BEESBLAD en GEELPAP

Smeer dit met swart asyn in, en laat le in die yskas vir n uur of twee.
Gooi dan SWA braai speserye oor..(DELI SIN)
en laat nog so uur le, en druk dit dan in die oond, op n rakkie.
Grill dit hoog in die oond tot die eenkant krispie is, en draai dan om en grill die anderkant ook.
Braai nou 1 groot ui in 2 eetlepels botter in n pan totdat dit bruin raak, met n knypie sout.
Wanneer die uie bruin is, gooi dan 750ml water saam by die uie in die pan, en roer een koppie GEEL MIELIE MEEL daarin, stel die stoof op EEN, en laat prut terwyl die vleis gaar word.
Wanneer die vleis gaar is, skep op en gooi nou die LEKKER SOUS, wat in die pan is oor die uiePAP en VLEIS…..dit smaak boeke toe










