WILMA SE SOUSBONE SOP

Boontjiesoptested
WILMA SE SOUSBONE SOP
2kg sousbone stokkies en ander gagas verwyder en oornag geweek
1kg shin beesvleis in blokkies gesny hou vleisies aan die bene
2groot uie opgekap
2groot aartappels in blokkies gesny
1 wortel gerasper
10ml rissiepitte
20ml braaispeserye
20ml sout
10 peperkorrels
15ml pietersielie
20ml Maizena
30ml Kookolie
Maak so…
Braai die vleis in die olie. Voeg die speserye, behalwe die Maizena, by en braai saam totdat die vleis lekker bruin is en die vleissappe met die speserye gemeng is…voeg nou die uie by en braai saammet die vleis tot deurskynend.. voeg die aartappels en gerasperde wortels by en vul die pot met 4lit water (ekt my stoompot gebruik opi stoofplaat).
Kook tot die vleis sag is en van die bene afval en die bone begin opbreek het.. so 3ure…verwyder nou die bene en haal die murg uit, skep die murg terug ini pot.
Maak die sop fyner met ‘n blitzer en indien nodig verdik met Maizena aangemaak in bietjie water…laat kook vinnig vir so 5min totdat die sop verdik het….
Bedien met lekker vas brood of rolletjies
Bron: Wilma Josey Venter



ROMERIGE VISGEBAK

 

67710_552681681518972_1865473393_ntested

600g tot 1kg wit vis. (Ek het Geelstert gebruik)
125g sampioenskyfies
30g gerasperde Cheddarkaas
150g mosselvleis
300ml melk
2 eetlepels olie
1 pakkie Creamy Fish Bake Cook-in-Sauce


Ek het ‘n heel Geelstert gebruik, dit eers bietjie ge-mikrogolf sodat ek die vel kon aftrek, dit oopvlek en die been uitkry. Jy kan natuurlik klaar gekoopte fillette gebruik. Verhit die olie in ‘n pan en verbruin die sampioene liggies. Meng die inhoud van die pakkie Fish Bake met die melk en voeg dit, saam met die kaas by die sampioene. Bring tot kookpunt en prut dan vir een minuut terwyl aanmekaar geroer word. Plaas die vis in ‘n oondbak en bedek met die sous. Bak onbedek in die oond vir 40 minute of tot die vis gaar is. In my geval was die vis reeds half gaar en het ek dit gouer uitgehaal.
ADRIAN OLIVIER




Aartappel en preie (leeks) sop

1012277_655699917829409_85423992_ntested

AARTAPPEL EN PREIE SOP
50 g of ‘n ¼ koppie botter
450 g preie (leeks), net die wit gedeeltes, dun skyfies gesny
3 groot uie, gekap
250 g aartappels, geskil en in stukke gesny
300 ml of 1 ¼ koppie dik room
‘n bietjie yswater en suurlemoensap, opsioneel
vars gesnipperde grasuie (chives) of pietersielie, om mee te garneer
Jy het ook nodig:
1 liter of 4 koppies ligte hoender ekstrak, ek gebruik sommer 2 blokkies hoender ekstrak
sout en peper na smaak

Smelt die botter in ‘n groot kastrol, voeg die uie en die preie daarby.
Bedek en kook liggies vir 15 tot 20 minute tot hulle sag maar nie bruin is nie.
Voeg die aartappel by ek kook onbedek verder vir ‘n paar minute.
Voeg die hoender aftreksel by asook die sout en peper na smaak.
Onthou die hoender aftreksel is klaar sout as jy die blokkies gebruik.
Bring tot kookpunt en verminder dan die hitte.
Laat dit verder prut vir 15 tot 20 minute tot die aartappels sag is.

Laat dit afkoel en verwerk die sop in ‘n versapper (blender).
Giet dit in ‘n bak en roer die room daardeur.
Proe dit en pas die sout en peper aan, indien jy dink dis nodig.
Indien die tekstuur op hierdie stadium te dik, is voeg klein biejie yswater by totdat jy tevrede is met die dikte.
Plaas die sop in die yskas en laat afkoel tot dit lekker koud is.
Nou kan jy weer proe en as jy verkies, kan jy nou bietjie suurlemoensap byvoeg.
Sprinkel die gesnipperde grasuie of pietersielie oor net voor jy dit opdien.
Resep en foto:  Adam Cloete




SHARON’S SLOW COOKED LAMB NECK AND POTATOES

Slow cooked lamb & potatoestested

SHARON’S SLOW COOKED LAMB NECK AND POTATOES
1 lamb neck, sliced (skaapnek)
5 potatoes 
1 mutton stock cube
400 ml hot water
3 onions
garlic salt
Barbeque spice
Steak and Chops spice
1 roast pan or oven dish

Oven 140°C.
Slice onions and lay them in the oven pan.
Sprinkle the above mentioned spices over the onions.
Sprinkle slices of lamb neck with above spices.
Place on top of onion in the roast pan.
Peel and slice each potato in quarters.
Add to oven pan.
Mix stock cube with hot water and pour in oven pan.
Cover with tin foil and bake in oven, for about 3 – 3.5 hours.
or until meat is nice and tender, potatoes will be done at the same time.
Remove tin foil.
Spoon liquid over the potatoes and the meat.
Turn grill on and brown.
Enjoy.
Photo and recipe: Sharon Naude




GIDEON SE GEMARINEERDE VARKRIB

gemarineerde varkrib

GIDEON SE GEMARINEERDE VARKRIB
Gemarineerde varkrib oor die kole (bron onbekend) meng die volgende:
125 ml tamatiesous
125ml blatjang
125 ml mayonnaise
50 ml sojasous
50 ml appelkooskonfyt
30 ml heuning
10 ml droë mosterd
2 knoffelhuisies
1 fyngekapte ui
1 teelepel bovril swart peper en
1 eetlepel suurlemoensap

Marineer vir ‘n paar ure.
Ons het nog ‘n bietjie suiker ook bygesit.
Braai lekker stadig oor die kole.
My Sondagaand kossies!
Bron: Gideon Louw




GISTER GESONDHEISBESKUIT

 Gesondheids Karringmelkbeskuit

GISTER GESONDHEISBESKUIT
My goedkoop beskuit en is regtig heerlik en net meng sagte deeg met die hand.

4 koppies koekmeel
4 ½ koppies semels
7 teeleps bakpoeier
250 g margarien
1 koppie suiker
2 teelepels sout
maak aan met 700 ml melk

Vryf botter in meel en meng al die ander bestanddele saam met semels.
Maak aan met melk, druk beslag in rol koek panne. druk die beskuitjies af met n spaan.
Bak beskuit tot gaar by 180 ºC. Droog beskuit uit.
Ek voeg die volgende by –  my weergawe.

1 koppie klapper as jy wil
1 koppie sunflower seeds as jy wil of pampoenpitte
1 koppie rosyne as mens wil

Foto en resep:  Marie Rheeder Troskie




SUNDAY SUP(P)ER PIZZA

pizza

SUNDAY SUP(P)ER PIZZA

Base is a standard yeast pizza/bread dough.
I dump everything in my bread maker and use the dough setting – 45min.

I have an old ceramic microwave plate and place that in my gas oven at 230°C to warm up.
I always have stock of home made pizza tom-fresh tomatoes, olive oil, onion, garlic, oreganum, salt and pepper, ready made in the freezer.
Topping is shaved smoked ham, black olives, mushrooms and mozzarella.
Best results are as thin a base as possible and all toppings ready.

Pan out of oven, spray with olive oil spray, pizza base on to the hot pan,
Tomato and other toppings put on as quickly as possible, then back in oven for about 20 minutes. Very easy.

Cynthia Bezuidenhout Vivian




SPEK EN UIEKONFYT

SPEK EN UIEKONFYT
5 groot rooi uie, in lang repies gekap
3 pakkies spek in klein blokkies
125 ml donker bruinsuiker
1 klein houertjie kersietamaties
200 ml balsamiese asyn
1 handvol roketblare met bietjie olyfolie

Braai die uie in ‘n bietjie olie. Voeg die spek by en braai sodat die vet begin uitbraai.
Voeg nou die tamaties by en braai tot hulle oopbars.
Nou vir die suiker. Jy sal sien ‘n soort stroop begin vorm.
Sodra die tamaties begin wegkook, kan jy die asyn byvoeg.
Roer die hele tyd sodat die suiker nie aan die bodem vasbrand nie.
Bedien op ‘n rolletjie met kouevleis en roketblare.
Foto:  Sanet Smith Verster




SKAAP SALAMI

Salamitested
SKAAP SALAMI
Vleisland se SKAAP salami / Smokies ( GEEN VARK…NET VLEIS) NOT THE CHEAPEST…..BUT THE BEST.
15 Kg vet ontbeende skaap BLAD,
1 pakkie SALAMI-G, van Crown National
Laat die vleis lekker KOUD word, amper vries, maal dit deur n groot siffie (8-10mm) meng die speserye deur, en maal dit deur die boerewors siffie.
Dan stop jy dit in Salami casings, of vark derms..vir smokies… en  laat le hulle oornag in die koelkamer..
laat hang hulle die volgende dag uit, en rook dit dan deur die nag, tot die volgende oggend stadig met koue rook….
na nog ‘n dag of twee….dan eet jy dit…
Bron:  Stefaans Blaauw




CREAMY CHICKEN LIVERS

Hoenderlewerstested
CREAMY CHICKEN LIVERS
750 g chicken livers, cleaned and rinsed
1 large onion, finely chopped
4 cloves garlic, crushed
250 g Portabello mushrooms, chopped
250 ml cream
350 ml milk
1 tablespoon cornflour (Maizena)
2 tablespoons cream of chicken soup powder (mushroom would also work)
½ cup sherry
2 bay leaves
½ teaspoons dried thyme
salt and black pepper to taste

In a large, hot pot/wok, fry the chicken livers until brown and almost cooked. Remove from pan and set aside.
Wipe the pan clean and add more oil. Fry the onion and garlic until soft and add the mushrooms.
Sautè for another 5 minutes and add the sherry.
Allow to reduce a little and add the cream.
Return the livers to the pan and add the seasonings. Allow to cook for ± 10 minutes on a low heat.
Mix the Maizena and soup powder with the milk.
Turn the heat up and add the Maizena mix.
Allow to thicken and serve over cooked pasta of your choice.