SUSAN SE KERRIE-KOOL

kerriekooltested
SUSAN SE KERRIE-KOOL
1 kg fyn gesnipperde kool
350 g fyn gekapte uie
25 g mielieblom (50 ml)(4 eetlepels)
350 ml witasyn (1 ¾ koppie)
375 ml suiker (1 ½ koppie)
25 ml matige kerrie poeier ( afgeskraap)(2 eetlepels)
25 ml gouestroop (2 eetlepels)
15 ml sout (3 teelepels)
Kook kool en uie vir 15min in ‘n groot kastrol in kookwater tot sag en dreineer goed.
Meng mielieblom met ‘n bietjie van die asyn en voeg saam net res van asyn en ander bestanddele by die kool en uiemengsel verhit tot kookpunt en kook 15min.
Skep in geserliseerde flesse en sit deksels op en verseël.

Resep en foto: Susan Sussiena Wagenaar Mitchell




PETRO SE DADELBALLETJIES

tested
PETRO SE DADELBALLETJIES
Baie ou resep … eie foto’s … het jare terug op harde manier uitgevind, maklikste om balletjies te rol, is om ‘n bakkie water byterhand te hê … om jou hande klam te hou 🙂
12,7 ml botter
250 ml suiker
375 ml gesnipperde dadels
2 eiers, geklits
3 ml vanielje
750 ml Rice Crispies
bietjie klapper

Smelt botter, voeg suiker, dadels en eiers by en kook stadig tot dadels sag is. Laat deeglik afkoel. Voeg geursel en Rice Crispies by. Rol balletjies en rol in klapper. Pak in groot bord en laat 1-2 uur lank staan. Pak weg in blikke.
RESEP EN FOTO: Petro van Genderen




TRACY’S LEMON TART WITH A DIFFERENCE

lemon terttested
TRACY’S LEMON TART WITH A DIFFERENCE
I made this apple tart but without the apple.. Cos this is a deep dish I used two tins of condensed milk, one packet of Marie biscuits (crushed fine) and 4 eggs separated and the juice of 6 lemons or half a cup of lemon juice from the bottle, half a cup of melted butter..
In a mixing bowl add condensed milk, egg yolks and lemon juice and mix till well combined, set aside to thicken.
Then add about a half a cup of melted butter to the crushed biscuits and press it firmly into a greased dish, make sure you make it into like a pie. Rust so up against the sides of the dish to.. Then add the thickened condensed milk.
Whisk the egg whites to a stiff peak and pour it into the pie and make sure the ends are covers to, I always leave a bit of crumbs in the bowl so I can sprinkle it on top of the dish,
Bake at 180 till golden brown..remove from the oven and let it cool on a rack and once cool refrigerate before serving.
You may also add tinned Apple on top of the condensed milk before adding the egg white or pineapple pieces from the tin or whatever fruit you would like but needs to be from a tin or pre cooked…
Enjoy!!

RECIPE AND PHOTO: Tracy Milstein




PASTA ALA PIERRE

pasta-ala-pierretested
PASTA ALA PIERRE
8 Varkworsies , uit velletjies gehaal en op gebreek … In olyf olie gebraai tot mooi bruin …
‘n paar spring onions ook opgesny en by gevoeg en paar minute op lae hitte gebraai …
Daarna 250 ml vars room by gevoeg en stadig verhit …
Omtrent n koppie fyn gerasperde parmesaan kaas by gevoeg .
Sout en swart peper na smaak en rissie vlokkies
Kook pasta van jou keuse en roer by sous .
Ek hou altyd so n koppie van pasta water om sous te verdun

RESEP EN FOTO: Petro van Genderen




MICHELLE SE RAPUNZEL-KOEK

michelle-se-rapunzel-koektested
MICHELLE SE RAPUNZEL-KOEK
Vanilla Sponskoek:
4 ekstra groot eiers
450ml suiker
125ml water
125ml melk
10ml Vanilla essence
100ml sonneblom olie
500ml koekmeel
10ml bakpoeier
Klits die eiers goed saam. Voeg die suiker bietjies bietjies by en hou aan met klits tot dit dik en liggeel is (duur ongeveer 10min).
Voeg die water, melk, olie en vanilla saam in ‘n kastrol en verhit oor lae hitte. Laat staan een kant om af te koel.
Sif nou die meel en bakpoeier saam en vou dit by die eier mengsel in, Roer nou die melk mengsel in.
Bak teen 180 grade celsius vir 35 minute of tot toetspen skoon uit kom.
Beslag maak 2 ronde koeke van 20cm of 24 groot kolwyntjies.
FOTO: Michelle Joubert




MONIQUE SE BILTONG QUICHE

biltong-quichetested
MONIQUE SE BILTONG QUICHE
6 – 8 porsies
KORS:
250 ml (1 koppie) koekmeel
250 ml (1 koppie) gerasperde cheddar kaas
125 ml (½ koppie) harde botter
VULSEL:
15 ml (1 eetlepel) botter
4 preie (leeks), in dun ringetjies gesny
1 knoffelhuisie, gekneus
200 g baie dun skyfies biltong sonder vet in repies gesny
3 eiers
250 ml (1 koppie) room
125 ml (½ koppie) suurroom
15 ml (1 eetlepel) suurlemoensap
15 ml (1 eetlepel) gedroogde gemengde kruie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Voorverhit die oond tot 160°C.
Kors:
Meng die bestanddele in ‘n voedselverwerker tot ‘n sagte deeg, of vryf die botter en kaas met die vingerpunte by die meel in.
Meng tot ‘n deeg.
Voer ‘n 24 cm tertbord of pan met deeg uit, maar moet dit nie bak nie.
Vulsel:
Verhit die botter en soteer die preie (leeks) en knoffel tot sag.
Roer die biltong by en skep die mengsel in die tertkors.
Klits die eiers, room, suurroom, suurlemoensap en kruie saam.
Geur na smaak en giet dit oor die biltongmengsel.
Bak dit 45 minute of tot goudbruin en gaar.
Sit dit warm of teen kamer temperatuur voor. Heerlik saam groen slaai
Foto’s: Monique Grobbelaar en Mona Croucamp




KOFFIE-CHIFFONKOEK

chiffon-koffiekoek1tested
KOFFIE-CHIFFONKOEK
125 ml mielieblom
375 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
7 eiers, geskei
90 ml sterk swart aangemaakte koffie
250 ml strooisuiker
205 ml olie
5 ml vanilla essense
90 ml strooisuiker (ekstra)

VERSIERSEL
60 ml botter
60 ml water
2,5 ml droë koffiekorrels
90 g witsjokolade, in blokkies gebreek
250 ml versiersuiker, gesif

Stel oond op 180°C.
Sif mielieblom, koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Klits eiergele, aangemaakte koffie en strooisuiker met elektriese klitser tot donserig.
Voeg olie en vanilla essens by en klits tot goed gemeng.
Roer gesifte meelmengsel by eiermengsel.
Klits eierwitte tot stywepuntstadium. Voeg 90ml strooisuiker by en klits tot glad.
Vou eierwitte by beslag in.
Spuit 2 ringkoekpanne van 22 cm met kleefvrye sproei en sprinkel met koekmeel ( ek voer panne uit met waspapier en sprinkel dan met meel, anders sit die koek vas onder).
Verdeel deeg tussen 2 panne en bak vir 40 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Laat bietjie afkoel en keer dan op afkoelrak uit.
chiffon-koffiekoek3 chiffon-koffiekoek2

* ek kry 2 koeke uit hierdie beslag. Ek sny hul dan in middel deur en smeer met sjokolade botterversiersel in middel en dan bo-op baie dun voor ek die versiersel oorgooi)

VERSIERSEL:
Plaas botter, water, koffie en sjokolade in kastrol. Verhit oor matige hitte en roer af en toe tot glad.
Verwyder van hitte en roer versiersuiker by tot glad. Skep bo-oor die koek.
Ek kap ‘n pakkie maltballetjies en strooi dit bo-oor.
Berg in lugdigte houers.
* by gebrek aan ringkoekpanne, sit ek n glas wat gespuit en in meel gedruk is, in die middel

Foto: Marietjie du Toit




SONJA SE MIKROGOLF JOGURTTERT

jogurt-terttested
SONJA SE MIKROGOLF JOGURTTERT
1 liter Bliss Volroom Jogurt (geur van jou keuse)
1 blikkie kondensmelk
1 tot 2 pakkies Tennisbeskuitjies

Pak ‘n laag beskuitjies onder en langs die kant van ‘n tertbak (ek breek die beskuitjies in die helfte anders steek dit te ver uit)
Meng jogurt met kondensmelk en gooi helfte van die mengsel in die tertbak bo op die beskuitjies.
Pak nou nog ‘n laag beskuitjies en gooi laaste van beslag bo op.
Sit in mikrogolf vir so 4 en ‘n half minute (afhangende van hoe sterk jou mikrogolf is).
Haal uit, laat heeltemal afkoel.
Sit in yskas vir so uur of twee.
Versier soos jy verkies.
Ek het die Melktertgeur van Bliss gebruik en gesnyde perskes bo-op geplaas met geklopte room.
Ek hou van die lagie beskuitjies tussenin, dit smaak definitief baie lekkerder.
FOTO: Sonja Young




SEAN SE PRIME RIB BEEF ROAST

prime-ribtested
SEAN SE PRIME RIB BEEF ROAST
Hierdie was so amper ‘n kilogram, meer as genoeg vir 3 mense. Pas aan volgens gewig. Dit was my eerste probeerslag en dit het fantasties lekker sag en sappig uitgekom.

Voorbereiding:
Laat die vleis ten minste ‘n uur by kamertemparatuur staan.
Meng een teelepel van elk van die volgende: Gemaalde growwe sout, grofgemaalde swartpeper, koekmeel en BBQ speserye, bruinuie soppoeier en vars knoffel of knoffelpoeier.
Snipper ook (verkieslik vars) roosmaryn by.
Vryf die vleis goed in met die mengsel.

Metode:
Plaas die vleis in ‘n gesmeerde bak met die been na onder en die vetkant dus bo.
Bak teen 200 grade vir ongeveer 15 minute.
Sit oond af en moenie die deur oopmaak nie.
Laat staan so vir ongeveer 20 minute na ‘n halfuur.
Sny dan op en bedien saam met ‘n sousie van jou keuse.
Bykosse was kapokaartappels en geroosterde gemengde groente.

BRON: Sean O’Brien




OUMA SE SMOORSNOEK MET ‘N VARIASIE

smoorsnoek adamtested
OUMA SE SMOORSNOEK MET ‘N VARIASIE
1 hele vars snoek
6 aartappels
3 uie
swartpeper en sout
1 blikke tamatiepuree(opsioneel)
rys

Sny die snoek in stukke, plaas in ‘n pot met water en laat dit kook tot sag.
Haal die snoek uit die pot, pluis die snoek (haal die grate uit), sit terug in die water waarin dit gekook het.
Sny die 6 aartappels in blokkies en voeg die uie by, kook tot die aartappels amper sag is.
Kap die 3 uie rof op, en braai dit met botter in ‘n aparte pan.
As die aartappels byna reg is, voeg die uie by en kook dit saam vir ‘n paar minute.
Roer ‘n koppie water saam met die tamatie puree en voeg by mengsel.
Voeg swartpeper en sout by na smaak. Vars pietersielie is ook heerlik.
Nota:
Moenie teveel water van die begin af gebruik nie, mens kan altyd weer aanpas.
Bedien op rys.

Variasie:
Meng rys met snoek, plaas in bak.
Klits 4 eiers en ¾ koppie melk tot goed gemeng.
Voeg ‘n koppie kaas by.
Skep die eiermengsel bo oor die snoek in die bak.
Plaas in oond van 180ºC en bak tot gestol (20 tot 40min)
Bedien saam met mengelslaai.
Resep: Elzette Olivier Jacobs
Foto: Adam Cloete