en bak by 180 grade C vir 15 min of tot lekker bruin en gaar.