HOENDER EN MANGOSLAAI

1782169_607212539359940_1479096148_n

HOENDER EN MANGOSLAAI
Hoeveelhede volgens aantal mense wat jy die slaai voor berei.
Blaarslaai afgewas en opgebreek
Tamatie skywe of wiggies
Pynappel geskil en in blokkies gesny
Komkommer in blokkies gesny
Feta kaas in blokkies
Klein “cocktail” uitjies of ek vat vars ui in ringe gesny wat ek so 2 ure in asyn laat le
Mango opgesny in skywe, maar hy moenie te ryp wees nie, vleis moet styf wees

Pak die lae in die volgorde hier bo op ‘n mooi opdien bord.
Maklik en min moeite.
Nota:  As mens dit as ‘n ete wil bedien kan jy natuurlik gaar hoender bysit
Bedien ‘n lekker slaaisous eenkant en vars broodjie.

Resep en foto: Adriana Wait Louw




MANGOSLAAI

1655908_10151915330162405_576477926_ntested
MANGOSLAAI
Bestaan uit vars mango, jong vars spinasie, gedroogte cranberries en ‘n sousie van honey mustard, appelasyn en bietjie olyfolie.

Dawie Vd Heever Hierdie is ‘n foto en die resep van n vriendin Marie Nel.




GESTOPTE GEBAKTE BOTTERSKORSIE (BUTTERNUT)

1922486_640568186009249_250326190_n
GESTOPTE GEBAKTE BOTTERSKORSIE (BUTTERNUT)
1 groot botterskorsie
1 fyngekapte ui
1 gekapte soetrissie
250 g sampioene in skyfies gesny
125 ml melk
1 pakkie romerige veggie bake
250 ml gekrummelde Fetakaas

Kook die hele, ongeskilde botterskorsie in water vir 25 minute sodat dit gedeeltelik gekook is of stoom dit in die groentestomer. Verwyder versigtig van die water, sny dit in die helfte deur en skep die pitte uit. Skep nou van die vlees uit om die holtes dieper te maak en hou die uitgeskepte pampoen eenkant. Plaas die uitgeskepte helftes in ‘n oondbak met die uitgeholde kante na bo.

Verhit bietjie olie in ‘n pan en braai die ui en soetrissie tot sag. Voeg die sampioene en uitgeskepte pampoen by. Meng die melk en die inhoud van die pakkie Veggie bake en giet dit by die res in die pan. Roer goed deurmekaar en laat prut vir 5 minute by ‘n lae hitte. Verwyder van die hitte en meng die Fetakaas daarin. Stop die holtes van die pampoenhelftes styf met die vulsel en bak by 180ºC vir 25 minute tot goudbruin. Maak seker dat die pampoen deeglik sag gekook is deur ‘n skerp mes in die dikste deel van die vlees te druk. As dit sonder moeite ingaan, is die pampoen gaar. Sprinkel nog bietjie Fetakaas en gesnipperde Chives bo-oor en bedien.
Foto en resep:  ADAM CLOETE




DULCAN DWYER SE BEESSTERT-POT

1898284_10203414507908481_930977963_n

DULCAN DWYER SE BEESSTERT-POT
Braai die beesstert liggies in bietjie olie.
Gooi ongeveer 250 ml rooiwyn oor.
Laat dit lekker deurkook.
Spesery die vleis met sout en peper. Ek verkies Sixgun speserye.
Sny so 4 groot uie in ringe en voeg by pot.
Gooi ongeveer 750 ml warm water met oxtail ekstrak blokkie wat gesmelt is asook 8 naeltjies in pot.
Kook vir 1 uur.

Voeg ‘n klein houertjie tamatiepasta by asook knoffel na smaak.
Kook verder oor baie lae hitte (ek verkies gas) vir 2 ure.
Voeg lekker klein aartappeltjies by en kook tot sag.
Meng so 2 koppies blatjang met halwe koppie tuisgemaakte appelkooskonfyt en voeg by.
Kook deur en geniet die pot met ‘n lekker glasie Roodeberg.
Resep en foto: Stompie Theron Borman




MACARONI EN KAAS MET HOENDER

1620735_640132142719520_1180447655_ntested

MACARONI EN KAAS MET HOENDER
3 gaar hoenderborsies in stukkies gesny
250 g gaar kort macaroni
Cheddarkaas en Mozzarella kaas (soveel as wat jy lus het om te gebruik)
Bechamelsous. http://www.foodloversrecipes.com/2017/09/witsous-gemaak-met-koekmeel/
250 g gaar ontbytspekstukkies
1 soetrissie

Ek kook die hoender saam met ‘n ui wat net geskil en deurgesny is en 2 knoffelhuisies, ook net geskil en deurgesny, sout en peper en geursel van my keuse. Dan het ek sommer ‘n lekker aftreksel wat ek kan vries vir latere gebruik. Meng die gaar macaroni, hoenderstukkies, ontbytspek en soetrissie deeglik deurmekaar. Maak die béchamel/ kaassous met ‘n goeie klomp kaas daarby (onthou dit is ‘n kaasgereg) en meng deur die macaronimengsel. Strooi nog bietjie Cheddarkaas bo-oor en bak in die oond by 180ºC vir 30 minute.
Foto en resep: ADAM CLOETE




CAPE MALAY KOESISTERS

2015-12-06-fatimascapemalaykoesisters
CAPE MALAY KOESISTERS
Makes 40 to 45 koesisters
700 g cake flour
50 g ground cinnamon
20 g ground ginger
10 ml ground aniseed
10 g instant yeast
100 g butter
200 ml lukewarm milk
2 egg, beaten
Lukewarm water
1 cup of sugar
2 cups of water
1 cup of desiccated coconut
Mix all the dry ingredients (except the sugar) together. Heat the milk and butter until lukewarm and then add the beaten egg. Add this mixture to the bowl of dry ingredients and then add lukewarm water to form soft dough. Cover and leave the dough to rise until double in size, and then take small amounts of dough and form into oval-shaped balls. Deep fry in oil on medium heat until evenly browned. Put them on kitchen towel and leave them to cool (around 30 minutes).
In the meantime, heat the sugar and two cups of water on a low heat, stirring continuously until a thick syrup forms. Once the koesisters are cool, boil them in syrup for one minute. Take them out and sprinkle with coconut.

Recipe and Photo: Anita Groenewald Olderwagen




VERSKEIE SKONS RESEPTE

download (5)
VERSKEIE SKONS RESEPTE
Estelle van Moerkerken
Maklike Skons
500 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
1 eier geklits
2 ml sout
80 ml olie
250 ml melk
Meng droë bestanddele, Klits eier, melk en olie en voeg alles bymekaar.
Vul kolwyntjie pannetjie van 12 en bak by 200ºC vir 10-12min.
As jy jou skons effe soeter wil he, voeg 15 ml suiker by.
As jy KAAS SKONES wil het – voeg 1 koppie gerasperde kaas by en 5 ml mosterdpoeier. Sprinkel paprika bo-op skons voor jy dit bak.
Rita du Toit – Probeer ‘n slag die een.
So 3-4 koppies bruismeel
5 ml sout
250 ml bakkie room
1 klein blikkie sodawater
1 koppie gerasperde kaas
Meng 3 koppies bruismeel met res en gebruik 4 de een om by te voeg totdat deeg werkbaar is. ( gewoonlik so ½ koppie )
Meng liggies en druk plat – moenie uitrol . Druk uit en bak.

*********
Nicolette Abrahams
1 ½ koppie koekmeel
1 ½ teelepele bakpoeier
Knippie sout
2 eetlepels suiker
150 g botter
½ koppie melk
1 eier
Meng droë bestanddele saam, meng dan die botter en meng dit totdat dit soos sand korrels uitkom. Meng dan die eier en melk, voeg melk by. ( moet nie die deeg te nat maak nie)
Rol of druk die deeg plat op ‘n oppervlak, strooi ‘n bietjie meel sodat die deeg nie plak nie, druk dan uit met een glas of koppie.
Bestryk die bo-kant van skones met eier.
Bak vir 15 to 20 min, in een voorverwarmte oond van 180ºC




SKAAPLEWER RESEPTE


SKAAPLEWER RESEPTE
LEWERKOEKIES
500 g lewer (skaap-, kalf- of beeslewer)
1 middelmatige ui
2 eiers
12,5 ml asyn of suurlemoensap
5 ml sout
1 ml (¼ teelepel) peper
5 ml gekapte pieterselie
vet of olie om in te braai 
Maak die lewer skoon soos hierbo beskryf, en sny in stukke.
Sny die ui in skywe en maal die lewer en ui saam of maal die lewer en kap die ui fyn, en voeg dit by die lewer.
Voeg die asyn, sout, peper en gekapte pieterselie by.
Klits die eiers en voeg dit by. Meng alles goed saam.
Verhit `n braaipan en smelt genoeg vet daarin om die boom van pan te bedek.
Skep die lewermengsel met `n lepel in die warm vet en laat dit aan die een kant bruin braai.
Draai die koekies versigtig om met `n slaplem-mes en laat hulle aan die ander kant bruin braai.

LAMSLEWER IN JOU BRAAIPAN: (6 porsies)
5 ml (1 teelepel) gemengde gedroogde kruie
1 kg lams – of wildslewer, in dun repe gesny
60 ml (4 eetlepels) olyfolie
15 ml (1 eetlepel) botter
1 groot ui, fyn gekap
1 groot soetrissie, fyn gekap
250 g knopiesampioene, gehalveer
10 ml (2 teelepels) gekapte knoffel
2,5 ml (½ teelepel) sout
2,5 ml (½ teelepel) varsgemaalde swartpeper
2,5 ml (½ teelepel) gemengde gedroogde kruie
50 ml Olof Bergh Solera Brandewyn
125 ml (½ koppie) port
250 ml (1 koppie) vars room
vars, gekapte pietersielie

Meng die koekmeel met die sout, peper en gemengde kruie en bedek die lewerrepe daarmee.
Verhit die olyfolie en botter en soteer die gekapte ui, soetrissie en sampioene 3 minute lank.
Voeg die gekapte knoffel by en roer dit deur.
Voeg die lewerrepe by en roerbraai dit ongeveer 3 minute lank of totdat die koekmeel om die lewer bruin verkleur.
Geur dit met die sout, peper en gemengde kruie en voeg die brandewyn, port en room by. Roer dit deur.
Sit die deksel op en laat prut dit 2 minute lank. Bedien dit met pap, rys, kapokaartappels of pasta. 
Resepte:  Marisa Olivier




OOM EN TANTE BREDIE IN DIE PRUTPOT

 
150390_10203030328389059_1820773909_n
OOM EN TANTE BREDIE IN DIE PRUTPOT
1 koppie suiker boontjies
1 koppie stampmielies
1 groot ui gekap
2 huisies knoffel
1 groot rooi soetrissie in stukkies
1 blik gekapte tamaties
handvol gekapte vars marjolien
sout en peper
2 eetlepel suiker
1 blokkie skaapaftreksel opgelos in 250 ml water
1 kg vet skaaprib in stukkies
Week boontjies en stampmielies oornag. Spoel af en kook boontjies 20 min. Spoel af. Sit die boontjies en die res van bestanddele in prut pot saam so 3 koppies water. Sit op outo en kook vir sowat 7 uur of oornag.Resep en foto:Martie Fourie Moolman




SOETSUURSOUS (Grootmaat)

1896870_10203030510793619_552143019_n

SOETSUURSOUS (Grootmaat)
5 Liter –  Genoeg vir 50 hoender borsies in blokkies gesny
6 uie, gekap
4  x 410 g blikke pynappel stukke met sap
4 blokkies hoender stock
100 ml sojasous
100 ml bruin asyn
20 ml fyn gemmer
10 ml gerasperde vars gemmer
5 groen soetrissie in repies
5 rooi soetrissies in repies
250 ml maizena
knoffel een bol, geskil en gekap
100 ml bruin suiker
50 ml mirrin of sjerrie
1 koppie tamatiesous
3 liter water

Braai uie, rissies gemmer en knoffel in bietjie olie, voeg res van bestanddele by en prut vir so 20 min.
Resep foto: Martie Fourie Moolman