GROENTE-PAMPOEN

1016405_10202075727187151_127172781_ntested
GROENTE-PAMPOEN
As jy gaste oornooi vir ‘n potjie braai en daar is iemand wat nie van groente in die pot hou nie, hier is ‘n baie goeie idee.
Neem ‘n ysterpampoen en sny ‘n deksel in.
Hol al die pampoen uit totdat die wand ongeveer 2 cm dik is. (Oortollige pampoen kan vir Sondag ete gebruik word).
Neem 1 kg Country Mix growwe groente en meng met 2 koppies gerasperde kaas.
Baba aartappels en heel klein uitjies kan ook ingegooi word.
Plaas binne in die pampoen. Neem genoeg room om die groente te bedek en meng met Ina Paarmans groente spesery en kaas spesery. Skep saam met die groente in die pampoen.
Sprinkel gerasperde kaas bo oor. Sit pampoen se “deksel” op. Draai die hele pampoen toe in foelie.
Neem ‘n swart platboom pot en plaas pampoen binne in. Sit op die kole. Word so geleidelik saam jou vleispotjie gaar. As jy ‘n mes in die wand van die pampoen kan druk is jou groente pampoen gereed. Lekker eet.
Resep en foto: Charmaine Faulds



MAASKAASTERT MET PYNAPPEL

tested

MAASKAASTERT MET PYNAPPEL
1 rolkoek (Swiss Roll)
1 blik kondensmelk
1 houer room maaskaas
1/3 koppie suurlemoensap
2 teelepels gelatien – opgelos in 50 ml water
Meng bogenoemde saam.
1 x 410 g fyn pynappel
1 koppie suiker
Kook saam en laat afkoel.
250 ml vars room styf geklits.
Sny Rolkoek en pak onder in ‘n bak. Skep kondensmelkmengsel bo-oor en laat stol. Skep nou die pynappel mengsel bo-oor dit en versier met al die room.
Resep: Rona Swart




HOENDERFILETTE MET LEMON AND HERB SLAAISOUS

1604711_609379545783371_1188343103_n

HOENDERFILETTE MET LEMON AND HERB SLAAISOUS
Maak ‘n sous van lemon and herb slaai sous en vars kruie na smaak. Smeer die hoenderborsies met die sous. Plaas in ‘n oondbak wat in jou oondjie pas soos op foto. Begin so op 150°C vir 10 minute aan ‘n kant en draai op na 220°C en rooster (grill) net vir die laaste 10 minute. Smeer die hele tyd van jou sous oor die hoenderstukke. Sny ook met ‘n messie om te sien hoe gaar dit is. Liewers te rou as oor gaar. Sit dit dan net terug vir nog so 10 min indien nodig.
Resep en foto: Eastwood Loftus Nel




LEKKER VISGEREG

tested
LEKKER VISGEREG
8 tot 10 stukkies stokvis (hake)
2 bakkies room
2 pakkies Royco fish bake
Sampioene
Uie
Chedder kaas
Ina Paarmen se vis speserye
Maak sous aan in beker (room en fishbake)
Vat ‘n diep bak en skep eers ‘n lagie sous en dan pak ‘n laag vis, sprinkel speserye oor.
Sit dan gesnyde sampioene en uie oor.
Pak weer ‘n laag vis en sprinkel speserye op.
Skep die res van sous oor.
Rasper kaas oor.
Bak teen 180ºC vir 60 min.  
Bedien saam rys.

Foto en resep:  Marian van Deventer




TUNA OF HOENDER OONGEBAK

1493181_608802129175718_55297638_ntested

TUNA OF HOENDER OONGEBAK
Ek werk nie op mates en met resep nie, ek werk op gevoel so die hoeveelhede is so by benadering.
2 blikke tuna gedreineer
3 koppies gaar rys omtrent
750 ml witsous
1 groot pak chips fyngemaak,enige geur wat jy van hou, ek gebruik sour cream and chives
3 eetlepels mayonnaise opgehoop
smaakmiddels van jou keuse.

Meng alles goed deur, skep in gespuite oondbak, strooi kaas oor en bak by 180ºC vir 30min.
Ek gebruik meeste van die kere sommer oorskiet hoender wat ek net fyner stukkies maak, maar vandag tuna gebruik.
Resep en foto:  Naudéa Visser




BABA AARTAPPELS MET FETA EN TAMATIE

1538707_10202384749534138_1085049567_ntested
BABA AARTAPPELS MET FETA EN TAMATIE
Kook aartappeltjies sommer in skil tot net sag. Sit in oondbak, en druk effens plat tot lekker oopgebars.(nie pap nie – sien Marian se foto )
Sit baba tamaties heel, of in helfte gesny, by. Lekker sout en swartpeper, en n paar basilie blare as jy het. Krummel feta oor. Bietjie knoffel of n paar ontpitte olywe is ook lekker . Sprinkel met olyfolie ,en bak totdat tamaties lekker warm is en net begin oopbars. Lekker saam met enige vleis of selfs vis, en gaan vinnig.
Resep:  Rita du Toit
Foto: Marian van Deventer




VISKOEKIES UIT ‘N BLIKKIE – VERSKEIE RESEPTE

 

viskoekies van pichards in tamatiesoustested

VISKOEKIES UIT ‘N BLIKKIE – VERSKEIE RESEPTE

Hier is ‘n verskeidenheid van idees van ons lesers:

Floraine Wasserman Venter
Ook heerlik as jy op 1 blik vis, 1 groot pak sout en asyn tjips grof gedruk, 2 eiers, 4 eelepelts koekmeel, 5 ml bakpoeier, visspeserye, ekstra sout en asyn geursel, bietjie melk. Vorm en bak, bedien met dik kaaswitsous en groente of slaai

*******************

Lindie Ferreira
3 x potatoes peeled and cut into chunks
2 x 170g tuna
2 x eggs, lightly beaten
1 x small onion, finely chopped
30 ml chopped parsley
Black pepper
Mix all ingredients and fry in oil.

*******************

Stompie Theron Borman
Pieter Coetzee hier is resep vir viskoekies ek maak dit altyd myne maak ek net van tamatievis of vaalvis 400 g-410 g soos ons die noem wat nie in tamatiesous is nie ek het al met tuna ook gemaak :
Viskoekies van Pilchards: Klits 2 eiers. Voeg daarby 1 blik vis 400 g-410 g, ¼ koppie asyn, sout en peper na smaak, 1 klein gesnipperde ui( as daar te veel sous in blik is dreineer party af) Meng 1 teelepel bakpoeier in 1 koppie koekmeel. Voeg dit by die vorige mengsel. Dit vorm stywerige deeg. Skep eetlepels vol in warm olie en bak tot goudbruin

*******************

2 blikkies Tuna 
1 klein ui, fyn gekap
1 fyngemaakte knoffelhuisie
3 eetlepels vars pietersielie
2 eetlepels vars of gedroogte orego
100 ml hawermout
90 ml koekmeel
½ teelepel bakpoeier
2 eiers
75 ml melk
½ koppie soetbrandrissiesous
1 eetlepel HP-sous
sout en peper na smaak
olyfolie om viskoekies in te braai

Maak vis fyn, en meng met die res van die bestandele.
Mengsel moet stadig van ‘n lepel afdrup, en nie te styf wees nie.
Verhit olie in pan, en braai lepels vol deeg op ‘n slag, ‘n paar minute aan elke kant, tot goudbruin.
Dreineer op kombuispapier.
Bedien met soet brandrissiesous, avokado en kapokaartappels.
Bron; RSG Heleen se viskoekies

**********************

Stompie Theron Borman
Wat ook lekker is as jy die vis met witsous en gebraaide uie maak en dan pannekoek bak en die vis in die pannekoek sit en dit met sous van 1 koppie room en 1 koppie tamatiesous opdien.  Skep dit sommer oor die pannekoeke in opdienbak en bak in oond tot sous warm is

**********************

Michelle Joubert
Pieter Coetzee ek voeg meel by tot die beslag styf genoeg is om in balletjies te rol. Hang maar af of jy die tamatiesous van die vis wil gebruik of nie. Ons maak die gewoonlik met die sous…ons haal net die fyn grate van die pilchards uit

**********************

Floraine Wasserman Venter
Ook heerlik as jy op 1 blik vis, 1 groot pak sout en asyn tjips grof gedruk, 2 eiers, 4 eetlepel koekmeel, 5 ml bakpoeier, visspeserye, ekstra sout en asyn geursel, bietjie melk. Vorm en bak, bedien met dik kaaswitsous en groente of slaai




Maca Cacoa Ala Juanita Smoothie

1524747_10151881735789067_198286474_n
Maca Cacoa Ala Juanita Smoothie
Vanoggend se ontbyt:
400ml Coconut Milk – Chilled
300 ml Water
2 Frozen Bananas sliced
6 large medjool dates or 12 small dates and
1 1/2 tablespoons of Maca Root Powder and also same of Cacao Powder
1 teaspoon vanilla essence Pinch of Himalayan salt
8 ice cubes Blend together until smoothAndre Juanita De Vries




PEPPERMINT CRISP ROOMYS TERT

 1013284_3716516648679_1209064285_n
PEPPERMINT CRISP ROOMYS TERT
2 liter vanilla roomys
1 x caramel kondensmelk
1 x tennis beskuitjies
4 x pepperment crisp sjokolade

Rasper die sjokolade.
Laat roomys sag word en meng saam met die kondensmelk.
Voeg 2 gerasperde peppermint crisps by en roer.
Pak bak met tennis beskuitjies en gooi mengsel oor.
Strooi die res van die sjokolade bo-oor en plaas terug in die vrieskas to styf.
Foto en resep: Louise Venter



SPRINGBOK SKENKELPOT

1535713_626876297373795_876932876_n

SPRINGBOK SKENKELPOT
Ek vat springbokskenkels kook dit saam met bacon en paar vet skaapskenkels of vet skaaprib.
Die skenkels is geneig om droog en sonder enige vet te wees.

Kook dit baie stadig op gas. Gebruik van die oxtail blokkies met paar naeltjies en knoffel. Speserye na smaak.

Ek hou baie van droë vrugte en gooi dit in bykans al my potte. Aan die einde verdik ek die sous met oxtail soppoeier. Voeg genoeg uie ook by in pot. Uur voordat pot reg is, voeg ek aartappels by.

Dulcken Dwyer