MOSTERD HOENDER


MOSTERD HOENDER
125 ml suiker
50 ml meelblom.
50 ml kookolie
250 ml mayonnaise
6 hoenderdye of 8 hoenderboudjies
50 ml mosterdpoeier
2 ml sout
125 ml asyn
250 ml kookwater
125 ml Cheddar kaas gerasperMeng suiker, mostertpoeier, meelblom, sout en kookolie saam. Voeg asyn , mayonnaise en kookwater by en meng. Plaas hoender in Pyrex bak met volume van minstens 2,5 liter.
Gooi sous oor hoenderstukke,  strooi kaas oor .
Bak vir ongeveer 30 tot 45 min teen 180grade C tot gaar!
Bedien met rys of kapokaartappels ‘n slaaitjie en Wholla lekker “Comfort” kos baie maklik en niks “fuss”!
Resep:  Christine Boalch




PAAS VARKIES

varkis
PAAS VARKIES

1 Medium Paaseier (hou in die foil oortreksel)
Pienk en wit marshmallows
Oogies (koop by R5 winkels)Sny 2 marshmallows deur die helfte vir die bene (selfde kleur)…
Druk net vas op foil oortreksel (sal nie afval nie)…
Plak dan eer die ogies en sit dan die neusie op…

Druk gaatjies op neusie met tannestokkies…
Sny 1 marshmallow in vir stukkies en pas op mekaar om klein oortjies te maak en plak dit bo op vir oortjies…
Baie maklik om te maak…

Geplaas deur Baba Van Zyl Halgryn



YOGISIP BOTTELTJIES

Yogi sip
YOGISIP BOTTELTJIES
Bloemiste lint (die wat jy kan trek om te krul)
Klein paaseiertjies om botteltjie te vul
Papier om oortjies te maak
1 cupcake papier doppie
Oogies by R5 winkel
Tosseltjie vir stertjie ook R5 winkel
Besim haartjies vir snorbaarde
Swart permanente maker vir gesiggie teken

Vul botteltjie met paaseiertjies…
Teken oortjies, sny uit en kleur oortjies pienk in… 
Maak klein snytjie in cupcake papier doppie om oortjies in te pas en plak onder vas met tape om nie uit te val nie…
Pas doppie op proppie en maak vas met bloemiste lint…
Plak ogies vas na proppie klaar oor getrek is om regte mates te kry…
Teken gesiggie maar plak die snorbaarde laaste op sodat dit nie af val terwyl die dassie en stertjie op geplak word nie…
Sit dassie op…(ek het my dassie gemaak met bloemiste lint wat ek die regte lente op tape vas geplak het maar in rytjies en dan lint in die middel vas getrek om die das idee te kry)
Ek het Bostik gom gebruik dit werk baie lekker en maklik…
Dis baie vinnig om te maak…
Geniet dit en maak kinders se hartjies baie bly…

Resep geplaas deur Baba Van Zyl Halgryn 




RONEL SE PIESANGBROOD

Piesangbrood
RONEL SE PIESANGBROOD
Die resep is lekker maklik.
Maak vyf of ses piesangs fyn in ‘n bak.
Klits in mengbak tot romerig:
1 koppie suiker
½ koppie botter
2 eiers
Voeg by:
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier

Klits deur en voeg fyn piesang en 10 ml vanilla essense by.
Gooi beslag in broodpan en bak by 180°C vir so 45 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Enjoy!

RESEP EN FOTO: Ronel De Bruto




HEERLIKE GOULASH

Heerlike Goulashtested

HEERLIKE GOULASH

Neem 1/2 koppie koekmeel, voeg sout en peper en watter speserye jy ook al wil by, ek het koljander en komyn bygevoeg. Gooi die blokkie vleis by die meel en skud goed tot bedek. Braai die blikkies in olie tot bruin. EK het seker gemaak dat ek elke keer wat ek die blokkies vleis uit die olie haal ek die pansappe oor die blokkies gooi.
Braai intussen jou uie en ek het twee toontjies knoffel by die 4 gesnyde uie gevoeg tot glasig en sag. Voeg die vleis by uie en braai nog effens. Toe het ek ‘n blokkie aftreksel in ‘n koppie kookwater opgelos en bietjies-bietjies by die vleis gegooi. Toe ek voel die vleis begin sag raak het ek het eers 2 wortels in stukke gesny en 2 aartappels in blokke gesny bygevoeg en toe later die wyn want ek was bang die wyn kleur die aartappels en stadig laat prut
Bron en Foto:  Mara van Zyl




CHOCOLATE MAYONNAISE CAKE

mayo caketested
CHOCOLATE MAYONNAISE CAKE
2 cups flour
1/2 cup cocoa
1 1/2 teaspoons baking soda
1/4 teaspoon salt
1 cup sugar
3/4 cup mayonnaise
1 cup water
1 teaspoon vanilla


Sift together the flour, cocoa, soda and salt. Cream together the sugar, mayonnaise, water and vanilla. Add dry ingredients to the creamed mixture; stir until well blended. Pour batter into greased and floured layer cake pans (or a 9- x 13-inch pan). Bake at 180°C. for about 25 minutes.

BRON- Annelie van der Merwe-Kruger




STRAWBERRY YOGURT FRIDGE TART

1902995_289946721160081_734214100_ntested
STRAWBERRY YOGURT FRIDGE TART
Ingredients250 g butter
1 packet Tennis biscuits(or any other biscuit suitable for tart crust)
2 packets of strawberry jelly, dissolved in 125 ml hot water
500 ml strawberry yoghurt (with fruit)
1 can of condensed milkMethodStep 1 Process the biscuits in food processor until resembling bread crumbs.
Step 2 Mix with melted butter, and press in a rectangular dish ( 20×30 cm).Put prepared crust in the fridge.
Step 3 Mix condensed milk, strawberry yoghurt and dissolved jelly together in bowl by hand
Step 4 Pour on top on the crust and refrigerate for about an hour.
Step 5 Cut into pieces and enjoy!

Photo: Annie Moule




OOSTENRYKSE AARTAPPELGEBAK

Oostenrykse Aartappelgereg
OOSTENRYKSE AARTAPPELGEBAK
700 g aartappels
2 eetlepels meel
2 eetlepels botter
250 ml hoenderekstrak
2 eetlepels wit wynasyn
sout en peper
2 eetlepels room
bietjie kaas van jou keuse
chives of pietersielie vir garnering

Kook of mikrogolf die aartappels tot gaar maar steeds ferm. Sny die gaar aartappels in eweredige dikkerige skywe. Smelt die botter in ‘n wye kastrol en roer die meel daarby in tot ‘n pasta gevorm word. Voeg die hoenderekstrak stadig by en roer aanmekaar met ‘n draad klitser tot ‘n gladde sous. Voeg die wynasyn, room, sout (onthou die hoenderekstrak is reeds sout) en peper by en laat prut vir nog ‘n minuut terwyl aanmekaar geroer word. Plaas nou die gesnyde aartappels in die sous en laat prut vir ongeveer 5 minute tot die aartappels heeltemal sag is. Plaas oor in ‘n oondbak en strooi bietjie kaas oor. Plaas onder die oondrooster tot die kaas gesmelt is of verbruin het volgens jou keuse. Sprinkel gekapte chives of pietersielie oor en bedien.
Resep en foto:  Adam Cloete




AARTAPPEL EN WORTEL ROSTI

aartappel en wortel rosti
AARTAPPEL EN WORTEL ROSTI
3 Aartappels gerasper
1 Ui gerasper
1 Wortel gerasper
100 ml Olyfolie
Sout en peper na smaak

Meng die gerasperde aartappel, ui en wortel en druk al die vog uit in ‘n vergittes of sif.
Meng die olyfolie deur die groentemengsel.
Geur met sout en peper
Sprei die mengsel uit op ‘n plat bakplaat en bak vir 20 minute op 130 ºC en dan vir 5 minute op die hoogste temperatuur in die halogen oondjie.
Kan ook in ‘n pannetjie gebraai word of die gewone oond gaargemaak word.
Resep en foto: Corne Liebenberg




Spinasie met spek en sampioene

 

Spinasie en Sampioene

Saam met die hoender was daar Spinasie met spek en sampioene.
Kook die spinasie tot net verwelk en maak dit fyn in die voedselverwerker. Braai die sampioene in die ontbytspekstukkies liggies in olie en roer die spinasie, saam met bietjie Cheddarkaas daarby in. Skep in ‘n bedienbak en strooi bietjie Fetakaas bo-oor.
ADRIAN OLIVIER.