GREEK COCONUT TART

tested
GREEK COCONUT TART
Very sweet so I keep cutting on the sugar in batter and sauce.
125 g margarine (Stork Bake)
250 ml white sugar
250 ml water
3 eggs
250 ml unsifted cake flour
15 ml baking powder
500 ml coconut (I use fine and course sometimes)
Pinch of salt

Beat first five ingredients together then coconut – mix well add flour, salt and mix again (I add coconut etc together).
Bake in squere oven proof dish till golden brown – 30 to 50 minutes at 180ºC.

Boil together:
250 ml white sugar
250 ml cold water
I use between 150 / 170 ml sugar and add either 5 ml vanilla or 2, 5 ml almond essence or quite a generous shot of lemon juice.
Pour sauce over tart as soon as it comes out of the oven.
As it is sweet I use 2 round foil tart plates (then it is not too high). Cut into squares/slices. Can be served luke warm or room temperatur. Left over goes into fridge and is then served cold.
You can also serve with whipped cream, ice cream etc.
My next variations are going to be orange juice and rind or grapefruit.
If using fresh lemon juice I would add some lemon rind as well.
Recipe: Val Ashbury
Photo: Marlize Williams




“BRINE” VIR SOUTVLEIS

Lindi Claassentested
“BRINE” VIR SOUTVLEIS

Dit is wat ek gewoonlik gebruik:
15 ml salpeter
1 kg fyn growwe sout
500 g witsuiker
10 liter water
500 ml asyn
20 ml koeksoda

Meng salpeter, sout, en water verhit tot kookpunt.
Laat afkoel tot lou warm voeg dan asyn en koeksoda by.
Laat koud word.
Die rib wat jy op het, sal so een dag lê.
Groter snitte werk ek dag per kg.
As jy dit meer sout wil hê twee dae per kg.

Foto: Lindi Claassens
Resep: Johan Du Preeez




EENVOUDIGE “MUD CAKE”

 
 1511424_10201479513285727_1091620821_n
EENVOUDIGE “MUD CAKE”
250 ml koekmeel
80 ml kakao
½ teelepel sout
2 eiers
250 ml strooisuiker
5 ml vanilla geursel
100 g gesmelte botter ( as julle die loperig soort kry in bottels…100 ml)

Verhit die oond na 200 ºC.  Neem ‘n 24 cm los boom pannetjie en voer sy bodem uit met bakpapier.
Sif die meel, kakao, en sout saam.
Klits die suiker en eiers saam tot lig skuimerig. Voeg die vanilla by.
Vou die meel mengsel en botter versigtig om die beurt by die eiermengsel in.
Skep die mengsel in die voorbereide pan. Plaas op die onderste rak van ‘n voorverhitte oond en bak vir 17 min tot 20 min.
Elke oond is anders en in myne los ek hom vir net 17 min.
Laat effens afkoel en sif so ‘n bietjie versiersuiker oor. Bedien met roomys of geklitste room.

Resep en foto: Wilanda Räsänen



GEVULDE SAMPIOENE MET BILTONG

 1545202_740460262632899_1502277181_ntested
GEVULDE SAMPIOENE MET BILTONG
Voorgereg vir die braai…..
Groot swart sampioene gevul met knoffelbotter, biltong en mozarella/cheddar kaas.
Bak in die oond by so 200 º C
Bron:  Johan Cremer



OUMIE SE SJOKOLADE KOEK

1526779_10152262228259009_1417399967_ntested

OUMIE SE SJOKOLADE KOEK
6 eiers
2 koppies suiker
2 koppies koekmeel (NB: sif 3x)
1 koppie kookwater
¼ koppie kakao
½ koppie olie
4 teelepels bakpoeier

Los die kakao in kookwater op en laat goed afkoel. Voeg die olie by. Klits intussen die 6 eiers en suiker BAIE goed saam (dis die geheim van die koek!) Voeg kakao-mengsel by. Voeg meel by en meng. Laaste die bakpoeier – klits, maar nie te veel nie.
Verdeel die beslag in 2 koekpanne (gesmeer of gespuit) en bak 25-30 min tot gaar. Laat effens afkoel in die pan en keer dan versigtig uit.

Resep en Foto: Anja Martins (13 jaar oud)

Stompie Theron Borman sê: Hierdie koek is net soos een wat ek ook bak en as ek wit koek wil hê los ek die kakao uit en gooi die selfde hoeveelheid maizena in en twee teelepels vanilla geursel. Vir lemoenkoek vervang ek kookwater met gekookte lemoensap en lemoengeursel.




SPRINGBOKLENDE

1557727_10203174220180115_636884484_n

SPRINGBOKLENDE
Mooi maakwenk: Ons bord is gemaak uit ou vloerplankies wat maklik aan mekaar getimmer en afgeskuur is. Dit kos niks en lyk baie goed.

Gebraaide springboklende met goue wortels, aspersies, klein kool koppe, parmesan kaas, pietersielie emulsie, bros gebraaide brood krummels met suurlemoenskil

Voorbereidingstyd 35 minute

(Hou solank jou oond reg op 200ºC om vleis warm te maak net voor die bediening)

10 x 150 g Springboklende of kruisskyf
Olyfolie
Sout en peper

Vryf die Springbokvleis in met die olie en sout en peper. Maak seker die vleis is kamer temperatuur voor jy dit begin braai.

In ‘n lekker groot pan seël die vleis goed af, omtrent 3 minute aan ‘n kant en sit een kant om te rus.

Groen en goue groente
30 klein goue wortels
30 dun vars groen aspersies
5 klein kole, in kwarte gesny
2 eetlepels botter vir braai en n bietjie ekstra….
‘n handvol tiemietakkies

Blansjeer al die groente deur in kokende water te dompel vir een minuut haal uit en plaas dadelik in ‘n bak yswater, die kleur bly dan behoue en die groente lyk mooi vars. Braai die groente in die botter tot lekker gekaremaliseer vir omtrent 3 tot 5 minute, voeg nog n lekseltjie botter by en die tiemie, hou warm. Vir ‘n bietjie ekstra kleur het ons die groente ook vinnig op die riffelpan laat kleur kry!

Ko wenk: Plaas die groente eers in ‘n groot genoeg sif of vergiettes en dompel dan in die kokende water om die proses maklik te maak.

Bros broodkrummels
8 snye dag ou brood
50 ml Olyfolie
Skil van 2 suurlemoen
125 ml fyngerasperde Parmesaan kaas

Verwerk die brood in voedsel verwerker tot grof en braai in olie tot bros, voeg die suurlemoen skil en parmesan by en geur met sout en peper, hou eenkant.

Pietersielie Emulsie
100ml melk
300 ml canola olie
Handvol pietersielie baie fyn gekap
Knippie sout

Meng melk en pietersielie saam. Gebruik n elektriese hand klitser en voeg die olie stadig by die melk en pietersielie mengsel tot dit lyk soos dik room voeg n knypie sout by en hou eenkant.

Hierdie is lekker om te maak met enige geur as ‘n plaasvervanger van mayonnaise
Makiete – Episode 2




MARMER KOEK (variasie van 3 bestanddele koek)

1601499_642359175831706_1994915728_ntested

MARMER KOEK (variasie van 3 bestanddele koek)
Gebruik die volgende resep: https://www.foodloversrecipes.com/2013/05/3-bestanddele-sponskoek/, verdeel mengsel in 3.

Voeg 100 ml kakao by 1
2 ml elk Karamelkleursel met hazelneutgeursel by 2
2 ml Lemoengeursel met druppel geel kleursel by 3

Skep die deeg in “marble” lae in ‘n voorbereide pan, en bak soos op resep.

Maak gewone sjokolade botterversiersel waarby 5 ml hazelneutgeursel gevoeg is, ENJOY!

Floraine Wasserman Venter




GEBAKTE CAMBRINI MET ‘N LYN STAAN BROOD EN KERSIESOUS

06bd7f404d4046bc8ccecbcb170d5ea9

GEBAKTE CAMBRINI MET ‘N LYN STAAN BROOD EN KERSIESOUS
2 groot cambrini
5 snye witbrood
2 blikkie swart kersies
4 sopies kersie liquier
1 vanije peul

Verhit die oond tot 200 grade. Sny die brood in dik repe en braai in ‘n pan met bietjie olie tot bros en goudbruin. Dreineer op kombuis papier.
Plaas die blik kersies in ‘n pan met die vloeistof en voeg die liquier by sowel as die vanjile peul wat oopgesny en geskraap is. Kook tot ‘n lekker dik stroop vorm.
Plaas die kaas in ‘n bak wat oondbestand is en nie te groot is nie. Sit in die voorverhitte oond tot die kaas regdeur sag in. Bedien met die kersies en brood soldate. Almal kan self skep en doop soos hulle lus het. Lekker morsig!




KNOFFEL-EN KAASSOUS

1555389_10203260250412140_1251620189_ntested
KNOFFEL-EN KAASSOUS
1 ui
1 teelepel knoffel
olyfolie vir braai
1 pakkie gesnyde sampioene
1 pakkie knoffelsous
1 pakkie kaassous

Braai die ui en knoffel saam in bietjie olyfolie.
Voeg sampioene by en braai tot gaar en sag.
Maak die pakkies knoffelsous en kaassous aan volgens die instruksies op die pakkies, voeg by en meng goed deur.

Bron en Foto: Stompie Theron Borman




MAKLIKE PIZZA DEEG

naan of pizzatested
MAKLIKE PIZZA DEEG

Ons het jare terug, jare lank die volgende maklike pizzadeeg gemaak:

1 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
1/2 koppie vloeistof ( water +  melk)
sout.
Meng dit net.
Dis ‘n “smeerdeeg” en dus dikkerig, maar lekker. As jy voel daar moet nog bietjie meer meel inkom om dit ‘n smeerdeeg te maak, voeg by na smaak

Michelle Stanley
500 g high grade flour,
1 sachet yeast ,
1 tbsp olive oil and
300 ml warm water.

Mix and rise for an hour will give you an amazing pizza dough or bread. Quick and simple, no need for a bread machine.