TUISGEMAAKTE LASAGNE

lasagne - kompetisietested

TUISGEMAAKTE LASAGNE
Lasagne tuisgemaak met my eie blaaie ek sal die foto opsit as dit klaar gebak is
1 pak lasagne velle of maak jou eie
1 Groot ui
2 Huisies knoffel gerasper 
500g Lean maalvleis
3 Tamaties
1 Rooipeper gerooster
Pakkie mushrooms opgekap
Woestersous tamatiepasta en sout en peper na smaak
En so klein bietjie rooiwyn
2 tl Origanum
Gerasperde kaas

Pak Lasange blaai (Of maak jou eie 1en 3\4 koppie meel met 2 eiers en 2 tl water knie goed en rol deur pasta masjien
Braai jou maalvleis met uie en Rooipeper wat gerooster is, voeg al die ander bestanddele by kook dit tot dit lekker dik is laat afkoel. Nou pak jy laag vir laag eers maalvleis, pastablaaie en witsous ek sit nie baie gerasperde kaas tussen in nie net bo op

WitSous
1 l Melk gekook met 2 pakkies mushroom soppoeierrasper bietjie neut in .
Bak in oond vir 45 min teen 180 grade C  hou hom maar dop as hy bubble en bruin is haal maar uit
Bedien saam met lekker Groen slaai

Bron en Foto: Anita Groenewald Olderwagen




RUBARB-POEDING

rhubarb poeding 2tested

RUBARB-POEDING
3 eiers
3 koppies suiker
3 koppies melk
1 koppies meel
3 koppies rou rabarber in blokkies gesny
2 eetlepels botter
2 teelepels bakpoeier

Meng suiker, eiers en melk tot room. Voeg botter by dan meel en bakpoeier. Heel laaste rabarber. Gooi in bak en bak, ek het op 180°C gebak vir ± 1 uur.
Ek kuier hier by my ma by ‘n klein plattelanse dorpie, tannie langsaan het ‘n groente tuin, besig om rubarb te pluk. Sorry weet nie hoe spel mens dit nie. Ek vra wat doen mens daarmee, sy sê rubarb poeding. Ek koop dadelik, nou die groot probleem my ma se ou stoof vat 350 g ek maak n plan’, vra gee asb resep, tussen almal kry ek die resep, en hier is my resultate.
RUBARB IN DIE OUTYDSE DORPIE
Ek vra toe waarmee eet mens dit, vla, room en roomys – sal nog besluit, sê ek toe, wag ek sal nog besluit.
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie




BILTONGTERT

BILTONGTERT
Lewer 1 tert van 23 cm
KORS
165 g koekmeel
100 g heelgraanmeel (Nutty Wheat)
2 ml (½ teelepel) sout
100 g botter
250 g roomkaas

VULSEL
500 ml (2 koppies) melk
25 ml (5 teelepels) ui, gerasper
1 lourierblaar
2 naeltjies
25 g botter
20 g koekmeel
sout en vars gemaalde peper na smaak
1 eier, ongeskei
2 eiers, geskei
125 g cheddarkaas, gerasper
250 g biltong, in skryfies gesny

Voorverhit die oond tot 200 °C.
Smeer ’n tertpan van 23 cm.

Kors:
Meng die koekmeel, heelgraanmeel en sout in ’n mengbak en vryf die botter met jou vingerpunte in.
Voeg die roomkaas by en meng deeglik. Voer die tertpan daarmee uit en bak 12-15 minute blind.
Vulsel:
Verhit die melk, ui, lourierblaar en naeltjies saam. Laat dit 10 minute trek en giet deur ’n sif.
Smelt die botter in ’n kastrol en roer die meel by. Hou aan roer tot dit kook.
Voeg die warm melk, sout en peper stadig by terwyl jy aanhou roer.
Laat prut tot dit verdik. Verwyder van die hitte.
Klits die heel eier saam met die eiergele en roer dit bietjie vir bietjie by die witsous.
Voeg die kaas en biltong by en meng goed.
Klop die eierwitte tot die sagtepuntstadium en vou dit by die mengsel in.
Skep dit op die tertbasis en bak 45 minute tot die vulsel goudbruin is en uitgepof het.
Strooi biltongskyfies oor en sit die tert warm of koud voor.

Resep geplaas deur Dirk Reload
Bron: Nellie de Koker van Pretoria
Foto: Alettha Rust




PLAATKOEKIES MET BOTTER EN STROOP

plaatkoekiestested2015-06-16-plaatkoekiesmetbotterenstroop

PLAATKOEKIES MET BOTTER EN STROOP

2 groot eiers, liggies geklits
125ml suiker
250ml melk
30ml gesmelte botter of olie
500ml koekmeel
20ml bakpoeier
Botter & Stroop om voor te sit

METODE
klits eiers en suiker saam tot lig
voeg 125ml melk by gesmelte botter of olie en roer goed
sif meel, bakpoeier en 2ml sout saam in mengbak
roer die droë bestanddele by eiermengsel
voeg orige melk by mengsel om gladde beslag te vorm
drup lepelvol in pan, draai om sodra borrels bo-op vorm
bak plaatkoekies tot alkant goudbruin is en sit warm voor

Foto: Marie Dumas Jennings

 




SUSHI KOEK

 


SUSHI KOEK
Ek het nogal ‘n soortgelyke resep raakgelees:
Kook 625ml jasmynrys – moenie afspoel nie; voeg by 30 ml soesjirys-asyn.
Sprinkel sesamesaad onder in losboom pan.
Druk een-derde van die rys in die pan – pak ‘n vel nori op die rys en daarna 1 avo se skyfies, 100g gerookte forel en komkommerlinte.
Herhaal die lae en eindig met ‘n laag nori.
Druk lae styf vas en verkoel.
Keer uit en versier met nog gerookte forel.

Geplaas deur Hélène Kluge




ALIKREUK – ALIKRIK – GIANT PERIWINKLE

ali 
Alikreuktested

ALIKREUK – ALIKRIK – GIANT PERIWINKLE
Resep en foto: Rosemarie Maytham
FOOD LOVERS RECIPES

Het vanaand heerlike gemaalde alikrik gemaak en het dit in pannekoeke bedien met ‘n kaassous daaroor. Was heerlik!  1 kg gemaalde alikrik (terwyl ek dit gemaal het, het ek op die einde 2 snye brood deur die meul gesit en dit bind die alikrik so bietjie)
200gr botter (NIE margarien nie)
+- 150 ml suurlemoensap of na smaak
250 ml room
Neutmuskaat na smaak
Sout en aromat

Smelt die botter in ‘n swaarboom pot en voeg suurlemoensap by en wag tot dit kook.

Voeg alikrik, neutmuskaat, sout en aromat by. Roer goed deur en laat dit goed warm word en voeg dan die room by en roer gereeld en laat dit vir ongeveer 10 minute stadig prut. Sit so 2 opskeplepels vol alikrik in elke pannekoek, rol op en gooi bietjie kaassous bo-oor.

 

 

 

 

 

 

 

 




EASY PINEAPPLE CASSEROLE

pineapple casserole
Serves 8-10

Ingredients:
1 large can crushed pineapple
4 cups bread, cubed (8 slices)
3 eggs, beaten
1 stick of butter
1 cup sugar

Directions:
Mix all ingredients together.
Bake at 350 degrees F for 45 to 60 minutes.

Source: Not the Perfect Cook




HEERLIKE CANNELLONI

Canneloni
HEERLIKE CANNELLONI

Braai uie mushrooms en garlic tot bruin.

Voeg dan maalvleis by en braai tot goudbruin en gaar.

Voeg spices by en so 2 eetlepels chutney en tamatiesous meng goed en sit die plaat af. Laat afkoel.

Witsous:
1 lt melk met
1 eetlepel botter bring tot kookpunt.
Meng 3 hoogvol eetlepels koekmeel met so 3/4 koppie melk en een teelepel sout.

As melk tot kookpunt is meng meelmengsel in en meng goed sodat dit nie brand nie. Voeg dan 1 eetlepel hoogvol smeerkaas en meng goed.

Sit plaat af en dan begin die gevul van die cannelloni.

Vat die vleismengsel as dit afgekoel is en stop die cannelloni buise vol.

As jy alles kla gevul het vat dan die witsous gooi in n bak en pak dan die cannelloni op die witsous. Gooi dan die res van die witsous bo oor en gerasperde kaas.

Bak op 180 grade C tot bruin en as jy n mes indruk moet cannelloni sag wees.

Bron en Foto: Marlene Minderon




ADRES KOEKIES

adres koekiestested

ADRES KOEKIES
Alice se eie adres koekies. Elke happie smaak anders die een het n kersie en die ander een n neut of n choc chip in. My moeder het altyd uit haar kop uit gebak en dan gese dit is haar eie adres

300 g margarine
3 1/2 koppies suiker
2 eiers
2 teelepels koeksoda
3 eetlepels kookwater
3 eetlepels stroop
2 koppies oats
200 g klapper
1 koppie kersies
1 koppie neute
1 koppie choc chip
Sout
4 koppies koekmeel

Room botter en suiker goed voeg eiers by.
Los koeksoda in stroop en kookwater op.
Voeg by. Voeg res van bestanddele by.
Meng goed en rol balletjies.
Bak vir 12-15 minute by 180 ºC
Laat effens afkoel in pan voor jy dit op ‘n draadrak pak
Bron en Foto: Alice Meintjes




DIANE SE MELKTERT

melkterttested
DIANE SE MELKTERT
Ek maak net die resep dubbel aan. Die kors, gebruik ek net die hoeveelheid nodig en vries die res tot n volgende keer
Kors:
125 g botter
125 ml suiker
500 ml koekmeel
1 Eier (Geklits)
2 teelepel bakpoeier
Knippie Sout

Meng suiker en botter saam
Voeg eier by en meng
Voeg meel, bakpoeier en sout
Meng tot sagte deeg en druk met vingers uit in bak.
Bak in oond teen 200ºC tot net bruin.

VULSEL:
1 liter plus 125 ml melk
3 eiers
2 eetlepels Maizena
2 eetlepels koekmeel
6 teelepels botter
200 ml suiker
Vanilla
Knipppie sout
Kaneel vir bo-oor

In ‘n groot bak, meng goed saam:
125 ml melk
1 eier
2 eiergele
suiker
Maziena
koekmeel
sout

In ‘n beker klits die eierwitte styf met vanilla.

Bring tot kookpunt: – 1 liter melk met botter. Voeg die meelmengsel by, roer aanhoudend.
Wanneer dik geword het, vou in die eierwitte met vanilla. Gooi oor gebakde kors en laat afkoel.
As jy dink jou vulsel is nie dik genoeg nie, voeg nog bietjie Maizena en meel by voor dit by die melk bygevoeg is.
BRON EN FOTO: Diane Roode Hancox